‘ANC wys minagting vir SA se mense’

Die Nasionale Vergadering

Die Nasionale Vergadering

“Die ANC-regering se minagting vir die mense van Suid-Afrika het vandag duidelik gewys in sy lede se swak bywoning van die debatte oor plaasmoorde en die Sassa-debakel.”

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê ʼn see van leë sitplekke het opposisiepartye in die parlement begroet tydens die debatte wat van groot belang is vir die land en sy mense. Hy sê die ANC was duidelik nie van mening dat dit belangrik is nie.

Volgens Alberts het die parlement self ook sy minagting getoon deur komiteesittings te reël in dieselfde tydgleuf waarin die twee debatte plaasgevind het.

“Om sake te vererger het die parlementêre komitees oor finansies enersyds en handel en nywerheid andersyds ʼn gesamentlike sitting gehou terwyl die debatte aan die gang was om te besin oor hoe banke verder getransformeer moet word en hul bates gestroop kan word tot voordeel van ʼn paar ANC-kaders.

“Dit is eenvoudig disrespekvol om so ʼn komiteevergadering te reël terwyl ernstige debatte gehou word oor die gebrek aan respek wat mense teenoor mekaar toon deur die pleging van die gruwelikste aanvalle en moorde op plase, en die dobbel met mense se oorlewing deur die swak bestuur van Sassa-toelaagbetalings.

“Ons kan hieruit net aflei die ANC is bang vir die opposisie en is nie bereid om in volle sterkte hierdie sake van nasionale belang te bespreek nie. Die ANC het rede om bang te wees, want hy het nie antwoorde vir sy eie swak bestuur van die land nie. Hy sal die prys hiervoor in die algemene verkiesing in 2019 betaal,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

AL ·

Kom 2019 se verkiesing sal ons moet hard bid dat die regte leierskap SA oorneem.
Die ANC en EFF koalisie sal katastrofies wees vir die ANC, want Malema is net agter geld en mag aan. Hy is nie te vertroue nie, want hy het sy eie agenda en is slegs lojaal teenoor homself.
Die land se morele waardes sal dringend herstel moet word.

Johnny ·

Maak nie saak wie wen die volgende vekiesing nie. As die ANC sien hulle gaan verloor sal hulle Bob se voorbeeld volg en blanke eindom beset om populere steun te wen. Indien EFF wel wen is dit ook koebaai Meraai.

Anne ·

Ek dink as die EFF wel wen, gaan blankes nog groter probleme he as nou.

Christa ·

Mal-ema is mos deur Zuma getrain!! Hy sal ook ‘n huis wil he wat groter as Zuma s’n is!!! “Can you IMAGINE THAT?!!!

John ·

Wat het ons verwag? Hoeveel van die plase/eiendom waar inwoners vermoor is, het ‘n bestaande grondeis op wat aanleiding sou kon gee tot aanvalle? Hoe word die behoefte aan ‘n stukkie vreemde grond dan verklaar met moorddadige aksies? Die grondeise is afgesluit en weer ooogemaak. Hoeveel hoofstukke kan aan en aan loop afhangende van die giere van grypers en stories van kamma-nasate sodra die graan groen blink op ‘n flukse wit boer se landerye. Die grondwethof moet genader word. Predikante met Bybels en swart toga’s soos by begrafnisse haal spoggerig en selfvoldaan darem die koerantvoorblaaie, maar bereik ‘sweet blow all’. Ons moet bid vir raad en wysheid en Hulp met die regte optrede en ophou voel ons skuld iemand iets wat ons nie gesteel het nie.

snoefie ·

kyk na nkandla en kyk na waar en how die arm mense in S A woon. na my beskeie mening ways dit baie duidelik die respek wst zuma vir die mense het.

WitBlits ·

Was dit net toeval dat die meeste sprekers van die verskillende partye wit was en Afrikaans in hulle spreekbeurte gebruik het?
Nou wonder ek net of dit nie die saak te veel gepolariseer het nie…….

Basson ·

Ek verstaan iem (wie) het in die Parlement tydens debat geskree ‘Bury whites alive’?

DB ·

Volgens Ian Cameron se tweet was dit dudu manana wat gesê het “bury them alive” . En dit some die cANCer mooi op.

AL ·

Dit klink baie dieselfde wat Andile Watsenaam op sy facebook geplaas het in 2014 wie dit intussen gedeaktiveer het. ‘Torture en kill them’ ‘Bury them alive’ onder andere.

AL ·

Waarom word sy woorde nie aan die groot klok gehang nie? Dat hy strafregtelik aangekla word.

