Angus Buchan: ‘Ons moet die verlede agter ons sit’

Angus Buchan by die parlement. Foto: Ina Murison via Facebook

“Sommige mense kom na my toe en sê jy dink jy is die reënmaker. Dan antwoord ek hulle ek is nie die reënmaker nie. Ek is die Reënmaker se seun.”

Só het die evangelis Angus Buchan gesê toe hy verlede week verskeie LP’s en Christelike organisasies tydens ʼn gebedsdag in die parlement toegespreek het.

Buchan was een van verskeie Christelike leiers wat Vrydag aan die drie uur lange gebedsessies deelgeneem het waartydens daar onder meer vir die toekoms van Suid-Afrika en vir reën gebid is.

Buchan het in sy toespraak gesê Suid-Afrika het geloof nodig. “Geloof is om te glo dít wat jy nie kan sien nie, maar die beloning vir daardie geloof is om te sien wat jy glo. Ons glo dat daar vanmiddag hier geskiedenis gemaak word. God se mense het saamgekom,” het hy gesê.

Hy het gesê 80% van burgers in Suid-Afrika erken Jesus as hul redder.

“Dit is tyd vir die Christene in hierdie land om op te staan en gereken te word,” het hy gesê. “Ons moet ons sondes van die verlede bely. Daar is geen toekoms in die verlede nie. Dit is nie net jong mense wat dit sê nie, die ou mense sê dit ook. Ons moet vorentoe beweeg. Ons moet saam as ʼn nasie vorentoe beweeg en die verlede agter ons sit. Ons los vandag al ons boeie, al ons pyn en al ons misverstande in die verlede.”

Buchan het gesê hy was nog nooit so opgewonde oor Suid-Afrika soos tans nie. Hy meen daar is geen ander regering ter wêreld wat sal toelaat dat Christene die parlement oorheers nie. Hierdie uitspraak van hom is deur luide applous en toejuiging begroet.

Die It’s Time nasionale biddag buite Bloemfontein (22 April 2017). Foto: Mariné Lourens

“As iemand vir jou sê hierdie land is op sy einde, dan antwoord jy ‘… maar God’. As mense sê daar is nie hoop vir die land nie, antwoord jy ‘… maar God’. Ons het die toekoms van Suid-Afrika in ons hande.”

Buchan het ook ʼn verhaal vertel van ʼn Zoeloe-vrou wat glo deur weerlig getref is. Al haar naasbestaandes het gedink sy is dood. Hy het by die vrou gestaan en vir haar gebid en sy het regop gestaan. “[God] is ʼn geneser en ʼn wonderwerker.”

Hy het gesê die feit dat meer as ʼn miljoen mense binne ses weke in Bloemfontein saamgetrek het vir die It’s Time-gebedsbyeenkoms, is nie toeval nie maar ʼn wonderwerk.

Die evangelis het daarna gesê hy sal bid vir fisieke en spirituele reën. In sy gebed het hy God bedank vir ligte en volhoubare reën in Kaapstad. “Ek sê dankie dat die reën nie sal ophou nie en dat daar geen droogte meer teen Maart sal wees nie. Al die damme sal vol wees en die riviere sal vloei. Dit landerye sal groei. En ons sal aan U al die glorie gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eish ·

Laat ons liefs stil wees voor ons Skepper. Indien Hy Angus gebruik, laat dit so wees. Soos Yeshua aan Sy dissipels geantwoord het toe hul kla oor ander wat ook Yeshua se naam gebruik om bose geeste uit te dryf, maar nie tot hul kliek behoort het nie ; ” Wie nie teen ons is nie, is vir ons”
Minstens het hy toegang waar die kerke wat verskoning moes vra vir hul apartheidspreke, nie eers dink om te gaan nie.

Disselboom ·

Dis ‘n wye stelling dat Christene die parlement oorheers. Disselboom sien nie dat dit so is nie. Dan sal daar mos wetgewing teen aborsie wees, die doodstraf sal op die wetboek wees, en die staatsbestuur sal nie intrinsiek verrot korrup wees nie – dit sal met roepingsbewustheid en ywer vir goeie orde opgeruim word.

