Angus Buchan hou Gauteng-gebeds­byeenkoms

angus-buchan-2018-08-02

Angus Buchan het gesê hy verwag sowat twee miljoen mense by die It’s Time Pretoria gebedsbyeenkoms op 27 Oktober. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

“Ek weet die mense sal kom saambid, want daar is geen ander antwoord vir hierdie land se probleme nie.”

Só het Angus Buchan Donderdag tydens ʼn mediakonferensie by die gemeenskapradiostasie GrootFM in Pretoria gesê.

Buchan het bekendgemaak dat daar op Saterdag 27 Oktober ʼn gebedsbyeenkoms in Gauteng sal plaasvind. Hy het gesê dat hy hierdie keer sowat twee miljoen mense by die gebedsbyeenkoms verwag.

“Mense kan maar sê wat hulle wil, maar ek glo in die krag van gebed en gebede word beantwoord. Ek gaan beslis nie net bly terugsit en niks doen nie, ek gaan ook nêrens heen nie, maar daarom moet ons bid. As ons dit nie nou doen nie kan ons nie later oor die situasie in die land kla nie – hierdie is kritiek om te onthou.”

Buchan het gesê hy beskou homself as ʼn boer, nie ʼn prediker nie, en hy staan volledig in die diens van God.

“Die Heilige Gees wou my nie uitlos nie, hy het vir my gesê daar moet net nog een gebedsgeleentheid gehou word. Ek is maar net ʼn verteenwoordiger van Jesus Christus en ek staan vanoggend voor julle in gehoorsaamheid teenoor hom.

“Ek kan wel aan julle getuig die “outeur” van die Bybel het my nog nooit gefaal nie, en die Bybel het gesê ek moet na Gauteng toe kom om te bid. Ek weet hierdie gebedsbyeenkoms gaan nie net Suid-Afrika nie, maar die hele vasteland skud.”

Buchan het gesê daar is mense wat wonder of dié soort gebedsbyeenkomste enigsins die moeite werd is of enige uitwerking het.

“Ná Bloemfontein se byeenkoms het ons ʼn verandering van leierskap in die regering gehad, die Guptas is aangevat, die rand het einde verlede jaar versterk en die kernkragstasies, wat die land triljoene sou beloop, is van die baan nadat dit ongrondwetlik verklaar is, daar is in die parlement geopen met skriflesing – dink jy hierdie is maar net ʼn toeval, of kan jy glo hier is ʼn Hoër Hand betrokke?”

“In Mitchells Plain, een van die gevaarlikste plekke in Suid-Afrika, het 165 000 mense op hul knieë gegaan en gebid. Dit het gereën daardie winter. Mense sal vir my sê; ‘Ja, Angus, maar dit reën altyd in die winter in die Kaap’ en ek sal vir hulle sê maar dit het vir drie jaar voor die tyd nie in die Kaap gereën nie.

“Ek is vandag hier, want ek is gehoorsaam. As jy gehoorsaam is aan God, kan ek jou belowe deure gaan oop en wonderwerke gebeur.”

Hardus Zevenster, uitvoerende hoof van die Bloudrukgroep, het op die konferensie gesê dit is tyd vir Christene in die hierdie land om op te staan.

“Ons moet wys ons draai na God in krisistye en nie na geweld of ʼn persoon nie. Ons wil nou ʼn boodskap van hoop na mense bring.”

Zevenster en Andy Buchan, Angus se seun wat verantwoordelik is vir logistieke reëlings van die gebedsbyeenkomste, het gesê hulle wil nie in hierdie stadium bekend maak waar die gebedsbyeenkoms gehou gaan word nie omdat hulle verkeer na die byeenkoms goed wil reguleer.

“Ons het baie van die geleentheid in Bloemfontein geleer. Daar het ons sowat 16 motors per sekonde in ses uur parkeer. Ons gaan mense eerder na ʼn parkeerplek lei waarvandaan hulle sal stap na die plek waar gebid word.”

Buchan het wel bevestig dat hulle ʼn 1 000 hektaar gratis gekry het waar hulle die geleentheid kan aanbied.

“Die hulp en welwillendheid wat ons reeds vir hierdie byeenkoms ontvang het, is ongelooflik.

“Dit is belangrik dat mense moet weet ons gaan nie kaartjies vir hierdie geleentheid verkoop nie en ons gaan nie enige kollekte opneem nie. Ek gaan ook nie om ʼn kerk te bemark of uit te bou nie.

“Hierdie is nie ʼn Shalom-inisiatief nie, dit gaan oor wat God vir die land wil hê. Ons praat nie oor ʼn kerk nie, ons praat oor Jesus en hierdie byeenkoms is vir Suid-Afrika.”

Buchan het ook gesê hy het reeds die ondersteuning van sakelui, leiers van verskillende kerke en politieke leiers gekry. “Ek sal twee name noem: hoofregter Mogoeng Mogoeng en Mangosuthu Buthelezi het reeds hul steun vir hierdie geleentheid toegesê.

