ANC: Zelda is “bedorwe wit mens”

'n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

‘n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

Die ANC het Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, as ʼn “bedorwe wit mens” bestempel, het Beeld Maandag berig.

“Sy preek nie-rassigheid om wit mense te beskerm. Nou saai sy rasseverdeeldheid,” het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, volgens die berig gesê. “Nie-rassigheid gaan oor die totale vernietiging van wit oorheersing. So ons veg teen die stelsel en nie teen wit mense nie.”

La Grange het Saterdag vir ʼn opskudding op Twitter gesorg. Volgens La Grange sou sy die land verlaat het as sy ʼn wit belegger was aangesien president Jacob Zuma dit duidelik gemaak het dat wit mense nie welkom is of benodig word in Suid-Afrika nie

“Ek is siek vir Jacob Zuma se konstante aanval teen blankes elke paar maande. Hoekom kan ons nie naas mekaar bestaan sonder dat dit ten koste van mekaar is nie,” het La Grange getwiet.

La Grange se twiets was in reaksie op Zuma se onlangse uitlatings dat die land se probleme begin het toe Jan van Riebeeck in 1652 hier aangekom het.
Mantashe het gesê dit is ʼn feit dat Suid-Afrika deur wit mense gekolonialiseer is. “Hulle het nie hier aangekom en die land leeg gevind nie. Rasse-verdeeldheid steek weer kop uit omdat bedorwe wit mense dit dryf.”

La Grange het om verskoning gevra vir haar twiets.

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zahn ·

Nou ja, daar het julle dit in ‘n neutedop. Daai klein rassis se definiese van nie rassigheid is ‘n verklaring van die anc se haat teenoor alles wat wit is. En alle wit anc aanhangers behoort nou hul onderbroeke in die wind te sien waai.

emiel ·

Die hek is al sedert Zuma se verkragting aanklag en die Schabir Shaik korrupsieklag ‘n dekade gelede al oop. Waarom nou eers al die bohaai ? Hy sal in die geskiedenis onthou word as die een wat op Mandela en Mbekie se nalatendkap voorgebou(afgebreek?) het

Willem ·

Mandela se nalatenskap het niks in die praktyk nagelaat nie, net standbeelde en ‘n versugting van sekeres na sy waardes wat hulle nou almal na hunker, net ‘n versugting het oorgebly vir daardie mense.

Zuma het die ekonomie op sy rug opgekeer met sy uitsprake en sy doendinge. Die reg. Kaders. Ook die kernkrag wat hulle nastreef en ook Fracking. Buitelandese ooreenkomste. As dié goed deurgaan gaan Zuma se nalatenskap vir dekades met die land wees. Geen kledingstuk van die mans en skoeisel is vandag beskikbaar tensy dit in China gemaak is nie.

emiel ·

Die hek is al sedert Zuma se verkragting aanklag en die Schabir Shaik korrupsieklag ‘n dekade gelede al oop. Waarom nou eers al die bohaai ? Hy sal in die geskiedenis onthou word as die een wat op Mandela en Mbekie se nalatendkap voorgebou(afgebreek) het

Willem ·

Mandela se nalatenskap het niks in die praktyk nagelaat nie, net standbeelde en ‘n versugting van sekeres na sy waardes wat hulle nou almal na hunker, net ‘n versugting het oorgebly vir daardie mense.

Zuma het die ekonomie op sy rug opgekeer met sy uitsprake en sy doendinge. Die reg. Kaders. Ook die kernkrag wat hulle nastreef en ook Fracking. Buitelandese ooreenkomste. As dié goed deurgaan gaan Zuma se nalatenskap vir dekades met die land wees. Geen kledingstuk van die mans en skoeisel is vandag beskikbaar tensy dit in China gemaak is nie.

emiel ·

Willem, indien jy regtig glo Mandela se nalatatenskap het in die praktyk niks nagelaat het nie, was jy was seker die afgelope 20 jaar seker nie in die land nie . Die ANC (gesteun deur die DA) se anti blanke regstellende wetgewing is grootliks in sy tyd geïmplementeer . Moord op boere sowel asnaamsveranderings, afskafing van Afrikaans as onderig taal en itersiêre instellins is onder sy vaandel begin. Die toestande wat toegelaat het dat ‘n derdewereldse despoot soos JZ die afgelope 10 jaar skotvry van sy maewales kom kom is deur Mandela en Mbeki bewerkstellig

Neels ·

Hierdie is n geveg wat Zelda nie sou kon wen nie. Die ANC het baie suksesvol daarin geslaag om haar argumente teen haar te draai. Nou is sy die rassis! Die ANC weet baie goed dat die term rassis die troefkaart is…en o tog.. .ons is so bang om rassiste genoem te word…. dalk moet die reaksie wees dat die ANC se beleid dit vir ons nodig maak om in rasse terme te dink.

Neels ·

Hierdie is n geveg wat Zelda nie sou kon wen nie. Die ANC het baie suksesvol daarin geslaag om haar argumente teen haar te draai. Nou is sy die rassis! Die ANC weet baie goed dat die term rassis die troefkaart is…en o tog.. .ons is so bang om rassiste genoem te word…. dalk moet die reaksie wees dat die ANC se beleid dit vir ons nodig maak om in rasse terme te dink.

Neels ·

Hierdie is n geveg wat Zelda nie sou kon wen nie. Die ANC het baie suksesvol daarin geslaag om haar argumente teen haar te draai. Nou is sy die rassis! Die ANC weet baie goed dat die term rassis die troefkaart is…en o tog.. .ons is so bang om rassiste genoem te word…. dalk moet die reaksie wees dat die ANC se beleid dit vir ons nodig maak om in rasse terme te dink. O

Ekke ·

Hulle het baie oor rassisme te se maar niks oor die feit dat daardie selfde ‘rasiste’ ontwikkeling na die land gebring het nie. As dit nie vir die vooruitgang was nie sou hulle nie in hul duur duitse motors met blou ligte kon rondjaag en die ‘owerstes’ van die samelewing speel nie. Ek se liewer niks oor die duur huise, baie voordele en vet bankrekenings wat in 20 jaar opgebou is nie.

Irna ·

Hulle het baie oor rassisme te se maar niks oor die feit dat daardie selfde ‘rasiste’ ontwikkeling na die land gebring het nie. As dit nie vir die vooruitgang was nie sou hulle nie in hul duur duitse motors met blou ligte kon rondjaag en die ‘owerstes’ van die samelewing speel nie. Mense wat hul veroorloof om baie te praat, min te doen en heelwat vir hulself toe te eien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.