Anika-saak: Smiley weer in hof

André van Wyk in die hof. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk (24), die man wat homself aan die polisie oorgegee het in verband met die opspraakwekkende grumoord op Anika Smit (17) in 2010, verskyn weer Vrydag in die hof.

Landdros Pierre Wessels het tydens Van Wyk se vorige verskyning beveel dat albei sielkundiges se verslae teen vandag se hofverskyning gereed moet wees.

Adv. Corrie Nieuwenhuys, Van Wyk se regsverteenwoordiger, het destyds aan Maroela Media gesê die staat het ʼn aansoek gebring dat Van Wyk ook deur ʼn sielkundige ondersoek moet word. Hy het die sielkundige evaluasie by die Kgosi Mampuru II-gevangenis ondergaan, anders as die psigiatriese waarneming wat hy in Oktober verlede jaar by die Weskoppies-hospitaal moes ondergaan.

Daar is tydens dié psigiatriese waarneming bevind hy is geskik om verhoor te word.

Nieuwenhuys het gesê op aandrang van Van Wyk se ouers sou hulle ook ʼn privaat sielkundige aanstel om hom te ondersoek.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het homself op 17 September verlede jaar aan die polisie oorgegee en aanvanklik skuld beken, maar later aangevoer hy was kort voordat hy homself aan die polisie oorgegee het besope, en is gedreig om verantwoordelikheid vir Anika se moord te neem.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WonderMaarNet ·

My vraag is:
As hy REGTIG die skuldige is, hoekom sê hy nie waar hulle haar hande kan vind nie?
Hy was besope en gedreig om verantwoordelikheid vir die moord te vat, so dit los mens met die vraag: Waar is haar hande?

Deon ·

Wie gaan gee jouself oor, en draai dan om en se dis nie ek nie. Dis grusaam en siek wat aan Anika gedoen is en haar lewe toe ook geneem was. Waar gaan die mensdom heen, sit met n klomp baie siek mense wat misdadige en moordneigings het. Sulke mense behoort permanent van die aardbol verwyder te word. Wie, jy as moordenaar het die reg om n ander mens se lewe te neem. Siek man, siek…..hoe leef sulke mense met hulself saam, met die wete ek het iemand vermoor. Daar is meer as net groot fout met so iemand. Gee hul die doodstraf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.