André P Brink dood weens bloedklont

André P Brink in Lyon, Frankryk (20007) deur Seamus Kearney via Wikimedia Commons

André P Brink in Lyon, Frankryk (20007) deur Seamus Kearney via Wikimedia Commons

Die letterkundige reus Andre P Brink is dood weens ʼn bloedklont in sy been, het die SAUK Saterdag berig.

Die SAUK het Brink se gesin as bron aangehaal.

Die skrywer Ampie Coetzee het gesê hy is baie geskok oor die nuus. “Hy was ʼn baie belangrike skrywer in die Afrikaanse en Suid-Afrikaans letterkundige wêreld,” het Coetzee oor sy vriend gesê.

Nabye vriend, die outeur Abraham de Vries, het Brink beskryf as een van Suid-Afrika se grootste novelleskrywers. “André was meer bekend oorsee as in Suid-Afrika, is baie meer gerespekteer en het ʼn oorsee ʼn baie hoër stand gehad as in sy eie land,” het De Vries gesê.

Maroela Media het vroeër berig Brink is Vrydagaand in die ouderdom van 79 oorlede. Hy was aan boord ʼn vlug tussen Nederland en Kaapstad. Hy het teruggekeer nadat hy Maandag ʼn eredoktorsgraad in België ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Dave ·

Of dalk VTE ( venous thromboembolism). Sal nie help om nou te probeer diagnoseer.

Alida ·

Het hom nie self geken nie, maar ek hoor hy was maar n groot libtard en baie polities korrek altyd gewees, met n poolse vrou. Hy moes meer kaalvoet geloop het.

Chris van Heerden ·

@ Alida hy het hom verseker nie aan polities korrek gesteur nie. Hy het n ding gese en geskryf soos wat hy gedink en gevoel het. Dalk moes jy ook maar meer in jou lewe gelees het.

Elizabeth ·

Net so Chris Van Heerden. Hy was ‘n literê reus en ek en miljoene ander sal hom mis. Wat sy vrou se afkoms nou met enigiets uit te waaie het weet g’n mens, maar party mense moet maar net lyk my kommentaar lewer om hul naam hier te sien,

Anchen Dreyer ·

Wat is jou van, Alida? Ek glo in die oop gesprek, maar dan wil ek weet met wie ek praat.

Dave ·

Dit is waarom hy ‘n groter aanhang in die buiteland gehad het Alida. Steur jou nie aan die niksseggende reaksies op jou raakvatstelling nie – dom reaksies soos ander en Anchen Dreyer wat glo wanneer haar naam gelees word weet lesers outomaties wie sy is.

Fanie ·

Ek verstaan bloedklonte kan nogal ‘n issue wees op lang vlugte, seker maar igv ons ouer mense. Dan sê hulle rekkouse help daarteen. Dis nou daai goed wat dokters tydens operasies gebruik en vir die pasient aan trek.

As dit so is, waarom maak die rederye die mense nie attent daarop nie?

Elsa Wessels ·

Stem 100% met jou saam – skrikwekkend hoeveel mense op sekere medikasies en/of ná ‘n operasie sterf in vliegtuie . . . veral sekere bloeddruk-medikasie en narkose is opvallend . . . en die dokters bly tjoepstil en waarsku nie hul pasiënte nie ondanks honderde sterftes?

Elizabeth ·

Ek is en sal altyd ‘n groot ondersteuner van hom wees, hy het die wonderlikste boeke geskryf – ‘n Oomblik in die wind staan uit. ‘n Letterkundige reus wie se werke in hope tale vertaal is. Sal hom mis, rus in vrede ou grote! : (

Sollie ·

Ek haal aan uit die berig:” Nabye vriend, die outeur Abraham de Vries, het Brink beskryf as een van Suid-Afrika se grootste novelleskrywers. “André was meer bekend oorsee as in Suid-Afrika, is baie meer gerespekteer en het ʼn oorsee ʼn baie hoër stand gehad as in sy eie land,” het De Vries gesê.” Dis mos waar wat die spreekwoord sê, ‘n profeet word nie in sy eie land geëer nie. Hy laat ‘n groot leemte agter in die literêre wêreld en hy sal beslis gemis word. ‘n Slim man en sy reisbeskrywings was van die beste wat ek ooit gelees het.

Joey Engelbrecht ·

Ek is mal oor Andre P Brink se boeke en die manier waarop hy dit geskryf het. Nooit doekies omgedraai nie! Reguit en op die man af! Sal hom mis, maar gun hom die rus!

