ANCVL besoek Reeva se ouers

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), het Sondag die ouers van die vermoorde model Reeva Steenkamp in Port Elizabeth besoek.

Die besoek volg kort nadat Oscar Pistorius vandeesweek deur die appèlhof skuldig bevind is aan die moord op Steenkamp op Valentynsdag in 2013.

Dlamini, vergesel van ander senior ANCVL-lede, het June en Barry Steenkamp omstreeks 14:30 by die egpaar se kroeg in Greenbushes ontmoet. Die besoek was ʼn hoflikheidsgebaar aangesien die Steenkamp-egpaar nog nie voorheen die nuwe president van die ANCVL ontmoet het nie.

Dlamini en die Steenkamps het eers alleen vergader voordat hulle die media toegespreek het. Dlamini het weereens die beslissing van die appèlhof as ʼn oorwinning vir vroue beskryf en gesê daar is Woensdag ʼn optog gehou ter ere van Reeva en ander vroue wat slagoffers van mishandeling was én steeds is.

Reeva se ma, June, het gesê die uitspraak bring geregtigheid vir Reeva en haar lewe. Sy het die ANCVL bedank vir hul ondersteuning sedert haar dogter se dood.

Dlamini het ook om verskoning gevra vir ʼn flater wat deur ‘n ANCVL woordvoerder begaan is toe sy op ʼn regstreekse TV-uitsending gesê het “Steenkamp moet in die tronk krepeer… Steenkamp het nie die reg gehad om Reeva se lewe te neem nie”. Die videogreep is sedertdien wyd op sosiale media versprei.

June het gesê sy is nie bewus van die flater óf die videogreep nie, maar het hulle nogtans bedank vir die verskoning.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Olikoloni ·

Dit is nou tyd dat die Steenkamps uit die media fokus verdwyn. Geregtigheid geskied, maar alle sake het 2 kante…

Elsa ·

Geen mens het die reg om sulke swak uitlatings te maak teenoor enigeen nie, Oscar is geregtig op genade en uitsprake soos hierdie is swak…God het die laaste se nie mense…dink voor jul praat

Berhalet Beukes ·

Dis reg ja… Elke kan hét twee stories maar deesdae stel mense net belang in sensasie en nie die geheelbeeld nie…

AmY ·

Waar was hulle toe die tannie in ons straat deur haar tuinier verkrag en vermoor is? Tot nou toe was niemand by haar kinders nie.

Berhalet Beukes ·

Ek sien hulle nie so te kere gaan oor ander moordenaars nie… En sjoe, wat ‘n flater om te begaan as jy nie eers Oscar Pistorius se van regkry nie…

pjk ·

Sjoe, ja ek stem saam. Die media moet seker maak van hul feite voordat dit versprei word.

Berhalet Beukes ·

Dis gaan nie oor OP se van nie… Dit gaan oor die feit dat hulle Oscar, Steenkamp noem… Ek sou sê dit spreek duidelik hoe vals ANCVL regtig is, hulle kry nie eers ‘n eenvoudige ding soos ‘n slagoffer se van reg nie?

GES ·

Politici doen maar slegs dinge wat hulle sigbaarheid bevorder veral die mense van cANCer.

Stuart ·

GES ja, want ons moet mos een van die dae stem so elke simpele ding wat hulle dink hul punte laat kry, die sal hul doen, maak nie saak of dit nou eintlik opreg bedoel word of nie. Hierdie saak word mos aan die groot klok gehang so hulle kry mos baie publisiteit met die – wonder vir wie die steenkamps dus gaan stem??

Izzy ·

Waar is hulle met elke plaasmoord ? Elke boervrou of dogter wat verkrag word? Is dit omdat die ander sake nie so op TV uigesaai word nie? Hier is natuurlik baie publisiteit vir hulle…..

Sussie ·

Stem saam, net om hulself op TV te sien, bewus dat hierdie saak oorsee ook van belang is!!!

