[Video] Angus-biddag nie regstreeks uitgesaai

Angus Buchan. Foto: Landi Malan.

Die evangelis Angus Buchan het aangekondig die nasionale biddag op 22 April sal nie regstreeks uitgesaai word nie.

“Daar is nog 41 dae oor voor ons biddag op 22 April vanjaar. Ek was nog nooit so uitgedaag in my lewe nie, maar ek was ook nog nooit so opgewonde nie. Jy moet daar wees! Ek weet in my hart dat dit ʼn boodskap van God af is,” het Buchan gesê.

“Mense vra of ons dit regstreeks gaan uitsaai. Nee, ons gaan nie. Hoekom? Want die mense moet self kom. Almal kan in hulle eie huise bid, dis nie wat God wil hê nie. Ons glo meer as een miljoen mense gaan kom. Mense sê vir my dis vir hulle ongerieflik. Ja, dis vir my ook ongerieflik! Ons moet die ekstra myl stap, dit is ʼn kritieke tyd vir ons land.

“Meneer, borg ʼn bus, die studente en die armes moet kom. Mense moet kom om die krag van die Here te sien. Mense sal in hulle stoele genees word. Hierdie land gaan verander. Daar is geen koste betrokke nie, geen kaartjies en geen kollekte nie. As jy die geleentheid wil ondersteun, dan sal ons vir jou ons bankbesonderhede gee.

“Dit is die grootste ding wat ons nog ooit aangepak het; ons het die grootste klank- en beeldstelsels wat beskikbaar is, bespreek,” het Buchan verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig dié biddag sal op Saterdag 22 April op die Wilde Als-plaas, noord van Bloemfontein, plaasvind. Dit sal omstreeks 14:00 begin en teen 17:00 eindig. Toegang is gratis.

UPDATE FROM ANGUS:Dear friends,As the new week starts, we have a special message for you from Uncle Angus regarding the IT'S TIME event.Have a blessed week.God bless,The Shalom Team

Posted by Angus Buchan on Monday, March 13, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Jaco ·

Verbaas my glad ni. Dit is mos nou n bid dag vir die BOERE en WITMENSE van ons land

WitBlits ·

Misdaad, geweld, korrupsie en wetteloosheid affekteer alle burgers van hierdie land en daarom is die oproep vir almal om dit by te woon, want God verhoor almal se gebed uit genade!

Gerrit ·

Die oorspronklike uitnodiging sê uitdruklik dis vir ALMAL wat dit wil bywoon. Kom net by ASB!!!!

Gielie ·

Jy het net die opskrif gelees, né. As jy die res gelees het, sou jy sien buchan wil dit nie uitsaai nie. Hy wil hê mense moet DAAR wees.

Johann ·

Angus? Is jy deesdae selfaangewese profeet om namens my VADER vir my te sê JOU gebede NAMENS my van JOU verhoog af is die ENIGSTE gebede wat HY hoor? So JY roep God tot verandwoording op JOU dag…van JOU verhoog af?

Valerie ·

Johann, nie net deesdae nie. Hy dink al lankal so. Van nog voor die “Mighty Men” sirkusse af.

Hannes ·

Die man kry die volk bymekaar om hulle te verootmoedig voor God. As jy nie belangstel nie, bly eenvoudig weg. In die Bybel staan dat ons nie die onderlinge byeenkomste moet misloop nie, dat ons vir mekaar moet bid. Regdeur die geskiedenis het God mense gebruik om met ander mense namens Hom te praat (bv Moses) en ook mense wat namens ander tot God bid. Jesus het die voorbeeld gestel toe hy vir sy laksmanne gebid het dat God hulle moet vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Johann ·

Angus. Kom ons wees praktiesen ek kies om jou nie op n “geloofs” perspektief aan te vat nie. Daar is reg deur die land ENORME fasaliteite wat DER DUISENDE op n slag kan huisves. MET die nodige klank en video tegnologie reeds deel van die fasaliteite. Eks seker jys meer as bewys van die MAKRO kerke wat “state of the art” ontvang/uitsaai geriewe het wat reeds n beslisde gehoor het aan wie hulle uitsaai…wil jy my sê dat jou eie aangewese magsvertoon op JOU verhoog nie die ondersteuning van DER DUISENDES wat bloot nie na JOU verhoog toe kan kim nie, nodig nie?

Jollie Jacqueline ·

Dis nie nodig om SO BAIE GROOTLETTERS te gebruik nie. Ons kan lees.

Johann ·

Maar ons kan n mens tot afgod verhef omdat hy rugby gespeel het? Of cover Angus JUIS die afgod status deur himself en sy eie verhiog aan te skryf as waar gebid mag word?

Valerie ·

Valse profeet en sy valse beloftes. “Mense moet kom om die krag van die here te sien.” Dit is ‘n blatante leuen. “Hierdie land gaan verander.” Nog ‘n leuen. Hoeveel maal het die vals profeet dit nie al “verkondig” nie? “Mense sal in hul stoele genees word.” Nog ‘n leuen.
Dis eenvoudig: Glo Buchan of glo die Bybel. Dit is een of die ander.

“Almal kan in hul eie huise bid; dis nie wat God wil hê nie.” Nog ‘n blatante leuen en vals profeet taktiek…net Buchan WEET wat God wil hê; net Buchan is die uitverkorende een wat die land gaan red.

Die ou weet hoe om mense te bedrieg; hy speel sy gehoor soos ‘n ware slangolie verkoper.