RB ·

Dit sou inderdaad wonderlik wees as 80% van die land se burgers well Jesus geken het, maar dit kan eenvoudig nie die geval tans wees nie. In elk geval nie my Jesus van my Bybel nie. Dit lyk vir my hoe meer oor Jesus gepraat word hoe minder luister mense. Dit is jammer.

jaco ·

‘n Paar maande gelede het ‘n ANC raadslid vanaf iewers in die binneland gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat die meeste kiesers daar nie ANC stem nie. So die Here is seker ten gunste van ‘n party wat die land swak bestuur met swak staatshospitale, swak dienslewering, REUSAGTIGE korrupsie, goedpraat van misdaad ens ens. Dis net vreemd dat baie gebiede onder ANC ook droogte het. Dis seker apartheid of wit monopoliekapitaal se skuld.
Angus bid weer tot dieselfde Here vir reen in die Wes-Kaap en ander plekke.
Ek kry die liewe Vader jammer as Hy moet besluit watter gebede moet Hy verhoor en watter nie en as Hy moet “kies” tussen die DA en die ANC…

Lena Jonk ·

Angus hou aan met jou goeie werk, jy is n dienaar van God, geen gebed wat in opregtheid gevra word sal God nie na luister en verhoor nie. Laat die wat nie in Hom glo nie maar aangaan gelukkig waarsku die Woord ons teen hulle so ons weet dat daar altyd sulke mense sal wees. Baie dankie vir Jesus wie jou Genade gee om so vir SA te bid, ons bid saam met jou en dat jy nog baie Genade sal ontvang vir die toekoms. Ons glo aan ons Almagtige God al redding vir die wereld.

Ballingskap ·

Ons kan bid tot ons blou word…
Salomo sê as jy jou oor van die Wet af wegdraai sal jou gebed ‘n vervloeking wees en Jakobus gebruik Elia (die gebed van ‘n enkele regverdige se gebed) as ‘n voorbeeld.
Daar is bitter min Christene in SA!
Wie noem Christus Sy broers of Sy vriende? Die wat die Vader se wil doen!
Lees Mattheus 7:21 voor jy sê 80% van SA ken Christus..

JJ ·

Ons God steur HOM nie aan die kommentaar van mense nie want HY IS GOD DIE ALMAGTIGE. SY WEË IS NIE ONS WEË NIE EN SY GEDAGTES IS NIE ons as mense se gedagtes nie. So vêr soos die hemel is bo die aarde so vêr is GOD SE GEDAGTES BOKANT die mens se gedagtes. OMDAT HY GOD DIE ALMAGTIGE IS , IS HY ALLEEN IN BEHEER. ALLES WERK TEN GOEDE MEE VIR HULLE WAT VIR GOD LIEF HET , VIR HULLE WAT NA SY VOORNEME GEROEP IS.

Nederig ·

Ek lees so deur die komentare en lees die wat hulle self die uitverkore volk israel noem so raak. Mag julle oë oopgaan.

Avah ·

Amen ? Niemand dra ‘n chubb nie!! Bly op ons kniee asseblief dis die beste plek om te wees

JJ ·

GOD laat HOM NIE VOORSKRYF DEUR MENSE NIE. HY IS GOD DIE ALMAGTIGE EN SY GEDAGTES IS NIE SOOS ONS GEDAGTES NIE. GOD SE WEË IS NIE SOOS ONS WEË NIE.
SO VÊR SOOS DIE HEMEL IS BOKANT DIE AARDE SO VÊR IS GOD SE GEDAGTES BOKANT DIE MENS SE GEDAGTES.
ALLES WERK TEN GOEDE MEE VIR HULLE WAT VIR GOD LIEF HET VIR HULLE WAT NA SY VOORNEME GEROEP IS.
DAAROM WEET GOD WAT HY DOEN EN LAAT HOM NIE VOORSKRYF NIE. HY IS IN BEHEER.
EN SY GENADE IS VIR ONS GENOEG.

susan ·

Hy is ‘n instrument in God se hand. Waar kom dissipels vandaan?

Chris Ws ·

Oom Angus jy bedoel goed.Ek weet want ek was by Mighty Men 2010.Maar lees jou bybel weer mooi – veral die Ou Testament wat soveel mense afmaak as “nie meer van toepassing nie”!Ja jul Baal priesters sal julle dit wil wysmaak,maar gaan lees gerus weer.

A Mac ·

Baie profete het al profesieë geuiter en mense laat glo wat alles gaan gebeur, baie dinge het nie gebeur nie. Daar is al oor die jare baie gebid oor en vir baie goed maar teen die spoed wat die land en die wêreld skuins gly weet ek darem nie. Ek sal maar eers glo as dit Maart groen is in die dorre dele van ons land.

