Angus-biddag: Reëlings vorder fluks

Angus Buchan. Foto: Facebook

Nagenoeg 34 busse sal oor die volgende paar dae van verskeie punte in die land vertrek na die It’s Time-byeenkoms wat deur die evangelis Angus Buchan sowat 4 km buite Bloemfontein aangebied word.

Buiten vir private busse wat gereël word sal daar 24 Intercape-busse van Kaapstad vertrek, tien busse van Bloemfontein, ses Eljosa-busse uit Kaapstad, nog ses Tempo-busse uit Kaapstad, drie Intercape-busse van Johannesburg, drie busse van Windhoek in Namibië en ʼn Intercape-bus van Upington af.

Volgens Buchan blyk dit dat daar meer as ʼn miljoen mense gaan opdaag vir die geleentheid. Buchan het gesê die land se grootste probleem is vrees. “Mense word lamgelê deur vrees, stres en angstigheid. Ek glo dat mense 22 April fisiek, emosioneel en verstandelik genees sal word. Kerke moet ook hul verskille opsyskuif. So ʼn groot groep mense het die potensiaal om ons land te verander”.

ʼn Groep van 20 fietsryers het intussen Sondag van Kaappunt vertrek op ʼn fietstoer om ʼn gebedslyn te trek van die Kaap tot in Bloemfontein. Die fietsryers gaan nagenoeg 1 100 km binne die bestek van vyf dae aflê.

Die groep sluit Balie Swart (oud-Springbokstut), Frans Cronjé (Hansie Cronjé se broer), Michael Louis (sakeman en voormalige politikus) en Graham Power (voorsitter van die Power-groep) in. Daar is selfs ʼn buitelander van Brasilië wat hierheen gevlieg het om deel te wees van die ondersteuningspan.

Die organiseerders van die gebedsbyeenkoms het intussen ʼn paar interessanthede bekend gemaak:

  • Dit is die grootste gebedsgeleentheid nóg in Suid-Afrika
  • Dis gratis
  • Geen kollekte sal geneem word nie
  • 5 000 vrywilligers gaan help
  • Daar is 27 klank- en beeldstasies
  • Die byeenkoms geskied oor 17 plase
  • Alle mediese dienste vir die dag is geskenk
  • 1 000 toilette met diensspanne is geskenk
  • Drie vragmotors vol toiletpapier is geskenk
  • 25 trekkers word gebruik om 1 300 ha. grond skoon te maak vir die geleentheid
  • 8 000 ℓ diesel vir die trekkers is geborg
  • Plaaspaaie is verbreed en nuwe paaie is gebou
  • Parkeerpermitte kan verniet aangeskaf word by itickets.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Elsa ·

ons bly waaksaam en bid beskermende Engele op elke pad wat God self ontplooi, h
dankie Vader dat U Hand inbeweging is oor Suid Afrika, wat genoem sal word PARADYS…nou is die tyd en uur …eendragtig bymekaar se die WOORD

MADISON ·

Dis absoluut fantasies – dit sal ons Liewe Vader so trots maak – dankie aan almal want dit moontlik gemaak het om oor ‘n miljoen mense te kry om ons God te dien. Amen

Suzy ·

Amen !!!!! Prys die Here vir al die borge en mense wat daar gaan wees . Ons JESUS Leef hy gaan groot wonders doen . Al kan ek nie daar wees nie gaan ek beslis ook bid hier by my huis in Newcastle . Mag die Here ons Land en oom Angus oorvloedig seen . Ons hier uit Newcastle KZN is trots op oom Angus , dankie dat oom opstaan in GEBED vir ons Land en sy mense . SUID AFRIKA draai om keer terug na Jesus .

snoefie ·

jammerte dit word nie op TV uitgesaai nie. gebed kan nie kwaad doen nie. wens ieder en elk n veilige reis toe.

ek kan dit nie verhelp nie. ek moet dit van my Bors afkry.
ek hoop ieder en elke hebsugtige blik… sien dat alles vreedsaam na Jesus in gebed genees word deur hie hie hie rassiste en (voormalige) kolonialiste.

Madelaine ·

Net n vragie. Hoekom noem hul dit nie SA biddag nie? Hoekom word dit gekonnekteer met n persoon?

Lisa ·

Dis glad nie aan enige “net een” persoon gekoppel nie!! Oom Angus lei die bid dag!! Die dag word genoem: It’s Time …. S.A. kom saam, Staan as een op!!!!

