Angus Buchan: Hulp vir biddag stroom in

Foto: Alet Pretorius

Die evangelis Angus Buchan sê hy is steeds vas oortuig dat die It’s Time-byeenkoms, wat op 22 April buite Bloemfontein in die Vrystaat gehou gaan word, Suid-Afrika gaan verander.

“My preekprogram vir 2017 was reeds vol; ek het verlede jaar al my oorsese preekgeleenthede gekanselleer. Ek het nie geweet hoekom nie, maar God het duidelik geweet,” het Buchan Woensdag in ‘n telefoniese onderhoud met Maroela Media gesê.

“Veral in die lig van verlede week en dié week se gebeure; hoeveel erger kan dit nog raak voor mense besef ons moet saam bid? Daar is een ding waaroor ek baie sterk voel en dit is dat ons saam moet bid.”

Volgens Buchan blyk dit dat daar meer as een miljoen mense gaan opdaag vir die geleentheid. “Mense bel van reg oor die wêreld om te sê hulle kom, daar het net vanoggend ʼn vrou van Nieu-Seeland gebel en gesê sy bring haar dogter. Daar is selfs treine wat van Kaapstad af kom vir die geleentheid.”

Buchan het gesê 17 omliggende plase se gras word gesny in voorbereiding vir dié dag. “Daar is 27 trekkers geborg om daarmee te help. Een boer van Reitz het gesê dis vir hom te ver, hy kan nie self kom nie, toe betaal hy die diesel van R15 000 uit sy eie sak. Daar is vier Interlink-busse vol toiletpapier geskenk! Ons het al 1 000 toilette vir die dag. Daar gaan 35 ingange wees,” het Buchan gesê.

“Met ons grootste Mighty Men-konferensie het ons ses mobiele stasies met klank en skerms gehad tussen die gehoor om seker te maak almal kan hoor en sien. Vir dié biddag gaan ons nou 37 hê, want as jy heel agter staan sal jy nie eens die platform kan sien nie,” verduidelik Buchan. “Selfs die generaal van Bloemfontein se weermagbasis het laat weet hy kom en hy bring sy soldate saam – nie vir veiligheid nie – om te bid!”.

Maroela Media het vroeër berig die dag se mediese dienste alleen sal R3 miljoen kos. “Die jong dokters van Bloemfontein het reeds aangebied om gratis te kom help. Ons het al 5 000 vrywilligers, dis regtig ongelooflik,” het Buchan gesê.

“Daar is ʼn boer van Botswana wat nie eens sy naam genoem wil hê nie – hy het hierheen gevlieg, ʼn bakkie gehuur, hand-arbeiders gehuur en vir ons al die heinings tussen die plase mooi netjies kom oprol en toe weer teruggevlieg. Is dit nie ongelooflik nie?

“Wilde Als, die hoofplaas waar die byeenkoms gehou word, is ‘wild aloe’ in Engels. Dit het genesingseienskappe. Ek dink nie dis toevallig nie. Mense sal daardie dag in hulle stoele genees word sonder dat daar hande op hulle gelê word of hulle gesalf word.”

Buchan het gesê die land se grootste probleem is vrees. “Mense word lam gelaat deur vrees, stres en angstigheid. Ek glo dat mense 22 April fisiek, emosioneel en verstandelik genees sal word. Kerke moet ook hul verskille opsy skuif. So ’n groot groep mense het die potensiaal om ons land te verander”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Marietjie ·

AMEN !!!!!! DANKIE DANKIE GOD GAAN ONS LAND EN VOLK RED…… NET SOOS EK HOM NODIG HET HET BAIE BAIE ANDER OOK GOD NODIG. DANKIE OOM ANGUS BUCHAN EN ALMAL WAT HELP EN BORGE VIR DAAI DAG. GOD SEEN JULLE ALMAL EN VIR ONS WAT SMEEK NA HULP…..PRYS ONS HEMELSE VADER XXX

Desiree Eloff ·

Baie dankie oom Angus dat Jy ghoorsaam is aan die stem v ons hemelse Vader nt soos Moses die Israelite moes lei na die beloofde land so word ons as n land gelei deur gebed op ons kniee dat die God weer 1ste Sal wees . Soos sy woord se as God vir ons is wie kan teen ons wees . Amen

Hans ·

Ek hoop zuma en sy kaders gaan ook daar wees.God is eerste.Ek glo dat God ons gebede gaan hoor.