Werner ·

Valerie, jy weet nie hoe reg jy is nie.
Hy s n tele evangelist. Hy s nie n Afrikaner boer nie.Hy steur hom nie aan die gelofte wat die Boerevolk met God het nie. My seun het met hom gepraat oor die Gelofte, by een van sy byeenkomste – en alle respek vir hom verloor.
Hy kon nou bv.opgestaan het en gese het, ons moet n VAS hou- dis wat die Israeliete gedoen het in hul tyd van diep nood met n oormag van die vyand,en God het hulle uitgered. Waarom wil niemand vas nie, ons moet as n geheel n vasdag he. Ons bid ja, maar God vra iets van ons- breek met sonde, gaan terug na Hom toe en, ons het die Gelofte met Hom gebreek. God is getrou, ons nie.
Die gemors, is ons eie skuld. Ons moet bekeer.
Here laat dit reen, Here ruk die land reg- MAAR WAT DOEN ons? God het ons uitgelewer aan onsself oor ons eie wegdwaal van Hom af. Moet die Here eers vuur en swael stuur voor ons gaan luister.

Landsverraaier ·

Ek’s 100% saam met jou. Ons volk gaan moet ophou om hierdie valse profete te volg en terug kom na ons Skepper. Hierdie is net “feel good” geleenthede om ons te weerhou om werklik iets te doen.

mighty men ·

almal moet terug draai na God dan sal hy die land red, so as almal in die land hulle nie voos bid en smeek nie gaan daar maar net nog mense gemoor, gemartel, verkrag word. Is daar nie elke dag duisende mense wat bid vir beskerming en verandering in die land nie? bid al die Christene nie alreeds jare vir die goed nie? ek stem saam met Johann se opinie dat daar nie ‘n saamtrek nodig is vir “almal” om saam te bid nie. Mense verander die Woord soos dit hulle pas. Gaan jou gebed “sterker” wees as myne as jy dit saam met miljoene doen? Gaan jou gebed eerder aangehoor word as myne?

Johann ·

Angus. Wat in my geestes oog oprys is die HELE land wat in UNITY op n tyd en dag…deur die HELE land saamkim. In 10e…100e…1000e…10 000e…miljoene! In n gesamentlike opstaan TEEN die boosheid wat ons land jag…nie net op JOU verhoog nie. Maar miskien is dit juis goed dat JOU show nie gebeeldsaai word nie. Jy praat mos NET namens die wat JOU navolg?

marna ·

Stenig my nou maar, maar hoekom dit op ‘n Woensdag doen wanneer meeste mense werk?
Hoekom dit nie op ‘n Saterdag laat middag of ‘n Sondag nie?

Francis ·

Dit sal wonderlik wees.mag almal wat dit by kan woon dit doen en die wat nie kan selfde tyd in gebed in eenheid gaan . mag almal daardie dag vas !

Ferdi ·

Francois. Ek wil graag by jou weet wat jy bedoel met eenheid? Ek dien n Heilige God…. nie n algemene of god van eenheid nie. Heilige beteken afgesonder, eenkant. Hoe kan ons Vader so verkleineer wanneer Hy die Koning van alle konings is. Waarom wil ons op shows gaan bid? Se die Woord nie juis dat jy in jou binnekamer in afsondering moet bid nie? Of lees ek my Bybel verkeerd? Het Jesus nie alleen na die berg gegaan om te bid nie? En sy dissipels agter gelaat juis om in afsondering tot Sy Vader te bid nie? Ek het nog altyd geglo dat Angus n gelowige is, maar ons lees seker die Woord verskillend. Ek het nie nodig om op n dag tussen genoemde getalle te bid nie. Nee ek praat met my Vader enige tyd enige plek, maar ek verkeer nederig voor Hom in afsondering. Jesus het die menigde toegespreek….. nie n getal nie, nooit n miljoen nie. Ek persoonlik sal dit nie mee maak nie, want Oom Nicolaas het gepraat van die vriendelike engelsman wat duisende na n muur sonder n deur sal lei. Sorry Angus, ek verskil in geheel met jou.

Boesman ·

Marna, jy het dit bietjie verkeerd. Dit is wel op Saterdag, die 22ste April. Ons sal graag die koördinate wil hê.

Ou Gaafste ·

…….”Mense sal in hulle stoele genees word”…….

Ek hoop hierdie is verkeerd aangehaal!

Theresa ·

Mense tel julle woorde!!! Oom Angus gehoorsaam God se Stem en wie is ons om hom te kritiseer of tee te gaan. Ipv negatiewe kommentaar gaan eerder op jou kniee en hoor by die Here wat Hy vir jou wil sê oor ons land. Nog nooit het ons God so nodig gehad soos nou nie. Laat staan kerkpolitiek, voor- en afkeure en ondersteun hierdie aksie!! Ipv kritiseer- DOEN iets postief!

Johann ·

Theresa…….my kommentare is JUIS agv gebed! Nie n slaafse navolg van die eerste of enigste een wat “verkondig” wat God se voorwaardes is vir gebedsverhoring nie! Lees mooi! Hy se pertinent hy wat ANGUS is is die tyd en plek bepaler vir n “suksesvolle” gebeds byeenkoms? DIS VALSE WOORD!!!!! God was is en sal nooit in lyn staan om te rapprteer op n dag en.plek wat n mens ANGUS verkondig nie!!!!!!