Piet Pompies ·

Madelaine, duidelik het jy nog nie enige byeenkomste van Angus bygewoon, hy stel dit elke keer duidelik, dit gaan nie oor hom, dit gaan oor God. Ons gesin ondersteun met ons kennis van die Christelike geloof elke instansie, persoon wat die Woord van God verkondig en ek weet daar is ook baie ander wat dieselfde doen as ek die kommentaar lees.
Ons land het hulp nodig, God se hulp, wees deel van die mense wat werk aan die oplossing.

Ella Scott ·

Want dis so eenvoudig dat God n leier daar stel om sy volk te lei. Die volk het ook teen Moses gemumureer. Hou op dwarstrek en trek saam in God se span. Bekeer betyds voor dit te laat is.

Chekoree ·

Madelaine!
Die media koppel dit aan ‘n persoon en nie Angus Buchan nie.
Dalk moet jy die dag bywoon sodat jy persoonlik kan ervaar waarvoor en vir die dag gaan soos Angus sal deel

N Lourens Reitz ·

Dirk dit is bloot net eenvoudig nie waar wat jy hier skryf nie. Vrede vir jou.

E ·

Verstaan jou ou Dirk. Ons kan mos nie help as ons so mooi oplet nie? Ek weet self nie.

Hermien ·

Hoekom dit NIE konnekteer met n persoon…..met die persoon wat die inisiatief geneem het om SA se mense bymekaar te roep…..enige iemand kon dit doen….maar niemand het nie…..daarom is daar leiers en volgers….God kan enige iemand gebruik om sy raadsplan uit te voer en Oom Angus was en is bereid om die instrument te wees. Wat maak dit saak wat mense die dag of die geleentheid noem…….

Harry Ferreira ·

Die byeenkoms staan bekend as “It’s Time” en is nie gekonnekteer aan enige persoon nie. Ek glo, hoop en bid dat alle Suid Afrikaners hulle verskille opsy sal skuif en dat ons ALMAL saam sal bid vir VREDE en REDDING in ons land!

CHRISTA ·

Ja Harry, soos soveel ander kere het ons mense die kat aan die stert beet!! Waar kom hulle daaraan dat hierdie dag oor Angus gaan? As hulle Sondae hulle kerkdiens bywoon en dieselfde predikant / pastoor / prediker lewer dit, word hy dan ook ‘n god gemaak? Dis die grootste klomp snert!! Jesus Christus, ons Verlosser het tollenaars en selfs vissermanne geroep om sy dissipels te wees en sy Blye Boodskap aan die wêreld uit te dra. Wat maak dit saak as Hy ‘n boer gebruik om vandag dieselfde te doen? Wil ons nou aan die Liewe Here voorskryf wie Hy mag roep om vir Hom te werk?

Gelowige ·

Ek verneem daar is ten minste R6 milj se uitgawes wat nog nie gedek is nie. Het Tobie & kie opgelet dat ten spyte daarvan dit GRATIS is en daar NIE KOLLEKTE GEHOU WORD NIE! Die Here sal voorsien. Sien julle almal Saterdag by IT’S TIME!!

Veronica ·

I Believe all cost will be covered, more than we know. THIS EVENT WILL BE RECORDED IN History to come. WHAT AN AWESOME God we SERVE……

apie ·

Dit is voorwaar wonderlik. Ek hoop dié wat nie daar kan wees nie gaan self op hul kniee. Ek besef mens bid elke dag maar ‘n dag van gebed is ‘n kragtige gebaar , nooi alle mense om saam te bid maak nie saak wie of wat hulle is

Elmarie Swart ·

Ek hoop dat elkeen van die kommentare en lesers Sondag in die kerk sal soos God ons roep vir Sy rusdag.

Sondag ·

Van Sondagkerk het ek nog nie gehoor nie vriendin, maar laat elke dag vir jou ‘n Sabbatdag wees nie eens in ‘n leeftyd of wanneer dit jou pas nie

Davie ·

Dit gaan oor geloof ! Het Jesus nie die drie vissies en 2 brode vermeerder nie ? So wil jul dit ook onder die mat vee ek vra maar net ?

Amanda Wait ·

Mense, hou tog net op aanklaer speel. SATAN? is die aanklaer van die broeders! Ek sien Satan oral oor al die kommentare op FB en hier! Onkruid tussen die koring net soos Jesus gesê het.
Die wêreld sal weet ons behoort aan Jesus deur die Christene se liefde vir mekaar. ?

Rc ·

Amanda, Ek stem saam met jou! Gebed is ons enigste hoop. Ons moet glo en saam staan. Mense moet omdraai na God en ophou bakkei onder mekaar.