KarenG ·

Die realiteit is dat hierdie was n hoe profiel saak en die ANCVL het daarom doelbewuslik betrokke geraak om natuurlik ook die voordeel van die media dekking te kry. Ai tog hulle is so voorspelbaar, dit maak mens eintlik siek!!

Dee ·

Dit verdien eintlik nie eens kommentaar met verwysing na: ‘Steenkamp het nie die reg gehad om Reeva se lewe te neem’ nie.
Waarom moet Dlaminbi daarvoor verskoning vra? En het Maroela (soos hulle neig om te doen) ‘n Media24 rol gespeel of het ek half gelees? Want dit is die eerste keer wat ek daarvan lees.

Alete Muller ·

Ag asseblief! Het die ANCVL saam met mev Steenkamp nog nie genoeg aandag gekry nie???????? Dit begin lyk asof dit nie meer oor Reeva gaan nie, eerder oor meer aandag!

Dee ·

Ek dink julle klomp moaners is diè wat Barry Roux se handtekening gevra het en nou nie weet of julle dit moet terug gee nie.

Pieter ·

Die ANCVL het van die begin af goedkoop blootstelling gesoek, soos wat hulle gebrek aan betrokkenheid by ander tragiese gevalle, bevestig. Reeds sedert regter Matsipa se uitspraak, het hulle in elk GEEN verdere belang by die saak nie – hierdie was NIE ‘n saak van huishoudelike geweld of “mishandeling” van ‘n vrou NIE – Reeva het gesterf agv ‘n oordeelsfout en onredelike optrede deur Oscar, ‘n hartverskeurende tragedie… Hierdie feitebevinding is deur die volbank regters van die appèlhof bevestig. Almal behoort nou by die howe se bevindings op die getuienis te berus. ANCVL steur hulle egter nie daaraan nie en bly wraak spoeg. Hulle besoeke en kommentaar op hierdie saak verdien GEEN verdere mediadekking nie – dit is nie meer nuus nie!

Fiki ·

Die ANCVL het in die hof gaan sit en ondersteen terwyl die ander vroue ‘n moordenaar probeer los bid. Soos in die Ou dae. Onderdane van die mans.

You strike a woman….
You strike a rock

Frans ·

Die ou storie raak so een tonig bere nou vir oscar en kry kla steenkamps het nou genoeg aandag gekry fokus nou bieki op iets beter

Genis ·

Die kommentare maak my baie bedroef. Kan die Oscar bewonderaarsklub hulle renons in die ANCVL se skynbare opportunisme nie asseblief weergee sonder om die vermoorde vrou en haar Ma aan te val en te beledig nie? Dit oorskry alle grense van basiese menslike ordentlikheid en respek.

Swanna ·

Eish nogal by ‘n KROEG. Wonder net wat het alles daar gebeur. Het sheker later lekker ge kuier.

Henry ·

Ek weet nie waarom Maroela kommentare soos hierdie en andere toelaat nie. Dit is skandelik en vertel meer van die kommentatorre as wat dit van enige nut is.
Pistorius is volgens ons regstelsel ‘n moordenaar wat deur ‘n vol bank regters bevestig is.
Nou word die Steenkamp familie wie se dogter deur Pistorius dood geskiet is, deur hierdie mense op die vieslikste wyse denkbaar, sleg gesê.
Christene??? Asseblief!!!
Sulke lasterlike uitlatings strek vir seker nie tot Maroela se eer nie. Is eintlik ‘n verleentheid.
Dat die ANC se mense die geleentheid benut, is veel eerder ‘n vingerwysing na ander organisasies se gebreke om ‘n geleentheid te benut en die mishandeling van vroue te bekamp.

nig ·

Henry die slegsê van Oscar is NET so erg, asof almal lelieblanke lewens ly en so kan skelwoorde uitkryt. Almal maak foute, party groter of meer as ander, so mens moet liewer net stilbly en hoop alles werk uit soos God dit wil hê nie soos ons met ons bloeddorstige vingerwysery nie. Natuurlik melk sommiges soos die spul in die berig genoem die Oscar koei tot satwordens toe, elkeen wil iets daaruit kry en dis EERS siek wat my betref. Ordentlike mense rou privaat. Daar is dusiende wat hul dogters op soortgelyke maniere verloor het en waar was hierdie ANCVL in hul gevalle?

