André Pienaar tronk toe gestuur

André Pienaar buite die hof op Senekal. (Foto: Maroela Media)

André Pienaar is Donderdag in die streekhof in Bethlehem tot tronkstraf gevonnis in verband met die oproer by die Senekal-landdroshof in Oktober 2020.

Pienaar (53), ’n sakeman van Senekal, is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die oproer het tydens die verskyning van twee mans in verband met die moord op Brendin Horner plaasgevind.

Pienaar, wat op verskeie aanklagte, waaronder brandstigting, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, tereg gestaan het, is uiteindelik net op een aanklag, openbare geweld, skuldig bevind.

Hy het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is ingevolge artikel 276(1)(i) tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, het Louis Pienaar, sy regsverteenwoordiger, gesê. André kom nadat hy ’n sesde van sy vonnis, 10 maande, uitgedien het in aanmerking om die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig uit te dien.

Volgens Louis kan sy kliënt selfs vroeër onder korrektiewe toesig vrygelaat word vir onder meer goeie gedrag.

André het aanvanklik nie beplan om die hofverskyning by te woon nie. Hy het egter gegaan en het met Horner se pa, Robbie, gesels. Van die ander mense wat die dag se verrigtinge bygewoon het, het glo vir André gevra of hy weet wat aangaan. Talle mense het later die hofgebou bestorm.

SJ Fourie, die eienaar van ’n insleepdiens, is ook later in verband met die voorval in hegtenis geneem. Alle aanklagte is egter Donderdag teen hom teruggetrek.

Honderde duisende rand is vir André en Fourie se regskoste ingesamel. Louis het bevestig dat die res van die geld gebruik sal word om na André se vrou, Talitha, en hul twee minderjarige dogters om te sien.

Genevieve de Jager, ’n vriendin van André en die vermoorde Horner, was deurentyd betrokke by die saak en meen dit is hartseer dat André sy stem dik gemaak het teen plaasmoorde en nou daarvoor moet boet.

“André is nie ’n krimineel nie, maar was ’n held gewees. André het geskree wat Brendon nie kon skree nie en nou moet hy agter tralies slaap. As ’n gemeenskap is ons harte seer en ek stem nie saam met die vonnis nie.”

‘Hulle wil ’n voorbeeld van my maak’

André het verlede jaar in ’n onderhoud met Maroela Media gesê hy was nie betrokke by die beskadiging van die hofgebou of die polisievangwa nie.

“Ek dink hulle wil dalk ’n voorbeeld van my maak. Ek weet regtig nie.

“Die gedagte dat ek dalk tronk toe moet gaan, bly my heeltyd bly. Die tronk is hel op aarde, en ek verkies om eerder dood te gaan as om in die tronk te sit.”

André het destyds gesê hy voel asof hy die pad alleen stap, hoewel honderde mense daardie dag aan die optog deelgeneem het.

“Dit is in hierdie tyd wat ʼn mens veral ondersteuning kort.”

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

piper ·

is daar ooit iemand tronk toe na die natal onluste. klomp mense dood en miljoene se skade. absoluut rasisties.

minnie muis ·

nee want malemema en zuma kids is bo hof verhewe en hul weet dit

Porseleintjie ·

Nee jou velkleur is die kriteria waaraan vonnisoplegging gemeet word.

Jacques ·

Nee, maar daar is ‘n paar Indiërs wat teregstaan op aanklagte van moord dink ek, omdat hulle hulle eiendom en lewens probeer verdedig het teen die stropery en anargisme in hulle gemeenskap. Weet nie wat met die saak gebeur het nie.

Die staat noem sulke gedrag “rassisme” blykbaar.

Jessica ·

n Man met n harseer hart en opstaan teen plaasmoorde. Ons almal was liederlik kwaad en kon slange vang. Nou gaan hy tronk toe?? Hy het nie eens iemand doodgemaak nie??? Wat van al die ander trawante wat skade maak , wat van die moordenaars? Maar as jy n blanke vel het , word ander reëls toegepas. Ons regstelsel is perfek, maar die uitvoer daarvan is beroerd.

pdbpta ·

Skandelikke partydigheid en onewewigtigheid van die Staat. Eers as ALLE opstokers met soveel passie en wrewing landwyd vervolg en gevonnis word, sal geregtigheid herstel en eiendom en die Reg beskerm word.