Ettienne Swanepoel ·

Die Woord waarsku teen vals priesters in die laaste dae. Om te bid sal niks help as ons mense nie terugkeer tot Elohim en sy wette nie. Almal se hul is christene, hul dade spreek anders. Hul verdraai die woord om mense ter wille te wees. Mense keer terug. Vra die Israeliete wat gebeur as mens dwaal en nie luister nie. Hy laat nie met Hom mors. Begin by jou eie lewe. Bring jou kant, en Hy sal jou sëen. Mag Yahweh ons genadig wees en ons oë oopmaak. Elohim is nie jou maatjie nie. Hy het volke uitgewis. Selfs die vrouens en kinders. Keer terug tot dit wat die sê. En oom, mens verkondig nie sy woord met n hoed op die kop nie.

Adele ·

Ettiene, my vriend in Christus, om God se wette te onderhou gaan mens nie in die Hemel bring nie. NET geloof in Jesus Christus as jou Redder en Saligmaker. Kinders van God onderhou die wet uit ons liefde vir Hom om GEEN ander rede nie.

Cathy ·

Uit die Woord.
Markus 9:38-40 Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”
“Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat n kragtige daad in my Naam sal doen en net daar minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vir ons.”

Wie geen enige een van ons die reg om iemand anders met die duiwel te vergelyk as jy nie vir n oomblik in daardie man se skoene gestaan het nie. Sê die Here dan nie in Sy woord dat ons niemand mag veroordeel nie, want ons almal sondig. Slegs Jesus wat sonder sonde was, kan iemand veroordeel. Mag die Here ons vergewe

Michelle ·

Ȅk◦°˚° gaan oOk n hoed op my kop he, dis dom om heel dag in die son te gaan staan sonder een.

Ettienne Swanepoel ·

Adele, Nerens het ek gesê dit gaan jou in die hemel bring nie. Wat ek se is dat jy jou kant moet bring. Jy kan nie net glo en bid nie.
Cathy, Waar het ek enigsens enige iemand met die duiwel vergelyk? En om iemand te oordeel beteken ek sê hy gaan hemel of hel toe. Ek het dit nerens gedoen nie. Die nuutste is mos om te sê jy mag nie oordeel wanneer iemand se mening van joune verskil nie. My Woord se veroordel dit wat sleg is. Hang dit aan die klok. Groot verskil tussen die twee.
Michelle, ek is bly jy het n hoed. Maar van wanneer af dra die een wat preek n hoed? Gaan jy hof toe of vir onderhoude met n hoed op jou kop? Leer weer die vrees van die Vader soos beveel in die woord.

Nicolene ·

Interessant dat jy dit noem, Ettienne – die hoed ding. 1 Kor.11
Hy haal dit wel af as hy bid.

Ettienne Swanepoel ·

Dankie Nicolene. Hy doen ten minste darem dit. Alhoewel dit nie die volle bevel is nie. N man met n hoed bring oneer aan sy kop. En soos in die vorige verse is die man se kop Yashua en Yashua se kop is Elohim. Met ander woorde bring jy dan oneer aan die Vader.

Skatymir ·

Het ons mense nou so gedaal dat ons soos die Muslims na Mecca, die Zioniste na Moria en hulle na Bloem trek agter priesters en profete aan? Het hulle geen geloof in hulle self oor nie? Skandalig!

Michelle ·

So hoekom gaan ons kerk toe of op kerk kampe. Samekoms! Daars krag in gebed. Ons ry dan honderde kilometers agter begrafnisse aan, hoekom nie ry om saam in
Gebed te verenig nie

Robert Stoltz ·

As daar 1 000 000 mense opdaag, is daar darem ‘n miljoen meer mense wat Sondag in SA gaan aanbid!

Wilna ·

Miskien sal hul onthou om te begin bid in hul binne kamer…. of verhouding met Vader te honger voor?

DeonPretorius ·

Dit is nie sondag nie hulle gaan saterdag bid en al is daar ‘n miljoen mense dit is verskillende gelowe dus watter tel jy as gebede?

liana ·

ek lees al hierdie kommentare en my hart ys….. hierdie is almal Christene. ons dien almal dieselfde God. maar ons bakly en verskil op tegniese punte….. elkeen het sy eie keuse om die biddag by te woon. almal wil ‘n verskil in SA sien…. hoekom nie saamstaan en net die Here eer, aanbid en smeek vir ‘n verskil wat net Hy kan meebring nie. kom ons vorm ‘n eenheid teen Satan en sy aanvalle. Die Here sê dan ons moet in eenheid in die geloof staan. kom ons hou op verskil en staan saam.

Wilna ·

17 plase…. 27 klank en beeld stasies….

sjoe ver ry vir saambid as jy my vra.

