Andries Vrey gevind

Andries Vrey. (Foto: Verskaf)

Andries Vrey (43), DA-raadslid en voormalige hoof van Aardklop, is Vrydagaand gevind. Sy eksvrou, Dorne Vrey, het aan Maroela Media gesê hy word na ʼn hospitaal in Umhlanga gehaas. “Hy leef; dis al wat ons tans weet.”

Maroela Media het vroeër berig Andries het in Umdloti naby Durban vermis geraak, waar hy sedert verlede week vakansie hou. Sy foon is sedert Dinsdag af. Dorne het gesê hulle is bekommerd, aangesien Andries verswakte hartfunksies het en verlede jaar ʼn beroerte gehad het. “Dit is wel wat ons vermoed het,” het sy Vrydagaand gesê.

Die familie wag nog vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Cherokee

Die berig se titel neig om dit te laat klink na iemand wat wegkom gesoek het.
Miskien veral so gelees deur mense met dieselfde neigings.
Hopelik is hy ôrraait.