ES ·

Sommer summier vrygelaat omdat daar te min bewyse was, maar sy bebloede baadjie is in die besit gevind van een van die skuldiges.

Jannie van Niekerk ·

Die polisiemanne wat kastig die saak ondersoek het, het mos die DNS bewyse doelbewys laat wegraak.

Misky ·

Ek is so kwaad dat ek in trane wil uitbars!!!!! Ek kan nie glo dit is moontlik nie en hoekom is Malema nie in die tronk nie? Hoekom is daar dubbele standaarde? Openbare geweld word elke dag gepleeg en wanneer word daai lot opgesluit?

Jannie van Niekerk ·

Ek wil ook weet maar Andre Gaum en Chris Nissen doen alles in hul vermoeë om hjom uit die tronk uit te hou.

Wondermaarnet ·

So onregverdig. Die nasie brand en breek af en dis op kamera en hulle kom NIKS oor nie!!!!!

Maverick ·

Maar 1 boer wat vir ons Boerevolk opstaan moet tronk toe gaan ????

domheks ·

Om verder RASSISME aan te blaas! Naar malemmer se vel is nie wit nie!

Jannie van Niekerk ·

Ja want Chris Nissen en Andre Gaum weier volstrek om iets aan hom te doen.

Natasha ·

Wat van die taxi geweld, die oproer oor Zuma laas jaar en die EFF wat Brackenfell verwoes het? Wie is toe tronk toe? Dis blatant rasisme die! Hoekom word daar net van wit mense voorbeelde gemaak? Ons regstelsel, regering en land is ‘n grap!

Jannie van Niekerk ·

Tipies Demokratiese SA . Hulle sal NIKS oorkom nie want dan is dit mos benadeling van verontreghte benadeeldes.

Kokerboom ·

Beeld: Daars is ‘n veskil tussen tronk toe en korrektiewe toesig! Net sensasie. Die Blanke in die land het ‘n stryd om te stry vir geregtigheid!

Petrus Albertus ·

Ons moet hierdie uitspraak nou mooi onthou en volgende keer maak ons ‘n saak teen ‘een van daardie boeties wat so brand en breek en smeer hierdie op die hof se brood.

Jannie van Niekerk ·

Sal nie help nie. Hulle is die swart verontregtes wat plaasmoorde mag pleeg en goed aan die brand mag steek. Andre Gaum en Chrius Niisen sal hulle regte beskerm.

Maritza ·

Julius Malema rand ‘n polisie man aan maar sy hofsaak sleep voort. Andre word vinnig gevonnis….waar is geregtigheid?

Miskruier ·

No matter the time and era, if ever a government in any corner of the world, begins to prosecute a population on the basis of race, religion, gender or sexual orientation in the name of national security and prosperity, then it’s the existential responsibility of every thinking human to stand up and defy the authority of such heinous, uneducated, megalomaniacal,delusional and self righteous government
Abhijit Naskar
Neuroscientist

Johannes ·

Kan die reg sisteem ons laat wat gebeur het met die organiseerders van laas jaar se mislukte staats greep? Julle onthou daai een wat BILJOENE rand se skade veroorsaak het?

ES ·

Maar wie arresteer vir Malema en sy trawante as hulle hulle skree “Skiet die Boer”?

Nee wat, solank as wat jou vel wit is, gaan jy nie regverdig in hierdie land behandel word nie. Want party mense is meer “gelyk” as ander.

Aai ·

Net omdat hy op skool was word hy gestraf omdat hy beter moes weet.Kan nie so se van die ander waarvoor gese word aai ons kry jou jammer brand maar nog.

Treurwilger ·

Wat ‘n absolute skandalige onreg!
Kan nie gló wat ek lees nie!
Dit is dus hoe dit voel om magteloos woedend te wees.
Kan net vir André Pienaar en sy gesin baie sterkte toewens, met ‘n hart wat huil oor land en mense.

