Anglo gaan miljoene aan siek mynwerkers betaal

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse nasionale burgerlike organisasie (Sanco) het Saterdag Anglo American en AngloGold se instemming om skadevergoeding van ongeveer R500 miljoen te betaal aan mynwerkers wat silikose opgedoen het, verwelkom.

Die vergoeding kom nadat meer as 4 000 mynwerkers, wat longsiektes by goudmyne opgedoen het, die mynmaatskappye in 2012 in ʼn sogenaamde klasaksie-regsgeding gedagvaar het. Van die werkers is intussen oorlede.Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, het gesê die skikking is ʼn geskiedkundige oorwinning vir menseregte en arbeiders wat onder verskeie longsiektes gebuk moet gaan om die Suid-Afrikaanse mynboubedryf winsgewend te maak.

Hy het bygevoeg dat die suksesvolle eis die weg baan vir nog skikkings deur silikose-lyers wat in diens van Anglo Suid-Afrika is.

“Dringende ingryping is nodig om skikkings te versnel van uitstaande eise deur duisende mynwerkers wat silikose opgedoen het nadat hulle die onsigbare en hoogs toksiese silika-stof gedurende skietwerk en boorbedrywighede ingeasem het,” het hy gesê.

“Myne moet verantwoordelikheid neem dat hulle mynwerkers toegelaat het om aan te hou werk vir 15 jaar nadat hulle met silikose gediagnoseer is. Baie meer moet ook gedoen word om huidige mynwerkers te beskerm teen werkverwante siektes in die bedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie de Beer ·

Lees ek reg? Dit is `n skreiende skande – Die mynwerkers werkers kry nie eens R125 000 elk uit vir `n verkorte lewensverwagting. Dit is boonop gekoppel aan die erge borspyne en die ongerief van silikose. Die mynwerkers se prokureurs sal op hul deel aanspraak mag maak wat die netto uitkeerbedrag vir elke werker tot moontlik onder R100 000 sal neem. Gemeet aan die jaarlikse devaluasie van die Rand is al werklike wenners hier is Anglo en die eisers se prokureurs.

Ben (:-) ·

Ja – lyk my jou somme is reg – my whisky kos meer as dit `n jaar. Skreiende skande.

Johan Steyn ·

Gaan kyk hoe gooi mynwerkers ondergrond hulle veiligheidstoerusting weg of dra dit eenvoudig nie eens nie. Die probleem is grootliks hulle eie toedoen.

Medikus ·

Die meeste van hierdie mense ly aan emfiseem agv tabak en dagga sigarette wat hulle self rol.
Anglo is bereid om die bedrag te betaal om hulle van hulle nekke af te kry en die klasaksie prokereurs aanvaar dit omdat hulle weet dat hulle gaan sukkel om Silikose verwante siektes te bewys.
Soos Johan noem, wyering om veiligheidsmaatreels na te kom versterk nie hulle saak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.