Angus Buchan hou gebedsaamtrek in Kaapstad vir reën

Skare by die saamtrek. Foto: Stephan Pretorius @skote_petoors / Twitter

Die It’s Time-biddag in Kaapstad vind vandag by die Swartklip-sportterrein in Mitchells Plain plaas om vir onder meer reën te bid.

It’s Time Kaapstad is ’n eendag-geleentheid van 11:00 tot 16:00. Buchan gaan na verwagting die skare vanaf 12:00 toespreek. Die geleentheid behoort teen 14:00 klaar te wees.

“Die Here het my ’n paar maande gelede in my stiltetyd dit sterk op die hart gelê om die evangelie van Jesus Christus na Mitchells Plain te neem.” Só het evangelis Angus Buchan, stigter van die It’s Time-byeenkoms in Bloemfontein, in aanloop na vandag se samekoms gesê.

Buchan glo God het ’n yslike verantwoordelikheid vir verlorenes op sy skouers geplaas. “Ook vir diegene wat swak van gees en hart is, vir hulle wat in bende-aktiwiteite vasgevang is, asook in die sinnelose verontagsaming van menselewens wat daagliks op die Kaapse Vlakte plaasvind.”

Angus Buchan (Foto: Shalom Ministries)

Buchan, wat op 22 April 2017 in Bloemfontein die grootste gebedsaamtrek nóg in Suid-Afrika gelei het, het einde verlede jaar dié visie ontvang vir die aanbieding van ’n soortgelyke reusegebedsaamtrek in die hartjie van die Kaapse Vlakte.

“Ek was nog nooit so opgewonde oor ons geliefde land, Suid-Afrika, nie.” Ek glo die It’s Time Kaapstad-geleentheid gaan ’n lig wees wat nie net oor die vasteland van Afrika gaan skyn nie, maar oor die hele wêreld,” het Buchan gesê.

Dit sal die grootste massabyeenkoms nóg in Kaapstad wees. Besoekers word aangemoedig om van busse gebruik te maak om te verseker dat daar so min moontlik verkeersopeenhopings is. Reëlings is met die Golden Arrow-busdiens getref, wat busse vir die geleentheid teen kosprys beskikbaar stel.

Volgens Buchan gaan It’s Time Kaapstad ’n geskiedkundige geleentheid wees en niemand kan dit bekostig om dit mis te loop nie.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

jaco ·

Oom Angus het seker baie geloof, maar hy het een “agterdeur” wat baie mense van kwesbare minderheidsgroepe in SA nie het nie: as dit eendag REGTIG sleg gaan in SA, kan hy aanspraak maak op Britse burgerskap (hy is in Skotland gebore) en maklik SA verlaat.
Helen Zille wat soms goed sê wat maklik gesien kan word as” dis maar eintlik hoe alle wit mense is”, kan weer, as dit regtig begin sleg gaan vir minderhede in SA, aanspraak maak op asiel in Duitsland, want albei haar oupas kom van daar af.
Mense met sulke lekker “agterdeure” moet eintlik heeltemal stilbly oor wat in SA aangaan, want as hulle planne met oplossings nie werk nie, waai hulle eerste en laat die res van diegene oor wie hulle so “besorg” was, aan hulle eie genade oor.

Lolla ·

En jy Jaco sit soos n uil op n kluit en maak ons oe en ore hierso seer met jou pessimisme, terwyl die mense met agter deure hier flink en fluks optree en nie hul agter deure gebruik nie. Werk asb aan n gesonder denk patroon en sien dit wat goed is raak in bitter tye toe? Voel lus vir kammeraadskap?

David Z ·

En hier begin dieselfde ou negatiewe gesanik oor’n Christen wat die Goeie Nuus van Jesus Christus verkondig, tesame met die gepaardgaande hoop en seëninge. Het díé man vir jóú of enigiemand in jou murmereer-koor enigsins enige kwaad aangedoen? Dank eerder die Lewende God dat daar nog sulke dienaars van die Here ís. Hoeveel mense het JY al na die Koninkryk gelei? Het hy geld van jou, of van ENIGIEMAND gevra om hierdie sametrek te reël? Neem hy kollekte vir homself op? Haal die balk uit eie oog voordat jy die splinter wil verwyder uit jou buurman se oog!