Henk ·

Stem heeltemal saam met jou. Snaaks hoe die profete nooit die profesieë wat nie gebeur ook uitwys nie. Ek wag ook eerder en sien oor die reën wat so brood nodig is. Die misdaadsyfer in SA het ook nou nie aansienlik geval na die aangeleëntheid in Bloem nie, niemand praat ook oor dit nie.

Rina ·

Ongelowige Thomasse.
Erens het ek in die Woord min of meer die woorde gelees wat Jesus gese het: Julle weerbarstige volk! Moet julle eers ‘n teken sien voordat julle glo?
Geseend is hulle wat glo sonder ‘n teken.

Vermeende ·

Ons kan hier galbraak oor sy evangelie maar kom ons raak stil en kyk na Maart, as die damme nie vol is nie en die droogte in die Wes Kaap nie gebreek is nie, wel, dan is dit maar elkeen van julle se saak wie julle wil volg.

Ek wonder net hoekom is die omie uit Zim uit, verstaan my reg, God reken kinders die sonde toe van hulle voorgeslagte maar so bewys Hy ook baremhartigheid aan die nageslagte.
In die Psalms se koning Dawid dat hy haat met n volkome haat.

Hendrik ·

Die damme behoort vol te wees. Dis hulle beirt in die weskaap. Die natuur is die natuur en worry noemoor bid nie.

JdV ·

Oom Angus, ek glo in jou opregtheid, maar is dit nie minagtend teenoor ons land se parlement as jy daar opdaag in ‘n denim en ‘n Stetson-hoed nie? Stel eerder ‘n beter voorbeeld vir die agbare parlementslede – veral vir diegene in hul rooi oorpakke …

Avah ·

Amen ? Niemand dra ‘n chubb nie!! Bly op ons kniee asseblief dis die beste plek om te wees

Valerie ·

Gaap. Al weer die valse profeet en sy spul leuens en slangolie.

Bees ·

Wel kyk net onder die kommentaar die verskillende sienswyses wat as feite verkondig word. Snaaks dat die( 3)spoke almal sulke verskillende boodskappe gee.

Daniël ·

2 Korinthiërs 6:14 stel dit duidelik dat die Christen nie in dieselfde juk as die ongelowige mag trek nie. Om die stelling te maak dat 80% van Suid Afrika se bevolking geredde Christene is terwyl jy in die parlement staan wat geopen word deur “tradisionele” (sangomas) leiers en wat minstens 90% van die land se bevolking verteenwoordig, is gewoon onwaar en uiters onverantwoordelik. Ons as Afrikaners moet eerder die Gelofte van 1838 nakom en in stand hou.

Johann Smith ·

Angus. Ek glo dat jy dit goed bedoel. Ek glo op jou manier glo jy dat jy God se woord verkondig. Dit was nog nooit spsifiek nodig om in groot getalle tot God te nader vir lyding en hulp nie. Die Woord sê juis dat die gebed van een regverdige baie krag het. In ons praatjies word die wonder van Bloedrivier amper nooit genoem nie
Vir 7 dae het die 354 krygers onder Charl Cilliers se lyding hul tot God gewend vir lyding. Op die ou end is hul gered teen ‘n oormag van ongeveer 12000 en tog het hul oorwin . Slegs 1 persoon is in sy arm gewond. Oordink die hele slag en dan sal ‘n mens God se almag nie kan miskyk nie. Dit.is nie politiek nie maar God se almag wat Hy openbaar. Soos die Woord sê, moet op prinse (mense) nie vertrou nie by wie niemand heil kan vind. Ons enigste hoop vir herlewing en hulp is in die Drie Enige God, Vader, Woord en Heilige Gees. Hy sal tot al sy kinders se redding kom. Sy Goedentierigheid bestaan tot in ewigheid.

Johann Smith ·

Ons praat so maklik oor profete van God. Die Woord maak dit baie duidelik dat hy wat in die naam van God sekere voorspellings maak slegs as ‘n profeet bekend kan staan as dit wat hy vòorspel waar word. So het baie van die Bybelse profete se waarskuwings eers oor ‘n lang tyd waar geword. Of ons wil glo of nie, siener van Rensburg se voorspellings het almal waar geword. Glo dit of verwerp dit, dit is jou saak, maar onthou net een ding wat niemand nog kon oor twyfel nie. Hy het hom nie tot koerante en geskrifte gewend nie maar slegs die Bybel gelees. Kom ons wees net paraat, herdenk sy voorspellings, vertrou op die Lewendige God en kyk wat gebeur het en gaan nog gebeur. Alle eer aan U ons God en Vad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.