André Schwartz weer in hospitaal

André Schwartz.

Die sanger André Schwartz is Vrydag in ʼn Johannesburgse hospitaal opgeneem met komplikasies weens Covid-19 nadat hy oor die feestyd met dié virus gediagnoseer is.

Corné Oosthuizen van CO Productions en Schwartz se bestuurder het dié nuus aan Maroela Media bevestig nadat Schwartz self in ʼn Twitter-plasing gesê het dat hy nog in die hospitaal is.

“André is terug in Johannesburg ná sy hospitalisasie in Kaapstad vir Covid-19. Hy is egter Vrydag weer opgeneem in ʼn Johannesburgse hospitaal weens komplikasies van die virus met betrekking tot sy longe,” sê Oosthuizen.

“Sy dokter is baie positief en ons bid dat hy sommer gou weer sal terug wees op sy plaas.”

Rapport het die naweek berig dat Schwartz op 15 Desember in Kaapstad in die hospitaal opgeneem is met Covid-19. Sy 87-jarige ma, Ina, het ook positief getoets vir die virus en het Kersfees in isolasie deurgebring hoewel sy geen simptome getoon het nie.

Schwartz het vroeër aan Maroela Media vertel hy en sy ma, wat tydens die streng inperking verlede jaar by hom gewoon het op sy plaas in die Wieg van die Mensdom, het beplan om ʼn stil Kersfees aan huis van ʼn paar vriende deur te bring.

Die sanger het in Februarie verlede jaar bekendgemaak dat motorneuronsiekte (MNS) by hom gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SomeOne ·

sterkte andre, my gebede aan jou ook in die moeilike stryd

Casper ·

Mag die liewe Groot Geneesheer sy instrumente gebruik om jou gou gesond te maak Andre.Ons bid vir jou en moedertjie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.