Lcom ·

Onthou, Kaapse reenval begin gewoontlik hierdie tyd van die jaar
So die moontlikheid is daar vir reen nou, so oom hoekom het jy nie al laas jaar gebid vir reen nie?????

Reguit ·

Jaco, jy het gerieflik vergeet om te noem dat voor 1994 het die oorgrote meerderheid witmense twee maal “ja” gestem en letterlik hulle land op ‘n goue skinkbord aan Marxisme, chaos en anargie weggegee. Links-liberales soos Zille en Buchan het 100% saam met die meerderheid se “ja stem” gegaan, en is dus deel van die probleem en nie deel van die oplossing nie. Nou wil jy ander blameer daarvoor. Nou wil jy nugterdenkende mense blameer wat van die groot linkse ‘bogger-op’ (kriminele Nuwe SA -Hool) wil weg vlug. Asseblief!

Bietjie bietjie ·

Negatiewe woorde maak die hande slap en jaag die hoop weg .
Prys God vir ñ man wat positief is en doen wat deur God op sy hart gelê is .

Die mag van lewe en dood is in die tong !
Kies die lewe sê Jesus .
Prys God vir sy genade
“Raak Sy gesalfdes nie aan nie ”

God seën Suid Afrika !!!!!

Attie en Susan ·

HALLELUJA !!!!
ONS BID SAAM – WANT DIE HERE ONSE LEWENDE GOD SOEK SY VOLK OM IN EENHEID SAAM HOM TE VERHEERLIK EN TE AANBID
DIE HERE VOORSIEN NA DIE RYKDOM VAN SY GOEDHEID, GUNS EN GENADE –
ONS LOOF – PRYS EN DANK DIE HERE IN JESUS NAAM !!

Karien ·

Lcom, die droogte kom nie van laasjaar nie, dit kom al 2/3 jaar as dit nie langer is nie, ons bid al lank vir reen, en ons sal aanhou en aanhou… bid sonder ophou. Los ons as ons nou almal saam wil kom en bid. Ons sal vasstaan in geloof en gebed, God is in beheer. In die laaste dae gaan daar baie droogtes en vloede kom, so sulke goed moet julle maar verwag en oorstromings, aardebewings….., maar hoe het Billy Graham gese…. I read the last chapter in the Bible and everything is going to turn out just fine.

MFP ·

Ek stem saam met julle Attie en Susan. Onse Hemelse VADER is GROOT en genadig teenoor almal selfs teen die ongelowiges wat negatiewe kommentaar lewer. 2 Petrus 3:9, HY wil hê dat almal tot bekering moet kom. JESUS is die enigste Weg

Hedwig ·

God’s ryke seën vir die byeenkoms… dit is lewensveranderend. Was by Bloem…

karen ·

Die byeenkoms is nie net om vir reën te bid, Oom Koos, maar net fyi, die druppeltjies het reeds hier begin val…..

SNEL ·

Oom Koos wag en sien, daai reen is oppad. Dis God se aarde, Sy mense, dis genade dat met al die sonde wat in die wereld aangaan dat Hy ons nog laat asem haal. Hy kan reen stuur wanneer Hy WIL, want dit alles behoort aan Hom, maar ons as Sy kinders sal vasstaan in gebed en vertrou dat n God wat alles gemaak het in beheer is en die beste weet. Stuur Hy reen, loof ons Hom, stuur Hy nie, loof ons Hom nog steeds. God sal alles ten goede laat uitwerk VIR DIE WAT IN HOM GLO. Ons sal vasstaan en vertrou, hou oom net daai sambreel gereed…daai wolk kom soos n man se vuis daar aan, kyk net mooi. Geloof kom deur die Woord te lees, oom moet Boeke vat, ons God is Groot, hier kom groot dinge, los die sambreel en kry eerder n skip.

Rooi tamatie ·

Hy het seker die weervoorspelling vir die Kaap vir volgende week gesien dat daar moontlik reen teen Donderdag gaan wees. Nou wil hy vinnig bid en die krediet daarvoor vat. Dis nie in jou hande ou grootte, dis in ons liewe Vader sin.

