Angus Buchan: ‘Die Here voorsien vir dié biddag’

Angus Buchan. Foto: Landi Malan.

Angus Buchan. Foto: Landi Malan.

Die idee vir ʼn nasionale biddag het begin met ʼn video wat op WhatsApp die ronde gedoen het van ʼn boer wat vra dat ʼn geestelike leier in Suid-Afrika moet opstaan en die mense van die land moet lei. Die evangelis Angus Buchan beplan dié biddag vir volgende maand.

“Ek gaan draf vier dae per week,” het Buchan Woensdag tydens ʼn mediakonferensie die oorsprong van dié biddag verduidelik. “Toe ek die oggend gaan draf nadat ek die video gesien het, het ek met die Here daaroor gepraat. My eerste gedagte toe ek dit sien was: ‘Waarom doen jy dit nie self nie?’. Die Here het egter vir my twee goed gesê. Eerstens ‘It’s time’ en tweedens ‘One million’.”

“Daar is nie ʼn spesifieke rede waarom ons op 22 April besluit het nie. Dit was net die eerste beskikbare datum. Bloemfontein is ook die middelpunt van die land en dit is waarom ons besluit het om dit daar te hou. Gewoonlik sou ʼn byeenkoms van dié omvang ʼn jaar of meer neem om te beplan. Ons doen hierdie een in twee maande,” het Buchan gesê.

Volgens Buchan het hy ʼn ongelooflike span wat help om dié dag moontlik te maak. “Toe ons noem dat ons dit wil doen, was daar byna onmiddellik 17 boere wat gesê het dat ons hulle plase gratis kan gebruik. Daar is vier baniere wat opgesit is, die grootste baniere wat ek nog gesien het. Een so ʼn banier kos R380 000. Iemand het betaal daarvoor, ek weet nie wie nie. Ons het ʼn duisend toilette nodig vir die dag. Soveel as 700 mobiele toilette en die vragmotors om dit te vervoer en die instandhouding daarvan is reeds geborg. Ons klankstelsel en platform alleen kos R6 miljoen. Die Here sal voorsien,” het hy bygevoeg.

“My een seun is baie goed met statistieke. Hy verduidelik dit só: Veronderstel daar staan mense skouer teen skouer en daardie lyn is 500 m breed, vat daardie lyn mense en strek dit 2 km terug. Daardie massiewe soliede blok mense, dis omtrent soveel soos 1 miljoen. Het jy al ooit ʼn miljoen mense op een plek gesien? Ek het nie. Daar gaan dalk nog meer as een miljoen opdaag. Ek weet die Here sal nie sy kinders teleurstel nie. Daar gaan omtrent 16 voertuie per sekonde daar aankom. Mense borg busse, die Here voorsien,” het Buchan gesê.

Volgens Buchan sou die mediese dienste alleen R3 miljoen gekos het. “Die jong dokters van Bloemfontein het reeds aangebied om gratis te kom help. Ons het al 5 000 vrywilligers, dis regtig ongelooflik. Met ons grootste Mighty Men-konferensie het ons ses mobiele stasies met klank en skerms gehad tussen die gehoor om seker te maak almal kan hoor en sien. Vir dié biddag gaan ons 27 hê!”

Mense wat die geleentheid bywoon gaan hulle eie kos en water vir die dag moet bring. Buchan het gesê mense sal op die gras kan sit op komberse of op kampstoele. “Mense vra my oor die weer, maar ek weet nie.

“God gaan op 22 April teenwoordig wees daar. Mense sal in hul sitplekke genees word. Dit het al gebeur dat mense letterlik uit hulle rolstoele opstaan en begin loop. Dis ook hoekom ons dit nie regstreeks gaan uitsaai nie, mense mis die punt. God roep sy mense, Hy sê: ‘Kom ons bid saam.’ Ons moet almal daar teenwoordig wees. As jou troue geskeduleer is vir 22 April, skuif dit! Hoe wil jy getroud wees in ʼn land met soveel anargie. Mense gaan daardie dag genees word van vrees, stres, angstigheid en onsedelikheid. Mense sê vir my dis vir hulle ongerieflik. Ja, dis vir my ook ongerieflik! Ons moet die ekstra myl stap, dit is ʼn kritieke tyd vir ons land, ons staan voor ʼn kruispad,” het Buchan gesê.

“Jy wil nie hê jou kinders moet jou eendag vra: ‘Pa, was jy daardie dag daar toe die Here Suid-Afrika kom besoek het?’ en jy moet nee sê nie,” het Buchan gesê.

Buchan het gesê die afgelope tyd was vir hom nog die moeilikste van sy lewe. “Ek was nog nooit soveel aangeval, persoonlik aangeval, soos nou nie. Ek het gelukkig ʼn wonderlike span om my wat my ‘beskerm’ teen dié dinge. Ek stel nie belang in die kritiek nie maar ook nie in die vleiery wat ek ontvang nie. Ek spandeer meer as vyf ure per dag met die woord in my stilkamer, dis my veilige plek,” het Buchan gesê.

“Die nasionale biddag gaan op 22 April by die Wilde Als plaas so vier kilometer buite Bloemfontein plaasvind. Die plaas is 2 000 ha groot.” Volgens Buchan sal die SAPD en die weermag betrokke wees vir veiligheid en is daar ook kontak gemaak met private instansies.

Buchan het wel gesê die geleentheid sal opgeneem en daarna beskikbaar gemaak word. “22 April sal ʼn dag wees wat generasies nog vir jare gaan onthou en oor praat”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

117 Kommentare

Valerie ·

Hoe vol van homself is die ou tog nie? Wat? Dat hy nou wragtig iets kwytraak soos, “Pa, was jy daardie dag daar toe die Here Suid-Afrika besoek het?” Wie dink die ou is hy? Geestelike leier, my voet. False profeet, deur en deur. En ek dink hy hoor stemme.

Die Here besoek my nie. Hy is in my; ek hoef nie propaganda deur die media te gebruik om met Hom te kommunikeer nie.

Sowaar, kan die wat heeltyd “oom Angus” dit en day wragtig bnie duer die ou sien nie? Julle wil nie. So, gaan mors maar jou tyd, geld, en moeite om die ou se ego te streel.

Liezl ·

Sjuut…saggies…wees stil. We do serve a mighty God. He wants us to be quiet. Los tog die lelike woorde seblief.