Humility ·

Theresa ek stem so saam met jou. Ek dink Angus is heeltemal reg om die byeenkoms te roep. Wat is dit met die ander mense wat hom so teenstaan, hulle klink vir my so baie soos die volk wat heeltyd Moses bevraagteken het, wie was op die ou einde toe verkeer? Waar het die “ek in my hoekie en jy in joune” ons gebring sovêr? Kom uit julle huise en staan in solidariteit.

Johanna Botha ·

Minste gaan die man oor tot n daadwerklike poging …verneem graag wat die mense wat krities is nogal beplan om dinge te verbeter …

Ferdi ·

Lees asb Deut: 28….. wat doen ons om oor te gaan tot aksie. Ons kom ons beloftes… of te wel die geloftes wat ons voorvaders met Hom gesluit het na. Ons berei onsself voor vir wat op ons wag. Ek negatief? Geensins nie…. ek luister na die Woord van my Vader. Nooit het dit gegaan oor kerklik doktrienes nie, dit gaan oor die Woord. Kerke is te polities korrek en Angus ook. Die bostaande video het my respek meter vir Angus baie laat sak. Vader haat n vermenging…. Hy haat dit. Waarom moet ons dan juis hier vermeng? As ons so moes skouer teen skouer staan, waarom se die Woord dat ons juis ons naaste moet lief he soos ons self… waarom moet ons dan nie almal lief he soos ons self nie?

gatiep ·

Weet nie hoekom mense maar nie net stilbly as hulle nie hou saamkom en bid nie.
Dis tog nie of dit hulle gaan benadeel as Angus bid dag hou nie,of gaan dit?

Wessel ·

Stem saam met jou Gatiep. Die fout wat sommige kommentators maak, is dat NIEMAND Angus Buchan navolg nie. Hy het nie volgelinge nie, maar verkondig die woord. Ek daag enige iemand uit om vir my uit te wys, waar hy dwaalleer verkondig. Hy is ongelukkig vir sekere mense te reguit, anders as predikers wat dinge sê wat mense wil hoor.

Johann ·

Gatiep…kan ek vir jou aanhaal wat gebeur as mense slaafs aan die.lippe van valsheid hang en selfs saam “bid” volgens die voorskrifte van die valsheid wat die gebeds aksie aanvoer? Dis ongelukig n magtige geleentheid vir well intended aksies om boosheid deur valsheid los te bid!

Ferdi ·

Gatiep en Wessel. Dalk moet julle eers die Woord onder oe kry en Vader vra om aan julle te openbaar waarom Hy die God van Abrahan, Izak en Jacob is. Waarom nie Ismael en Esau ook nie. Dalk moet julle die begrip van verbond en geloftes nafors voordat julle uitdaging maak wat jul met rooi gesigte sal laat staan. “My volk gaan ten gronde as gevolg van te min kennis.” N verbond en n gelofte het nie n vervaldatum nie. Jesus het nie gekom om enige verbond of grens te verander nie, maar eerder kom bevestig. Ouens lees die Woord intens, bepeis en word Nederig voor God.

Bloues ·

Was Moses nie ook so deur sy eie mense afgeskiet nie? Was daar teenoor Moses nie ook gesê “wie is jy om namens ons met God te praat” nie.

Miskien, dit laat my dink en wonder ook

Ernest ·

Angus………..ag asseblief…!!!!!!! Watse profeet is hy…….??

nog 'n Johann ·

Ek vra steeds wat is jou plan van aksie na die bid Angus, en wat sê jy as op daardie dag massamoorde plaasvind

Konrad ·

Jare gelede het ek Angus Buchan op Tv hoor se, HY word nie vermoor nie, maar die boere rondom sy plaas word vermoor,want HY het spesiale guns en beskerming. (Dis ook in sy boek!) Daardie dag het ek geweet hy s wel een van die valses.Verder, hy is n uitlander en nie n BOER nie. Die dag as hy die manne bymekaar roep en se: KOM DIE GELOFTE MET GOD NA Boerevolk, op 16 Desember en roep n dag van VAS uit! sal ek hom respekteer. Hy t nog nooit n woord oor Geloftedag gese nie!!. My seuns was al by van sy Mighty Mens- en het ontnugter teruggekom.
Daar s mense wat n afgod van hom maak en hy gaan mee.
Kyk dieper.

Kyk dieper.

Sonnie ·

Mense al wat ek hòor is persoonlike aanval. Satan verlustig hom hierin so asb moenie nog in sy hande inspeel nie. Angus Buchan het hom nog nooit self opgehef nie en waarlik man van God. Krag in woorde so asb dink voor jy praat en dit is kritiese tyd vir saamstaan en ook saambid en nie na satan se hoek speel nie
Daar het baie wonderwerke al gebeur met Angus se byeenkomste maar hy slegs instrument in God se hand gewees en het God self genees bevry en oorwinning gegee. Wees asb uiters versigtig met woorde en die tong .

Johann ·

Sonnie…”wonderwerke” kan deur die “bose” en “valsheid” ook manifesteer. En julle sal voor my staan en se ek dit en dat gedoen en dooies opgewek in u naam en ek sal vir julle se…GAAN WEG VAN MY AF…..???? Ons vat JUIS die arrogante gees na Angus aan oor sy “profetiese” uitlatings. Nog NIEMAND van bewese engeloofwaardige profetiese bediening het wat Angus oor sy profesie van dag datum tyd en plek ; bevestig nie??????????