Driekie ·

Ter inligting.. Rooi Tamatie. . eerstens…die biddag was al n paar maande vooruit beplan… Dus nog VOOR die weervoorspelling vir volgende week…. Tweedens… Jy verstaan duidelik nie dat oom Angus juis die Here aanroep vir reen nie… Hy gee juis al die eer en ons liewe Heer . Mag jy wysheid ontvang en vergewe word…

TLC ·

Angus mag jou geloof en gebed vir die hele Kaap aangehoor word Amen

Carien ·

As jy geluister het toe hy gebid het het hy vir die Here gevra dat die droogte teen einde Maart gebreek sal wees. Hy het nie gesê, maar God gevra. Groot verskil. Gaan kyk gerus weer die beeldmateriaal!!!!

zoom zoom ·

Angus het nou onlangs gesê dat die damme in die Kaap vol sal wees by einde Maart. Ek kan nie onthou of hy ‘n jaartal aan die Maart maand gekoppel het. Hoop maar sy gebed word waar.

Paul ·

My beskeie opinie as Christen is dat hy maar liewer op gebed moet konsentreer en sy voorpellings los. En hier gaan dit nie om negatiwiteit nie, maar om die realiteit, mense sien op na hom, put inspirasie uit wat hy sê en hoe hy hulle aanraak met sy boodskap. Tensy daar ‘n wonderwerk gebeur kan ek nie sien dat die damme in die Wes-Kaap teen die einde van die maand vol sal wees nie: https://www.yr.no/place/South_Africa/

Nel ·

Wel wat help dit om te bid as jy nie glo dit dat dit waarvoor jy bidnie gaan waar word nie? Maar aan die einde van die dag dink ek is dit steeds God se wil wat geld.

Boerseun ·

Vir die hoeveelheid reen wat dat gaan verg om die damme vol te kry gaan die helfde van kaapsrad oorstroom wat honderde informele needersettings gaan verwoes, Mitchell’s plain is n interrisante keuse. Sy miljoen het nie waar geword nie so kom ons kyk sy populariteit oor n week

Hannatjie ·

Hierdie mense wat so fout vind met alles. Gaan bid ook liewers self tot ons hemelse Vader en wees dankbaar vir wat oom Angus doen. Mag die Here sy gebede verhoor en die sluise van die hemel oopmaak in die Wes-Kaap.

Adam Boshoff ·

Ek sien geem sambrele soos hy belowe het dat dit sommer vandag al gaan begin reën nie Net so het geen dam einde Februarie oorgeloop nie Hy sien dit maar net weer n geleentheid om sy koffer te vul

Carien ·

Wel ek kyk krieket op SABC 3 en hul sê dit reen. Oops.. waar is jou negatiwiteit nou?

TERLEURGESTELD ·

Adam die Woord sê: die Here laat Sy sonskyn oor regverdigers en onregverdigers – en waar 2 of meer bymekaar kom in die Wil van God sal die Here voorsien in Jesus Naam.
Kom staan saam, doen saam, bid saam en loof saam !!!!!!

Boerseun ·

Hy voorsien vir sy kinders, min van sy kinders in die kaap

Gerhard ·

Ons kan maar net bid vir die mense met negatiewe kommentaar.Net n poging word geseen,geen poging,geen seen.Ek bid vir julle.

Christo ·

Het Angus nie self gese dat teen einde Maart die damme in die kaap sal vol wees nie? Dus het hy n week om te bewys dat hy nie net nog n valse profeet is nie….

Hierdie land het genoeg kwakzalvers (Angus Buchan, Doom Prophet, Snake Pastor etc.) al gehad wat ons mense om die bos lei. Tyd dat ons meer krities begin raak oor hierdie “wonderwerkers” en begin om ons toekoms in in ons eie hande te neem. Kyk waar staan die skandinawiese lande vandag sonder die hulp van die bo natuurlike.

Tina ·

Christo, as jy Angus Buchan ‘n kwaksalwer noem en hom oor dieselfde kam wil skeer as die ander name wat jy daar noem, is dit duidelik dat jy absoluut geen onderskeiding het tussen waar en vals nie. Jy sal dit ook nie hê nie, want jy reken dat die mens God nie nodig het nie. Neem gerus jou toekoms in jou eie hande. God se genade is baie groot dwarsoor die ganse wêreld, ook oor jou en my. Maar arrogante mense soos jy besef dit nie. Soos een wyse vrou geskryf het: Jy kan probeer om sonder God te lewe, maar jy beter nie sonder Hom sterf nie…

Ek ·

Daar is n spreek woord wat sê:Die hoogte bome sal die meeste wind vang!Onthou net een ding…van elke woord wat uit jou mond gaan,sal jy rekenskap voor God gee,en die bybel waarsku duidelik dat jy moet versigtig wees om jou mond uit te spoel oor n gesant van God.En glo vir my dit is voor die hand liggend dat Oom Angus dit wel is.Hou op oordeel en altyd fout soek,gaan eerder op jou knee en bid vir genade.