Jordaan ·

1 milj. mense, 1000 toilette = 1000 per toilet. Ek wil dink daar is nog ‘n klomp nodig.

Verlore ·

Daar is so baie mense wat negatief voel oor hierdie dag, so baie wat selfs lelik praat daaroor…. Dan is daar mense soos ek wat regtig hierdie bid sessie nodig het. Nie omdat dit Angus Buchan is wat bid nie, maar omdat ons hoop en glo dat hierdie geleentheid ons kan terugbring waar ons moet wees. Ja… ek sit Sondae in die kerk, ek lees my bybel, ek glo….. maar nogsteeds voel dit of daar n muur is wat my blok. Wat het ek om te verloor, ek het al alles verloor. Hierdie is vir ons n oomblik waar ons hoop om n deurbraak te kry. So het elke persoon sy opinie oor dit wat hy glo, maar respekteer ten minste die van ons wat Bloemfontein toe gaan vir die gebed, vir die ondersteuning van mede gelowiges en nie om enige ander rede nie.

Varkie ·

Dis nie dat ons glo nie, dis net alles wat gebeur is agv werkloosheid, moor en roof en verkragting sal nie tot n einde kom totdat daar n verskil gaan gemaak word aan die probleem nie, maak nie saak HOE baie jy bid nie.. daar kom n tyd wat jy moet op hou bid en n fisiese verskil moet maak.. hoe weet ek nie, maar so massa bid sessie gaan nie help, as 1 vir iets bid en of 1 000 000 vir iets bid, ek seker die besluit van bo gaan in elk geval nie kant kies

CHRISTA ·

Varkie, dis die probleem!!! Ons hou op om te bid, want ons dink ONS kan als self regmaak, maar ONS DOP DIE TOETS!!! Ons sal wel fisies ‘n verskil maak, maar MET GOD SE HULP EN BYSTAND!!! Onthou: As jy jou oe op Jesus Christus hou, kan jy op stormwaters loop soos Petrus!!! Gaan lees jou Bybel en jy sal sien: Elke keer as Israel weggedraai het van die HERE af het die onheil hulle getref, maar sodra hulle weer terugdraai na die HERE toe en opreg om vergifnis vra, neem Hy hulle weer terug en staan hulle weer elke dag by!! Ons Drie-enige God is steeds DIESELFDE GOD !!!

Korreksie ·

Wilde-als is botanies bekend as Artemisia afra, ‘n tradisionele krui, en is hoegenaamd nie verwant aan die aalwyn (aloe) nie.

Jaco ·

Net soos hy sy feite oor wilde-als verkeerd het, het hy die kat aan die stert beet met al die ander onsin wat hy kwytgeraak, en hy ly duisende om die bos.
Het hy gebid vir reën en dit het gereën? Hoekom bid hy nie dat die skade deur hael en reën óók regkom nie? Nou moet mense dit reg maak.

ena diedericks ·

Ja, nie verwant aan die aalwyn nie, maar defnitief ‘n kruie vir genesing.

Oorwinnaar ·

Geniet jan-tuisbly-se-karretjie as dit is wat jy wil doen en weet dat God gehoorsaamheid van ons vra. Geen persoon word gedwing om te gaan nie en die hele land sal geseen wees deur die gebed van die regverdiges

Gelowige ·

Ek kan nie Meer wag vir die 22ste nie. Ons doen elke dag voorbidding vir die dag. Mag almal wat betrokke met die reëlings is geseën word. DANKIE. Ons waardeer alles wat julle doen!

maria ·

Amen ! Thanks Lord! Thanks Angus!
Dankie gebede is verhoor!