...Valerie... ·

…. die mense het vir Noag ook gelag….
Hulle het almal geglo hy is ook die klits kwyt en hy hoor stemme…

Johann ·

Valerie: hoor hoe dreun die klippe na ons toe wat durf die selfaangewese profeet ANGUS aanvat! En aan die voortou: die NOAG verwysing? En qaarskynlik MOSES volgende? ANGUS was en is en sal NOOIT kan aanspraak maak op die eenvoud van onderdanige gews wat NOAG en MOSES was nie. Sy blote uitlating oor waar ek was toe die HERE SA besoek het..m.a.w NIE by ANGUS se dag nie…sê ALS van ANGUS se arrogante voorskriftelikheid teenoor God!

Valerie ·

Johann, dis alles okay; dit is hul opinies. Soos ons in Engels sê, “The proof is in the pudding.” Kom ons en die wat soos ons dink raak rustig en geniet die wonderlike aand.
Liefdegroete!

kobus meyer ·

Prys die Here ons het so iets nodig. Persone wat kan opstaan om ‘n verskil te kan maak. Mooi my oom jy praat net uit die Woord uit. God gebruik mense om die atmosfeer te skuif.

Maak nie saak nie ·

Verdeeltheid is die ondergang van enige volk. Jesus homself was aan n kruis gahang omdat Hy dinge gedoen en gesê het wat buite die menslike comfort zone was. Of so het dit gelyk. Eintlik was dit om die siele te red van alle mense. Moenie in dieselfde struk trap nie. Hierdie dag gaan nie oor die persoon wat gehoorsaam is en die dag reel nie, maar wel die wat gehoorsaam is en dit bywoon. As jy nie daar wil wees nie, moenie kom nie, maar wees versigtig dat jy nie oordeel oor jouself bring deur twyfel te saai nie.
Wat moet nog gebeur voor ons genoeg gehad het van die huidige situasie?
Kyk verby die mens, kom oor jouself en rig jou oë op God. Sonder Hom is ons, of ons taal of opinies niks.
Johan, as dit wat jy beweer waar is, los dit liewer vir God om te oordeel, want ek is baie seker dat die oordeel baie groot sal wees. Die vraag is, Kan enige een van ons bekostig om ons harte te verhard in hierdie tyd..?
Vrede en seen vir almal.

jchaan ·

you will be judged the way you judge others. Waarom raak julle so kwaad?As dit julle nie pla nie,moet dan nie dat dit julle pla nie.Almal is geregtig op hul eie opinies en my opinie is dat ons GOG nodig het.Dit is bewys deur mense (Ek en jou self) dat ons nie in staat is om die aarde met sy volke in orde te kan hou nie.Wat stel jy wat so maklik beledig en kritiseer aan?Ek is oortuig daarvan dat NET GOD ons toekoms kan verander.Of dit oom Angus is of nie.Ek gaan vir die regte rede en as julle voel ons mors geld en tyd dan is dit ok.Dit is ONS geld en tyd wat ONS mors.

Maureen ·

Alles is in die hand van die Here. U wil sal geskied. Laat dit n GROOT getuienis wees asb Vader. Amen

Charmaine Coetzee ·

What n mighty GOD we serve ons moet luister as GOD prasy en ek weet GOD gaan Suid-Afrika draai dankiey GOD vir die wonderwerk

Johann ·

CHARMAIN? PRESIES JA…wat GOD BEVESTIGEND met sy kinders deel. Nie wat ANGUS homself wysmaak met n bravade van wat ANGUS God voorskryf om op ANGUS se voorwaardes tyd en plek te MOET doen nie!

Elsa ·

ons God is inbeheer…elke aanval en aanslag is die gebrul van die vyand …ons vrees niks…ons gebedes het krag en soos die Skrif sê…Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te ondersteun wie se oë op Hom gevestig is….Suid Sfrika sal genoem word PARADYS….

Besin ·

Nee.. nee.. nee! Ek is ‘n toegewyde Christen, maar sal liewer wil sien dat al hierdie miljoene in private Afrikaanse onderrig belê word. Nie een van sy vorige biddienste kon enige iets vir die Afrikaner of Afrikaanse taal red nie. Ons situasie het intussen net verder versleg. Redding begin by jouself!

Lindie ·

Besin ek sien jou punt in, as die Here jou vir ‘n spesefieke taak roep, dan is jy gehoorsaam. Ek is seker daar is baie nood daar buite wat miljoene rande kan help.
Ek is nie geroep om ‘n gebeds dag te hou nie, maar ek kan nie die wat wel geroep is hul roeping ontneem nie.
Die vorige gebed byeenkomste het niks vir my en jou beteken nie, maar hoeveel is genees, het terug gekom na die Here toe en ander nuut oorgegee? Vir hulle sal die byeenkomste uitstaan as lewens veranderend!

..klink eerder... ·

Of jy jou taal aanbid….
Oppas dat Afrikaans nie jou god is nie.
Jy noem jouself n “toegewyde Christen” maar al wat ek lees is AFRIKAANS / AFRIKANER….
Oom Angus veg vir God – nie vir n taal nie.
Dankie tof my God verstaan nie net Afrikaans nie…

Hennie Venter ·

Johan – ek sal nie en ek mag nie jou veroordeel oor jou uitlatings oor hierdie godsman nie. Wat ek wel agtergekom het is dat jy baie verbitterd is. Wat dit is, is net tussen jou en God. Hierdie byeenkoms gaan en sal ‘n groot opskudding in die geesteswereld veroorsaak, tengoede vir ons almal wie Jesus lief het, in hierdie pragtige land van ons. Wag en sien, ons almal gaan verstom staan!

Christiaan Snyman ·

In Februarie op Klerksdorp aleen het 10 000 mense tot bekering gekom by n Mighty Men Konferensie,. Beteken dit dan minder as Afrikaans? Is ‘n verloste siel in die ewigheid nie meer werd as Afrikaans nie?

Ben ·

Dankie oom Angus vir jou gehoorsaamheid. Ek glo Jesus Christus gaan ons land genees.

Adel ·

Ek stem ook saam, ons Hemelse Vader werk gedurig deur mense en wat kan verkeerd wees as mense saamkom om te bid vir ons land??

Dankbaar!!!

Lettie J v Rensburg ·

Ek stem saam. God het ‘n behae in gehoorsaamheid en in geloof. Dit is baie hartseer dat selfs Mense wat hul christene noem teenoor ‘n mede christen so kan tekere gaan. Ek sien Anchus Bucham as iemand wat die Here liefhet en net gehoorsaam wil wees aan die Heilige Gees se stem en opdrag. As jy nie kan gaan of wil gaan nie moenie veroordeel nie gaan kry jou vriende bymekaar en bid by jou huis of reel dan self by jou kerk ‘n gebeds byeenkoms. Gebed van die regverdige het krag se die Here se woord

Buitestander ·

God van oorvloed sal voorsien aan almal wat Hom dien.
Alle eer en lof aan die drieenige God wat ons dien.