Oom Paul ·

It’s time… Tyd waarvoor?

Boere, ruik die koffie man!

Ons gesels weer, op die 24e, en volgende maand… en volgende jaar.

Woordeloos ·

En oor 10 jaar en 100jaar en na tsoenami en na Bloukrans ens ens

Lize ·

Dis goed om te gaan bid. Pragtige gebaar. Maar wat dan daarna? Een miljoen mense kom bymekaar en bid. Dis werklik besonders. Wat my siek op die krop van my maag maak is dat driekwart van die mense wat soontoe gaan, gaan oor oompie A dit lei. Dis mense-aanbidding. As ek byvoorbeeld dit sou lei, sou enige iemand ‘n snars omgee om iets te borg of donasies te maak? Nee! Want ek is nie bekend nie. En natuurlik sal oompie A sê dit gaan nie oor hom nie, want hy smokkel met die mense se koppe. En als onder die vaandel van Christenskap met sy Bybel onder die arm. Ek sal ook bid ja. Maar al die pad ry om saam met ‘n spul skynheilige mense te gaan? Nee wat. Meeste van die klomp wat gaan, voeter almal weer Maanfaf hulle vrouens en kinders en knyp die kat in die donker. Elkeen het ‘n mening oor dié saak, ek mag seker myne ook hê. If the shoe fits…..

DeonPretorius ·

Lize ek ondersteun in die opsig jy kan nie alle gelowe saam roep om te bid nie , ons as Christene bid deur Jesus Hy is die enigste weg en Hy stel nie belang in getalle nie en oom A se daar gaan iets gebeur : God laat Hom nie voorskryf nie!!

Schalk ·

Lize. Ek stem met jou saam. Die mense maak n afgod van Buchan, hulle geloof is in hom gevestig. Ek ken n hele paar van sy volgelinge wat gereeld sy byeenkomste bywoon, hulle kom gewoonlik terug vol passie, wat dan so n paar dae hou en dan is hulle maar weer wat hulle was voor die byeenkoms. Ek is al so gatvol vir hierdie oom ding, ek wil braak. Almal ruk op, gaan bid en vou dan arms en wag vir God se groot wonderwerk. Pleks van n ernstige self ondersoek en daadwerklike verandering, nee wat, dit is mos makliker om te bid en wonderwerke te verwag.

Michelle ·

Ons gaan om tot God te bid. Ons°˚° gaan nie omdat dit Angus °̩s Nie. ȇȠ as J̶̲̅ÿ dit aangebied het sou ȅk◦°˚° nogsteeds gegaan het. Ons het God se hulp nodig ȇȠ moet verenig in gebed.

Ettienne Swanepoel ·

Dankie Basjan, Speaker en Lize. Daar staaf jul my hele punt. Dit is die God van Israel se Heilige name. Die Een wie ek aanbid. Daar staan geskyf dat Sy volk nie meer Sy Naam sal ken nie. Daar is derduisende gode daar buite. Die woord God is n universele naam en nie Sy Eie naam nie!!

Brian ·

Ons is n groep van 12 wat d.v. Vrydag oppad na its time gaan wees en, glo my, ons almal is kinnerlik opgewonde om die salwing en Gees se teenwoordigheid te ervaar. Saam in eenheid tot ons Vader te bid. En fellowship onder mekaar te ervaar. Kom en wees deel. Die Vader sal nooit teleurstel nie. Veilige reis almal.

Rina Namibie ·

Wil net se het almal wat so krities is al gehoor van hoe God profete gebruik om vir die volk te se wat om te doen. Ja en was die profete baie gewild? Nee beslis nie. Kom kyk na God se plan want Hy se as my volk hulle verootmoedig en berou het sal Ek hulle genees. Hy belowe en kom ons kyk wat God doen deur n ongewilde profeet. Hou die oe oo Jesus en oo Angus nie.

Albert Boshoff ·

Ongeag die negatiewe kommentaar, dit is voorwaar ‘n mooi gebaar. Alle gelowiges is welkom, niemand is gedwing nie! Wens ek kon daar wees, maar is in geloof en in eenheid daar. Laat God se wil geskied, ek glo dit sal ‘n geseende dag wees.

Lucinda ·

As ek so na al die kommentaar luister dan wonder ek hoekom ons as kinders van die Here nie kan saam staan nie. Ek glo, dat of jy nou gaan of nie al wat saak maak is jou verhouding met die Here. Dit maak my hartseer om te sien hoe ons kinders van die Here af breek. Dit hoort nie so nie. Kan ons nie net vir n slag hande vat en net die Here dien soos Hy van ons vra nie. Ons is tog almal lede van een liggaam, kom ons werk vir n slag saam en kyk hoe God vir ons uitkoms gee en seen. Ons dien n God van liefde, kom ons bewys tog liefde en vrede aan mekaar.