Juan viviers ·

Hi mense weet Jul Dan nie dat hulle noag ook so gespot het dalk dink Jul hy maak n bespotting maar dalk bedoel die man goed don’t judge

Genieve ·

Theresa dit laat my dink aan Noag se tyd.Toe God deur Noag gepraat het,wou di mens nie ag geslaan het nie,hulle gedink Noag is te oud en hy is kens,maar toe dit gebeur het hulle verbaas gestaan en kon hulle oe nie glo,want net die diere was gehoorsaam.Moenie teen die gesalfde opstaan nie.

SNEL ·

Almal vra altyd; wie gaan opstaan, wie gaan vir ons veg. Nou dat n man opstaan en op n dag besluit het dat ons as een volk moet saam staan en die Here aanroep nou is dit ook nie reg nie, want hy het besluit op die dag en hy het besluit op die plek. Die Afrikaner kan net kla en fout vind met alles, maar tussen in vra hulle wie gaan opstaan vir ons. Soos Naäman; ook gedink dis nou laf om homself in die Jordaan sewe maal te bad, maar dit het gewerk. Miriam en Aäron wat opstandig was teen Moses. Ons kyk mos nie op na die mens nie, maar as een ou ons nie saamroep om op een plek as n eenheid die Here aan te roep nie, wanneer en waar gaan ons dit doen. Elke oggend en aand elkeen op sy eie in sy binnekamer? Dis NOU tyd om saam voor God te staan, soos een man en ons afhanklikheid teenoor die Here te wys en Hom aan te roep. Ons moet mos as n liggaam in Christus saam staan, ons is mos mede broers en susters in Jesus Christus. Oom Angus skep net n geleentheid vir ons om dit te doen. Wie van ons is sonder foute, die oom is ook nie volmaak nie, maar at least probeer hy iets doen.

Genieve ·

Ek is jammer vir diegene wat teen di man van God op staan.Noag moes n ark bou gese deur die Here,en laat die mense inkom,maar die mense wou nie en het gedink hy is kens,dieselfde sien ek is hier besig met gebeur.Pasop tog mense moenie in opstand kom teen Angus nie.

Johann ·

Geneve…saam met die ander NOAG beheptes: Lees ALS rondom hoe en hoekom NOAG gedoen en gese het wat NOAG moes…Angus operate vanuit n gees van ARROGANSIE om te spreek wat hy as ANGUS se GOD wil hê…waar en wanneer ons moet bid. Nog erger sy aaanspraak op as dit nie BY en deur ANGUS gaan nie…jammer.om te hoor! ANGUS praat net op sy terme met mense voor hom van sy verhoog af? Angus is ALS behalwe n NOAG of MOSES!!!!!!

Vic ·

Aarde. Ken die man gladnie, maar hy maak mense warm onder die kraag omdat hy n biddag wil hou???? Wat’s fout met julle? Niemand word tog gedwing om te gaan nie?

Aa dit nou ou Steve Lee Beloftes was wat sing was almal daar, met sterre in die ogies.

Red nou n volk…….

Danie ·

Met so n klomp negatiewe eiewyse mense gaan ons land se mense nerens kom nie. Bid tot die Here vir leiding in plaas van om jou eie beul te blaas.

Johann ·

Johanna: wat die WOORD se: volhard in geloof en gebed! NIE plaas jul naiewe desperaatheid in EEN mens op EEN dag op EEN plek nie. Lees wat FERDIE hier sê….AMEN BROER!!!!!

foxi ·

Almal van julle wat Angus so stenig, magtig man, die man het n HART en hy probeer om saam met almal daardie dag met HART en SIEL onse Hemelse Vader te loof en te aanbid. Ongeag of dit nou goed of sleg is. Ek sê weer……daar staan in die woord van GOD….daar waar 2 of meer in MY NAAM VERGADER DAAR IS EK! Wie gee enige-iemand die reg om hom te veroordeel.
Diegene van julle wat nie weet hoe dit voel om jul harte oop te maak aan onse Hemelse Vader nie….loop met soveel wrokke rond dat dit julle tevrede stel om met verharde harte ander te stenig! Daar is soveel broers en susters wat met soveel verdriet rondloop en wat met liefde net iemand se hand wil vashou en hul leed saam met ander te deel en om saam met hulle te bid. Genugtig mense……..moenie julle harte vehard nie! Ja…ja stenig my maar ek het vrede daarmee. Ek behoort aan geen kerk nie….maar my hart lei my waar ek moet wees. Moet ook nie aan ander doen wat jy aan jouself gedoen wil hê nie. En jy kan ook nie GOD en mammon dien nie. Jy het n keuse………maar asseblief…moenie daardie siel probeer verwoes wat opsoek is na die Ware lewende God nie! Hierdie land en sy mense is in groot moelikheid! Dink net n bietjie mense……..!PRYS DIE HERE….AMEN