Sue ·

Ek persoonlik raak baie kwaad as ek van hierdie man “Angus” hoor want laas keer het hy mense baie na aan my in finansiele gemors laat beland met die idee dat jy 1000km ver moet ry om te gaan bid. Weet, my linker hand weet nie wat my regter hand doen nie maar die volgende een wat nie sy huue kan betaal en kos koop omdat hy moes gaan bid het soos n heiden waar daar publisiteid is, kan maar na homself omsien. Soms kan ek wonder waar is die man se “tempel” of sy “binne kamer”??? En ek sal nie bitter bekke se gesanik laat staan dat hy dit vir n goeie doel doen nie. Eertydse Dr James van Zyl van Stanger het n bid “huis” gestig, jaaare terug en mense kon versoeke en faxe en eposse stuur vie voorbidding en mense in sy bediening het met bid ure saam gebid en gevas oor baaaaaie goed wat gekwel het en goed het daaruit gekom. Wie hier ken vir Dr James van Zyl van Stanger? Hyt nerens geadverteer nie, woord van getuienis het sy naam verspry, nie massa byeenkomste wat baie gemiddelde SA blankes se huur en kos geld verg nie. En nee, hy dwing niemand om so onnosel te wees nie maar sy bemarkings veldtog los baie min twyfel dat daaaaar in Angus se wereld gebede nie verhoor kan word nie.

Riaan ·

Sue….wanneer ek my salaris kry betaal ek heel eerste my verpligtinge…Huis kos petrol ens…….Hulle noem dit i begrooting…Het die mense “na aan jou” nie so iets nie?…..

Dissie ·

Aai Sue, blameer jy vir Angus vir ander se onverantwoordelike besluite? Volgens my beteken ‘gedwing’ om iemand iets te laat doen teen hulle eie wil… Ek ken baie mense wat baie graag sou wou gaan, maar nie gegaan het nie, omdat hulle dit nie kon bekostig het nie. Ons het almal wat nie kon gaan nie, by ons huise gebid. Hy het niemand ‘gedwing’ nie. In my opinie is al hierdie ‘suurgatte’ is almal mense wat dit nie kan vat dat daar herlewing in die kerk is nie. Gaan sluit jy jou maar in jou kamertjie toe. Ek sal dit uiroep oor die dakke, saam met die klippe….
Lukas 19
37
Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.
38
Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!”
39
‘n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”
40
Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

Sue ·

Riaan, ongelukkig kan ek nie kommentaar lewer oor of die kennisse begrotings het nie maar hulle het in die media bemarkings snert gehoor dat Angus almal “uitnooi” om te kom bid vir “wonderwerke”.

En Dissie, jyt 100% reg, ek blameer hom. Ek sal nie in n verdere twis met jou kom nie maar al bid ek in my buite toilet OPREG NA MY VADER sal Hy my aanhoor. Ek het nie nodig om “shine” te probeer vang en te gaan toekyk hoe n mens Jesus se plek probeer in neem nie. En ek het net nog een ding te se dissie, haal die HELE Bybel aan as jy n punt wil bewys, nie net stukkies wat die geleentheid pas nie.Groetetjies.

Sue ·

PS: En in elkgeval, noudat die reen verwag word, nou “gaan ons bid” – more, oormore glo die mense meer in hierdie “man” as in God, die Vader Homself.

Willem ·

As die droogte in die Wes-Kaap soos per oom Angus se voorspelling einde Maart 2018 gebreek gaan wees en die damme vol, nog waar sou word, sal dit soos met sondvloed moet wees en daar sal ook massiewe struktuele skade aan eiendom wees.

Tipies ·

Ja en so kry jy mense wat tog so net wil kritiseer. Ai tog hoe pateties.

Vermeendes ·

Die Bybel se self, as n profeet gepofeteer het en did kom nie uit nie dan is hy nie van my nie.
Jammer julle, hierdie is nie my woorde nie maar die Skrif sin wat julle ook lees.
Al doen hy goeie werk verwerp die Skrif hom as n false profeet maar ek sal hom krediet gee want vir n wonderwerk is 6dae baie tyd.

