André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit, het glo aan ʼn selmaat gesê hy het Anika verkrag.
Dit is volgens lt.kol. Mike van Aardt, ondersoekbeampte in die saak. Van Aardt se verklaring is aan die hof voorgelees. Volgens Van Aardt het Van Wyk op 17 September, die dag wat hy hom aan die polisie oorgegee het, mondelings erken dat hy Anika vermoor het.
Daar is ook ʼn waarskuwingsverklaring afgeneem en Van Wyk het bevestig dat dit korrek is. Van Wyk is op 21 September weer ondervra. Dit is glo eers toe dat hy gesê het hy is gedreig deur mense wat wou hê hy moet skuld beken.
Volgens Van Aardt se verklaring het ʼn selmaat van Van Wyk in November aan hom gesê dat Van Wyk gesê het hy het die oorledene verkrag. Van Wyk en Anika was saam op skool. Van Wyk het glo ook op ʼn skoolbank geskryf dat hy Anika vermoor het. Volgens Van Aardt word Van Wyk deels met die misdaadtoneel en die moord verbind. Van Aardt het bevestig dat Van Wyk saam met sy ouers bly en dat sy hoogste kwalifikasie gr. 10 is.
Volgens Van Aardt is Van Wyk nie altyd eerlik nie en het hy glo al gesteel. Van Wyk het glo vertel hy gaan met die polisie se koppe smokkel deur sy bekentenis terug te trek. Hy het glo ook erken hy het neigings om diere te wil seermaak. Volgens Van Aardt het Van Wyk gesê hy wil as “Smiley Scissor Hands” in die tronk bekend staan en dat hy ʼn tatoeëermerk op sy bors gaan kry van twee hande met bloed wat daarvan afdrup.
Van Wyk het glo ook erken dat hy die moordtoneel “skoongemaak” het, Anika se hande verwyder en daarvan ontslae geraak het. Hy het glo ook ʼn vuurwapen en Mandrax-tablette van die toneel verwyder.
Adv. Corrie Nieuwenhuys, Van Wyk se regsverteenwoordiger, het ná Van Aardt se verklaring aan die hof voorgelees is, gesê daar is geen DNS-bewyse dat Van Wyk die moord gepleeg het nie. Nieuwenhuys het gesê al bewyse wat die staat het, is Van Wyk se aanvanklike bekentenis en bewerings van medegevangenes.
Volgens Nieuwenhuys sou Van Wyk nie ʼn bekentenis afgelê het as sy familie en hy nie gedreig is nie. Nieuwenhuys het weer gesê dit is in belang van geregtigheid dat Van Wyk op borgtog vrygelaat word.
Die hof het hierna vir middagete verdaag.
Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.
Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.
Sjoe hierdie outjie hoort in n gestig – hy’s siek
Wat dink julle mense?… Is di knap skuldig of het sy varkies weggehardloop?
My opinie… niemand gee hom oor en sê hyt moord gepleeg as hy nie skuldig is nie. Niemand kan jou dwing of forseer nie. Indien hy wel af gepers is kon hy die polisie daarvan in kennis gestel het waarna sy familie beskerm sou word. Dis twak. Waar ‘n rokie is is ‘n vuurtjie.
Die malkop kaart het nie gewerk nie so kom try die eks die slagoffer wat gedreig is en volgende sal die maak of ekmal kaart of geheuverlies wees
Skerp Willem, ek stem 100% saam!
Skuldig. Hy weet teveel vd moord
Ek dink hierdie ou is onskuldig. Daar is te veel los drade in sy saak.
Laat hy haar hande uitwys!
Ronnie,
Ek is geneig om saam met jou te stem.
Op een stadium het ek ook nogal erg so gedink Ronnie, maar na die verslag uit is, dat hy by sy volle positiewe was en is, is ek seker dit was hy – sy gewete het hom mal gemaak, nadat hy hom egter oorgegee het, het hy besef die kommer is nou weg, maar dit het plek gemaak vir ‘n nuwe – wat gaan nou met hom gebeur en as dit waar is dat hy Smiley Scissor hands wil wees, dan is dit hy, hulle sien dit as ‘n trofee, dan verklaar dit ook hoekom hy uitgekom het, hy voel misken – hy is trots op sy misdaad en voel werklik gefrustreerd omdat hy nie sy nodige erkenning kry nie en haar destydse boyfriend sy kollig gesteel het (die arrestasie). Dat hy gedreig is, is werklikd ie stupidste verskoning, hy en dame van niewenhuizen dink werklik die reg sowel as almal is stupid…… come on girl you can do better than that, hy word as hy dronk is gedreig deur dronk mense en is bang…. oh my word, miskien glo ‘n kleuter jul fabel.
Belaglik – fantasiewereld in sy kop eindig by moord en uiteraard lieg hy so dat hy homself nou glo – hy moet uit die samelewing geneem word – hoor net sy spogpraatjies in tronk – om van siek te word! More en die dag daarna gaan hy weer met nuwe verwikkelings van sy verhaal in sy kop vorendag kom.
As Anika dan seksueel aangerand is sal daar mos DNS bewyse wees? As dit hy was kan hulle hom mos positief verbind?
Marisa dit is juis dit wat nie positief toets nie.
Lyk my die ou ly aan grootheidswaan, eidelik het hy ‘n minderwaardigheids kompleksen moet groot praat om te probeer indruk maak. Hy het seker groot gepraat voor die dreigers dit is hoekom hy afgepers is. Daar word beweer dat daar mandrax tablette betrokke was en verwyder is van die toneel. Sy vogende verklaring gaan wees hy was bedwelm en het nie geweet wat hy doen nie.
@Marisa, daar is DNS toetse gedoen maar sy DNS stem nie ooreen met die DNS wat op die oorledene gekry en getoets was nie. O wee, sal maar moet wag en kyk wat gebeur hier. Ek dink hierdie gaan nog ‘n baie interesante “Smiley Scissor Hands” sage word. Kan nie wag vir die volgende episode nie!!
Daar was min DNS op toneel en dit kon nie verbind word met syne. Hy het skoongemaak, heel waarskynlik ‘n kondoom gebruik!!!!
Skuldig,van die begin af.
Maroela dit is Luitenant Kolonel Mike Van Aardt nie Kaptein nie.
Dagsê Ben
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Daar is ‘n klomp sielkudiges by Weskoppies wat nou erg kopkrap oor hierdie knaap – beslis nie ‘n teksboek geval nie.
Ek weet nie so mooi nie as sy DNS nie ooreenstem nie en as hy nie haar hande kan uitwys nie soek hy sy 5min of fame of hy is in kontak met die regte moordenaar
Hy lyk so papbroekkig, soms wil siek mense aandag he. Hul sal spog en grootpraat. As skoolseun, kon hy dit tog nie alleen gedoen het nie. Hoekom verander sy storie weekliks?
Hulle sê dit en dat. Daar is te veel los drade. Skool kinders het mos maats en hulle het tog groeppe vriende en kenisse. Nou waar is die maats? Iemand naby aan hom weet tog seker iets. Mense praat.