Johann ·

Al die wat “ons” wat vrae het oor WAT Angus kwytraak oor SY dag…SY verhoog…LEES EN LEES WEER WAT HY SE!!!!!!!!! En lees weer wat ons bekommernis is. Gegronde vrae…en in my geval GEBEDS BEVESTIGDE vrae…maar o gaats…volgens ANGUS is MY gebede UIT MY HART EN HUIS NIE WAT GOD SOEK NIE? Of hardloop ons eerder.slaafs uit desperaatheid agter ANGUS se “standpunt” aan? Die WOORD sê: WAAK en BID…en dis presies wat ek.doen: WAAK en BID oor watter waarheid verkondig word wanneer EEN MENS homself.SO kan aanstel oor sy teenwoordigheid eerder as SY teenwoordigheid nie. Daars nie n MANIER wat die dag soos Angus dit huidig aanvoer oor die nederige afhanglike gebede van gelowiges in Christus gaan nie… dit gaan oor ANGUS SE DAG!!!!! N vertoon van hoeveel mense agter ANGUS se dag op ANGUS se verhoog bymekaar gekom het…eerder as n geleentheid om van een plek in die land mense op te roep om waar hulle loop en ry en bly en werk en sit en staan en lag en huil…ons huise…ons buurte…ons sale…skole…kerke.. ORALS… saam te verenig in n vertoon van GEBEDS EENHEID…nie ANGUS EENHEID NIE!!!!! Johann

verwonderd ·

Joahnn, ek staan verstom oor almal se uitlatings. Hier is soveel mense wat hoogmoedig is, wat dink net hulle siening is reg, Sover ek onthou is hy deur verskeie mense genader om dan as leier op te tree vir so n dag. Daar is verskeie mense wat woord van God gekry het om so n dag uit te roep. Iemand moet leier wees. Ek sien nie die gees van God werk hier tussen baie mense nie. Gaan lees asseblief Handelinge 10 vers 28 en 33-36 sommer die res ook. Spreuke 18 vers 21 sê, dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik sal daarvan eet,. Ons moet dink wat ons sê, dit dra ongelooflike krag. Dit breek af of dit stig. In Numeri 14 het God vir die volk gesê hy het genoeg van hulle geklaery gehad en dis nou tyd vir berou, bekering en GEBED. Waar eenheid is, is God. Hulle gaan om tot God te bid. Ons is so besig met ons eie koningkryke. God het my bewus gemaak, dat ons hoogmoed verskriklik geraak het. Ons weet nie meer wat is nederigheid nie. Ek bid dat die Heilige Gees elkeen sal lei om reg te doen. Almal kan maar weer Romeine 12 gaan lees. Lees ook 1 Korinthiërs 1 vers 10. ! o ek raak koud as ek so lees. lees ook hoostuk 2 vers 10 tot16. shoe, ek berus en pleit die Gees van God se wysheid oor almal.

Odette ·

Daars dit weer…..OOM ANGUS SE GROOT BIDDAG!
Hou op om agter n uitlander aan te loop wat hom nie met die Boere Afrikaner identifiseer nie- presies dit: GELOFTE 1838.
Julle is met n afgod besig.

Joh. 3:16 ·

Oppas om iemand af te skiet omdat hy nie ‘n Afrikaner is nie. Waar mense Angus Buchan verhef tot hulle god is jy besig om jou volkskarakter te verhef tot god…

Net ek ·

Nou wie het die boere Afrikaner volk uigesonder as heilige volk om alleen God te dien. Vir God gaan dit nie oor jou ras of Taal nie maar oor “attitude” en wie se Hart vir hom is dit het met niks anders te doen nie. So oom Angus ek is daar

zoom zoom ·

Hoekom die man aanval en afkraak as jy nie van plan was om die biddag te gaan bywoon??????

Claudia ·

As ek na die negatiewe komentare luister en hier lees, kry ek skaam!! Dit is n skande dat die afrikaner nie wil saamstaan nie, maar dankie tog vir die meerderheid wat ernstig is oor SA. Dankie oom Angus, vir die biddag.

nog 'n Johann ·

Dit is waarom ek vra wat is sy plan van aksie? Wanneer ou bid dan moet daar tog ‘n daad betrokke wees, met Noag was daar ‘n ark betrokke, met Gedion was daar ‘n oorwinning betrokke, en so kan ou aanhou, kyk mooi eers ‘n gebed en dan ‘n daad. Mense sonder dade is ons geloof insigself dood

Delien ·

PresiesJohan! Maar weet jy wat- mense wil dat alles vir hulle gedoen word en is nie bereid om uit hul comfort zones te kom nie.Mense wil nie eers meer vir hulleself DINK nie.
Ek glo in BID WERK en DOEN REG- doen wat God beveel.
Vandag dink ek so terug aan die Voortrekkers, wat met Bybel in een hand en die roer in die ander hand in geloof en eenstemmigheid gedoen het.

Dirk ·

Wat is jou plan van aksie? Angus gaan nie iets verander nie hy sê ook nie hy gaan nie. Hy sê wel God kan maar jy stem bleik baar nie saam nie. Die ouens in Handelinge wat vir Petrus in die tronk gebid het, wat was hulle daad? Het hulle iets gedoen of het hulle eenharig saam gebid?

Johan ·

Gee die man tog net ‘n perd en ‘n “rollie” dan is hy volkome “cowboy”! Nee wat, my broer was so 5 jaar terug by een van sy “mighty men” byeenkomste en met my broer se terugkeer het ons daaroor gepraat, en volgens my broer sou die opkomende Desember die “keerpunt” vir ons land wees want “OOM Angus het gepraat en tot God gebid….”
Wel, ek wag nog om te sien watter Desember….

Spiertier ·

En hy het pushups gedoen om die note uit die beursies te trek!

Jaco ·

Sal graag hier wil hoor wat Oom Angus se terugvoer is oor Gelofte Dag?