Rupert Ashford ·

Onthou die blikskottel het parlementere beskerming vir wat hy daarbinne kwytraak…

Francis ·

AL ANTWOORD IS JESUS !!!!!
NIEMAND IS MEER VEILIG IN S -A NIE . NIE EENS MENSE WAT MOOR NIE . GEEN LEWE IS IETS WERD NIE .
BOD BID BID

Hannes ·

Ons bid al vir 23 jaar Francis…. nog nie veel resultate gesien nie!

Johann ·

Francis; die WOORD se…WAAK en bid! Ni3 NET bid nie. Ons het n common sence logika verandwoordelikheid om iets te DOEN ook? SKUUS…vra net die boer se nuut selfaangestelde profeet “oom Angus” of ons dit mag doen. Want vilgens ANGUS wil God nie meer hê ons moet in one eie huis en hart bid nie. NET by ANGUS se biddag…

Christa ·

Net vir 23 jaar, Hannes? Bid ons ook net as ons in die nood is? Het jy al opgelet hoe vol (of moet ek se LEEG) ons Kerke, veral Afrikaanse Kerke deesdae is? Ons liewe HERE is ‘n God van liefde en genade, maar ons kan Hom nie net as ‘n 911 Emergency Service gebruik nie. Hy vra ook van ONS om getrou aan HOM te wees!!!

Leeutjie ·

Johann hou op karring oor oom Angus, dis nou nie die eerste keer nie. Hy het meer reggekry as wat jy het en dit is om mense na God toe te bring!! Los nou die man uit en fokus op die artikels…ons het genoeg probleme om nog na jou gekerm ook te luister!

Chaparel ·

Selfverryking is die anc se motto, alles gaan oor geld en nog eens geld en solank die geldkraan wawyd oopstaan sal hulle tap.
Ons belastingbetalers is in beheer van die geldkraan, ek sou se laat ons die kraan heeltemaal toedraai, geen inkomste, riool of erfbelasting meer betaal nie.
Die anc het geen respek vir ons mense nie dus het ons ook geen respek vir hulle nie, ek gaan nie belasting betaal aan n regering wat vere voel vir my nie.

Prof Edelvrot ·

Die ontkennende afwesiges is ooglopend onwillig om die waarheid in die oe” te kyk.

HEVW ·

Al voordeel wat die parlemntere – debat van gister inhou is dat dit opnuut die gesindheid van die anc teenoor die boere en die burgery in geheel opnuut en onbetwisbaar bevestig het.Hierdie aaklige werklikheid moet deur die bevolking van SA aanvaar word. Dit is glashelder dat dit n stryd tussen LIG en duisternis is. Die oplossing is n lang styl en pynlike pad soos gelydelik n terugkeer na God en n herstel van morele waardes sal plaasvind. Met die bietjie wat in ons vermoe is sal ons moet aanwend en werk en hoop so asof ons reeds al oorwin het. Alleen met God aan ons kant sal ons oorwin.

Johan. H. ·

As n blanke nou nog dink hierdie lot sal na almal kyk,, DINK WEER,,,,Pas jouself op,, niemand anders gaan , Die Bewyse is mos daar!1 KYK

Lourens Kritzinger ·

Dis duidelik hulle stel nie belang om die land en al sy mense eerste te stel nie!

John ·

Iets laat mens wonder oor die brande wat gereeld tydens studente-betogings in die biblioteke uitbreek en juis Afrikana wat gereeld in die slag bly. Is dit toevallig? Hoe toevallig kan dinge in die lewe dan wees? Wat is die kans dat die twee-vliee-met-een-klap-proses nie ook hier toegepas word nie. By universiteite, staatsbiblioteke en elders, is bv uiters waardevolle geskiedkundige bronne van inligting oor die landsgeskiedenis en waarhede oor die stand van sake, grond en mense… en… en. Indien erge vertwyfeling bestaan oor feite dien diesulkes ‘n waardevolle doel. Selfs ‘n ou skilderye. Ons moet wakker loop. AfriForum of ‘n nuwe liggaam moet in die lewe geroep word wat die geskiedenis van die Afrikaner lewendig hou as bewyse in ons oorlewingstryd.

Claudette ·

hulle weet hoe word ons gemartel en uitgemoor,hulle gee nie om die ,en dit is hoekom die sitting nie belangrik is nie ….maar was dit anders om is ons racist……..ons moet self n plan maak!

Arie ·

Die anc ondersteun plaas moorde hoekom gaan hulle, hulle steur oor klagtes van wit mense af? Hulle grootste vyand volgens hulle

ken ·

Johann almal dra kennis dat jy nie van die ouman Angus hou nie, ek hou ook nie van die man nie, maar moet nie toelaat dat hy jou so ontstel nie! Bou ‘n brug en kom daaroor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.