Johannes ·

Mat 6:5-6 “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheilige wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

Claudia ·

Valerie en johannes, oom Angus is gevra om die leier van die biddag te wees!! Daar waar 1 en meer hande vashou, sal God teenwoordig wees. Dankie dat die meerderheid saamstaan. Dankie oom Angus.

Johann ·

So ANGUS stel homself aan as “geestelike leier” na aanlyding van EEN VIDEO?GEEN WOORD BEVESTIGING oor hoekom so n dag mag nodig wees nie? En dan volg ANGUS se GROOTPRAAT oor ANGUS se dag; syfers, statistieke, geldwaardes; en ANGUS se “span”En dan blatante skimpe( nie gebed nie) oor “uitstaande kostes” wat GOD volgens ANGUS Sal en MOET voorsien? ABSOLUTE VALS WOORD dat “die HERE nie SY kinders sal teleurstel nie”? So ANGUS hou GOD on call en verandwoordelik vir ANGUS se dag se sukses?Soos ANGUS se Mighty Men dae? Angus en sy span;NIE GOD nie? Saai nie uit nie (blaas wel MILJOENE OP ANGUS SE DAG)sal na die tyd beskikbaar wees? So ANGUS se God sê ons MOET op ANGUS se dag by ANGUS wees maar God mag nie van tegnologie gebruik maak om ANGUS se dag uit te saai nie?Of maak.ANGUS voorsiening vir as ANGUS se dag nie uitloop soos ANGUS wil nie en die WERELD sien dit regstreeks?Of beteken”na dietyd” ANGUS SE DAG SAL WEL TE KOOP WEES na die tyd?So eers NET ANGUS se dag; maar dan skielik NA DIE TYD beskikbaar?En is dit n “genesingsdiens” alvorens ANGUS se verwagting of ” n biddag deur n geestelike leier”?Wie se”punt” mis ons?GOD of ANGUS?”kinders vra was ek daar toe die HERE SA besoek het”?Weereens ANGUS se dag of niks?Angus se span beskerm hom?En God?

**anoniem** ·

Ek stem saam, oom Angus is gevra om hierdie biddag te reël! As julle nie van hom, of sy verkondiging van die evangelie hou nie, moenie daarna kyk nie! Dit staan ook geskryf dat ons die woord van God moet verkondig aan almal… m.a.w. julle kan God se naam en Woord verkondig, maar oom Angus word gekruisig daarvoor! Nee wat, oom Angus se bediening het al derduisende mense aangeraak en nog meer tot bekering gebring.

Angie ·

Johannes die Woord van God se ook waar 2 of meer bymekaar kom is Hy teenwoordig… Almal met julle negatiewe gedagtes en kommentaar onthou net een ding God kan selfs die boemelaar op straat gebruik om mense tot bekering te bring, God gebruik nie perfekte mense met perfekte lewens om Sy Woord te verkondig of mense tot bekering te bring nie.. Daar is hoeveel Pastore wat een of ander sonde doen maar steeds gaan mense en luister na die Woord wat hulle preek in die kerke hoekom? Want elke persoon gaan met ‘n verwagting om ‘n omkeer te kry vir hul situasies en probleme of om net hulle harte te verander, wat okal die rede is solank hul wat gaan om die Woord te luister of om saam te bid dit met opregte hart te doen en te glo en vertrou… Soos die Bybel ook se as mens maar net die geloof van ‘n mosterdsaadjie gehad het sou ons berge kon versit. En ook alles wat jy doen doen dit tot verheerliking van Sy Naam!!!Van negatiewe gedagtes en kommentaar kan geen vrugte geplul word nie… So wat het ons as mens dan nou eintlik om te verloor?? Absoluut niks maar ons kan wel saam bymekaar kom om ons Pappa Vader te smeek om ‘n verandering in ons land te bring… vervolg —>

Cherokee ·

Johann, ek het net begin lees aan jy skrywe en opgehou want wanneer iemand so opgeskeep raak met hoofletters, lees ek dit nie. Dit mag jou dalk nie traak dat ek dit nie gelees het nie maar daar is dalk meer mense wat so maak.

bendons ·

God Seën jou Oom Angus.
Dankie. Ek bid saam elke dag vir Alman in ons Land. Ek glo ons Meester sal voorsien
In my Lewe tans moeilikke tye het hy wonderbaarlik op my gebede voorsien ek sien elke dag. Met traan in my oog sê ek vir Heer dankie dankie.
AMEN

Meraai ·

Ek stem Besin…..redding is ‘n persoonlike saak tussen jou en die HERE…..enigste opregte uit weg vir jul Afrikaner volk…..keer terug na GOD in jul binne kamer deur jul sondes met jul mond te bely en opregtheid in jul hart en neem JESUS CHRISTUS aan as jul verlosser en saligmaker.

Jo ·

Amen oom Angus.
Ons staan in gebed vir jou en jou gesin en jou bedieningspan.
God bless

Adri van Niekerk ·

Almal wat so teen Angus is moet oppas. God laat nie met Hom spot nie. Ek kan ook maar net vir hulle bid

Johann ·

Ek het die selfde aangaande die vrymeselaars en Angus raak gesien Meraai, en nog ietsie die ou wie op whatsapp gebid en gevra het, het spesifiek vir Angus gebid, gevra toe sê ek hier is nou weer ‘n aanslag, Angus wil weer optree, Angus sê liewer WhatsApp het jou geroep, dan is jy nader aan die waarheid. Ek hoop en vertrou die insetting word geplaas

Louis ·

KP, waar kom jou vraag vandaan, dat hoeveel geld gaan hy maak. Die hele geleentheid is gratis met geen toegangsfooi of iets nie, waar moet die geld vandaan kom.

Adri van Niekerk ·

Almal wat so teen Angus is moet oppas. God laat nie met Hom spot nie. Ek kan ook maar net vir hulle bid

Seeklong ·

Amen. Daar is baie aanslae teen jou oom Angus, baie dankie vir wat jy vir Suid-Afrika beteken.

Hennie Theart ·

Jy is reg Seeklong. Daar is baie aanslae teen die Christene, maar so sal dit wees in die laaste dae. Ek kan ook net vir oom Angus dankie se. Die Here is met oom Angus en sal ook saam met ons wees.