Sonja ·

Ek glo dat ons almal moet saamstaan om die gemors in ons land reg te kry. Ek GLO met my alles dat dit sal gebeur. Maar moet my nie verkeerd verstaan. hoeveel ongelukke is daagliks op ons paaie. Hoe gaan daardie pad lyk waar die bid dag gehou word. Ons moet terug ry in die donker op paaie wat vol gate is. Ons mans werk weg. Hoe moet ons vrouens en kinders dit doen. Dink net aan die wat bitter graag met hulle alles daar wil wees maar nie kan nie. Hoop Uncle Angus bid vir ons by die huise ook daai dag en stenig ons nie.

Sarie ·

“Moenie oordeel nie of daar word ‘n oordeel oor jouself uitgespreek.” “Beproef alle dinge en behou die goeie.” Ek vra net – is dit nie wat satan graag wil hê nie, dat God se volk onder mekaar baklei nie, so verdeel hy God se volk. Angus probeer darem om mense saam te kry. Hy het met al sy saamtrekke die getalle vermeerder, en hoekom? Omdat mense iemand nodig gehad het om God se woord aan hulle te openbaar. Ek glo God gebruik hom om mense terug te lei na God toe. Hy dwing niemand om te kom nie, en as hy praat van “genees in hulle stoele” bedoel hy nie dalk Christelik geneesing nie? Elke persoon ken sy hart, en as jou hart reg is met God, dan kan niks jou laat wankel nie, of Angus nou opreg is of nie. God praat met elke mens deur sy geloof en Hy sal elkeen lei. God sê ook hoe meer in My Naam vergader< daar is ek teenwoordig". Nou vra ek – as meer Christene soontoe gaan, wie gaan dan daar teenwoordig wees? Net Een Heilige Almagtige God, God vir almal wat hom aanroep, ongeag ras.

RINA ·

Voor julle verder oor en weer klippe gooi, gaan google asb. die volgende amon en goetia en dan praat julle weer. Dit is woorde wat hu in sy onlangse gebed gebruik het.

Dirk ·

Wat het hy gebid? Tot hulle of teen hulle? Waar kan ons dit lees, sien of hoor?

Johann ·

Rina: as jy SO iets wil uitlig…SE WAT JY WIL SÊ…moenie halfgebakte pere wil voorsit nie.

Erna ·

Ek is heeltemal verbaas – mense wil gerieflik in hulle huis bid of eerder vas en gryp na verskonings oor geloftedag en dat Angus nie ‘n boer is nie – dit gaan nie daaroor nie! Wat as julle verkeerd is, wat as dit werklik God is wat ons saamroep om in ons karre te klim, om ongemak te beleef en dan sy mag in duisende mense rondom jou te sien? Ek sien geen skade daarin om Hom saam ander te aanbid vir ons land en toekoms nie, maak nie saak hoe ek daartoe geroep is nie. Om nie in die krag van God en massagebed te glo nie, beteken nie dit sal nie gebeur nie!

Johan ·

Ag ou Erna, ek het ‘n broer, wat so 5 jaar gelede een OOM ANGUS se MIGHTY MEN saamtrekke bygewoon het, kom hy van daar af, praat ons oor dit, sweer hy hoog en laag “OOM ANGUS, DIE PROFEET” gaan ons land omdraai en dit ‘n goeie plek maak om in te bly, “voor daardie Desember, want daar is “krag van die Here” in sy boodskap en gebed. Sê ek vir hom sien is glo….Wel 5 jaar is laaaaankal verby, en steeds kry mens vals gelowiges wat na daai cowboy gaan luister…ek sê maar net.

Wonder net ·

Hy word uitgedaag, en dan aanvaar hy dit. Dit is nou oom Anugus. God kom na nederige mense toe, en hy gebruik hulle tot sy voordeel. Niemand in Die Bybel word uit gedaag, en dan vat hy dit nie. God gebruik die rein van hart

grotman77 ·

Wonder net is jy bereid om jou plaas, huis op die spel te plaas met die stelling….
1. nie een van die 12 was rein van hart nie… hul was rugstekers, bedrieers, ongelowig, dwaas, onkundig, Christus het self gese dat Petrus deur Satan beinvloed is…. Op die oog af sou jy hul nie gekies het om n predikant van jou gemeente te wees nie… Eers na Christus ge kruisiging het hul geestelike oe oop gegaan.
2. rein van hart…. mmmm Christus se voorouers was als behalwe rein van hart.. daar n mengsel van bedrieers, prostitute, egbrekers moordenaar.. en was Jesus n suiwer Jood beslis nie… tamar, Ragab, Rut kom uit volke wat deur die Jode vervloek is.
3. Ek hou van jou volgende stelling oor uitdagings… Moses, Gideon,Simson,Dawid Het almal uitdagings aanvaar. as die twaalf nie die uitdaging aanvaar het om die eveangelie te verkondig nie sou ek en jy dalk nog barbare en heidene gewees het en reg deur die kerk geskiendenis gebruik God gebroke mense en gee Hy hul uitdagings Paulus is die grootste onder hulle… n moordenaar en vervolger was hy rein van hart nee.. en tog gryp God hom en plaas hy hom op pad wat die wereld sou verander … konings en regerings.. So hoekom kan God nie Angus ook gebruik nie… mmm ek wonder

grotman77 ·

Nee kyk ekt n paar kommentare gelees en ek wonder of hier nie n paar vals profete is nie die Bybel se jy sal hul uitken aan hul dade en woorde. Gaan lees die storie van die rondloop vrou ini Bybel en as Christus hier was sou hy ook ini grond geskryf het en jul skaam laat word het oor jul selfregverdiging. Slegs God ken die hart van n mens .. Verkondig Angus n ander boodskap as dit… Dat Christus gesterf het vir ons sondes, dat hy begrawe is en weer op die 3de dag opgestaan het en dat Hy weer gaan kom. want dis die Evangelie almal wat dit glo sal gered word WIT EN SWART nie net die wit verbondsvolk soos sommige hier glo nie … dis n valsleering en n boodskap van n valse profeet. ‘THE JUST SHALL LIVE BY fAITH… Christus self was geroep en is deur sy eie volk gekruisig. asook baie profete voor Hom… Angus jys op die regte spoor SATAN se kinders blaas onmin en valse kritiek aan.