ES ·

Ek stem saam dat as jy skuldig is aan ‘n misdryf dat jy moet boet daarvoor, maar Andre het nie veroorsaak dat mense oproerig raak nie, hy is as die swart skaap uitgemaak deur die hof. Die mans wat die polisiebakkie omgegooi het en skade aangerig het moes vervolg word vir hul misdrywe.

Vonkprop ·

Moet ons ook nou verwoestend raak om ons misnoë te wys teen sulke uitsprake, want dit is al wanneer die regering luister maar ons is te ordentlik. Ons is grootgemaak met die feit dat daar gevolge vir jou dade is. Hulle word grootgemaak met brand en breek af want dit is jou reg.

Denise ·

een vraag….. Hoekom is Julius Malema nog nie in die tronk vir al sy oproer en haatspraak en vandalisme?????????

Jr ·

Rassistiese uitspraak want nou in die Kaap het DIE met meer human rights as ander alles gebrand en geplunder terwyl die polisie net by gestaan. Julle dink julle maak n voorbeeld maar mense verloor net respek vir die judiciary. Wonder van watse “kerk” die magistraat behoort aan

piet ·

Die ou het self skuldig gepleit (pleitooreenkoms tussen hom en die staat) hy is nie eers verhoor nie. Moet die landdros nou vergeet van hom nadat hy SELF skuldig gepleit het? Hy moes onskuldig gepleit het as hy geglo het hy was onskuldig. So nou is die landdros rassisties omdat hy die ou gevonnis het wat self skuldig gepleit het? Nie net maak jy die landdros as ‘n rassis uit nie maar jy maak ook inbreuk op sy vrye keuse van geloof.

Jr ·

Jy is te onnosel om te verstaan kerk is nie betrekking tot geloof. Word net wakker

piet ·

Kyk jy moet net ‘n rukkie tyd gee dan kom die kommingeit uit. LOL

piet ·

Eerder die realis. Gaan my verstand te bowe hoekom iemand die dade van ‘n misdadiger wat self skuldig gepleit en gevonnis is, wil goedpraat.

Samuel ·

Ek dink ons regstelsel is skeefgetrek. Arme man!! Stuur die geweldenaars wat in Natal amok gemaak het, ook tronk toe.

Thinus ·

Net om reg te help. Dus Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 en hy moet n miminum tyd van n 1/6 van sy straf doen wat 10 maande is. Dus die minimum tyd voordat hy oorweeg kan word Vir korrektiewe toesig. Appelleer teen die vonnis en versoek n drie (3) jaar gevangenisstraf ingevolge Artikel 276(1)(h) waar hy direk kan uitgaan op korrektiewe toesig. Blankes kan nie saam staan nie en as jy die ram van die trop wil wees gaan jy alleen die gevolge dra. Kom ons sien liewer dat daar n aanlyn petisie is vir n alternatiewe vonnis of last Afriforum intree

piet ·

Dit was dan ‘n pleitooreenkoms so stem saam dat hy skuldig is en het ook ooreengekom oor die vonnis (hyself, sy regsverteenwoordiger en die staat). Hy sal ‘n swaarder vonnis gekry het as daar nie ‘n pleitooreenkoms was nie, hy word bloot oor die vingers getik.

SjN ·

Hier is n presedent geskep, wannneer word daar dan opgtetree teen die klomp wat hul aan dieselfde oortreding skuldig gemaak het en nog vrylik rondloop?

Althes ·

Hoe bevooroordeeld is ons regstelsel. N Onskuldige jong boer is wreedaardig vermoor en die gemeenskap het magteloos en gefrustreerd gevoel oor onaanvaarbare vlakke van misdade.
Nou word die arme man 5jaar tronk toe gestuur, terwyl natal en gauteng se onluste net agv Zuma en sy tronkstraf was.

Delia ·

Net n gedagte. Ek hoop ons almal wat hier kommentaar lewer behoort aan Afriforum en Solidariteit. Ons moet hierdie burger organisasies se hande sterk maak, want ons is opbouers soos ons voorouers en nie afbrekers/afbranders nie.

Jacques ·

Dit is absoluut absurd. Soos die gesegde sê. “Die wiel draai.”