Greta Grobler ·

Daar sal altyd mense wees wat iets negatief te sê het of ‘n negatiewe houding het oor Angus Buchan. Ons almal verskil. As jy nie belangstel in hierdie byeenkoms nie, bly gerus weg. Wat my verstand te bowe gaan, is dat sommige mense tyd uit hul dag neem om negatiewe kommentaar te pos oor iets waarin hulle in die eerste plek nie belangstel nie. Gun ons ander wat positief hieroor is, dit. Maar dit is juis ook waar die probleem lê, ons Afrikaanse mense moet mos altyd ‘n eier lê oor alles wat nuut, vreemd of nie in ons verwysingsraamwerk inpas nie. As ek kies om positief hieroor te wees, en die geleentheid by te woon het dit niks met enige iemand te doen nie.

Leeutjie ·

Dankie Greta! Ek kan nie glo wat mense kwytraak hier nie. Om tussen duisende geestesgenote te wees op so dag is beslis ‘n aanwins. Dit is hoendervleis oomblikke en met God se teenwoordigheid op so ‘n dag is dit Whao!!!

magda ·

Greta…stem saam met jou….hierdie is n toets vir ons almal. As ons nie glo nie sal ons nie ontvang nie

Se Maar Net ·

Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie!..

Willem ·

Julle negatiewe klomp mense moet ophou om negatief te wees en net altyd die negatiewe te sien. Dit gaan nie oor Angus dit gaan oor n verhouding met ons Almagtige Lewende God. Net Hy kan die land red uit die Situasie waarin ons is. Hou op oordeel en bid saam met al die ander miljoene om ons land n beter plek te kry. Mag die Heilige Gees die skille van julle oë verwyder sodat julle die Lig kan sien. Geseende dag vir julle almal

Geneesheer ·

“Mense sal in hulle stoele genees word” – Ek neem aan dit sluit nie mense met af bene en arms in nie ne? Nee dit is mos makliker om ‘n “verlamde” te laat opstaan of ‘n “dowe” te laat hoor, maar nog nooit het iemand wat ‘n been verloor het, ewe skielik weer ‘n been gegroei nie…

Johan ·

In die hande van die Here is niks onmoontlik nie….as jy Angus se fliek gesien het wat van hom gemaak is nlFaith like petatoes…sal jy merk dat toe hy vir een van plaaswerkers gebid het wat gesterwe het, het die uit die dood opgestaan. Watter groter wonderwerk is daar as dit…moet dat jou kleingelowigheid jou mislei nie my vriend…dae van wonderwerke was nog nooit verby nie..inteendeel…hrt die Here gesê dat “julle groter wonderwerke as ek sal doen”..
Lees die Bybel aandagtig en soek die Koninkryk van God eerste…

cherie ·

Jinne Varkie
miskien is jou god en die Almagtige God 2 wesens! Mag die Almagtige God jou help. Geloof is n genade – geskenk . Ons sal bid v jou ook. Hy kan enigiets en enigeen help.

Johan ·

Varkie…jy moet asb jou Bybel gan lees en sien wat die Woord sê oor bid hoor…
Joy net herinner..Die woord sê egter bid sonder ophou want daar is krag in die vurige gebed van die regverdiges. Verder is dit God se opdrag..want sê die Woord waar 2 of meer saam bid, sal die Heilige Gees daar wees en dit so sal wees. Oom Angus word gebruik as instrument deur God, n spreekbuis om tot die volk te spreek. Ons wat gan is gehoorsaam…dasr is egter baie baie baie mense wat graag wil gan maar weens omstandighede nie kan nie..

pieter ·

KAN NIE DAAR WEES NIE, MAAR BID SAAM MET JULLE DIE 22STE, DAT VADER JULLE SIEN ,HOOR EN ANTWOORD.

