ANCYL-komiteelid bedank ná storm oor k-woord

Suzanne Govender. Foto: Facebook.

Suzanne Govender, sekretaris van die ANC-jeugliga (ANCYL) in wyk 73 in Chatsworth in die eThekwini-munisipaliteit en lid van die streek- uitvoerende komitee, het bedank nadat die ANCYL in kennis gestel is van ʼn voorval waartydens sy ʼn neerhalende term teenoor ʼn ander partylid gebruik het.

Die ANCYL het haar besluit verwelkom.

“Amptelike dissiplinêre prosesse is van stapel gestuur en sy het toe besluit om te bedank. Die ANCYL is soos die ANC ʼn nierassige organisasie en rassisme het geen plek in die beweging nie,” het die ANCYL in ʼn verklaring gesê.

Hulle het bygevoeg hulle het vir die leierskap van die ANC geskryf om formele dissiplinêre stappe te doen om ʼn boodskap uit te dra “dat die beweging geen gedrag wat ten doel het om ons mense te skei en spanning tussen hulle te veroorsaak sal duld nie”.

Jarad Naicker, voorsitter van die ANCYL in wyk 73, het Maandag in ʼn verklaring gesê die ANCYL distansieer hom heeltemal van Govender se “rassistiese uitbarstings” en sal toelaat dat interne dissiplinêre prosesse voortgaan sonder vrees of vooroordeel.

Naicker het ook gesê hulle sal ʼn saak by die polisie aanhangig maak vir verdere ondersoek en haar ook by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aankla.

“Ons sal ook alle moontlike ondersteuning bied aan die arme slagoffer wie se grondwetlike regte oortree is en wat erg getraumatiseer is,” het Naicker gesê.

Dit is onduidelik presies wanneer die beweerde voorval plaasgevind het, maar die voorval het glo aan die lig gekom toe ʼn skermskoot van ʼn WhatsApp-gesprek tussen Govender en ʼn ander persoon op sosiale media gedeel is. Daar word beweer dat Govender tydens die gesprek die k-woord gebruik het om na ʼn lid van ʼn ander ANC-tak te verwys.

“Haar gevaarlike stelling en gebruik van die k-woord kan net haat en wrywing tussen verskillende rassegroepe aanblaas en ons maatskaplike welstand vernietig vir politieke gewin en mag,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ander Annie ·

Ja nêh! Ook nog nie geleer van ‘n wag voor die mond nie.

Wurmpie ·

En waar is EFF nou. Kom aan doen dieselfde as wat jul met ander doen.

hendrik ·

Ek sal graag wil sien waar hierdie storie gaan eindig, defnitief nie so morsig soos Catzavelo en Momberg s’n nie.

Alki ·

Die skoen is nou vir ‘n slag aan die ander voet, waar is die EVV nou, ek hoor niks

Karolis ·

Sy gaan niks oorkom nie.
Slegs Blankes kan rassistiese uitlatings maak.

bgj van der westhuizen ·

wat vir my so snaaks is hulle is baie gena gekom was die k woord gebruik word maar hulle se dit baie maklik vir mekaar en dan is dit niks is dit dalk omdat hulle geld kan key uit die deel laat n mens wonder ????????????????/

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.