Anglo American skenk grond aan munisipaliteit

Chris Griffith, uitvoerende hoof van Anglo American Platinum en Mpho Khonou, burgemeester van Rustenburg (Foto: ANA/Stringer)

Anglo American Platinum het 270 hektaar grond aan die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes geskenk.

“Die grondhervormingsprogram is om ʼn land te bou waar alle Suid-Afrikaners hul vermoë kan bereik, ongeag ras, geslag, seksualiteit of geloof,” het Chris Griffith, uitvoerende hoof van die maatskappy, gesê.

Hy het gesê die maatskappy ondersteun pres. Cyril Ramaphosa dat Suid-Afrika se grondhervorming nie grondgryp is nie, en ook nie ʼn aanval op privaat eienaarskap van eiendom nie en dit behoort nie toekomstige beleggings in die ekonomie te ondermyn nie.

“Die voorstelle oor grondonteiening sonder vergoeding is een element van ʼn breër program oor grondhervorming en ons grondskenking is ʼn voorbeeld van hoe ondernemings en mynboumaatskappye grondhervorming kan omhels om goed-geleë stedelike grond beskikbaar te maak vir laekostebehuising sodat armes eiendom kan besit en naby ekonomiese geleenthede kan woon.”

Die grond wat die maatskappy aan die Rustenburg-munisipaliteit geskenk het, sal vir behuising gebruik word.

Die grond sal na verwagting aangewend word om die inwoners van Chachalaza 14 en Plot 14- informele nedersettings te hervestig en die Popo Molefe- en Mbeki Sun- informele nedersettings te formaliseer om inwoners sekuriteit van eienaarskap te gee en toegang tot behoorlike diensleweringstandaarde.

Die Rustenburg-gemeenskapsontwikkelingstrust het meer as 27 hektaar grond ontvang om ʼn sorgsentrum op te rig vir ongeveer 155 persone. “Dié sentrum sal sorg bied aan gestremde persone, bejaarde persone, weeskinders en families waar kinders aan die hoof van die huishouding staan,” het Griffith bygevoeg. “Ons is ook trots op ons vennootskap met die Rustenburg- plaaslike munisipaliteit en die provinsiale regering van Noordwes. Deur dié vennootskap het ons 204 hektaar grond in 2014 by Bokamoso geskenk en ons het gevolglik belê in massa-infrastruktuur van meer as R140 miljoen deur ʼn waterbehandelingsaanleg en teerpaaie aan te lê. As gevolg van dié skenking kan die departement van menslike nedersettings nou 4 000 wooneenhede op diensbare grond oprig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

humor ·

Skenking ongeag ras geslag ens. ens. maar tog saldie grond tot in lengte van dae nooit in die hande van n wit mens beland nie.

Johann cb ·

Wié probeer hy beïndruk? Dink die myngroep régtig dat die grond onderhou sal word?

Andreas ·

Hierdie een tel nie, want die grond is nie aan die ANC regering geskenk nie. Nou kry die ANC regering ook nie die blootstelling voor stemdag nie.

Koos Marais ·

Ek sal saad, die eerste graaf en die eerste hark skenk, hulle moet self sorg vir water en elektrisiteit. En ‘n skuur, en ‘n trekker met ‘n sleepwa en diesel.

Hans ·

Twyfel of enige minderheidsgroep voordeel uit die skenking sal geniet.

marous ·

Waarom skenk hulle nie al hul aandele in die mynbedryf nie ? Twaksalwers

Wilma ·

Hahaha. Die mense soek ni dai grond ni. Hul soek plase met huise en implemenste wat hul kan verkwansel en bome wat hul vi vuurmaakhout kan gebruik

David ·

…en een van die dae skaal Anglo af tot slegs ‘n teenwoordigheid in die mynbou sektor en wag vir beter dae, i.e. ‘n beter politieke klimaat.

G’n wonder hulle “ondersteun” CR se OSV waansin nie.

Hanna Hoekom ·

Hoop die maatskappy gaan die “basiese dienste” rekening vir die nuwe woonbuurt ook betaal!

Edd ·

As jy onosel genoeg is om te dink dit gaan oor grond hoort jy nie in ‘n posisie hoër as assistent kruiwa stooter nie.

willem Botha ·

Pleks gee hulle vir solidariteit die grond dat hulle n tweede Soltek kan bou vir huidige benadeelde minderhede.

Gert ·

Hulle gaan daai grond verkoop en geld verduister. Proof me wrong.

Danie ·

Daai grond gaan nooit op enige swart mens se naam opeindig nie. Die onbevoegdheid van ‘n Rustenburg Munisipaliteit sal dit ook maar net weer sluk.

Jeremia ·

Beslis geen minerale op daardie grond nie.
En moenie vergeet hoeveel derduisende mense al eenvoudig moes skuif omdat die grond waarop hulle gewoon en/of geboer het een of ander mineraal bevat wat mynhuis wou ontgin.
Daarvan is Rustenburg en omgewing maar een voorbeeld.

Judge Dredd ·

Dis mos die mense wat oorsee onderhandel het met die ANC om Apartheid omver te werp.
Dis mos die mense wat wat wittes vertel het om Ja te stem en hoe wonderlik SA sal wees.
Dis nou die mense wat onbenutte grond weg gee vir ‘n bietjie gunstige reklame.
Dis seker die mense wat die regering steun om boere se grond/ mense se eiendomme te vat.

Moet net nie vra dat hulle meer BEE aandele moet afstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.