Johann ·

Soveel van n arrogante selfwaan het ek lanklaas gesien. Uit Angus se EIE mond…hy steur hom nie aan wat gesê word nie? Angus?????? So JY stel jouself aan as die nuut gevonde profeet in SA wat nie nodig om te luister na wat mense om jou VIR jou sê om of te bevestig wat jy “gehoor” het of nie? Lees wat ANGUS SELF VAN HOMSELF SÊ…aanvalle of pluimpies NA hom is hy voor doof van MENSE AF?????? Dieselfde “mense” wat ANGUS claim hom geroep het om ANGUS se dag te reël? ANGUS laat God op roep staan vir ANGUS se dag..ANGUS se statistiek en syfers en ANGUS ANGUS ANGUS???? NERENS NERENS NERENS noem ANGUS watter WOORD ANGUS gegee is en BEVESTIG is om so n dag vir ANGUS te hou nie! Nog minder HOEKOM ANGUS ANGUS se dag moet hou met al ANGUS se pronk en parade van statistieke! Gaan mense in n naiewe desperaatheid opruk na ANGUS se sag toe….? Waarskynlik ja. Gaan mense GEBEDS VERHOORDE boodskappe by ANGUS probeer uutkry oor sy arrigansie oor SY teenwoordigheid op ANGUS se dag? Ja…ons gaan gehoorsaam wees aan wat ons Vader deur SY GEES in ons gees wakker maak oor ANGUS se arrogansie en blinde/dowe najaag van ANGUS!!!!!!

LMF ·

Johann gaan bid in jou kamer en as jou gebed genoeg is om ons land te red is ek bly maar dink net as so baie mense saam bid hoe sterk en kragtig kan wees en dit is mos hkm kerke ok daar is om baie mense saam te laat bid of is dit ook teen jou beginsels sterkte Angus jy gaan dit nodig hê want lyk my party mense verstaan nie mooi waaroor n biddag gaan nie’ hoe meer mense hoe meer plesier’ Amen

CQ ·

Mooiso Oom Angus. Moet jou nie steur aan wat mense sê nie! Goed of sleg….
Wie gee om wat mense van jou sê of dink – wat JESUS VAN JOU DINK is die belangrikste….
Vergeet van mense soos Johann en Valerie en Besin en onthou vir WIE jy werk…. en jy sal NIE NOU NIE maar in EWIGHEID beloon word.

MJ ·

Johann…..ten minste dóén Oom Angus iets….sê vir my….wat doen jy….??? Hou op met jou teem en kla en dóén iets!!

Johann ·

ai tog dat gebruik van hoof letters iemand soos cheroke kan verhoed om verder te lees…skuus skuus skuus. so: als wat my wese in hooflwtters sê..weer en oor en weer in kleinletters. BEHALWE dat ek voor die God dat ek dien en aanbid as my Verlosser nie noodwendig sag sal getuig teen n gees van arrogansie van n selfaangestelde profeet soos angus nie…

MANIE ·

Ons Vader luister en hoor elke gebed van van sy kinders. Hy luister nie meer of minder omdat n groep bymekaar kom om te bid

Inge ·

Mooi gestel Manie, ek stem saam. Maar as die mense saam wil bid, laat hulle dit maar doen, daar is geen skade daaraan nie. Die van ons wat eerder een-tot-een met ons vader wil praat, laat ons dit ook doen.

Christiaan Snyman ·

Ons mense maak my hartseer met hulle hardkoppigheid en harde harte.
Oom Angus lei mense na die Here toe, hy is n boer en n nederige mens met n evangelistiese roeping. Dis meer as wat enige van die kritiseerders kan sê.

Geen wonder dat ons land in so ‘n gemors is nie want elkeen sit op sy troontjie by die huis en kritiseer, vloek en skel waarskynlik en gehoorsaam nie die Woord nie. Nou dat iemand iets doen en hulle eie gesondheid op die spel plaas nou is dit ook nie goed genoeg nie.
Ek bid dat ons Afrikaners sal wakker word voor dit te laat is.
‘n Harde hart is ‘n hart wat nog nie na Jesus geluister het wat klop aan sy deur nie en ‘n harde hart kan nie in die Koninkryk ingaan nie

Buttercup ·

WOW! Dit is so n mooi gebaar, maar natuurlik sal daar weer mense wees wat dit in iets lelik laat ontaard! Gun mense dit waarin hul glo, en as jy nie die selfde voel nie, bly liewer stil.

Liezl ·

Ek sê ook so….die kommentaar kan sommer nou gesluit word…want mense gaan nou weer vreeslik sanik oor die artikel

Lollie ·

Ek is ook nie ń voorstaander van Angus nie! Ek sal nie sy byeenkoms bywoon nie! Die mense hemel hom so op asof hy een of ander God is! Die mense wil op ń mens staatmaak ipv op God. MAAR los die gene wat wel na hom wil luister. Ek glo daar is vele van sy volgers wat min of nooit eers in ń kerk kom nie. Dalk, net dalk, kry hy van hulle in een of ander kerk wat ń goeie ding is. Almal hou nie van alles nie so dit waarvan jy nie hou nie los of ignoreer jy maar net. Dis wat ek doen met Oom Angus en sy byeenkomste. Ek ken God en weet waar om hom te kry. Ek het niemand nodig om as middelman vir my op te tree nie, ek praat sommer direk met God. Laat die wat nie weet waar en hoe nie na Oom Angus gaan luister. Soos die spreekwoord sê: sien leef en laat leef.

Liewe Lollie ·

Min mense “hemel hom op” Maar tog dink ek mense het respek vir n man van God.
Hy sê die goed wat ander te bang is om te sê. Niemand dink Oom Angus is “n god” nie. Nee. Ons is net dankbaar vir IEMAND wat leiding neem….
Sonder enige politiek of taal of rasse verwant…. Hy praat vir God en NIE vir mens nie…..

Kobus ·

So ek neem aan jy gaan ook nie kerk toe nie Lollie? Jy is ook van daai mense wat glo by die huis groei is goed genoeg vir jou? Jy het mos nie n predikant nodig vir n middelman nie?

Netekke ·

Al wat ek sê is: met die oordeel waarmee julle oordeel sal julle geoordeel word.

Christelle ·

Oom Angus ek is opgewonde oor die dag kan nie wag nie ek voel soos n kind God sal daar wees Hy stel nooit teleur nie dis tyd dat ons ons groot skoene ruil vir n kinder hart dis al hoe ons ooit by God sal uitkom om onvoorwaardelik soos n kind te glo en ek doen 100 persent. Ek bid vir oom dat geen aanval op oom sal kan stand bly nie. Hys God se kind punt.

Boodskapper ·

Die oneer wat Angus Buchan in en aan ons Verlosser en ons Vader Skepper doen deur sy persoonlike optrede, kan as ‘n gruwel en bespotting in rebellie gesien word.
Selfs die wie hom in daardie rebellie ondersteun, is skuldig aan die dood.