Oompie ·

Grotman oom Aartappel is ook die reenmaker. Hy het klaar Gauteng geflud en moet nou asb reel vie die Weskaap!

MJ ·

Ai mense….word wakker!! Die Here praat deur Oom Angus. Ek het nog nie EEN valse ding uit sy mond gehoor nie. Ek bid dat julle oë sal oopgaan!!

MCN ·

Ek hou die hele Angus biddag-ding dop vandat die aankondiging gemaak is. Ek sien dié wat opgewonde is en gààn. Ek sien dié wat heftig gekant is daarteen. En dan is daar dié tussenin in alle grade. So waar staan ek? Ek het maar teruggegaan Woord toe. En in Markus 9:38-40 sien ek toe die goue wysheid van Jesus self. Lees dit gerus.

Justice ·

Ek was nog nooit op ‘n mighty men saamtrek nie weens persoonlike redes – ek respekteer egter diegene wat die moeite doen om te gaan en geestelike waarde daaruit put. Ek weet ook as mede Christen dat indien jy nie goed van iemand kan praat nie dan bly jy liewer stil.

nhk ·

Ten minste staan angus op.om leiding te neem…waar niemnd dit nog gedoen het nie. Die wat nie daar kan wees nie…bid vir die wat wel daar gaan wees. Ons land is verdeel.

lollie ·

Jul wat so hewig ontsteld is omtrent die diens op 22 April. Gaan slaap nou maar. En wees rustig. Laat jul harte nie ontsteld wees nie. Elkeen sal sy eie pakkie dra en vir homself verantwoording doen. Die meerderheid sien uit na die saamtrek. Gaan een massiewe fantastiese geleentheid wees.

Alida ·

Ek skaam my vir julle. Hy vra nie geld nie. Dit is meer as wat van sommige van ons kerkleiers gese kan word wat mense openlik besteel. Meeste van hulle is miljoeners. Angus moes eerder al die groot stede besoek het dan kon die mense dit bywoon sonder om kostes aan te gaan. Loftus bv vat duisende mense en so ook die ander stede.

Frikkie ·

Boervolk Vader sê in Joh 5:46 en 47, hoe kan julle in die Vader glo as julle nie in Moses glo nie, want hy het van Hom geskryf. Dus ons kan nie die wet verwerp nie. Heb 10:28 sê as jy die wet van Moses verwerp, sal jy sterwe.

Estie ·

Ons sukkel om verblyf te kry wil sommer di naweek daar naby kamp maar die meeste vd plekke is reeds vol?

lorraine ·

En jule vra hoekom dit so gaan in ons land luister na juleself dit is n skande jule kan en wil nie saam staan nie ek skaam my dood God se tyd is nie jou tyd nie ek dank God dat daar nog mense is wat wel bymekaar staan wie is jule om te se wie fals is en wie nie maak oop jule oe en besef dat ons saam moet staan om ons land te red jy wat vinnig se fals hoe weet ek jy is nie fals nie ek vra net ek bly baie ver maar sal sorg en bid dat ek die 22 ste daar kan weez vir my land en God AMEN

Basjan ·

“Daar sal geen kollekte of toegangsgelde gevra word nie, maar hier is ons bankbesonderhede, ondersteun ons geldelik.” Bwahahahaha!!! Ou Angus , jou onderrok hang so ver uit, dit is nie eers waar nie.

Thehan ·

Dit is lagwekkend hoe hard die satan probeer om mense weg te hou van hierdie biddag af.Dit se vir my net een ding.Hy is BANG!Mense moet asb nie toelaat laat al hierdie negatiewe komentaar die fokus van God afhaal nie.Oom Angus het nog nooit probeer om die glorie te vat vir enige byeenkoms wat hy gereel het nie.Ons gaan nie soontoe vir Oom Angus nie, ons gaan soontoe om ons God en Vader se naam te verheerlik en om hom te vra om Suid-Afrika te help in hierdie donker tye waarin ons onsself bevind.En vir diegene wat vra wat sy plan van aksie is wil ek net se GEBED IS N AKSIE.Dit is die beste wapen wat ons as kinders van God het.

ENGELOPAAPRDE ·

Dankie tog ek het net een God, en daar is net een Hemel vir almal……sjoe dat so iets nou die mooi en lelik uit mense kan haal, waarom op hol gaan , raak stil en besluit self , hierdie klink asof ‘n afrikaanse Juffrou ‘n debat onderwerp op die tafel gegooi het ….shame laat die Oom maar sy ding doen op sy manier elke mens het maar ‘n sy eie manier van dinge doen, moet nie laat die dinge van ander mense julle “innerlike ” lelik maak nie………op die ou einde van die dag moet elkeen verantwoording doen vir sy of haar eie “boekie” eendag…..en ek is so bly ek hoef eendag net my eie “boekie” te antwoord….Of jy nou saam Oom Angus bid en of jy nou alleen in jou kamer bid of saam met die kerk of by die werk of by die skool………..elkeen van ons bid tot een God ……..en elkeen van ons pienk wit swart pers, God gee genade en liefde vir ons almal…….

