Andile Lungisa is Vrydag in die hooggeregshof in Grahamstad op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Lungisa is op borgtog vrygelaat hangende die uitkoms van sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding by die Konstitusionele Hof.
Lungisa het hom net meer as ʼn week gelede by die Noord-Einde-tronk in Port Elizabeth aangemeld om tronkstraf te begin uitdien nadat hy reeds in 2018 aan aanranding skuldig bevind is en tot twee jaar tronkstraf gevonnis is.
Volgens Lungisa se borgtogvoorwaardes moet hy hom Maandae en Vrydae by die Kabega Park-polisiestasie aanmeld en al sy reisdokumente indien. Indien sy aansoek in die Konstitusionele Hof geweier word, moet hy hom weer binne 72 uur oorgee aan die relevante owerhede.
Lungisa sou tronkstraf begin uitdien nadat die appèlhof in Bloemfontein vroeër die maand sy appèl teen sy skuldigbevinding van die hand gewys het. Hy het toe ʼn aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien en ʼn nuwe borgtogaansoek gebring.
Die omstrede ANC-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro is aan aanranding skuldig bevind nadat hy Rayno Kayser, DA-raadslid, met ʼn glasbeker oor die kop geslaan het. Die voorval het tydens ʼn chaotiese Nelson Mandelabaai-raadsvergadering in Oktober 2016 plaasgevind.
Kayser het verskeie snywonde aan sy kop en nek opgedoen en foto’s het gewys hoe hy bloed oral oor hom gehad het. Die vergadering het in sulke erge geweld ontaard dat sommige raadslede berading moes ontvang.
Lungisa het tydens sy verhoor onskuldig gepleit en gesê hy het uit selfverdediging opgetree.
Vroeër die week het Mandisa Maya, die president van die hoogste hof van appèl, en verskeie ander appèlhofregters gesê hulle neem met kommer kennis van uitlatings deur Lungisa dat sy saak nie regverdig aangehoor is nie, glo weens politieke en familieverbintenisse van die regters en onregverdige inmenging by die betrokke howe.
Maya het gesê die betrokke regters is Nambitha Dambuza, Caroline Nicholls, Sharise Weiner en Nolwazi Mabindla-Boqwana en die regter-president van die Oos-Kaapse afdeling van die hooggeregshof, regter-president Selby Mbenenge.
“Hierdie valse opmerkings, wat die integriteit van die regbank en regtelike onafhanklikheid ondermyn, asook neerkom op minagting van die hof en crimen injuria-oortredings, is gemaak toe mnr. Lungisa hom by die tronk aangemeld het,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die regbank, in ʼn verklaring gesê.
Die regte van regter Maya, die betrokke appèlhofregters en regter-president Mbenenge bly voorbehou en hulle eis dat Lungisa die aanstootlike aanmerkings terugtrek.
Hoekom is ek nie verbaas?!!! Weereens ..A-la Zuma!!. Die land se regstelsel word ‘n sirkus!!Die ANC pandemie regeer!
R10 000 borg? Hierdie knaap kom met als weg. Ek kan ‘n aar bars so irriteer hy my! Hy gaan beslis nie jammer sê nie en ek’s seker Ace is betrokke hier. Die klomp kyk mos mooi na mekaar. Regstelsel is so nie reg nie!
#Tsek ANC tsek!!!
#Tsek ANC tsek en EFF en BLM! Sit net ‘n week aikona ne
Hy kry wraggies weer borg.
Soos in Engels gese……”you just cannot make this stuff up!” Almal kop in een mis….die hofe, die NVG, die Valke, die Publieke Beskermer. Het gedink Shaun die Skaap by die NVG was SA se laag punt, maar wat begin ons Shamila Batohi noem?
Laat ons nou maar aanvaar: Me Batoyi en haar adjunk het NIE die oemf, stamina en dryfkrag wat dit verg om die NVG taak te verrig. Jy benodig iemand “onverskrokke!!”.
Wat het ‘n aanranding met. ‘n glasbeker met konstitule sake te doen
Nommer een: wat kos die regskaskenades? Wie betaal daarvoor? So ek mag ook kwytraak wat ek wil…en dit dan net “terrugtrek”? Ons moet seker maar gewoond raak aan die taktiek? Uitstel….afstel….van die een hof na die ander hof…claim victom te wees…ANC KADER ANTI TRONK PLAN. Bloot n arrogante ontwykings taktiek. Onaantasbaar en onverandwoordbaar.
Ons betaal natuurlik! Nee hy mag nie my vriend jy’s te wit
Misbruik van die Konstitusionele Hof deur ANC kaders en skelms…. Sit maar ou maat.
Ek is stomgeslaan. Hy is reeds besig om verder kwaad te stook in die gereg, en dan kry hy sowaar borg. Ek verstaan rerig nie hoe hierdie land werk nie.
Het ons (on)eerbare president nie gesè hy gaan korrupsie met wortel en tak uitroei nie?
Hy lieg so hy glo homself!
Wie betaal vir sy hofsake?
Ons natuurlik nie hulle nie
Een groot grap
Ek dog die eerbare staatspresident het gese die kriminele moet uit die regering uit. En so probeer ANC wol oor ons oe trek. Wat n grap. En dan wil die klomp nog Zimbabwe help??
Hy wil appelleer teen sy skuldigbevinding. Die hele land het sy aanval op TV gesien. Dit sal van die regstelsel ‘n klug maak as hy verlof tot appel toegestaan word. Hy behoort in die tronk te wag vir die uitspraak.
Hoe gaan hulle die se onskuld bewys as daar ‘n foto in die parlement geneem is van hoe dit gebeur het, waatvoor is die howe bang, hulle is besig om geld en tyd te mors, vonnis die man en kry klaar. Die man is besig om vir tyd te speel.
Die virus is besig om net verder te versprei en daar sal nooit n teenmiddel gevind word nie net omdat die siekte deur maghebbers beskerm word. Hy sal vrykom omdat dit is soos dit is.