HOEKOM IGNOREER DIE MENSDOM God en sy Woord met die minagting in rebellie?
1 Kor 11:4-7
Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy Hoof (Jesus Christus) oneer aan.
SELFS HUL GEBED IS VIR GOD ‘N GRUWEL. Spr 28:9

gert ·

Here laat u wil geskied u alleenlik is in beheer . Angus mag die Here jou seen amen

maryna ·

Rightly so pray in your room, praise God and seek salvation. Who are you to condemn this prayer meeting? Tap on the faith of others, when our country is a better place to live in will you be moving? Or reaping the benefits? We serve an Awesome God, united we stand, divided we fall!

AL ·

Die wat oom Angus so kritiseer, is jul vlekkeloos dat jul die eerste klip KAN gooi?!
Hou op Bybelverse ophaal, en daardeur jul self probeer ophef!
Die Here sê ook moet nie oordeel nie, want dan word jy geoordeel. Dieselfde maat waarmee jy meet sal jy gemeet word.
Ten minste is ñ biddag vir die volk ñ voorbeeld vir ander nie-gelowiges.
Ons kan doen met die Here se seën! Ons almal moet ñ persoonlike verhouding hê met die Here, daar waar meer as 1 in Sy naam vergader, gebeur wonderbaarlike dinge.

**anoniem** ·

Ek wil net by die mense wat oom Angus so sleg sê weet….gaan julle kerk toe Sondae? Luister julle na ‘n Dominee of Pastoor? Oom Angus doen presies dieselfde as wat hulle doen….VERKONDIG DIE NAAM VAN ONS VERLOSSER EN SY WOORD!!! Niks daarmee verkeerd nie!

Denise ·

Ek glo aan die ou gesegde wat my Ouma altyd vir my gese het!!!! May your life preach more loudly than your lips!!!!! En asseblief elkeen het tog die reg om sy opinie te lig of dit nou vir die oom is of nie !!!!!!

Johann ·

Die wat OOM ANGUS so blindelinks verdedig: verklaar asb met WOORD (en verkieslik GEBED…o gaats julle mag nie bid as dit nie onder ANGUS se toesig is en deel van ANGUS se.miljoen nie) hoe ANGUS my kinders se vrae aan my gewete eendag mag ophef as n vermaning van God af oor of ek op ANGUS se dag onder ANGUS se toesig “daar was toe die Here SA besoek” het? Angus: jy roep VLOEKE oor pappas en geslagte hierna met VALS PROFESIE oor N DAG wat jy ANGUS God se teenwoordigheid in SA voorgesê het! VALS VALS VALS! God staan nie op aandag vir ANGUS om te bepaal of GOD in SA is nie! My hele WESE skree teen jou vals verkondiging! ARROGANTE VALSHEID!

gatiep ·

Johann jy klink na n baie bekomerd oor oom Angus se biddag. Pasop jy gaan baie verbaas wees eendag oor wie die eintlikke valse profete is.

Kryger ·

Die hordes van die hel is soos brandsiek brakke wat op biddende gelowiges afstorm. Jy weet daai goed waarna die bybel verwys as bose geeste, magte en gesagte wat heers oor hierdie sondige wêreld (Efesiërs 6:12) Dit maak hulle hondsdol as ‘n gelowige bid en uitreik na God, wat nog van 1 miljoen! Hulle sidder en beef!

peanut ·

Wanneer ons Vader iemand n opdrag gee om uit te voer, en hy doen dit, is hy gehoorsaam. En die belangrikste wat Abba Vader van ons verwag, is om aan HOM gehoorsaam te wees.
Wie van julle wat oordeel, het in jul binnekamer tot HOM genader en HOM gevra wat julle moet doen, gaan of wegbly.
Wie van julle het bevestiging in SY WOORD gevra oor wat jul te doen staan. Almal is vinnig om te oordeel, maar die Vader se baie duidelik, die oes is groot, maar die arbeiders is min; wees versigtig dat Hy jou nie dalk as n arbeider na die byeenkoms wou gebruik om siele in te oes vir Sy Koningkryk, en jy was te besig om te oordeel om Sy stem te hoor.
Laat jy wat oordeel nie na die tyd voor Vader staan, net om te hoor jy is geweeg en te lig gevind……
Nerens, hoor of lees ek dat Angus mense vra om hom geld te gee, hy se Vader sal voorsien, wie is ek om Vader se beloftes dat Hy sal voorsien, te betwyfel.
Wie is ek om te se hy’s n huigelaar, as ek nie eers die moeite gedoen het om in my binnekamer van die Vader te vra om my die onderskeiding van Gees mee te seen, dat ek Sy Wil sal sien.
Juis in hierdie moeilike tyd in SA is dit belangrik dat ons sal se; “VADER, NIE MY WIL MAAR U WIL”

Believe ·

Regtig Peanut….is dit wat jy glo? Wat se waarheid volg julle. Van wanneer af is ‘n biddag belangriker as Jesus Christus? Volgende keer moet ons in miljoene saam die Bybel lees! Ons moet pasop dat ons nie ons gebede groter maak as God nie. Gebed help ons niks! Daar is geen krag in ons gebede nie. God is ons krag en al bid ons vir genesing is dit nie ons gebed wat mense genees nie…dit is God. Van die begin af is God en dit sal altyd God wees. Ek het aanvanklik gedink oom Angus praat waar, maar hoe nader die tyd kom hoe meer trap hy in slaggate! Saam is ons beter, maar ongelukkig plaas oom Angus die klem op die mens en hy verskuil dit goed! Jammer oom Angus ek kan ongelukkig nie die 22ste daar wees nie, want die God wat ek aanbid is groter as enige gebed! Efesiërs 3: 16-20. Sy liefde word oorgedra van geslag tot geslag nie op 22April nie. Al die profesieë van datums en tye het nie waar geword nie hoekom nie? Want die Vader van die leuen wil die klem wegskuif van Jesus Christus…Jammer oom Angus

Dries Theunissen ·

Ons moet alles oordeel volgens God se Woord. Laat die Bybel jou leiding wees, Angus, en nie stemme wat jy hoor nie. Voordat ons hulp van die Here kan verwag moet ons, ons eers bekeer van ons sodige lewe, ons as ‘n volk. Ons moet begin by onsself, ons moet ons voor die Almagtige verootmoedig, kyk gerrus na Daniel se gebed. Kyk hoe ver het ons Kerke afgedwaal van die waarheid af(Prys God dat daar nog ‘n oorblyfsel is wat aanhou en vashou aan die Ou Paaie).
My punt is dit: of Angus is reg en die Bybel verkeerd of Angus is vekeerd en die Bybel reg. Christus waarsku ons dat in die laaste dae daar baie valse profete sal opstaan.