Piet ·

Presies. En nerens is geskrywe dat ons in massas by mekaar moet om te bid nie. Eerder op jou eie in jou binne kamer of soos Jesus eenkant en alleen. Die reen sal op sy tyd kom soos deur die Vader bepaal. Al doen Hy dit net vir die veld en diere wat nie sonde ken nie.

Ans ·

Nee, Piet, jy is verkeerd. Ons lees meer as een keer in die Bybel van massas mense wat saamgekom het om God te soek. Onthou Esra? Onthou toe Salomo se tempel ingewy is? Handelinge? Daar kom ‘n tyd dat dit nodig word vir ‘n volk om weer heelhartig na God te roep. Miskien besef jy nog nie regtig hóé groot die nood van hierdie land werklik is nie. Soos heelwat ander hier wat ook veel te sê het oor dié wat openlik kies om God aan te roep en Hom te dien en te vertrou. Wat moet nóg in Suid-Afrika gebeur voordat mense sal besef dat ons deur ons eie toedoen weg beweeg onder God se beskerming? Laat dié wat wil bid in vrede bid. Gaan bid jy dan alleen as jy wil, maar moenie mense kritiseer wat God om genade smeek vir hierdie bloeiende land nie.

Piet ·

Ans ek praat nie van prys of aanbid nie maar bid om iets te vra om te wil he. Daar is n groot verskil

Piet ·

Net die tyd sal leer of hy n ware of valse profeet is Soos hierbo genoem. Volgens die bybelse toets indien dit wat hy voorspel het nie waar word nie is sy boodskap nie vanaf die Vader nie.

Ans ·

Ten minste wend Angus Buchan op hierdie kritieke tydstip in SA ‘n poging aan om ons op ons knieë te kry voor God, Piet. Seersekerlik is hierdie ‘n tyd om te verootmoedig en ernstig te bid in hierdie land, meer as ooit te vore. Wat is dan jou probleem? Soos jy weet, buig duisende reeds die knieë deur sy toedoen. Daarvoor haal ek my hoed vir hom af, hoewel alle eer aan God gaan wat elke hart ken en in elke hart werk. Angus doen wat hy kan vir hierdie stukkende land. Mag ek vra: wat doen jy?

Nel ·

#Mark – ‘Volk wat bid en sit’: Iemand het eenkeer gesê soms moet ‘n mens bid en spit. Ons moet weet wanneer om net te bid, en wanneer dit nodig is om te bid en te spit! Hulle noem dit geestelike onderskeidingsvermoë…

Koos Morkel ·

Dis tyd om op te hou bid en self iets aan die saak te doen. Kom by mense

Andries ·

Ja, Koos, terwyl ander mense bid, wat doen jy om die land van ondergang te red? Wees maar spesifiek dat ons kan help.

T N ·

Ai terwyl die man so kan bid en sy ” God ” so getrou is , hoop ek regtig dat die plaasmoordenaars ook by hom ‘n draai maak sodat ons net nie langer na sy snert hoef te luister nie . In sy voorspelling dat die damme einde Maart sal vol wees het hy nie ‘n jaartal gekoppel aan sy twak praatjies nie so op die lang duur behoort hy reg te wees !

Dit is ons probleem!! ·

Hoe kan jy TN so iets sê… hoe kan jy vra dat nog ñ boer gemoor moet word??? Jou uitlating is baie erger as dit waarvan jy hom beskuldig. As jy dood so oor iemand kan uitspreek, wat maak dit jou??? Dit is ons volk se probleem, ons kan nie saam staan nie en is vol haat vir enige iemand wat nie dieselfde is as ons nie. Jou opmerking is baie onsensitief en spreek boekdele van wat in jou hart is. Jou opmerking maak lig van plaasmoorde wat baie ernstig is. Alle mense doen een of ander tyd iets verkeerd, moet almal dan volgens jou tot die dood gemartel word soos boere omdat hul iets sê of doen wat jou pla?

