Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor

Anene Booysen

Anene Booysen

Johannes Kana is Maandag formeel aangekla van die verkragting en moord op Anene Booysen, het The Star berig.

Kana (21) het in die streekshof in Swellendam in die Wes-Kaap verskyn vir die aanvang van sy hofsaak. Hy het die 17-jarige Booysen glo van 1 Februarie die aand tot die volgende oggend op ‘n bouperseel in Bredasdorp verkrag en haar maag oopgesny. Sy het op 2 Februarie in die middag aan haar beserings beswyk.

Die staat het Kana se pleidooi, waarin hy erken dat hy die kroeg in Bredasdorp saam met Booysen verlaat, haar geslaan en verkrag maar haar nie vermoor het nie, van die hand gewys. Volgens die koerant het die staat sy eerste getuie, Eben Merts, geroep. Merts is ‘n sekuriteitswag en die eerste van die staat se 52 getuies. Hy het getuig dat hy op die bouperseel sy rondes gedoen het toe hy ‘n gil gehoor en iemand tussen twee huise aangetref het.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Die tragiek van die gebeure ten spyt, is die anderkant van die saak eenvoudig – wat het Anene in die kroeg gaan doen. Is dit nie juis ‘n omgewing wat vermy behoort te word nie ?

Vas Vat ·

Hj, jy is reg, ek is nie harteloos nie, maar wat het n 17 jarige in die kroeg gesoek ???

Baby-J ·

In die een kant is julle 2 reg, MAAR…. Die meeste tieners is in jolplekke vandag, almal gaan uit en kuier, al was sy verkeerd was dit nogsteeds nie die hond se plek om n meisie so te verkrag en vermoor nie!!! Al was sy ouer sou hy haar tien teen een nogsteeds verkrag en vermoor het!! Niemand het die reg om n vrou of meisie (ongeag van die ouderdom) te verkrag en vermoor nie!! Ja as die meisie dalk 14, 15 daar rond was dan sou ek saam stem, maar sy was amper 18 en mondig! Al glo die meeste ouers hulle kids is by vriende of vriendinne, hang almal maar by kuierplekke uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.