Dirk ·

Intressante opmerkings. Gebed bring n twee rigting dialoog na vore. Rooms Katolieke het geglo die Vader tree in vir die liggaam vd Kerk. Elke kind v God kan Sy stem hoor en Woord verkondig. Bid nou waar jy is vir obs Land.Glo dat God herstel kan bring.

Johann ·

God is oral want Hy is Gees, julle moet Hom in Gees en in waarheid aanbid, maar ongelukkig is daar een plek waar GOD nie is nie en dit is in die hel, nou Angus skep ‘n helse toestand deur te wil voorgee hy is deur God geroep om vir ‘n miljoen mense te gaan bid, God sal nooit so ‘n ongesegende toestand seën nie, Hy sal Homself nie verneder om in die helse toestand teenwoordig te wees nie. Nou waarom gaan Angus en sy aanhangers nog voort om te gaan bid, is dit om God se kinders in die war te bring

Nes jy sê ·

Ja. JOHANN. Nes jy sê Johann. Jy is reg.
God Bless en Good baai.

(Dis tog al wat die man wil hoor…..)

Johann ·

Johann…van die ander Johann. Interesant dat niemand die spesifieke aansprake wat Angus maak oor sy voorskriftelikheid teenoor God; wat n paar van ons durf aanspreek as vals, kan weerlê nie?

Barend Vosloo ·

N gebroke gees en verslae hart is die offers wat God van ons vra, nie n opmars van n miljoen mense nie. Jesus het gewaarsku om nie op die straathoeke te staan en bid om deur mense gesien te word nie maar om in jou binnekamer te gaan. Angus sê ondermeer ” it will do no good to pray at your house with your family” n God lasterlike stelling as ek al in my lewe een gehoor het. Wie is hy om te kan sê God sal my nie in my binnekamer hoor nie. Dit is om Jesus tot n leunaar te maak.Hierdie mense glo ons moet n prestasie van ons kant af lewer en een of ander sot het in sy grootheidswaan besluit n miljoen mense bymekaar is n groot genoeg prestasie om daarmee God se guns te wen. Ons het geen prestasie voor God nie en kan ons alleen op sy soenverdienste aan die kruis roem. Christus versorg sy kerk binne gemeentes met die drie ampte, nie erens in n mielieland met n egosentriese pastoor nie.

bruwer conradie ·

Moenie vergeet van Angus se bybel wat op die agterblad sê hierdie bybel is “essential for salvation” nie. Dis nou sy bybel in 366 dae wat jou n dieper waardering en kennis gee van God se eie Bybel. Want sien God kon dit mos nie regkry in sy eie Bybel nie maar gelukkig het ons vir oom 1 miljoen angus om te verbeter op God se volmaakte Woord!!

Peet J ·

llllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllll

Cosby ·

Johann, is jy ledig? Sorry pel, ek kan nie saam met jou Spur toe gaan nie, ek gaan saam bid op plaas.

Johann ·

Cosby? Ledig? Andwoord my vrae rondom Angus se stellings…asb.

Hartseer ·

Johann Johann tel asb jou woorde ek kan nie glo wat ek lees oor wat jy se nie n Kind van God praat nie so nie Tyd van wonderwerke is nog nie verby nie Ek sien niks daarmee verkeerd wat Angus gaan doen nie God het hom geroep om dit te doen

Johann ·

Hartseer…plaas jy lees wat ek vanuit n gebeds oortuiging oor en oor vra oor Angus se arrogante voorskriftelikheid? Angus se in sy eie woorde as ons nie saam.met hom bid op sy dag nie sal ons eendag voor ons kinders staan en moet andwoord waar ons was.toe die Here in SA was? Maar ek berus myself by dit: ons almal staan in verandwording voor God.

Theuns ·

@Johann….Klink na suur druiwe!Dis darem n groot “blessing”‘van God af wat Angus gekry het om voor soveel mense te kan praat,WOW!!!!Daar nog niemand in SA so n voorreg gehad soos Angus nie,en ek sê dankie aan God vir die man,wat opstaan en God se woord uitdra na die mense toe.Angus ek bid vir jou dat God jou sal dra en krag gee vir die groot taak wat voorlê vir jou vir ons sondige land!

madels ·

Amen! Ek stem met jou saam Theuns, kom ons bid saam met soveel ander vir die Here se beskerming op Oom Angus.

RAMKAT ·

Kom ons wees eendragtig in die saak of jy kan gaan of nie. Kom ons bid vir ons land ek glo en weet DIE VADER gaan ons land genees want ons gaan met een doel vir ons land..Dit vat geloof om so iets aan te pak..Jesus maak ons harte opreg om eendag in U koningkryk te lewe seen ins land S.A..

Herman ·

Die enigste rede hoekom mense sulke negatiewe goed oor Oom Angus kwytraak is omdat hulle hom nie ken nie en nog nooit in sy teenwoordigheid was nie. Hy is iemand wat ‘n hart vir God en mense het. So jammer mense sê die goed en dink hulle doen God ‘n guns. Hoekom los ons Hom nie om self regter te wees nie,. Kom ons bid eerder vir hierdie dag! Dankie Here vir wat U gaan doen. U alleen sal al die eer ontvang!

Ag ·

Valerie. Het die omstanders na dieHere Jesus se wonderwerke ook nie gese Hy is duiwels besete nie? Angus is n verteenwoordiger van God, hy het die gawe van prediking. Asb bid voor hom en ons land

Maritza ·

Ek kan nie glo dis my eie mense wat so hier praat nie…….. n bewys dat ons nie werd is wat ons wil he nie……. ons wil net mekaar uitvat, saamstaan sal my eie mense nooooooit nie. Dis jammer en pateties.

Sann ·

Johann, ek sal my bes probeer om jou te antwoord, mits ek jou “vraag” reg verstaan. (Maar ongelukkig het jy soveel pertinente stellings teen Angus Buchan gemaak, dat ek dit betwyfel of jy waarlik ontvanklik is vir enige iemand se opinie). Die man, wat jy as valse profeet uitkryt, is al jare besig met bediening. Hy is ‘n feilbare mens, soos almal van ons, maar sy hart is warm vir God, die Almagtige Here. God leer ons om in ons binnekamer te bid (en dit doen AB elke dag) maar ons leer ook om nie van die samekomste van die gemeente weg te bly nie. Het die mure van Jerigo geval terwyl die mense, sonder om op te kyk van hulle selfone, by die huis gesit het, of moes hulle elke dag rondom die stad gestap het, en op die laaste dag op ramshorings geblaas het? Ek wens ons mense wil besluit om dít te doen. Kan jy dink hoe lekker kan jy ons dan beskuldig van vertoon! As jy vir ‘n oomblik diep asemhaal, en weer objektief die berig lees, sal jy dalk raaksien dat AB al die dinge noem wat wonderbaarlik voorsien word, om hierdie biddag moontlik te maak. Waar het jy gehoor dat AB dit “Angus se dag” noem? Hy verwys nêrens na homself nie, maar wel na hoe die Here voorsien. Leef en laat leef.