Andrea ·

Liewe genade, TN! Is dit hoe jy dink oor iemand wat jy dalk nie eens persoonlik ken nie?! Dis laag! Dis hoekom die blanke SAners is waar ons is: ons ondergrawe mekaar heeltyd en trek dwars en gun die ou langs jou nie die son wat oor hom skyn nie. Ek hoop jy voel al sleg oor jou aaklige boodskap hier.

jan ·

en daar reen toe toe wragtig self dag in die kaap… Dit Reen geld in Angus se sak

jaco ·

Ek sien Buthelezi en hoofregter Mogoeng Mogoeng is by die biddag. Eintlik nogal vreemd, want terwyl Buthelezi minister van binnelandse sake was, is pornografie in SA gewettig. En ons weet almal wats wettig of aan watse skandes word niks gedoen nie terwyl Mogoeng Mogoeng hoofregter is…
En dan is hulle so skynheilig om te kom saam bid.

Oom Kalahari ·

Ons Hemelse Vader gee u die onvoorwaardelike seeninge aan Angus Buchan, waar U Heilige naam uitgedra word en waar
U wonderwerke aangevra word. Raak hierdie mense wat hul so uitspreek teen U Woord se harte aan en vergewe hul vir die aanvalle op U Woord en samekoms, want hul weet nie wat hul se of doen nie. Vader wees teenwoordig in hierdie duiwelse land en wees ons genadig. Hemelse Vader maak asb U sluise oop tot al die gebiede waar water ‘n bron van nood is en vul al die riviere en damme. Ons dank U ons Hemelse Vader. Amen.

Paul ·

Ons bid dit nie uit verdienste nie, maar enkel om genade.
Laat u wil geskied.
Amen.

Cornelia ·

By almal van u wat God se Almag eer en erken, voeg ek my hart en stem. Dat oom Angus ‘n onberispelike gesant van God is, dit is reeds getoets en bewys in woord en daad. Alles sal presies gebeur soos die Heilige Gees dit bevestig het tot die verheerliking van God se Naam. Hou u oë op Hom. Kyk op en ontvang Genade op Genade. Luk 8:15 ” en wat in die goeie grond val – dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die Woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding Vrug dra.”

Pitbul ·

Hoop dit werk as hy ware geloof het vat hy sy sambreel saam….

Riaan ·

As ek reg kan onthou het hy so 2 maande terug gese daar is te veel sonde in die Wes Kaap…… ..dit is hoekom dit nie reen nie……Wie gee hom die reg om namens my te praat?…..Ken hy my verhouding met my skepper?……..

Anoniem ·

Dis wonderlik, wens ek kon ook daar wees. Niks kom by saam vergader in die Here se naam en Hom te aanbid nie! Dis soos ‘n stukkie hemel op aardwolf!

TLC ·

MM EK HOOP JUL WERK NOG AAN JUL ‘LIKE’ EN ‘NIE LIKE’ KNOPPIE want wragtag hier is n paar wat loshande gaan voorloop met n NIE LIKE

peanut ·

Dis so dat Angus ook bid vir reen, maar ek dink die hoofdoel is om mense te help om na die Vader terug te keer en weg van sonde af.
Vader kan en sal nie in die teenwoordigheid van sonde en halsstarrigheid die Kaap uit hul lot uit lei.
Hy sê immers in Sy Woord die mens moet na Hom terugkeer, dan sal Hy hul spaar.
Aan elkeen wat kritiek lewer, onthou, Hy sien in jou hart. Hy ken jou motiewe. Dit geld ook vir elkeen wat vandag sy of haar lewe opnuut aan die Here oorgegee het.
Miskien was vandag die dag wat selfs net een mens Hom as verlosser aangeneem het, dan was die biddag al dit werd.
God is groot en Awesome.
Moet Hom nie onderskat of in n boks probeer druk nie.

Wilmar ·

Vir al die galbrakers: julle weet van oom Angus maar ken hom nie. Soos julle dalk weet van ‘n God, maar ken Hom nie in die hart as Vader nie. Dankie oom Angus, vir jou boodskap van hoop in ons donker land.

Stephen Namibia ·

I am not a Bible puncher but the negativity I am reading here is unbelievable.

Johann ·

Sometimes I am ashamed to say that I am a South African. Sies man! If some of these negative people turn to God He may have mercy and give us the rain that we so desperately needs. Some are blatantly mocking God!

Gert strydom ·

Riaan, As ek my salaris kry gee ek eers God se tiende terug. Daarna dink ek aan my begroting. Ons noem dit vertroue.