Die president is geskep. Die regstelsel gebruik mos graag ander sake as verwysing. Laat een in die toekoms nou iets soortgelyk doen dan moet dieselfde straf toegeken word.

Die saak moet ongeag die ooreenkoms wel op apêl geneem word

Elsa ·

Maar die regstelsel is glo NIE gekaap nie . . . ? So kan enigeen wat vandag opstaan vir reg en geregtigheid en die WAARHEID, summier in ‘n tronk gegooi word . . . Vier pilare van die samelewing is lankal saam met korporatiewe media uitverkoop – regstelsel, militêr/polisie/onderwys/gesondheidsdienste . . . Hoef NET die WEF-agenda te volg om te weet wat regtig aangaan . . .

Gerhard ·

Ek lees die artikel, so ook die kommentaar van elke persoon. Hoe verskriklik onregverdig is dit nie wat besig is om te gebeur in ons land nie. As al die blanke mense net eenvoudig saamstaan en een party in die verkiesing ondersteun, is ek doodseker dat dit n verskil kan maak. As ons net n slag op n beskaafde manier kan begin saamstaan, ek dink terug aan die boere-oorlog…….As boere “witmense” saamstaan, is daar absoluut niks wat ons kan stuit in ons pad vorentoe nie. Ek weet nie hoe ons so iets gedryf kan kry nie, maar iets sal moet gebeur en bitter vinnig ook, want alles is besig om uitmekaar te val. Pryse gaan op van alles, inflasie styg, werkloosheid is hoogste ooit, ons regstelsel val uitmekaar (of teiken n seker bevolkingsgroep). Mense, dit is al amper te laat vir ons, maar as ons spodig hande vat, net dalk kan ons die saak beredder en ons land red. Een tandestokkie breek maklik, maar 10 teen mekaar……..gaan nie sommer net gebreek word nie. Afrikanerliefde

piet ·

Vra vir Steve alhoewel hy stil geword het nadat hy in die bek geruk is. Probeer ‘n ander generaal. Die boere het steeds pakslae gekry in die Boere-oorlog so daai saamstaan het ook nie gehelp nie. Te min in getalle om ‘n verskil te maak in hierdie land. Ons enigste redding is as die meerderheid swartmense die skip wil omdraai anders gaan niks gebeur nie.

Swanie ·

En die eff lede wat al hoeveel skade aan hoeveel plekke aangerig het?

Suzette ·

En niemand van “our people” het nog in die tronk opgeëindig as gevolg van enige brandstigting, moord, aanranding ens. nie. Daar word ‘n voorbeeld van hierdie man gemaak om enige teenkanting van minderheidsgroepe in die toekoms te verhoed – dis wat!

Pieter ·

Interssant hoe die regspan die pleit ooreenkoms verkoop. Hulle het natuurlik besef die saak moet so kort as moontlik gehou word. Wat as Mnr Pienaar nie vrygelaat word nie? Dis nie ‘n gegewe feit dat hy sal op parool vrygelaat sal word nie.

Andre ·

5 jaar!!!
Dis meer as wat meeste moordenaars in die popo republiek kry!

Papsak ·

Ja ou word hy toe gesluit omdat hy vir n boer op gekom het hy nie so erg oortree nie maar hy moet sit wat vam Malemma en sy trawante wat wittes haat en sy liedtjie kill the boer kill the farmer haatspraak maar nee hy loop los en vry wat van Zuma hy dieselfde loop ook vry maar omdat daai ou wit is moet hy tronk toe mag ons dan nou niks meer se of doen nie waar is ons regte heen mmmmmm

pieter ·

Ons moet saamstaan , niemand anders gaan tot die wit mense se redding kom nie .
Dit gaan nog erger word met die klomp misdadigers en rassiste .

Piet parys ·

Dit is maar net n manier om die blankes in die bek te probeer ruk. Die anc en die eff barabas ‘ se loop buite rond . Wees maar seker Andre daar is mense wat in jou glo. Die swart besmeerde howe soek net n verskoning om iemand op te sluit . Die mal.e. .mas die ware kriminele loop buite rond maar hulle dag sal kom . Sterkte vir jou en familie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.