André Hanekom se liggaam terug in die land

Francis Hanekom het maande lank gesmeek dat die Suid-Afrikaanse regering haar man, André, uit aanhouding moet help bevry. Foto: Facebook

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdagaand gesê die besluit berus by oorlede sakeman André Hanekom se familie om te besluit of ʼn verslag oor die omstandighede van sy afsterwe bekend gemaak sal word of nie.

Dit kom ná die 62-jarige se oorskot Donderdag na Suid-Afrika teruggebring is en vroegaand in die land aangekom het.

Hanekom is verlede week oorlede ná ʼn paar maande onder polisiebewaking in ʼn Mosambiekse hospitaal. Hy sou in dié land verhoor word op terreuraanklagte.

Lindiwe Sisulu, minister van die departement, het Suid-Afrika se hoë kommissaris in Mosambiek opdrag gegee om in gesprek te tree met die land se owerhede om ʼn verslag saam te stel oor die omstandighede rondom Hanekom se afsterwe.

“Die hoë kommissaris en die Mosambiekse owerhede is besig met die verslag. Sodra dit afgehandel is, sal die familie besluit of die inhoud bekend gemaak word of nie,” het Ndivuwo Mabaya, woordvoerder van die departement, Donderdagaand aan die African News Agency (ANA) gesê.

Die Mosambiekse owerhede het Hanekom verlede jaar in hegtenis geneem oor beweerde terreuraktiwiteit in die Cabo Delgado-provinsie, waar hy sy onderneming bedryf.

Hanekom se familie het herhaaldelik ontken dat hy enige wette oortree het. Sy vrou Francis, ʼn gewese waakeenheidsuster, glo haar man is vergiftig om moontlike marteling, terwyl hy in aanhouding was, te verbloem.

ʼn Onafhanklike lykskouing sal nou gedoen word. Die oorsaak van Hanekom (61) se dood op sy doodsertifikaat is tans die breinsiekte enkefalopatie en hipoksie (ʼn breinbesering wat veroorsaak word wanneer die brein nie genoeg suurstof kry nie).

Lees alle vorige berigte oor André Hanekom op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Jammer om sulke nuus te kry ! Sterkte vir die familie ! ???

Anoniem ·

Die Minister was te besig en die saak was net nie belangrik genoeg nie ?

Hannah ·

Nee….
Sy was ni te besig nie.
Mnr Hanekom se vel kleur was te bleek

Andre Stander ·

Ek sal soveel waarde heg aan ‘n verslag waarby Sisulu betrokke is- soos n fiets is vir n vis.

honourable member ·

Ek hoop die familie kry die antwoorde wat hulle soek. Mens wil mos maar die waarheid weet

Gesiggie ·

Niemand ken die man so goed soos sy familie self? iewers het iets verkeerd gegaan en sy vrou en kinders het die reg om die waarheid te weet. Mag al jul vrae beantwoord word sodat jul berusting kan vind, sterkte aan jul as gesin.

Maggies ·

Ai, ai, ai! My innige meegevoel aan sy vroutjie en naasbestaandes. Maar eerlik mag ál daardie mense wat so gesloer het om hom te bevry en hom mishandelde en onskuldig opgesluit het, se siele (as hulle so iets nog het) vir ewig brand en daarna in die hel brand met die wete van wat hulle gedoen het. Vir die Suid Afrikaanse mense wat hul bes probeer het, dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.