Maria ·

Vreem Josef ? Nee My gebede gaan oor mense wat so negatief “ongehoorsaamheid ” is
Dit is n bewys GOD is met Angus om God se volk Israel bymekaar te bring om saam te werk om aan God aanbidding doen :)

gatiep ·

Die mense van die wereld moet dit tog ook dan raaksien en agterkom hier moet seker nou n vout wees is die RSA.
Sal maar sien of dit wereld hoofstroom gaan maak.Voel vir my hier kon hoop vir SA.Dankie oom Angus

Pieter ·

Dis so jammer dat mense hulle geloof in ‘n selfaangestelde profeet stel. Dan waag hy nog om te sê dat God nie anders kan as om te luister indien 1 Miljoen mense vir Hom bid nie ???? Hy sê dus daarmee dat God nie enkelinge se gebede sal verhoor nie, en dat die mens se optrede Hom dwing om iets te doen ??? Jammer mense maar julle het van Angus ‘n god gemaak, en God sal dit nie toelaat nie. Aanbid God soos die bybel ons leer, en moenie jou hoop op mense stel nie.

Caru ·

Pieter jy praat deur jou neus. Niemand aanbid Oom Angus nie. Waar kom jy aan die snert ! Oom Angus is net ‘n instrument in God se hande. God is nie fisies saam met ons nie. Hy gebruik gewone mense om Sy Wil uit te voer. Tsk tsk

Marcus ·

Jou dominee of pastoor is ook nie God nie, tog staan jy op wanneer hy sê, “Staan asb en bid saam”

Johan ·

Die Skrif wat gebruik word is die een wat sê in 2 Kronieke 7:13-25:
(God praat hier)…as Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reen is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder My volk stuur, en My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid, en vra na My wil en draai terug van hulle bose wee af, SAL EK LUISTER UIT DIE HEMEL EN HULLE SONDE VERGEWE EN HULLE LAND LAAT HERSTEL. EK SAL HIERDIE PLEK ONDER MY SORG NEEM EN ONTVANKLIK WEES VIR ELKE GEBED HIERVANDAAN”.
Dus my vriend..is dit n belofte van God. Lees weer hierdie stuk in diepte, dan kyk jy weer na wat Angus gesê het. Hy haal eenvoudig God se belofte aan.
Ten laaste..in die Woord staan geskrywe dat God sê, dat ons Hom moet herinner aan Sy beloftes
LEES DIE BYBEL ASB

andre ·

Al hierdie ouens wat sê Angus het homself aangestel, wil dit dan sê dat alle Pastore en Predikante ook selfaangestel is. Elke mens is geroep om verkondigers van Die Woord te wees op verskillende vlakke. Sommiges tuis, ander by die werk en ander in die openbaar. Baie Israeliete het ook gedink dat Moses homself aangestel het. Pasop wat julle sê.

Ilise K ·

By God is niks onmoontlik nie! Daar is soveel krag in gebed. Loof HOM want Hy is goed!!

weesWys ·

Die Heer het nog altyd doodgewone manne, vroue en kinders van vlees en bloed gebruik. Wat hulle ongewoon gemaak het, is die feit dat hulle bereid was om God onvoorwaardelik te gehoorsaam en Hom te vertrou te midde van watter omstandighede ookal. Oom Angus is ‘n mens net soos enige ander man, en niemand het gesê hy is volmaak nie. Maar hy is bereid om die mense van ‘n land in krisis saam te roep om die almagtige God van hemel en aarde om genade te smeek…in vertroue dat God sal hoor soos Hy in Sy Woord belowe. Jesus het gesê wie nie teen ons is nie, is vir ons. Waarom sal al die kinders van God dan nié in hierdie krisisuur saamstaan om God te smeek om genade nie? Net een rede: trots. Want ek glo anders. Terwyl ons land vergaan…

Tanya Stassen ·

Loof die Here. Dankie Vader vir al die hulp wat U stuur. Dit gaan n onvergeetlike belewenis wees!

