Angelo Agrizzi ‘in ernstige toestand’ ná hartaanval

Angelo Agrizzi in die hof (15 Oktober 2020) (Foto verskaf)

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, verkeer tans in ’n ernstige toestand nadat hy Woensdag ’n hartaanval in die hospitaal gehad het.

Adv. Daniel Witz, Agrizzi se regsverteenwoordiger, het Donderdag aan Maroela Media gesê Agrizzi het ’n hartaanval gehad waarna mediese personeel hom moes bybring en stabiliseer.

Volgens Witz is sy kliënt in dié stadium nog nie buite gevaar nie.

Agrizzi, wat vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is, word tans in die waakeenheid van ’n private hospitaal in Johannesburg onder polisiebewaking behandel.

Die omstrede Agrizzi se gesondheid het ’n week gelede verswak nadat sy aansoek om borgtog afgekeur is en hy sy eerste aand in ’n tronksel deurgebring het.

Hoewel hy aanvanklik in ’n staatshospitaal opgeneem is, is hy intussen na ’n private hospitaal oorgeplaas nadat die betrokke hospitaal aangedui het dat daar nie plek vir Agrizzi in sy waakeenheid is nie, verduidelik Witz.

Maroela Media het vroeër berig Agrizzi staan saam met die voormalige ANC-LP Vincent Smith tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Agrizzi het Smith glo telkemale omkoopgeld betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

shari ·

Weereens geld wat praat.Misdadiger of nie hy word in n private hospitaal opgeneem omdat geld praat anders sou hy in n staatshospitaal gebly het.Voel glad nie jammer vir hom nie.

Suzette ·

Hy gaan ook seker nou oor die hoof gesien word vanweë sy sodanige “siektetoestand” en oor ‘n paar maande wandel hy op die golfbane rond….tssk!!

JohanR ·

Wed jou daar is baie ANC’s wat hom nie die beste toewens nie!

Danie ·

Ek ruik n rot. Iets is hier aan die gang. Met Agrizzi uit die pad is daar nie meer n saak nie en wie trek voordeel daarby hmmmm

Pieter J ·

Hierdie ou is regtig siek. Hulle moet hom aan die lewe hou want hy kan dalk nog ń paar stories vertel. Hy het tog te lekker gesing by die Zondo kommisie.

Willem ·

Hoekom dink ek nou saam Shabir Shaik? Al jarrrrrrre terminaal siek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.