“Geen politikus in hierdie land sal teen hierdie geleentheid kan wees nie. Enige man wat met God die spot dryf sal verloor – dit is nie ek wat so sê nie, lees maar die Bybel – manne wat teen God staan, sal verloor.”

Buchan het bygevoeg dat mense kan begin voorberei vir die byeenkoms deur nou al te begin bid.

“Ons het nie ʼn begroting vir die geleentheid nie, ons blaas maar net die trompet en mense moet betrokke raak, want dit is julle Premierliga. Ons gaan jul deelname benodig, maar ek weet ons gaan dit in hierdie agt weke laat werk.

“Ek sien ʼn miljoen wit mense en ʼn miljoen swart mense wat gaan saambid as een nasie – niks minder sal goed genoeg wees nie.”

  • Lesers wat betrokke wil raak of meer oor die It’s Time Pretoria gebedsbyeenkoms wil uitvind, kan Angusbuchan.co.za besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Al ·

Mooi so Angus – ek kan ook getuig dat die Here ons begenadig het met die land se probleme. Hy sal dit weer doen. Ons moet net glo en vertrou en ons almagtige Vader sal vir die res sorg. Hy is immers die Skepper van die heelal.
Hy is in beheer – nie ñ politieke party nie.

Nel ·

Hoe verstaan jy wat jy lees Jan? Angus sê uitdruklik in die berig hier bo dat die besluit om gebedsbyeenkomste te hou nie sy eie inisiatief is nie, maar dat hy hom in gehoorsaamheid deur die HG laat lei.

Hansman ·

“Na die Bloemfontein byeenkoms het ons verandering van leierskap in die regering gehad”
Ja en hoe werk dit vir ons nou uit? En die Rand is besig om te sink soos n klip.

Jana ·

Nou presies dis hoekom jy moet gaan bid!! Hou op kla en begin bid, saam met oom Angus en ander Suid Afrikaners, en by jouself. Ons moet aanhou en aanhou bid en ons neuse in die Bybel kry, al begin jy net met die Nuwe Testament. Die wereld is in chaos ja, maar sonder geloof gaan ons nie bly staan nie.

Realis ·

Hmm…As God ons wil vernietig, kan geen Profeet Hom keer nie. Lees Amos. Ons moet eerder elkeen in sy binnekamer gaan en regmaak met God en bid dat ons waardig sal wees om voor Hom te kan staan.

Jana ·

So dis elkeen vir homself in sy eie binnekamer. Net solank ek okay is kan die res van die wereld maar hel toe gaan? God wil ons nie vernietig nie, dis nie Sy wil dat enige iemand verlore gaan nie! Wat ons in die wereld om ons sien is die effek van sonde en ons werk as Christene is om die Koninkryk van Lig te bevorder nie om alleen weg te kruip in ‘n kamer nie. Lees jou hele Bybel nie net Amos nie.

sakasuni ·

Wonder hoeveel geld gaan hy nou weer maak? Hy bedrieg net die wat nog met oogklappe aansit, tien teen een al die ja stemmers!

jaco ·

Die 1 miljoen nee-stemmers was maar net so skuldig. 26 jaar na daardie referendum stem skaars 170 000 vir die VF-Plus, wat oorspronklik deur leiers van die nee-stemmers gestig is. Ek gee toe party is sedert 1992 dood, party is weg uit SA en party is by die DA, maar gemeet aan hoeveel wit Afrikaners darem nog in SA oor is, soy 500 000 stemme vir die VF-Plus meer sin maak. Maar dis mos lekker om net te kla maar verderaan nie te stem nie en ook nie by politiek betrokke te wees nie. Ons eie mense se apatie gaan nog ons totale ondergang beteken.

Jana ·

Eerder ‘n “yay-sayer” as ‘n “nay-sayer”. Indien jy nie gesien het nie, die hele storie is VERNIET. Ons gaan nie die land vorentoe vat met ‘n negatiewe houding nie.

madels ·

Regtig!? Kan nie glo hoe lelik jy is nie! Gaan lees asb die artikel WEER!!!!!!!!!!!!!!! GEEN GELD word hier gevra nie. Angus Buchan is dank die Here n man WAT OPSTAAN vir ons land en WIL SIEN dat die Here die deurbrake bring. Wat doen jy? Jy sit net en kritiseer.. ons het nie mense soos jy in hierdie land nodig nie.

Paul ·

Jy nie gelees nie of wat hy neem nooit kollekte op of vra geld nie. Hy wil net he ons moet saam bid. Wees versigtig deur n man van God sleg te sê.

Spook ·

Vantevore het god hom vertel damme in weskaap sou vol wees einde maart.

jaco ·

Hoofregter Moegoeng Moegoeng is in die ANC en Buthelezi het na 1994,as Minister van Binnelandse Sake, amper alle vorme pornografie gewettig deur te sê “niemand sal weer vir ons voorskryf wat ons mag en nie mag lees nie”. En nou bid dieselfde man saam met oom Angus teen alles wat so verkeerd loop in SA.

lenajonk ·

God laat nie met Hom spot nie uit en klaar. Baie dankie Angus jy is n profeet vir God, ons bid ook vir uitkomste vir SA net ons Vader kan help en NIEMAND anders nie.