Henriette ·

Wow dit is die beste antwoord nog aan al die pessimiste en christene wat oordeel spreek. Gaan in jou binnekamer en doen ondersoek in jouself. My 2sent opinie

Michelle ·

Sies skaam julle almal Wat soo aan gaan oor oom Angus.
Wie nie sonde het nie late hy die eerste klip gooi. Jesus see optrede na alma die vrou beleedig en wou steenig.
Wat is die belangriikste gebod love your neighbour as yourself is dit nie? Dan noem julle Jul self Christians really julle gee hulle n slegte naam. Weet jy wat ons wereld se probleem is selfsug en liefdeloos uit . And please remember with the measure you judge you also will be Judged Angus is n man van God as jy die Heilige gees in jou het sal jy dot wel weet Al die nonsense wat julle bubble is aanslae van satan land julle nie sien julle is sy puppets on a string nie. Maak julle harte skoon God is liefde en nie haat nie pharises!

Hennie ·

Soveel mense, soveel menings. Een ding staan vas, die land het verandering nodig, vir almal wat hier bly. Daar gaan nie by die stembus verandering kom nie. Laat ons liewers saamstaan, en elkeen saam bid of jy daar is of by jou huis is, op daardie dag en ook elke ander dag. Angus gaan nie vir ‘n miljoen mense bid nie Johann, hulle gaan saam bid, dit is die doel van die dag. Niemand kan iets daardeur verloor nie, ons kan egter almal daardeur wen. Bid saam!

popeye ·

Oee! e e!
Die Afrikaners al weer op die gevegsfront; voordat enigiets nog begin het. Geskiedenis herhaal homself alweer

Joey ·

Die HERE gebruik al duisende jare profete en engele om SY boodskappers te wees. Lees die BYBEL van Genesis tot Openbaringe.

Annatjie Kruger ·

Nou ja, ek is gevrywaar. Ek hoef nie op die 22ste April in Bloem te wees nie. Ek is nie ‘n pa nie, so ek hoef nie bekommerd te wees oor wat my kinders eendag gaan sê nie. Nice try, Uncle Angus, to threaten/bribe/play the guilt trip with the people. And then the cost, if I take the price of OXL for the toilets at R1400 a toilet x 700 then it is R980 000 for the toilets and counting because we will need a whole lot more for all the people. And then not counting the food and fuel, the rest up to date is a wapping R11 500 000. Makes me feel like our president trying to say that amount.

Annatjie Kruger ·

Dit is nogal fyn brag – soos die boere sê, of hoe Uncle Angus met al jou getalletjies wat jy so opnoem. And then to threaten/bribe/play the guilt trip with the people to get them there. Make me think the numbers is not as high as you want all of us to think.

Natashia ·

Mense moet nie baklei oor n dag wat gegee word om vir ons land tebid nie….Net 1 vraag…Niks teen hom nie…maar toe daar gesê was Steve Hofmeyer moet ons land help of presedent word was daar geen haat of kwaad spraak. Maar nou dat n Christin ( Angus) sê die Here het vir hom gesê wat gaan gebeur en hy moet luister is hy nou nie goed genoeg nie..julle mense is tevol van jul self.soek n leier vir die land maar n Christin mag hy nie wees of wat????..jul tart vir God en nie die Christinne nie.Lug eerder jul hande na bo en gee eer aan Hom want hy is ons skepper en God.en staan saam vir die Land vir vrede maak nie saak watse kleur nie…in God se oë is ons almal die selfde.

jaco ·

Petrol is te duur en dis ‘ n groot risiko om jou huis te los vir 2 of 3 dae. As angus kan profeteer kan ek ook: daar gaan net sowat 30 000 mense by dié biddag opdaag.

Johannes Meintjes ·

Uiteindelik! Redding, – sedert 1652! Wat moontlik intussen kan gebeur is dan maar om die al die duisende nuttelose en klubsoortige kerke toe te maak, die bates te verkoop en dit aan die armes uit te deel …

Rooikop ·

Daar is mos nou ‘n maklike manier om hierdie ding op te los. Angus, deel asb met ons die kontak nommers van die menigte wat by jou geleenthede genees is. Hierdie geneesdes sal mos verjeug wees en met almal wil deel wat met hulle gebeur het! Wat ‘n getuie van ons wonderlike Vader! Nie waar nie? Waar is al hierdie geneesdes… Vader praat wel met my ook… Hy het my al menigde kere weggestuur van gevaar omdat ek na HOM luister, nie na my eie wil nie, en vir my is daar gesê om versigtig te wees, als lyk nie soos dit is nie.. Maar ek is nou nie ‘n bekende engelsman wat weet hoe om die skares op te sweep nie….ek is seker nie spesiaal genoeg dat God met MY sou wou praat nie… Of hoe Angus?

Jenny ·

Ek sal nooit negatief wees teenoor enige iets of iemand wat ons Vader se woord verkondig nie want so is ons ook due verstand gegee om te onderskei tussen fals en opreg. Daar is baie mense wat graag daar sal wil wees maar weereens gaan dit oor omstandighede en geld, so ek glo dat ons n regverdige God het wat nie sal oordeel soos die mens oor die wat nie daar kan wees nie. Vrede en liefde is al wat ons moet toepas want dit is wat ons God voor staan.

Steps 4x4 ·

Ek is so bly daar is n paar anders denkendes dit maak my net meer vasbeslote en begerig om ook deel te kan wees in so n wonderlike ervaring en daar sal gelukkig net positiewe mense om daardie tafel saamkom

Arnold ·

Kommentare wat so gelewer word, laat my dink aan hoe dit was toe Noag en sy gesin, in opdrag van God, die ark moes bou. Ek aanbid ‘n magtige God, Seun & Heilige Gees van baie wonders, Hy wat vir die hele wêreld se sondes gesterf het.

C ·

Ek is so opgewonde oor die biddag wat Angus Buchan en sy span reel en ek sien so uit om te sien wat die Here vir sy mense gaan doen.
Ek kan nie glo wat ek lees hoe mense Angus Buchan oordeel nie, Dit is ‘n herhaling van Noag en die bou van die Ark – en kyk wat het daarna gebeur!
Niemand anders as die Here sal ons kan red en geregtigheid bring nie. Danie Angus wat jy vir ons reel.
So, die wat oordeel, hou op daarmee en BID!

