Anette Roberts ‘was ʼn merkwaardige vrou’

Anette Roberts en Dana Snyman. Foto: Facebook

“Sy was ʼn merkwaardige vrou. Iemand wat so maklik met ander mense kontak gemaak het. As sy eers in jou lewe was, het jy baie vinnig lief geword vir haar.”

Só sê Simoné Harris, die dogter van Anette Roberts (51), wat Woensdagmiddag dood in ʼn vriend se motor in Lillyvale, Bloemfontein, aangetref is. Roberts, ʼn entrepreneur, was die verloofde van die bekende Afrikaanse skrywer, Dana Snyman. Die paartjie sou op 9 Desember vanjaar getrou het.

Volgens Harris het Rudi Nienaber, Roberts se jare lange vriend, op haar liggaam afgekom. Roberts het vermoedelik haarself vergas.

Harris het Vrydag aan Maroela Media gesê haar ma het met depressie gesukkel. “Sy het depressie gehad, maar ʼn mens verwag nooit so iets nie. Ons is verskriklik hartseer en baie geskok,” het sy gesê. Simoné, wat in die Kaap woon, het ook ʼn ouer suster, Lumien, en ʼn broer, AJ.

“My ma het ons alleen grootgemaak en sy was so ʼn goeie ma vir ons. Sy wou altyd net die beste vir ons gehad het en sy was so lief vir ons,” sê Harris. “Dit klink seker soos ʼn cliché, maar sy was ʼn merkwaardige vrou. Sy was iemand wat baie omgegee het vir ander. As jy net op sosiale media gaan kyk wat mense oor haar sê, kan jy sien hoe geliefd sy was.”

Volgens Simoné ondersteun sy en haar broer en suster ook vir Snyman in hierdie moeilike tyd. “Ons het al met Dana gepraat en ons almal ondersteun mekaar in hierdie tyd. Hy is ʼn baie goeie en opregte mens wat baie goed was vir my ma. Ek weet hy was bitter lief vir haar.”

Op Roberts se Facebook-profiel het talle mense hul skok uitgespreek oor die nuus en boodskappe van medelye gedeel.

Snyman het Vrydagoggend in ʼn boodskap op Facebook mense bedank vir hul boodskappe en gebede. “Liewe Anette. Wat se ‘n mens…? Ek is op die oomblik by Johannes Bakkes en sy vrou, Nanna, in die Paarl. Soveel mense is goed vir my.”

ʼn Gedenkdiens vir Roberts sal Maandag om 10:00 by Pepper Tree in Bloemfontein gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Sal mens ooit verstaan hoe stukkend en moedeloos en desperaat niemand anders se gemoed kan word…breek my hart om te dink dat soveel mense só alleen kan voel?

Swart Hond ·

Depressie is ‘n verskriklike ding….dis die onvermoë om ‘n toekoms te konstrueer te midde van verskeie geweldige drukfaktore wat aanwesig kan wees…..die persoon verval dan in ‘n toestand van diepe moedeloosheid, hulpeloosheid, waardeloosheid, magteloosheid en soms…..dan lyk die dood na die enigste oplossing. Mense wat nog nie depressie ervaar het ‘n hul lewe nie, sal nie verstaan nie. Ek verstaan en al is sy nou dood gaan my hart uit na haar en ek bid vir haar siel. Ek glo God sal haar vergewe en dat sy wel die ewige lewe sal beërwe mits sy haar hart vir die Here gegee het toe sy nog geleef het. God verstaan ook depressie en hy weet dat iemand wat by die punt kom waar sy gekom het, eenvoudig nie meer kan aangaan nie….

Karma ·

@Johann, dit is baie, baie, baie maklik om só ‘stukkend, moedeloos en desperaat’, soos jy dit noem, te raak – só erg, dat jy voel dat die lewe nie die moeite meer werd is nie of jy wonder: was die lewe ooit die moeite werd hoegenaamd? Dit is hoe ek hier, nou, vanoggend voel. Soos ek hier sit, drup die trane. Nie oor wat nie, nie oor ek volgende jaar dié tyd dalk nie meer leef nie, maar omdat alles gekom het tot wat dit is – en ek vra myself af, soos Job homself afgevra het nadat sy kinders dood is en sy vee alles vernietig is – waarom het die dag wat ek gebore was, ooit aangebreek en hoekom was ek nie ‘n misgeboorte nie? Dis dan wanneer selfdood so ‘n maklike opsie is. Sterkte aan Dana, die man met die sagte stem, soos ek hom by myself genoem het.

Dalene de Vente ·

Dagsê Karma

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

suzette ·

Ek het soveel simpatie. Ek veg ook al jare teen die swart monster. Paar keer al selfdood oorweeg, maar ek het ‘n keuse gemaak om myself uit daardie gat te ruk. Dit is ‘n baie moeilike en eensame pad om te stap, aangesien niemand anders “verstaan” wat met ‘n mens gebeur nie. Ek is onder behandeling, vir meer as 5j al. Partydae loer die gat vir my, maar ek staan sterk. Ek wil nie weer in daardie gat wees nie. Die belangrikste is om daaroor te praat. Dit is moeilik , want mense hang ‘n etiket om jou nek, maar ons weet van beter. Die grootste probleem is dat mense nie ingelig is nie. Daarom is dit my grootste wens om motiveringsspeker te word, want ek kan en wil mense help om teen die swart monster op te staan, want ons kan. Dit is moeilik, maar met krag en genade kan jy

Nog'nKans ·

So jammer vir haar kinders en Dana. Depressie sit vir jou in so diep put. Ek my lewe probeer neem ‘n jaar terug. In ICU het mediese personeel vir my lewe geveg. Die lewe waarvoor ek nie meer wou veg nie. Ek het ‘n tweede kans gekry. En tog veg ek steeds daagliks ‘n stryd teen selfdood. Depressie en eensaamheid wens ek niemand toe nie.

Rina ·

Die ergste is dat jy altyd raad en bystand aan ander gee, maar jy weet jy het dit ook! Jy praat jouself moed in, gee voor jy is OK, maar eintlik is jy flenters!
Sterkte Dana- jou liefde vir haar sal jou staande hou!

SARIE VAN HEERDEN ·

Dr IL de Villiers het geskryf dat as mens depressie kry oor iets soos waarmee jy sukkel, ,soos bv egskeiding of skuld, is dit goeie depressie want dit gaan om ‘n REDE en gewoonlik kom oplossings. Dis wanneer jy net sommer depressief raak oor niks wat die nie goed is nie . Dr de Villiers was self ‘n depressielyer en het ‘n baie interessante boek daaroor uitgegee.

marlene ·

Ja die swart hond. Ek ken hom so goed. Sy lêplek is op my stoep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.