Pastoor ·

Ai as ek net kan gaan om vir my oë te bid. Wantv2cof 3 is in Sy naam. Wat nog as daar oor n miljoen is God dgaan wer met wonders enntekens. Ek kannie so ver bestuur nie. Oë kan nie. Ek het slaapplek in Bfn maar net lift nie

Wit Bul ·

Ons moet versigtig wees. God laat nie met Hom spot nie. Gaan lees “Hand 13:41” en verootmoedig julle. Jesus sê as ons nie opstaan vir die evangelie nie, sal die klippe dit uitroep. As hy vir Angus die opdrag gegee het, wie is ons om teespraak te lewer. Is Angus nie meer as ń klip werd vir Jesus in Sy Koningkryk nie? Paulus was ook ń sondaar soos ons almal. Maar toe God hom gekies het om Sy werk te doen, het Die Gees hom gedryf tot groot dade. Steeds nie in sy eie naam nie, maar wel in Hom deur wie hy gestuur was, se naam.
Kom ons raak rustig en dra die veroodmoedigings geleentheid op in gebed, en vra God om ons land te genees van al hierdie boosheid, sodat ons nageslag Hom vry en in vrede kan dien.

Angus,jy is voorwaar n gehoorsame kind van God ·

Bid eerder vir Angus en sy volunteers en almal wat gaan opdaag. As om die arme man van God so aan te vat. As jy wat so krities oor die ou is,iets beters kon reel,hoekom het jy nie? Die woord se duidelik,ins moet bly wees as daar teenkanting is. Ek haal my hoed af vir ou Angus,hy doen iets wat nie een van julle wat so krities en veroordelend ooit sou kon doen nie. So hou op om op die kantlyn te sit en te kritiseer. Hy doen net wat God se om te doen. En is n voorwaardige leier.

Willie ·

Kom ons vergeet wie die baas van die reelings is by Its Time. Begin jou geestelik voorberei en bid vir hulle wat dit aanbied. Sterkte,,,,!,!

Boertjie ·

So daar is nou ongeveer 1300 hektaar se weiding platgesny vir een dag? Dit is dieselfde weiding waarvoor ons almal verlede jaar gebid het toe die Vrystaat onder droogte gebuk gegaan het. As dit net oor die biddag gegaan het waarom moet daar beeldsendingstasies opgerig word? Slegs klank is meer as voldoende. Of het almal nodig om hul afgod Angus te sien sodat hul gebede verhoor kan word?

Michelle ·

Maak dit regtig saak. Nie een van die mense ϖӐȾ ȅk◦°˚° ken verafgod vir angus nie of gaan omdat hy dit aanbied of die gebede lei nie. Dis al die mense ϖӐȾ teen die biddag is ϖӐȾ so tekere gaan oor afgode. ȇȠ as J̶̲̅ÿ in die kerk sit maak dit jou dominee n afgod omdat hy hom kan sien as hy preek. Ons ȇȠ ons friende ȇȠ familie gaan net om tot God te bid vir hulp, nie vir n persoon nie en as daar dalk mense °̩s ϖӐȾ vir ander redes gaan dan °̩s dit hulle saak, dit vat niks van my af weg om opreg te gaan bid nie. Kyk net in watter omstandighede °̩s ons land, dis die eerste keer ooit dat mens die voorreg ȇȠ geleentheid het om saam te kom ȇȠ te verenig ȇȠ te bid tot God vir hulp, ϖatter skade rig dit jou aan. Dis gras sal weer groei! Eks dankbaar hulle sny dit want om tussen lang gras te gaan staan heel dag … hou op kla, die mense offer baie op om dit gerieflik ȇȠ toeganklik te probeer maak.