Johan ·

Die negatiwiteit en kritiek teen iemand wat opstaan en bid en preek sonder om net te preek wat gemeentelede wil hoor maak my sommer siek. Sondag sit van hulle seker in die kerkraadsbanke ook. Dan wonder ñ mens wat hulle prakties doen en hulle Christenskap uitleef. Sodra iemand anders dit egter doen dan kritiseer hulle alles. Skuus. Julle doen nie niks nie…julle pla en kritiseer die wat wel iets doen!!! God red asb SA!!

Cathy Kotze ·

Gebedes het nog altyd in die verlede gehelp. Ek kan onthou hoe die hemelse sluise aanmekaar oopgegaan het wanneer daar gebid is vir reën. Die Vaaldam het van amper leeg tot oorloop gegaan. Geloof! Die een groot samehorigheidsfaktor onder alle gewone Suid-Afrikaners. Dis tyd vir GELOWIGE Suid-Afrikaners om saam te staan. Ons is formidabel. Ons Leidsman is Almagtig.

Dieter Bruijns ·

Wat die Here ons God Drie-Enig met my gedeel het.
Sit vanoggend voor die rekenaar en speel ’n vinnige kaart speletjie (FreeCell) en die woord apostasy kom by my op, maar ek speel aan en is net ontspanne en weer en weer kom die woord by my op. Apostasy, — apostasy, wat? Wat is dit hoekom kom die woord nou op en bestaan daar so ’n woord of hallusineer ek? Het die Afrikaans – Engels woordeboek uit en soek apostasy op – afvalligheid, geloofsversaking, afval, versaking, verloëning. Here, wat is dit, sê U ek is afvallig of wie is afvallig, wie is dit wat U verloën? Is dit die kerk of ons land?
Ja, kom die antwoord, beide, julle is besig om My te verloën, julle is afvallig, julle noem dit wat verkeerd is reg en dit wat reg is verkeerd en vertrap My gebooie, julle jaag ander gode na. Israel was 40 jaar in die woestyn omdat julle nie wou glo nie. Hoeveel jaar gaan ek julle in die woestyn moet hou? Julle vra My vir reën in die droogtegeteisterde gebiede, terwyl julle ander meesters na jaag. Dis tyd om julle te bekeer, om berou te betoon en terug te keer tot My die ware God, die Almagtige, wat Alomteenwoordige en Alwetende is. Keer terug en Ek sal julle land reinig.
Amen.

Dieter Bruijns ·

Gedink ek moet net iets op hierdie kommentaar se.
Waar kom jy vandaan? Het jou voorouers ook nie van een van die land gekom nie? Myne het dit was nou nie 50 jaar gelede nie maar 550 jaar. Ek maak darem aanspraak, vir wat dit beteken, op Eva van die Kaap (Harry se suster) as een van my voorouers. Kan jy ook daarop aanspraak maak. Asseblief los dit en weet dat daardie ouman (Buchan) ‘n Afrikaner in mug en been is wat ons Land op sy hart dra.

Gerhard ·

Hy is seker ‘n Afrikaner in Mug and Bean, maar verseker nie in murg en been nie ;-)

Cornelia ·

Dieter, baie dankie dat jy die Here se boodskap aan elkeen van ons oordra. Dit vra moed en gehoorsaamheid aan die Stem van God. Hy is Heilig en streng in Sy opdrag om nie links of regs af te wyk van Sy gebooie nie. Tyd dat ons terugkeer na God se hartklop. Tyd om Hom die Eer te gee wat Hom toekom. En Sy liefde te bemin met ontsag en nederige Dankbaarheid. Dankie Dieter.

Sa ·

Lyk my dis die wit mense wat mekaar gaan uitmoor en nie die ander regering se mense nie… Want julle het altyd iets sleg en negatief te se. Ander mense Lees al die berigte en kry lekker daardeur want hulle sien hoe sleg is die wit mense teenoormekaar…

Bella ·

Angus het Kaapstad veroordeel. Hy sê dit is hulle sonde wat verhoed dat dit reën. Wat van al die sondige stede oor die wêreld. Nog nooit van hom gehou nie en hy preek net vir blanke mans. Wat van Soweto ens? Angus jy maak net geld uit die goedgelowige blanke mans. God sal laat dit reën. God is nog steeds in beheer. Ons verstaan nie maar Hy weet die regte tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.