C ·

Jammer, spelfout hierbo –
Dankie Angus vir wat jy vir ons reel

Rooikop ·

Sandles, dis soos Johan ook vroeer genoem het – almal wat so vir Angus is, kan julle ons antwoord op die vrae wat ons stel? Ons doen ondersoek, ons vra vrae, ons TOETS dit teen die Heilige Gees. En ons het geldige vrae. Maar niemand kan dit antwoord nie. Daar word net vinger gewys en sê ons is jaloers, suur druiwe etc. Al wat ons probeer sê is, doen dieper ondersoek. Moenie net blindelings volg nie. Maar ok, noem my maar jaloers, dis seker makliker.

madels ·

Ek dank die Here Jesus dat Hy vir Angus opgerig het om ons land te lei in gebed! En almal wat hom so kritiseer, pasop dat die Here nie met julle BAIE HARD gaan praat nie… ek wil dan nie in julle skoene staan nie,

madels ·

Ek kan Jesus nie genoeg dankie se dat Hy vir Angus opgerig het om ons te lei in hierdie groot gebedsdag nie. Dankie dankie dankie dankie Jesus. Die Here is klaar besig om wonderlike dinge te doen in ons land en ek kan nie wag om te sien wat Hy nog gaan doen nie. Ons lewe is opwindende tye! Halleluja! Prys die Here!

Johanika ·

Eerstens, ek kies nie kant nie, ek gooi net ‘n klip in die bos.

So wie is ONS om enige iemand te oordeel of veroordeel of BRAWE name te noem.

Hoe lekker lag die res vir ons . . “julle sê ons moet julle god volg maar julle kan nie eers saam stem tussen julle oor HOE julle dit moet doen nie.” ( Ja klien letter god).

Ek is nie ‘n teoloog nie maar staan daar nie iewers dat as jy ‘n probleem het met iemand jy dit met hom of haar moet gaan uitklaar nie en jy kan selfs die ouderlinge saam vat. Ek is seker as daar doerie tyd Facebook was het dit beteken ‘n Private Message met ‘n uitnodiging vir ‘n koffie of telefoon gesprek en nie ‘n public post nie.

Ek kies nie kant nie, ek wonder net.

EK het gister die Message se weergawe van Handelinge 5:33 gelees: ‘n fariseër lewer kommentaar oor Petrus en die apostels. “Be carefull of what you do to these men. … If this program or this work is merely human, it will fall apart, but if it is from God, there is nothing you can do about it – and you better not be found fighting against God.”

BESIN ASB VOOR JY TIK.

As mens tik is jy baie braaf want jy kruip agter ‘n rekenaar skerm weg. – sonder ‘n gesig of emosies. Kontak vir Oom Angus en praat self met hom. Hy is op Facebook.

Rina Kotze ·

Vir almal wat sanik oor taal en kultuur, julle is vasgevang in die binding van tradisie.
Taal en kultuur het nog niemand se redding verseker nie!
En die Woord sê self in Matt. 15:6 Tradisie maak Sy naam ongedaan!

So vir een keer, kan ons nie net saamstaan in geloof en na God toe draai nie?

Ons veroontmoedig en net Sy genade vra nie???

En terloops, Oom Angus het nie homself aangestel nie, het hy???

Sterkte vir almal wat help met 22 April se reëlings! Mag daar ver oor 1 miljoen mense opdaag en mag God se Naam verheerlik word!

Helena ·

Dankie oom Angus, dat jy jouself beskikbaar stel om ‘n instrument in die Vader se hand te wees. Ek is nie van Suid Afrika nie, maar ek het familie daar waarvoor ek baie lief is en oor wie ek my bekommer. Maar na ek sommige kommentaar gelees het, is ek eers bekommerd oor julle land. Die bitsigheid waarmee daar gereageer word, en die aanname dat dit oor eie ego gaan, laat my net dink dit is werklik nodig om so byeen te kom, want die ou Volkie is nie net verskeur nie, sommige is sommer van die pad af. Sterkte en seen word julle toegewens met die reuse taak, en dit SAL slaag, want GOD is aan die stuur.

Petrus ·

Vergeet van 1 miljoen stemme vir Steve! Wat van 1 miljoen stemme vir God? Die mense wat so anti Angus is…dit kom julle nie toe om te oordeel nie of lees ons nie dieselfde Woord nie? Oom Angus het dit dalk gereel maar ek gaan beslis nie omdat dit ‘hy’ is nie. Het julle vergeet van ‘ex unitate vires’? Stand up and be counted! Amen.

Adriaan J Viljoen ·

Ek stem met oom Angus saam dat die land uitroep na ‘n dag van nasionale gebed, inkeer en omkeer.

Ek wil egter voorstel dat Oom Angus volgens Bybelse riglyne van meer verteenwoordigende strukture gebruik maak deur al SA se grootste denominasies te betrek by die opstel van ‘n inklusiewe Belydenis wat tydens die Sacred Assembly namens al SA se Christene voorgelees en aanvaar kan word, en agterna persoonlik en in kerke bely kan word as ‘n konfessie waaraan almal deel gehad het

Sandra ·

Oom Angus is n gewone boer met n kinderlike geloof in die Here. Hy doen wat Vader hom voor geroep het. Nie omdat hy arrogant en verhewe is nie maar omdat hy nederig is en totaal uitverkoop is vir die Koninkryk van God.
Kom ons vergeet van ons persoonlike opinies en gee hierdie saak die nodige ondersteuning. Bid daaroor en waak daarteen om te kritiseer en af te breek wat Vader in ons land wil doen.
Ons almal weet Suid Afrika het n wonderwerk nodig. Nog nooit was dinge so sleg nie!!
Kom ons vat hande en staan saam want die Woord se waar daar eenheid is, sal God ‘n Seen oor ons land/saak verklaar!!
Dankie Jesus vir n wonderwerk in Suid Afrika!! Ons vertrou U alleen!!
Amen!!

Lorette ·

Ek wil nie in ‘n bekgeveg betrokke raak nie – maar dalk vergeet ons van 16/12 heelwat jare gelede. Daar was ook saamgebid met iemand wat voorgegaan het en ‘n oorwinning het gevolg. Kom ons gee diegene wat die saamtrek wil bywoon die geleentheid en die wat nie wil nie, hoef nie. My gebed is net dat ons as ALLE Suid Afrikaners in vrede sal kan saamleef en mekaar leer respekteer en dat ons sal ophou met aanvalle op mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.