Anene Booysen se pleegma oorlede

Anene Booysen

Anene Booysen

Anene Booysen, die 17-jarige meisie van Bredasdorp wat verlede jaar dood is nadat sy op ʼn konstruksiewerf in Bredasdorp verkrag en wreed vermink is, se pleegma is oorlede, berig eNCA.

Volgens die berig is Corlia Olivier in ‘n hospitaal in Bredasdorp aan servikale kanker oorlede. Sy is in Desember daarmee gediagnoseer.

Maroela Media het vroeër die maand berig oor die afsterwe van Anene se biologiese pa, Klaasie Speelman. Sy liggaam is met veelvoudige steekwonde op ʼn ashoop aangetref. Speelman se beweerde moordenaar is in hegtenis geneem.

Anene se moordenaar, Johannes Kana, is verlede jaar in November tot twee keer lewenslank gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan haar verkragting en moord.

Lees ook:
Dubbele tragedie tref Anene Booysen se familie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.