AngloGold Ashanti en die National Union of Mineworkers het ooreengekom om maniere te soek om afleggings te voorkom.
“NUM en die mynbestuur het verlede week Vrydag vergader waar die moontlikheid van afleggings bespreek is,” het Luvhuwani Mammburu, woordvoerder van die vakbond, Dinsdag gesê.
Een van die moontlikhede is om vrywillige skeidingspakkette aan die werknemers beskikbaar te stel.
“Daar is geen ooreenkoms op gedwonge afleggings nie, aangesien die maatskappy nie die artikel 189-kennisgewings op die vakbond bedien het nie,” het Mammburu bygevoeg.