Naomi ·

Ek wonder of diegene wat so hulle monde uitwas oor Angus die moed het om te doen wat hy doen. Ken hulle die Bybel so goed? Het hulle ‘n persoonlike verhouding met Jesus soos met ‘n vriend? Ek het gesien wat die MMC kampe vir mans en pa’s gedoen het. Dis omdat God die man gemaak het as die Generaal…en toe abdikeer hy. Nou sit ons met ‘n gemors want die vrou word die een wat moet besluite neem want die man het sy troon afgestaan. Louis Malherbe het gese: die man is gemaak vir aksie, die vrou vir reaksie. Die man moet ageer, sodat die vrou kan reageer. Nou is die rolle omgeruil omdat die generaal sy rang afgestaan het. En julle was so negatief is…jy is nie eens troep-gehalte nie.

Johann cb ·

Dit wil vir my voorkom asof baie mense dink hierdie man is God…
Hy is nie, hoor…
Ek is ook nie…
Niemand van ons is nie…
Niemand op aarde nie…
Kom ons bring ons tyd in Gebed op ons knieë deur in elkeen se binnekamer…
Ek sê net, as mede-Christen.

Marcus ·

Ons besef Angus Buchan is nie God nie.
Soos met Oom Angus en ander gewone mense wat ‘n toegewyde verhouding met God het, sal jy nogal verbaas wees wat hulle deur God vermag. God gebruik vandag nog gewone mense op wonderbaarlike maniere om wonderwerke te doen. Jy kan ook – Johannes 14:12.

Johan ·

Johann…jys reg wat jy sê om ook alleen in jou binnekamer tyd met ons Skepper deur te bring…maar tog sê die Woord dat julle nie moet nalaat om julle onderlinge byeenkomste agterwee te laat nie en…
Die Woord sê ook dat waar daar 2 of meer saambid oor n saak, die HG daar is, en dat dit so sal wees in die naam van Jesus..
Dus lees die Bybel aandagtig deur en begin sommer by die boek van Johannes.
Hierdie byeenkoms is al deur God beplan nog voor die grondlegging van die aarde…want God is soewerein an alwetend..jy kannie God slegs in jou binnekamer alleen met God wil kommunikeer nie..God is orals en moenie skaam wees om jou liefde vir Jesus te wys nie…soos die Psalmdigter sê…oordink die woord dag en nag en ert die Woord soos jy jou kos geniet elke dag.
Groetnis

Jaco ·

Johan sê: Lees die Bybel aandagtig deur.
Ja, die aarde is in ses dae gemaak, Metusalem het 969 jaar oud geword, alle tale het by Babel ontstaan, die Israeliete was in Egipte en in die Sinaïwoestyn, slaan julle kinders se koppe teen die klippe stukkend, die son het stilgestaan, eer die Sabbat, moenie egbreek nie, vroue mag nie preek nie, gays gaan hel toe, ens., ens.
En dan glo julle nog alles wat die profete, priesters en predikante kwyt raak!

Gus Dry ·

Idee is reg .maar ek sien probleme met toilette ..TENMINSTE 5000 word benodig as ek my somme reg uitwerk .en kan die paaie ongeveer 150000 voertuie hanteer .??,

Johan ·

Dit was egter wat hulle reeds ontvang het… Nie die finale totaal nie…ek glo regtig dat hulle integriteit hulle in die steek sal laat om net n 1000 toilette daar te hê nie. Die hele beplanning en organisasie van die byeenkoms word gedoen onder die leiding van die Heilige Gees

Gus Dry ·

Wat ek gese en bedoel het tov di toilette .tenminste 5000 soos ek uitwerk is nodig.ek betwyfel gladnie iemand se integriteit nie ……alle sukses met die reelings.

Daniel de Villiers ·

Ek dink net die fokus is verkeerd.
Waarom nie eers mens en dier in nood te help nie, soos by Williston en Calvinia en ander plekke nie.
Waarom kan die generaal en sy manne nie eers hulp verleen waar nodig is soos wat ek hierbo noem nie.
Al die geld wat vir en op 22 April 17 gespandeer gaan word kan beter aangewend word vir die doel soos deur my voorgestel.
Ek het geen probleem wat Angus wil doen nie, maar die prioriteite is nie reg nie.
Ek voel ook dat It’s gaan nie Suid Afrika verander nie.
Baie gaan my afskiet, maar nou ja.
Daniel van Jeffriesbaai.