Henry ·

Oscar is die moordenaar van ‘n pragtige jong vrou. Dit is eenparig so deur ‘n volbank appelregters bevind. Indien die beskrywing vir jou of wie ookal te veel is, is dit jou/julle probleem.

Dat die ANCVL die geleentheid gebruik om wye publisiteit vir hulself en vir die probleem van geweld teen vroue te bekom, is ‘n slim taktiek. Hulle het die gratis-en-verniet geleentheid tydig raak gesien en benut. Dat ander groepe/organisasies nie die gaping/geleentheid van ‘n tv-hofsaak gesien en gebruik het nie, is jammer en is nou te laat om daaroor aan’t teem en kerm te gaan.

Ek is alles behalwe ‘n ondersteuner van die ANC. Objektief gesproke moet mens erken dat hulle ‘n goeie oog vir gratis publisiteit het. Iets wat duidelik en jammerlik tekortskiet by ons wat geweld en spesifiek plaasmoorde onder aandag wil bring.

Ons kan gerus kennis neem en vorentoe benut.

sarie van heerden ·

Ek het nog nooit ‘n kind verloor nie maar my bure, ander vriende en ook my skoonouers het 2van hul 3 kinders op baie ongelukkige onnatuurlike wyses verloor, maar in geen van hierdie ongelukkige gevalle het ek soveel haat en bitterheid gesien as in die Steenkampgeval nie. Bygese in geen van hierdie genoemde gevalle het die familie later bymekaargekom in ‘n kroeg nie.

Poplap ·

Indien jou vooroordele die geleentheid bied, sal jy sien dat die kroeg is die Steenkamp’s se eiendom.
Hulle werk daar.
Netsoos derduisende ander kroeg eienaars en mense wat ‘n besigheid bedryf om ‘n inkomste te verdien.

Netta ·

@Henry, nou het ek my klaar gelag!!! Kommentatorre!!!! Inderdaad. Kyk, ek weet baie van ons Suid-Afrikaners het maar moeilikheid met spelling ensovoorts. Ek sidder soms as ek sien hoe mense spel (en mens kan nie altyd “auto-correct” daarvoor blameer nie), maar “kommentatorre” vat die kersie op die koek! Dit moet wees: kommentators … ek weet nie waste ‘torre’ jy na verwys nie.

Netta ·

Sien, en daar ‘auto-correct’ my boodskap ook. DIt moet lees “watse” en nie ‘waste’ nie. En kommentators kan ook kommentatore wees. Maar kommentators is immer die beter woord.

Henry ·

Netta
Kommentatorre is inderdaad korrek gespel.
Dit kon ook kommintatorre of selfs die meer bekende en gebruiklike kommentatore wees. Maar in hierdie geval het ek kommentatorre verkies.
Wil nietemin voorkom asof my poging verwyder is/word.
Ironies, indien mens dit teen die agtergrond van die aanvalle op die Steenkamp familie sou bekyk, wat hier in oorvloed verskyn.

j ·

Gaaaap…moeg vir al die stories, kan ons nou almal dalk aanbeweeg? Gee vir ons bietjie grappige nuus vir ‘n verandering.

DPJ ·

Vergifnis bring groot vervfyding vir vergewer sodat hy/sy met hul lewe kan voortgaan. Sonder vergifnis bly jy maar in jou eie tronk.

DPJ ·

Vergifnis bring groot vervryding vir vergewer sodat hy/sy met hul lewe kan voortgaan. Sonder vergifnis bly jy maar in jou eie tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.