Pierre Celliers ·

Die gejaag na roem en toekennings is dodelik.
Het hy nie sy toekenning gaan haal in die vreemde nie,
het hy dalk nog 100 jaar oud geword!

Elfie ·

Ag Pierre… regtig?? Om ‘n toekenning wat hy uit en uit verdien nou nie te moet gaan haal nie dan sou hy 100 word? ‘n Gejaag na roem om ‘n toekenning te gaan haal? WAT? Lees mense ooit die nonesens wat hul kwytraak. DINK voor jul die “stuur kommentaar” knoppie druk! Die toekenning was ‘n eer en dit sou ‘n belediging wees en ook ‘n hengse GRAP as hy dit nie wou gaan haal(in geval hy ‘n bloedklont sou kry en dalk nie 100 haal nie,, ai regtig)Ek kan net net my kop skud.

Pierre Celliers ·

Waarom plaas julle twee afsonderlike kennisgewings oor Andre P Brink se afsterwe?

Sune van Heerden ·

Dagsê Pierre

Toe ons die eerste berig geplaas het was die inligting oor die oorsaak van sy dood nog nie bekend nie. Dit is in die tweede berig weergegee.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hennie Parsons ·

Het twee bke v hom gelees; Bid Sprinkaan en Philida : Uitstekednd Wat ‘n skrywer!!!!

Elfie ·

Hennie – jy MOET ook ” ‘n Oomblik in die wind lees”. Dis wonderlik! Natuurlik ook “Die kreef raak gewoond daaraan” en, en…ag te veel om op te noem! Geen wonder sy boeke is in meer as 35 tale vertaal nie! Terloops ek verstaan volgens die Sondagkoerante dit was nie ‘n bloedklont maar ‘n aneurisme? In elk geval dink mens met simpatie aan sy vrou en ander familie en vriende. Hoe wens ek hy kons sy laaste boek voltooi… ‘n Grootse skrywer en ‘n groot verlies vir Afrikaanse letterkunde.

Rene van Wyngaarden ·

Ai tog! Die sothede wat uit sommige mense se penne verskyn is net verbysterend. Die gaan haal van ‘n prys het nie sy dood verhaas nie. Hy was reeds ‘n siek man. Hy is vereer en sy ingebore hoflikheid en boere-ordentlikheid het gemaak dat hy die reis onderneem. As hy die erkenning as wereldskrywer in Suid -Afrika geniet het wat hom toegekomhet, sou hy miskien nog met ons gewees het. En Brink polities korrek? Dis lagwekkend. Duidelik word die woord nie begryp nie. Hahahaha. Ek kry nou nie die kloutjie by die oor met die Poolse vrou nie? Waar pas sy in. Wat het dit nou regtig met die prys van eiers te doen? Ek herhaal : Ai, tog!

Pieter Conradie ·

Die paar keer waartydens ek die voorreg gehad het om met André te kon praat, het my gebring tot die besef hoe reguit, beskaafd en opreg ‘n mens met ander kan omgaan. As student en akademikus het hy wêrelde vir my geslag in die sewentigs laat oopgaan. Onopgesmuk kon hy op die man af hom uitlaat, deernisvol wees en teregwysend. Sy medemenslikheid sal ons bybly. Die opofferings wat hy moes maak – polities, en tog het hy besluit om in die land te bly. Die pogings wat jare lank gevoer is om hom te etiketteer en uit sekere stoele by universiteite te hou, het gelukkig nie geseëvier nie. “n Formidabele boerseun … Vanuit my subjektiewe standpunt sal André as afgeronde wêreldburger met integriteit my bybly en saam met JC Kannemeyer as geskiedskrywer bly dié twee die bakens van durf en deeglikheid. Wat meer kon ‘n letterkunde vra? Julle het ons lewens al soekend verryk en verdiep.

Elizabeth ·

Pieter Conradie – AMEN! Ek het hom selgs eenkeer ontmoet en nes jy sê die onberispelike waardige manier waarop hy met mense omgegaan het – gewone mense soos ek, sal my altyd bybly. Hy was geensins aanstellerig maar sjarmant en beskaafd.Ek is so jammer hy kon nie sy laaste boek voltooi nie. Ek was is en was ook ‘n groot bewonderaar van sy suster se werk. mag hul albei rus in vrede.

Elizabeth ·

Oeps en toe kom die tikfoute in en weereens met die doen van twee dinge tegelyk, moes een ongelukkig daaronder ly : ( . Soms is daar NET nie genoeg tyd om iets te korrigeer nie, nie as mens twee goed tegelyk probeer doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.