Angus sê WhatsApp-boodskap kom nie van hom

Angus Buchan

Angus Buchan (Argieffoto)

Die evangelis Angus Buchan het mense gewaarsku dat ʼn WhatsApp-boodskap wat tans die ronde doen op sosiale media dat daar môre om 13:00 vir reën in die “Kaapprovinsie” gebid moet word, nié van hom afkomstig is nie.

Dié boodskap vra dat mense enige plek waar hulle 13:00 is, moet stop en bid. Dit vra selfs dat besighede gesluit moet word om 13:00.

“Ek wil graag vyf miljoen mense kry om aan die geleentheid deel te neem. Kom ons bring die nasie 13:00 tot ʼn stilstand en bid vir reën. Ek weet God sal die sluise oopmaak en ons damme volmaak, seëninge sal op ons neerdaal as ons saam bid,” lui die boodskap.

Die boodskap lui verder dat “hy” radiostasies uitdaag om regstreeks te bid en die bidbyeenkoms uit te saai. “Asseblief, deel met soveel mense moontlik. Deel deel, deel.”

Buchan het egter Dinsdagmiddag op sy amptelike Facebook-blad gesê dat die boodskap nie deur hom geskryf en versprei is nie.

“Die boodskap is nie deur Angus geskryf nie en hy het geen deel aan die organisering van dié bidbyeenkoms nie. Ons by Shalom [ministerie] glo altyd in gebede, veral vir reën in die Kaap. Buchan doen ʼn beroep op almal om op 24 Maart saam te kom bid in Kaapstad by [die] It’s Time-[byeenkoms],” het die inskrywing gelui.

Die inskrywing vra ook dat mense voortaan eers by die Shalom-span moet navraag doen voor enige WhatsApp-boodskappe wat skynbaar van Buchan af kom, versprei word.

Sosialemediagebruikers het uiteenlopende reaksies gehad op die plasing met een gebruiker wat geskryf het, “Geen man sal vir my vertel om nie vir reën te bid nie”. Ander meen weer daar is geen skade daarin om deurentyd te bid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jaco ·

bid gaan in elk geval nie help nie, want n ANC raadslid het so n jaar gelede gesê dat die droogte die Here se straf is op die Wes-Kaapse kiesers wat meerderheid DA stem. Dis seker hoekom die Nelson Mandelabaai metropool wat onder DA beheer is, ook droogte het en waterbeperkings ingestel het.
Blykbaar is die Here darem ten gunste van n party wat in in alliansie is met die atheiste van die SAKP en is die Here ook ten gunste van korrupsie, staatskaping, regstellende aksie wat wit mense verarm en n hele rits ander goed.

Wikus ·

Ai Jaco. Geloof is eenvoudig, maar dit is nie maklik nie. Hoeveel keer was Job nie ook platgeslaan deur al die rampe wat hom getref het nie, maar sy geloof het bly staan. As ons ou huidige mensdom maar net die helfte van sy geloof kon hê… Hou moed, en bly glo. Ons nietige mense kan nie nou on vuiste vir God wil lig omdat hy ons gebede nie dadelik volgens ons wil antwoord, en terselfde tyd Hom uit ons skole en alledaagse lewe probeer uitskyf nie. God is nie ons speelmaat of Veiligheids handvatsel nie.

Sjoe!!!! ·

“Faith is like walking without seeing” “Setting your alarm clock BELIEVING you will wake up to hear it”……

Bernice ·

Jaco,

Ek dink nie jy is mooi seker watter dinge jy kwyt raak nie.
Ja dinge gebeur, ja God laat dit toe, maar dink jy nie dit is om hierdie nasie tot hul kniee te dwing nie?

René ·

Ai ou Jaco, ek verstaan waar jy vandaan kom. Mens voel so. Ek hoop wat ek nou vir jou gaan sê help so bietjie. Een van die moeilikste take as kind van God is om te Walk by faith, and not by sight! Moenie dat wêreldse dinge jou weghou van bid en n verhouding met God nie. Ons Hemelse Vader het Sy redes en, as Hy weet hoekom dinge gebeur, hoef ons nie te weet nie, want dat Hy weet is genoeg!! God gaan uitkoms gee, op Sy tyd en as Hy op so n manier Ons land weet wil laat terugdraai na Hom, dan is dit reg so. Dit wat jy sien is juis die van die redes hoekom hierdie dinge met ons as Sy kinders gebeur. Bid seblief saam met ons, en “walk by fairh and not by sight”

Estelle ·

Ai, los tog die veroordelings en debatte. Gebed is kragtig maar hoef nie op iemand se bevel of versoek te wees nie. As jy gelowig is, bid, bid baie en enige tyd. God is groot en kan natuurlik enige mense begenadig. Ek persoonlik bid vir droogte geknelde gebiede.