Michelle ·

Wel ons gaan. Hoekom het n dominee of enige ander persoon dit dan nie gereel nie? Amal wil net kla maar niks aan die saak doen nie. Oom Angus °̩s gevra ȇȠ was bereid om iets te doen anders as om net te kla. Ons gaan om vir God te bid! Mense moet ophou om altyd n eiertjie te le⌣̊ ȇȠ self nie iets in die saak wil doen nie. Die woord se tog as meer as een in my naam vergader dink net watse ongelooflike krag die gebede gaan he met al die mense ϖӐȾ saam tot God ingebed tree vir hulp. ȇȠ ϖӐȾ maak dit saak as oom Angus n hoed aan het? Regtig dis kleinlik! God aanvaar jou nes J̶̲̅ÿ °̩s jou kleredrag verhinder nie jou gebede nie anders moes ons ordentlik geklee in ons slaapkamers oOk wees as ons bybel lees ȇȠ bid in die aand, een gaan staan jy heeldag in die son sonder n hoed. Ek °̩s baie opgewonde om te gaan ȇȠ het tyd gemaak om te gaan. Ȅk◦°˚° offer eerder op ȇȠ gaan bid as om te kla. Daars net een God ȇȠ Jesus Christus ons verlosser ȇȠ niemand verafgod vir Anus b nie, dis net so goed J̶̲̅ÿ se mense verafgod hulle dominees ϖӐȾ sondae staan ȇȠ preek want ϖӐȾ doen oom anus anders? Hy preek oor God ȇȠ Jesus Christus nie oor homself nie, ȇȠ ten minste was hy mans genoeg om op te staan ȇȠ daadwerklik iets te doen.

Nico ·

Mense wat allerhande verskonings of redes wil uitdink om die komende byeenkoms af te skiet, en dit dus nie bywoon nie, goed so. Los dit dan – moenie dit ondersteun of bywoon nie. As jy nie glo dat dit iets sal vermag nie, goed so, los dit dan, moenie dit ondersteun of bywoon nie. Maar vir die van ons wat wel glo dat die hand van die Here, hetsy dit nou deur ‘n man met ‘n hoed is, of wat/wie ookal, gevra gaan word in hierdie saak, laat ons dit doen wat ons wil doen, asseblief? Ek meen, wat maak dit dan saak aan diesulkes wat dit nie ondersteun nie?
Ten minste DOEN ons, en Angus ens., iets om die probleem aan te spreek – wat, mag ek vra, doen julle wat allerhande verskonings en besware het en uitdink daarteen? Sit en handjies vou en eintlik WENS dat ons gebede niks oplewer nie? Ag nee man, word groot!

Vrymessel ·

Ag ou vrymsselaar hoop jy strooi jou saad in die verre ooste

Marietjie ·

Julle weet mos die gesegde, as jy niks goed het om te sê nie hou dan jou smoel!!!!
As jy nie die It’s Time ondersteun wat deur oom Angus gelei gaan word nie hoekom doen jy dit self nie. Reël `n dag waar jy almal nooi in SA om dit by te woon en kyk of jy dit beter kan doen. Oom Angus nooi almal saam om vir ons land te bid, as jy voel ons land het nie gebed nodig nie…weet jy wat, gaan sit voor die TV en vergeet dan van oom Angus se uitnodiging maar hoekom dit kritiseer. In Jacobus staan dit duidelik dat jy diere in die lug, op aarde en in die see kan tem maar jy kan nie die tong van die mens tem nie. As jy iemand laster wat God se werk doen laster jy teen God so plaas `n wag voor jou mond en dink eers wat jy sê. As jy nie met iemand saamstem of iets ondersteun nie, hou dit vir jouself want kanse is goed dat jy net dalkies verkeerd kan wees. Ek ondersteun in die stadium enige iemand en enige instansie wat vir ons land wil bid want ons het gebed bitterlik nodig .

Johann ·

Almal wat vir Angus Bucum is, ek wil net sê ek staan vir die Drie-enig GOD, Vader, Seun en Heilige Gees en die drie is een

Louise ·

Dankie Jesus vir Angus Buchan wat ons weer opnuut laat bewus word van U Krag en Genade waarvan ons so afhanklik is. Seen asb die verrigtinge tot eer van U Naam. Hy is U Gehoorsame dienaar om soveel mense tot U Eer alleen bymekaar te bring. Amen

peet J ·

Mnr. Buchan, beweer dat ons mense vreesbevange en angstig is en dat ons verstandelik genees sal word . Wil hy nou voorgee dat ons verstandelik siek is? Die eintlike doel waarna getrewe word is om integrasie te bespoedig tussen alle rasse en nou word ‘n biddag daarvoor gebruik.
Mnr. Buchan is ‘n pleitbesorger vir die Christelike Katoliekegeloof wat deur die mens tot stand gebring is maar die Goddelikegeloof wat deur die Almagtige God aan die mens gegee is word verwerp.

Wally Du Plessis ·

Hermien, Baie Suid Afrikaners, Hier En In Die Buiteland Bid Vir Suid Afrika Elke Dag. Ek Persoonlik Dink Getalle Oor Die Wereld Is Meer As N Miljoen.So Ek Dink Ook Wat Die Byble Se, Waar Daar Twee In My Naam Is, Daar Sal Ek Wees!!!