Jongboer ·

Hoekom glo so baie vd negatiewe mense siener van Rensburg. As oom Angus iets se doen hul nie. Glo dit of nie maar God gebruik Mense. Ons as Christine is ook bedoel om n verskil te maak. Al moet ons soos Jesus sit en n sweep maak… en mense se voete was…

Pop ·

Mag julle almal wat so gal braak oor die ou man nooit nodig he dat julle sal roep”God help my asb ” nie. Niemand het gese julle moet loop saambid nie. Hy gee kennis dat hy gaan bid en nooi ons om saam te bid. En asb, Angus vra nooit geld nie. Wat julle se en doen grens aan Godlastering. Sies vir julle!!!

Lillymoon ·

God is magtig ALTYD!! Hy maan in die Bybel dat ons bid, glo & hy sál geskied!!
Hoe anders kan ons die donker wolke wat in die wêreld saampak laat wyk, as ons ons nie op God beroep?
Vir die skeptiese mense daarbuite: Watter oplossing bied julle? Nee wat, my GOD is MAGTIG!! Angus … ALL THE BEST & thank you for listening to the Almighty God!!!

Jerry ·

Opregte gelowige Christene se doel is om die lig te wees van hoop in n wereld van duisternis en wanhoop. Ons weet uit ons geloofservaringe en wedervaringe dat dit alleenlik die krag van gebed is wat daardie hoop volbring. Of jy saam met Angus gaan bid of alleen in jou kamer, maak nie saak nie, solank jy net bid. Bid uit dankbaarheid en bid vir hoop vir die moedeloses, bid vir geregtigheid en bid vir genade.

Kiepa ·

Jerry, ek kan nie heeltemal met jou saamstem nie. SA (en die res van die wereld) vuur permanent ‘verdeeldheid en haat’ aan, waar die Bybel die teenoorgestelde konsepte keer op keer verkondig nl. ‘eenheid en liefde’. Om een of twee miljoen mense in toegeslote binnekamers in eenheid te he is ‘n baie groter onwaarskynlik as om hulle in eenheid te he by ‘n groot Christelike byeenkoms. Ek dink bv aan wat gebeur het met die dissipels in die ‘boonste kamer’ (Hand 1) en alles wat ek self beleef het hierdie jaar gaande die krag van eenheid.

Ja privaattyd met Jesus is een van die belangrikste dinge wat jy kan doen as Christen, maar ek voel hierdie land en wereld benodig eenheid onder God se kinders – It’s Time is ‘n fantastiese platform daarvoor.

Ek was by beide van oom Angus se vorige byeenkomste en diegene hierbo wat julle monde oor hom uitspoel behoort julle te skaam. As elkeen van ons hierdie man se geloof gehad het sou die wereld ‘n wonderlike plek gewees het.

HPV ·

Mens moet maar versigtig wees ten opsigte van onrealistiese hoop wat deur sommige charismatiese predikers geskep word, soms draai mense weg van God deur hoop en gebede wat nie realiseer nie. Ek weet baie mense gaan my nou stenig en dit is hul volste reg, maar ek bly by wat ek hier sê…

Andre ·

Gaan die samekoms oor die gebed of gaan dit oor ANGUS. Wil hy vir my se die gebede deur ander mense nie by sy byeenkoms nie dra nie gewig nie. Volgens die berig blaas hy net sy eie beuel.

Johann Fourie ·

Hy blaas van die begin af sy eie beul, ek wonder waar het hy die Heilige Gees ontvang? Nee wat kom ons vat liewer hande en bid in ons eie gemeenskappe, buitendien bid ons tot eer van die Here, nie van mense nie

Hannetjie Harvie ·

Julle mense wat so teen Oom Angus is, maak my siek!!!! HY VRA NIE GELD NIE!!!! Kry dit in julle koppe. Het enige van julle die “guts” om in die openbaar oor God te praat, of iemand aan te spreek wat die Here se naam ydelik gebruik. Nee dis julle wat krom loop en kla, oor hoe swaar julle kry, en hoe sleg dit in ons land gaan. Die Here gebruik mense om vir ander mense te bid, en hulle te lei, Hy gee vir hulle spesiale gawes. So as jy teen Oom Angus is, bly stil, niemand dwing jou om saam te bid nie.

Maria ·

AMEN! Angus Buchan GO FOR POWERFUL PRAYERS
ABBA Vader THERE FOR USE
READ Isaiah 65:1-2

Snip Joburg ·

Stem Saam, ons Moet meer die Here se Naam verkiesing en vertrou op Hom dan sal dit beter met ons Gaan. .

Snip Joburg ·

Stem Saam, ons Moet meer die Here se Naam verkondig, Dan sal dit beter met ons Gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.