Jacques van Zyl ·

Hierdie droogte gaan nie daaroor as die Here die land, of andersins “die Weskaap straf” as sulks nie. Dit is wel ‘n beproewing maar gesien in die lig van Genesis 18 waar die Here belowe om die stad te spaar as daar net 5 gelowiges is, kan ek nie sien hoedat die Here die hele land of selfs net die Weskaap aan sy eie genade sal oorlaat nie. Hier is duisende gelowiges in die land en om te dink dat die Here hulle almal sal laat omkom deur droogte is onbybels. Dis ‘n mielike situasie maar by Hom is alles moontlik. Hy sal voorsien en is Almagtig om dit doen. So jammer Jaco, baie mense sal van jou verskil.

Steeds Sam ·

13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste — Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.
16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

Anoniem ·

Praat ons van dieselfde “wetenskap” waarmee die weer gemanipuleer word? Iets om oor na te dink! ;-) Ek vertrou eerder op God se Almag, dankie!

Walvissie ·

Ai, dis jammer. Dit is tog nie ‘n skadelike boodskap vol valse leringe nie. Sou hy nie minder skade berokken het deur maar eerder sy goedkeuring daaraan te verleen, selfs al was hy dan nou nie die oorsprong nie? Hierdie verdeling kan tog nie Koninkrykswaarde hê nie! Ek het dit ook aangestuur en gedink dit is ‘n wonderlike oproep tot eenheid in gebed. Die oorsprong daarvan is steeds vir my irrelevant. Oom Angus, bid saam met my vanmiddag. Ek nooi jou hier uit Hermanus.

Susan ·

Ai Jaco, jy moet baie mooi gaan lees wat jy hier geskryf het! “Bid gaan nie help nie……..” Jy is seker nie ‘n Christen nie, want enige Christian weet om te bid – HELP!!

marianna ·

Het maandag ‘n heerlike donderbui gehad hier in McGregor in die weskaap . Baie dankbaar daarvoor, hoewel dit baie lokaal was.

Joanie ·

Ja dit was verkeerd om iemand se naam te koppel aan die boodskap net om dit krag te gee. Maar ons aanbid ‘n God wat nie ‘n aannemer van die persoon is nie. Hy sê tog immers in Matt18:19, Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, So kom ons as kinders van die Lewende God roep Hom nogsteeds vandag 13:00 aan.
Ons het tog immers vrye toegang om te bid waar en wanneer ons wil met die wete dat ons Hemelse Vader daar is. Dalk moet ons more dit weer doen en die dag daarna weer en so aanhou tot hierdie land van ons totaal en al terugkeer na God toe.

Anna ·

Dit kan nie skade doen om 13H00 vir ‘n minuut in stilte te bid nie. As ons familielede en vriende oorsee ook kan betrek hierby kan dit wydverspreide gebede op verskillende tye laat gebeur. Met die tyd verskille kan dit beteken dat daar ongeveer 24 uur lank wêreldwyd gebid kan word. God is ‘n God van genade en ons glo daar sal weer uitkoms wees. Bid het in die RSA op hierdie stadium niks met politiek te doen nie want ons weet hier is meer Christene as enige ander geloof.

Adriaan ·

Ek is bietjie teleurgesteld dat daar dadelik gevra word om die Kaapse ‘it’s time’te ondersteun waar gepoog word om honderde duisende mense bymekaar te kry terwyl hy net sowel kon sê ‘al was dit nie ek wat dit geplaas het nie, kom ons doen dit en bid almal en ek daag die radiostasies uit om saam te bid’. Hoe weet hy die persoon wat dit geplaas het, het nie dalk so ‘n geestelike roeping ervaar nie, hoekom maak hy nie iets positief daaruit nie, die boodskap is werklik so wyd uitgestuur, nou is dit afgemaak tot iets eenvoudig en oneties.
Die ‘it’s time’van die vorige geleentheid het ook gelui tot ‘n drastiese toename in plaasaanvalle(moored) en veroorsaak dat mense hulle gewend het tot drastiese stappe soos die toemaak van paaie ens. Gebed is uiters belangrik, maar saam met dit moet ‘doen ‘ook kom, die Here verwag definitief nie dat ons net moet sit en bid en niks self aan die saak doen nie. So Angus, gebruik jou gerespekteerde aansien om ‘n bietjie ‘doen’ voor te stel, kry ons om rugby stadions te boikot, om besighede en maatskappye wat hulle nie agter plaasmoorde te skaar nie te boikot, om produkte van die mark te weerhou oor die onsekere toekoms van die boer, om ‘n optog van 1miljoen na die parlement te lei om ons griewe te openbaar, ons kan dit met gebed doen!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.