Veronica van PTA ·

VADER, VERGEWE HULLE WANT HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE . . . hoe kan ek swyg!! Nie almal is profete of priesters nie, maar as GOD iemand n opdrag gegee het om die biddag te hou , wie is ek / ons om dit te veroordeel? Angus se getuie rondom sy bekering destyds na hy met trekker oor sy broer se kind gery het toe die afgeval het, het n radikale bekering tot gevolg gehad wat beslis vandag n rippel effek het!! n Seuntjie het gesterf maar nie verniet nie en daardeur word GOD se Woord verkondig en mense kom wel tot inkeer . . . al het daar oor die jare net 5 werklik tot inkeer gekom agv ” Angus” dan het GOD SE WIL geskied en dus tot eer van SY NAAM!!! Die Woord sê tog duidelik : Luk 15:10 So sê ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van GOD oor een sondaar wat hom bekeer ” en mense . . . oor elke ydele / roekelose woord sal ons rekenskap voor gee

Veronica van PTA ·

VADER, VERGEWE HULLE WANT HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE . . . hoe kan ek swyg!! Nie almal is profete of priesters nie, maar as GOD iemand n opdrag gegee het om die biddag te hou , wie is ek / ons om dit te veroordeel? Angus se getuie rondom sy bekering destyds na hy met trekker oor sy broer se kind gery het toe die afgeval het, het n radikale bekering tot gevolg gehad wat beslis vandag n rippel effek het!! n Seuntjie het gesterf maar nie verniet nie en daardeur word GOD se Woord verkondig en mense kom wel tot inkeer . . . al het daar oor die jare net 5 werklik tot inkeer gekom agv ” Angus” dan het GOD SE WIL geskied en dus tot eer van SY NAAM!!! Die Woord sê tog duidelik : Luk 15:10 So sê ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van GOD oor een sondaar wat hom bekeer ” en mense . . . oor elke ydele / roekelose woord sal ons rekenskap voor gee !!

magda ·

Ons almal het eers die dagstukkie gelees en gebid…..nou al die kommentare. Jesus is lief vir elkeen van julle. Veilig ry aan almal wat die diens gaan bywoon en ons “insluitend” ek sal ook bid vir julle die dag…..liefde

Claudia ·

Aan almal met jul negatiewe kommentaar, oom Angus IS GEVRA OM DIE BIDDAG TE LEI. Daar was n video van Johan wat oom Angus naamens SA gevra get on dit the doen.

Theresa ·

Ek voel so bevoorreg om ook Saterdag Bloemfontein toe te kan gaan. Vir een keer kan ons as kinders van die Here ons verskille eenkant toe skuif en ons saam voor God verootmoedig – vir ons land en ook ons toekoms. Al verander dinge nie dadelik nie – glo my dinge gaan verander!
Die landwye politieke opmarse voorverede week kon in total nie eens meer as 1 miljoen mense trek nie maar glo my in die Naam van die Here begin verandering! Sy Woord sê … waar 2 of 3 in My Naam saamkom – nou wat van derduisende……!?

Kobus ·

Ek stem saam met Dirk die mense maak van Angus ‘ n afgod.

karin ·

Ek is vol verwagting! Die Heilige Gees gaan opdaag massief. Let Your will be done Abba Father. Bring Your Kingdom to the earth. Supernatural miracles will happen. Dankie Jesus dat daar baie siele by gewen gaan word vir U. Isaiah 43 – This is what the Lord says… I am making a way…

Rooikop ·

Sien Karin, dis hoekom ons teen “oom Angus” is – hy leer die mense verkeerd. Die Heilige Gees gaan nie daar “opdaag” nie. Die Heilige Gees is reeds IN jou. Kyk mooi wat Angus belowe teenoor wat God in die Woord sê… Nou vra ek jou, wat gaan julle almal dink as daar geen “wonderwerk” gebeur die dag nie? Gaan julle dan in God twyfel..? Want dis die vuur waarmee Angus speel…

Verstom ·

So nou is daar so baie wat fout vind met oom Angus … dit terwyl hul eie harte te swaar en donker is om die mooi in die dag raak te sien. Is almal wat gaan opreg? Verseker nie. Het oom Angus die regte motief? Ons sal nie weet nie. Maar ek glo in die krag van Jesus Christus wat so dag kan gebruik om mense se harte aan te raak. Moet jy nie die een wees wat in die pad van goeie werke staan nie! Mag dit ‘n geseënde dag wees!!!

Abie ·

Ek het dit al vele male op kommentare gesê ek is skaam om te sê ek is n christen. Kyk hoe gaan die christenne aan. Eerstens “its time” was nie deur Angus geinnisieer nie, hy was gevra om dit te doen.