Johann Barnard ·

Hoekom is die kerke leeg op die 16 de Desember,julle hoef nie agter die engelse oom aante jaag nie,doen net wat julle moet doen reg,eenvoudig soos dit.

Johann ·

The Acts 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

Rooikop ·

Ek verkies om met ander oë te kyk na al die kommentare – dit lyk eerder vir my of almal regtig omgee oor mekaar en enige iets sal doen om mekaar te probeer red van die verkeerde pad (wat ookal dit mag wees in elkeen se oog). Dit is wel kommerwekkend dat met ‘n vinnige “google search” kan mens baie leer oor waarvoor Angus staan – soos byvoorbeeld die 2012 “bid dag” vir die katolieke in Ierland, waar hy baie duidelik gesê het hulle moet “re-commit”. Ek persoonlik sou eerder sê ‘n katoliek moet bekeer…maar dit was glad nie Angus se boodskap nie.. Daar is heelwat informasie daar buite, en as mens dit lees, en dit gaan direk teen die Bybel en God se woord, en jy wil nog STEEDS nie hoor nie…
Ek persoonlik doen maar eerder twee keer ondersoek wanneer die skare almal in een rigting trek, dis gewoonlik ‘n goeie teken dat dit die verkeerde kant toe is. Vir die wat nog steeds wil gaan, mag julle veilig terug kom, mag Vader met julle wees, dis al wat ek my medemens kan toewens.

Amanda Owen ·

Kan ons nie maar net EEN keer saam staan (saam bid) nie??? Die verdeeldheid onder die mense wat hier kommentaar lewer is SO hartseer!!!! God gebied Sy seën waar SY mense vergader!!!

Oom Johan Willemse ·

Ek sal graag sien dat die “miljoen” van Angus ook op 6 April die Gelofte van 1654 sal nakom om op die dag God te loof en te dank vir al die weldade wat aan ons bewys word. Talle sal vra: Vanwaar? Die een van die Geloftes wat die Afrikanervolk aan God bind. Eerbiedig dit en sirkusse sal nie nodig wees nie.

E.K. ·

Kan nie help om te giggel vir paty kommentare nie, ai. Ek het nie geld om te gaan en al sou ek hê sal ek nie gaan – sal liefs met die geld paar Bybels koop vir mense in ‘n kerk in ‘n township vir wie dit oneindig beteken. Ek weet want ek het dit al gedoen. So doen ek my deel en ek bid soos en wanneer ek wil en ek glo dit word verhoor solank ek nie nonsens vra nie. My besluit. Ek probeer liefs binnetoe kyk – elke dag en dink hoe ek lewe en waar ek nou weer opgemors het en te probeer regmaak. Ek sou hoop meeste mense sou ook selfondersoek doen en probeer regmaak/beter lewe. Sien almal aan as skepsels van God en reik uit, dis glad nie moeilik nie en dit verander grootliks hoe mens dink oor ander. Begin sommer by jou bediende/tuinwerker. Raak betrokke by hul en hul gesinne en gou kring dit uit en bring oneindige lekkerkry, glo my. Dis die klein dingetjies wat op die einde groot verskille gaan maak. Sela

naomi ·

Here, vergewe hierdie mense want hulle weet nie wat hulle doen nie…
Jesus was ook so uitmekaar geskeur, geminag, gespot. Party van julle gaan nou weer se Jy mag hom nie met Jesus vergelyk nie, en nee ek doen nie, maar deur die Woord lees mens van die vervolging, marteling ens wat die mense moes deurgaan ter wille van die Woord en evangelie wat verkondig is. Ek bid vir die wat oom Angus so verskeur met hulle tonge, dat juis julle op die dag van die 22 April, wanneer baie ander staam staan in gebed, dat julle (by julle huisie) oorweldig en aangeraak sal word deur Jesus Christus in so mate dat julle julle tot God Sal bekeer…

SARIE VAN HEERDEN ·

Om alleen in jou kamer te lees en te bid is meer persoonlik want dan bid jy nie sommer in die bondel nie. Ek ken al die sondes van mense waarvan hy vertel Ek het ook geluister van sy mielies wat 3 dae onderstebo gele het na die reen en ook hoe die plante opgestaan het en hy ‘n uitleg gegee het van hoe dit gebeur het het agv van ‘n natuurverskynsel van die grond wat te nat was en toe die son skyn en die grond bietjie uitdroog, Jippie, toe staan die mielies weer op.

Leon Kirstein ·

Oom Angus…..ons is saam met jou!!! Ek glo dat God die dwase en negatiewe kritiek hieroor sal vergewe en die bose magte sal breek wat hier aan die werk is teen die nasionale bid dag. Ek weet dat dit NOU tyd is vir eenheid en berou van almal wat glo in ons Verlosser, oor elke afgod en sonde waaraan ons almal skuldig is. Ons bid dat ons Hemelse Vader ons sal ontmoet op n wonderbaarlike wyse wanneer ons in nederigheid, as volk en ander suid afrikaners na Hom roep vir uitkoms en die pad vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.