ANCYL bankrot ná versuim om Zille-geld te betaal

Die ANC-jeugliga (ANCYL) is bankrot verklaar.

Die ANCYL het Maandagaand laat hoor dat die liga die skuld op sy vorige leiers pak ná ʼn hof hom verlede week bankrot verklaar het.

Die ANC-jeugliga het in ʼn verklaring laat hoor dat vorige leiers Julius Malema, Floyd Shivambu en Andile Lili nie ʼn ooreenkoms met Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, nagekom het om haar regskoste te betaal ná sy hulle gedagvaar het vir laster omdat hulle haar ʼn “racist girl” in 2010 genoem het nie.

Die versuim om die regskoste te betaal het tot gevolg gehad dat die Johannesburgse hooggeregshof ʼn bevel uitgereik het om die ANCYL bankrot te verklaar.

Die ANCYL het dit onomwonde gestel dat die leiers van die organisasie hul wetlike plig nagekom en die betrokke skuld betaal het nadat hulle met die betrokke partye beraadslaag het.

Die betaling is glo te laat gedoen en die bevel is steeds uitgereik.

“Die ANCYL is onlangs eers in kennis gestel van die kwessie. Ons het onmiddellik alle partye betrokke genader om die kwessie vinnig op te los,” lui die verklaring.

Hulle het glo ook by prokureurs om regshulp gaan aanklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gestremde ·

Dagvaar vir Julius. Die man het mos baie geld en wonder ook of sy SARS storie afgehandel is. Wys jou nou maar net een keer weer hoe korrup is die ANC kaders.

White Rhino ·

Zille en hulle is maar dieselfde – nie respek vir een van hulle nie -.
Zille het so gekruip om weer by die DA aanvaar te word – ek het skoon naar geword.
Dankie tog ek kan verby hou.

Yolande ·

Is daar enige leier in hierdie land wat nie betrokke is by diefstal wat ‘n party kan bestuur? Finansies is duidelik nie ‘n sterk punt nie.

Johan H. ·

Vf+ raak maar die beste opsie, wens hulle kon saam met Cope en Inkata vreiheds party staan. Daaie 3 saam is die toekoms!!!!Nog geen bewys van grootskaalse stelery nie,,

WH van der Merwe ·

Snaaks apartheid hetnie weerdie skuld gekry nieas iets by die swartes verkeerd gaan is dit altyd altyd dit altyd apartheid

VAT HOM ·

WEL neem dan AL HULLE BATES in beslag .. kry nou asb guts en VAT WAT JY KAN . hoekom kom hierdie mense so maklik weg met hofuitsprake TEEN hulle? Hulle betaal nooit (soos Hlaudi) en gaan net aan om te rant en rave en doen net verder skade … SUE HULLE DAN in hulle PERSOONLIKE hoedanigheid en vat ALLES wat hulle bessit .. Hulle dink dit is fair om alle wittes se besittings te vat … VAT ALLES wat hulle het …

Noellene ·

Snaaks….. rumours loop dat Charlize Theron n maandelikse fortuintjie skenk …….

Johan ·

Aan “VAT HOM”. Stem saam met jou. Ek begin sterk te twyfel in die howe, regstelsel en hul mag. Hoe die ANCYL en soos jy skryf Hlaudi dit regkry om hofbevele te verontagsaam en daarmee weg te kom, gaan my verstand te bowe. Maar laat ek dit probeer.

Casper Labuschagne ·

ANC Jeugliga is bankrot, kan jy jou dit indink? Ek is nog altyd versot op ‘n storie met ‘n gelukkige einde.

Ja Nee ·

Soos altyd het die ancyl te laat aandag gegee aan die saak nou byt dit hulle in die… Jy weet waar.

Leon ·

Ha ha ha ha……….alweer nie die huidige leiers nie, maar die voriges!
Ten minste kan Oom Jan v.R rustig wees oor die een, dis nie sy skuld of enige iemand op Reiger, Teiger en Drommedaris nie!

Ellisras ·

Verkoop die naam ANCYL. Met die internet adres Twitter adres en al die sosiale media adresse. Dan kan iemand verklaring uitreik in die naam van die ANCYL. Dit kan net prettig raak.

JR ·

Wha ha ha ha. Wie gee om. Julle is darem maar ‘n patetiese lot. Kan nie eers julle eie ligas in die groen hou nie maar julle wil die land regeer……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.