Tweedens in plaas daarvan om opgewonde te raak om as n groep mense van regoor die land saam te bid word daar hal gebraak oor dinge wat in elk geval nie belangrik is nie.

Vir my is dit wat tot dusver bereik is met die voorbereiding reeds n wonderwerk.

Laastens dis nie vir ons om ander se motiewe vir die bywoon of nie te bevraagteken of te veroordeel nie.

Ek bid dat ons almal se oë sal oopgaan en besef God is in beheer en beslis ook oor die gebeure van die 22ste.

Ek bid vir wonderwerke om te gebeur van nou tot en na die 22ste sodat almal wat daar gaan wees, christen en niechristen, om die grootheid en magtigheid van ons God te ervaar.

Ek bid dat U God, ons Vader en Beskermer, die boodskapper, Angus sal lei, sodat hy U wil sal spreek.

Here, ek bid dat U ons land en sy mense opnuut U grootheid sal ervaar en seen asb elkeen wat spesifiek op die 22ste n behoefte het wat slegs U kan vervul.

Ek vra dit in Jesus naam. Amen.

Rina Kotze ·

Ek deel in Verstom en klomp ander se siening deur net dit by te voeg.

Dr Braam Hanekom het Woensdagoggend op radio Kaapse Kansel gesê ek stem 10 000% met hom saam.

Almal wat “teen” die biddag en Oom Angus praat, watter plan vir aksie vir ‘n beter en veiliger SA kan jy op die tafel sit???

En ek wed julle, daar gaan niks beland op die tafel, behalwe nog klagtes!!!

Dit gaan nie oor Oom Angus nie, dit gaan oor gebed en verootmoediging voor die Enigste Lewende God in hierdie wêreld, want dis net Hy wat harte kan draai en die land kan begin genees van daar af!

So, hou op kla en begin bid!

karin ·

All the glory to God. Die wonderwerke het reeds begin daar… dit is hoendervleis om al die testimonies te hoor van wat alles gebeur .

Wil daar wees ·

Vir die wat gaan, gaan julle te perd, motor, bus, vliegtuig? Wat reken julle is die maklikste en betroubaarste middel v vervoer Bloem toe?
As ek eendag oud en afgeleef op Huisherfsblaar se stoep sit, wil ek hierdie dag onthou, die groot verwagting en wonderlike ontmoeting met die Here en hoe my hart weereens vernuwe geword het!
Hoop om te hoor v julle vervoer reelings?

Tessa Burger ·

Mense, ek skaam my vir julle kleinlikheid. Lees die woord-12 verkenners, net 2 maak dit in die beloofde land in agv ongeloof en verkeerde gesindheid. Miriam skinner oor Moses -God self hoor het maak haar melaats. Die volk is van mening dat Moses homself aanmatig om die uitverkore leier te wees. ‘n Plaag tref die kamp en wie moet die vure doodslaan? Aaron moes tussen die woede van ‘ lewende God en ‘n kleinlike volk inbeweeg om te keer dat almal nie verskroei word deur God se woede nie. En aan die wat dink dat hulle verhewe is om dat hulle ‘n paar Hebrew woorde so meng… jammer om van jou moeilikheid te hoor.

Boetman ·

Hoe kan hy sê dis ons laaste kans. Sy geloof maak my dan bang. My God is nie een vir laaste kanse nie. Hy maak mense bang

Wessel ·

Ai tog. Dit gaan nie oor Oom Angus of sy geloof nie. Dit gaan oor wat God kan doen. Kom bid saam dat jy van jou bangheid ontslae kan word.

Wowow! ·

Ek dink dis onbeskryflik groot wat reggekry word in die naam van ons Here.
Ek is altyd ñ bietjie paranoid.. en ek hoop dat daar is n mate van sekuriteit by die saamtrek. Net noudie dag is ñ alqaeda wapenopslagplek gekry……..
Wens ek kon gaan, ek dink dit gaan n ongelooflike ervaring wees, wens Kyknet kon dit uitsaai!!

Wowoweeee ·

Ek dink dis onbeskryflik groot wat reggekry word in die naam van ons Here.
Ek is altyd ñ bietjie paranoid.. en ek hoop dat daar is n mate van sekuriteit by die saamtrek. Net noudie dag is ñ alqaeda wapenopslagplek gekry……..
Wens ek kon gaan, ek dink dit gaan n ongelooflike ervaring wees, wens Kyknet kon dit uitsaai!!

Annie ·

Ek is vol verwagting en ek bid ieder en elk ‘n veilige reis toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.