André Visagie kry tronkstraf

André Visagie. Foto: Facebook

André Visagie. Foto: Facebook

André Visagie, leier van die Geloftevolk Republikeine, is in die Kimberley-streekhof tot tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Visagie is Woensdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook tot ‘n verdere drie jaar tronkstraf gevonnis op ander aanklagte. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Visagie het intussen aansoek gedoen om verlof om appèl aan te teken teen sy skuldigbevinding en vonnis. Sy aansoek om verlof om appèl aan te teken teen sy vonnis is van die hand gewys terwyl hy verlof toegestaan is om teen sy skuldigbevinding te appelleer.

Visagie en sy seun Jan, toe 18 jaar oud, is in Maart 2011 in hegtenis geneem nadat ses tuisgemaakte haelgewere, ‘n 9mm-pistool sowel as dele van ‘n ander vuurwapen en ammunisie in sy huis gevind is.

Jan is in November verlede jaar vrygespreek op die aanklagte teen hom terwyl Visagie skuldig bevind is. Landdros Vernon Smith het destyds in sy uitspraak gesê Visagie het ʼn “absolute gebrek aan vertroue” in die polisie en dat hy bekommerd is oor plaasaanvalle en dus glo dat mense hulself moet kan beskerm.

Smith het gesê daar was geen bewyse dat Jan kennis gedra het van die wapens wat in ‘n kas in sy kamer gevind is nie. – Sapa

Lees ook:
Geloftevolk-leier skuldig oor wapens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlene Oosthuizen ·

Hy kry vyf jaar tronkstraf vir ses haelgewere en ‘n pistool wat by hom gekry is. NIEMAND is daarmee vermoor en dan bly hy ook op ‘n plaas waar boere links en regs vermoor word. Natuurlik sal hy wapens moet he om homself te beskerm. Mal-Emma verkondig openlik hoe gaan hy Gauteng met geweld omver werp – wat hy seker ook gaan doen, en knip enigiemand ‘n oog daaroor. Hoe regverdig is dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.