Ander vermiste leerder gevind

Die meisie van die Lantern- remediërende skool in Roodepoort in Johannesburg wat Maandag as vermis aangemeld is, is gevind.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê leerders het die 13-jarige Kate Mpho Spies Woensdag in Roodepoort sien loop en dadelik die skool in kennis gestel.

Personeel van die skool het hulle na die spesifieke gebied gehaas waar Kate gewaar is en sy is gevind. Die tiener is omstreeks 18:00 met haar familie herenig.

Volgens Mabona sal Kate vandag mediese aandag ontvang. Besonderhede oor haar verdwyning en terugkeer is in die stadium onduidelik.

Maroela Media het vroeër berig Spies is Maandag as vermis aangemeld toe sy nie meer by die skool was toe haar pa haar wou oplaai nie.

Haar terugkeer volg enkele ure nadat Lindokuhle Masuku, ’n graad 8-leerder wat Dinsdag by die hek van die Queen High School in Johannesburg ontvoer is, by die Maponya-winkelsentrum in Soweto gevind is.

“Ons is verlig dat albei leerders gevind is en doen ’n beroep op die skoolgemeenskap om waaksaam te wees en seker te maak dat die veiligheid van ons kinders nie in die gedrang kom nie,” sê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marisa W ·

Smaak my sommiges het net ‘n paar warm klappe nodig in plaas van “mediese aandag” – om ‘n ouer deur daai hel te sit en dan sommer net by ‘n winkelsentrum opgespoor te word…

netekalleen ·

Ek wonder altyd of so iets nie beplan is deur n meisie en haar outjie om n bietjie “alleen tyd” te he want die ouers is dalk te streng na haar sin nie. Hulle laat los nie deesdae sommer net iemand wat ontvoer is nie. Hier is n slang in die gras

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.