Johan ·

Lees gerus 2Kronieke 7:13-15 en kom terug ek lees weer wat jy geskryf het my vriend

Wessel ·

Daniel
Judas het dieselfde siening gehad toe die vrou Jesus gesalf het met kosbare nardus salf.

Jesus het gese: Soek eers die koningkryk van Gog en sy geregtigheid, dan sal die ander dinge bygevoeg word.
Kom ons bly by die Woord en laat staan ons eie opinies.

Nicolene Boshoff ·

Ek wil net my dag deel: baler se bande het gebreek en ek en manlief het verskil gehad, ekt bees gespuit wat in elk geval gevrek het, ander dag Moes ek een skiet. My dogter is onseker oor sy by huidige werk moet bly of vlerke sprei. Vandag net huilerig maar een ding maak sin: ek raak kalm as ek dink aan God, as ek dink hoe kalm en geduldig Hy is. Ek weeeet want ek weet, staak en skree en hande swaai en tantrum gaan niks help nie maar kalm en rustig raak en alles vertel aan Hom wat weet en verstaan …alles verander in rustigheid binne my. Here dankie vir kalm raak en bid en vir die 22 ste wat ek net vir liefde vir U, my volk en land kan optrek om soos die Israeliete te kan voel hoe dit in die woestyn was om tot U te bid

André ·

Ek kan maar net lag vir al die negatiewe reaksie van mense oor oom Angus. Daars is duisende wat reeds bid vir die dag . Wat doen jy? Wat gaan jou deel wees? As dit so bad is waarom veg julle dan so teen n Godelike byeenkoms. As jy nie vir dit is, waarom dan teen dit wees? As jy nie wil gaan nie dink jy dalk jou opinie gaan die ander verander. Jy werk teen God. Pasop jy speel met vuur. Tyd is min. Verwag wonderwerke, dan kry jy dit! Natuurlik as dit God se wil is vir jou. Dis die byeenkoms van onvolmaakte mense en gelowiges met geloof .Dis al klaar ń wonderwerk!

ivan ·

Wat het geskiedenis met n bidbyeenkoms te make? Dalk is dit omdat die persoon wat met die geskiedenis gepla is nog in daardie tyd lewe. Heldeverering is seker sy geloof.ek weier om byeenkomste by afgodstempels van klip bv.die voorttekker monument by te woon of om selfs daarna te kyk of te luister.n Vals weergawe van wat werklik gebeur het was vir te lank in ons inforseer. Los ons wat wil saambid om ons grondwetlike keuse op ons eie manier uit te voer.

Margaret ·

Rom 8:28…. Die wat God lief het en volgens sy plan geroep is.

Elmarie Erasmus ·

Johan, God is die kenner van die hart. Ek is seker elke persoon wat gaan saamtrek om te bid is opreg in hul harte. Ek glo daar gaan ‘n verandering in ons land kom deur Christene swart bruin en wit wat gaan buig voor die Here met opregte harte. Mag die Here jou bless en jou hart vrugbaar maak om te kan verstaan.

jaco ·

Treine van Kaapstad af… Daars al jare nie meer n pasasiersdiens tussen die Kaap en Bloemfontein nie… Iets is nie lekker nie.

Koolblaar ·

Gaan die storte oop wees ? Ek wil nie he almal moet my sien as ek stort nie !!!!

Heleen ·

Hierdie mense wat die biddag so afskiet…bly tog liewer stil..sit ‘n wag voor jou mond..of eerder.. bid vir ‘n army..ek sal saambid by my huis..want ek glo in God en die krag van gebed. Amen.

ena diedericks ·

Hierdie is nie ‘n Afrikaner byeenkoms nie. Dis ‘n dag deur die Heilige Gees geinspireer. Geen prediker kan mense so laat saamtrek nie. Hierdie is ‘n gesamentlike biddag vir alle gelowiges. Ek wil my verstout om by te voeg: dis nie eens primêr om ons land te genees nie, of geweld te stop nie, of om die regering te verander of om die president te bekeer nie. Dis om onse God en Here in eensgesindheid te aanbid en ons voor Hom te verootmoedig en Hom te loof en te prys. Ons verklaar voor alle mense, alle magte en kragte dat Hy alleen is God en daar is geen ander nie. Hierdie gesamentlike daad van gelowiges dra groot krag in die geestesdimensie. Dit versterk ons verbond en verhouding met God. Dit bring heilige restorasie met ons Here en ons God. En vir die volk wat die Here dien, sal Hy berge versit. Die gevolge van hierdie liefdesdaad aan die Here sal ons uiteindelik sien uitkring in baie seën vir die gelowiges eerstens en dan ook na die hele nasie. Mag ons as volk nooit ooit weer so ver afdwaal nie! Mag die Here tot in ewigheid die God van Suid-Afrika bly.

Stephan Strydom ·

Ek is so bly vir al die negatiewe ou klakouse en doem profete hulle maak ons gewone mense net soveel meer vasbeslote en meer gelowig, iets groots om voor te juig, danki aan onse Groot Here

Ben ·

Vader . In die naam van Jesus Christus ons Koning neem ek elke negatiewe gedagte gevangene wat oor 22 April in Bloemfontein gespreek word en ek buig dit aan die gehoorsaamheid van U Woord. In U Seun, Jesus se naam alleen. Amen.

Nog steeds negatief ·

Het nie gewerk nie Ben… Ek dink nogsteeds julle gaan julle tyd mors saam Oom aartappel

Annatjie ·

Mense die 22 April gaan nie oor oom Angus nie. Dit gaan oor ons wat ons sondes moet bely en vir God vra om ons te vergewe dan sal Hy ons land en ons mense saam laat opstaan as een nasie vir die wereld as voorbeeld van God se grootheid. Ons dien n Groot God vir wie niks onmoontlik is nie. Dankie Abba (Vader) ons het U lief.

Sakkie ·

Ag siestog bekommernis oor paaie toilete storte en ek weet nie wat as nie . Vir die God wat ek ken is niks onmoontlik nie en verder ha ha ha jy maar oor jou trein na Matjiesfontein en ander wat spot en lag ……. GOD LAAT HOM NIE BESPOT NIE!!

Rooikop ·

Nie geweet ons het so baie katolieke in ons land wat saam met die katolieke oom wil gaan bid nie… Dit gaan teen ALS wat Vader vir ons sê…maar ons is mos kla kouse en negatief. Nee, ons probeer julle die rooi ligte uitwys. Niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.

Wessel ·

En so het elkeen sy verskoning om rustig by die huis te sit en bang wees om enigiets te doen..

Ek se ook maar net.. ·

Wat gaan jy eendag vir jou kinders se? Mamma en Pappa kon nie bid nie want ons was nie daar nie, omdat ons finansieel stukkend was.. Wat gaan Oom Angus vir God se? Hoekom hy mense skuldig laat voel het, afgebreek het met sy woorde.. kan nie dink dat dit God behaag nie.. Wat sal Vader antwoord? Waar twee of drie is, daar is Ek. Gaan in jou binnekamer.. die gebed van n regverdige dra groot krag.. pasop dat ons nie ander breek of probeer skuldig laat voel met ons woorde nie. God breek nie Sy kinders wat niks het nie..Ek verstaan nie. GOD SE …REEL N BIDDAG. MAAR JY BREEK ANDER MET JOU WOORDE… Here, vergewe hom!

madels ·

Ek se ook maar net: ek wil jou nie veroordeel nie, maar as jy nie geld het om te gaan nie, ek is seker jy en jou gesin ken vriende of familie of gemeentelede wat n ry geleentheid soontoe mee kan help???? Ek dink nie enigiemand sal nee se as jy vra nie,

Brendan ·

Ons kan almal saam kom en bid vir reen maar as ons moet bid vir ons land dan het almal stories ek verstaan dit nie. As jy nog nie by n MMC was nie dan kan jy nie praat nie. Oom Angus het nog nooit gevra vir geld nie!Niemand dink hy is God nie. Johan Frederik Lee het oom Angus gevra om n byeenkoms te reel.Gaan Google dit. Oom angus is nie n katoliek nie Rooikop as jy verwys na die Soweto byeenkoms toe Oom Angus afgesluit het het hy die GELOOFSBELYDENIS op gese wat die NG kerk tot vandag nog gebruik. So is die NG kerk dan katoliek? Julle raak goed kwyt wat nie saak maak nie. Ons almal kla oor ons land maar soos gewoonlik gooi ons weer klippe na mense wat iets probeer doen. Doen my een guns almal wat teen oom Angus is gaan luister na een preek van hom. As jy nie daar kan wees nie of daar nie wil wees nie.Bid daai dag saam almal.

sakkie ·

Brendan baie baie dankie ek was op n paar MMC en is baie jammer ek kon nie op almal wees nie.Stem 101% met jou saam

Gustav ·

John, al is dit net ek en jy, dan stem ek steeds met jou saam. Angus kom uit die “kry-wat-jy-bely”-beweging. Hy doen homself in weerwil van God se Woord as profeet voor en daarmee gebruik hy God se Naam ydellik. Hy is ‘n misleier. God word nie deur massabyeenkomste beïndruk nie, maar deur die harte van mense. “Oom” Angus is polities liberaal en verontagsaam die Bybel se aanwysings oor politieke oplossings. Hy en miljoene kan met alle ywer saambid, as hulle nie God se aanwysings bestudeer en toepas nie, sal daar net ellende wees.

SARIE VAN HEERDENs ·

VARKIE ek stem saam met jou. Almal bid om reen en na ‘n baie lang tyd KOM die reen en almal se dis omdat hul gebid het. Almal bid nou dat die land se probleme moet verdwyn. Kom ons kyk wat gebeur net na die 22ste April. Nie 5 of 10 jaar later nie want natuurlik gaan dinge hier veander, se net nie HOE nie. Dis tyd om te DOEN. ek weet net nie wat nie.

Geloof is groot ·

Bid en Glo wat jy bid, dat jy dit gaan ontvang. Op die regte tyd! Op Sy tyd. Dit is omdat ons nie meer glo soos kinders van God nie, dit is hoekom ons gebed onderskat. Gebed is nie net woorde nie, dit is n gesprek met ons Vader

Sakkie ·

Stem saam Sarie kan die bid dae vir reen nie ontou nie maar die dank dae na die reen gekom het op my 1 hand tel

Marianne de Swardt ·

Wil die mense wat nie betrokke WIL WEES NIE of DIT VEROORDEEL Nie maar liewer niks hier se nie en hul besig hou met hul eie sake. HOEKOM sit en koggel waar dit so n saak van erens is vir ander.?

Maryka ·

Ek sou so graag die dag wil bywoon maar omstandighede maak dit moeilik. En ek is seker daar is talle mense wat so voel. Is daar geen manier dat iemand van die media dit kan regstreeks uitsaai nie? Kan dit nie soveel meer mense betrokke kry nie?!

Estelle Esterhuizen ·

This is bad, to think that this is a prayer day, It’s Time can be ripped apart but yet we pray for rain, the harvest etc and now run down this planned gathering. We listen to ministers at church to try and understand the word and believe we are Christians. Can we rather leave this in God’s hands. Angus is also a tool he is using, to spread the word. When are we going to agree that green is green and blue is blue. No offense to anybody but we should look into the mirror and see ourselves and I am the first in the row. Not an Angle but will love to be one. God bless.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.