Anika Smit-moordsaak: Beskuldigde na Weskoppies gestuur

Van Wyk in die hof. Sy ouers sit skuins agter hom. Foto: Phillip Bruwer

Van Wyk in die hof. Sy ouers sit skuins agter hom. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), het Dinsdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Van Wyk, wat teregstaan op aanklagte van moord, verkragting en lykskending, is tydens sy vorige hofverskyning op 26 September na ʼn psigiatriese hospitaal verwys vir volledige waarneming. Die hof het egter Dinsdag gehoor daar het eers onlangs ʼn bed by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar geraak en dat hy nou vir die 30 dae lange waarneming gestuur sal word.

Van Wyk was Dinsdag glad geskeer en het dieselfde pak as met sy vorige hofverskynings aangehad. Die hof het gehoor Van Wyk is gesond en het geen besware nie. Hy moet op 25 November weer in die hof verskyn. Sy ouers was Dinsdag weer in die hof.

Indien die waarneming nog nie afgehandel is nie, sal die saak vir ʼn verdere 30 dae uitgestel word. Indien die waarneming egter vroeër afgehandel word, sal Van Wyk na die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geneem word waar hy in aanhouding sal bly tot sy volgende hofverskyning.

Van Wyk, wat saam met Anika op skool was, is op 22 September deur ʼn staatsgeneesheer by die Pretoria-Noord-kliniek ondersoek waartydens hy aangedui het hy het geheueverlies en kan nie onthou wat tydens Anika se moord gebeur het nie.

Die staatsgeneesheer was van mening Van Wyk verstaan die erns van die aanklagte teen hom, asook die gevolge van ʼn moontlike skuldigbevinding. “Hy kan nie beskryf wat tydens die voorval gebeur het nie en beskryf nie die relevante feite nie. Hy het geheueverlies oor die voorval en ontken hy sien drogbeelde of hallusineer,” lui die verslag.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het hom op 17 September aan die polisie oorgegee ná ʼn langdurige geregtelike doodsondersoek deur die hof in ʼn poging om haar moordenaar te vind. Anika se pa, haar destydse kêrel en nog ʼn man wat saam met haar op skool was, was belanghebbendes wat in die ondersoek getuig het. Dié ondersoek is intussen onbepaald uitgestel, hangende die uitkoms van Van Wyk se verhoor.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

charlene ·

3 mense is gebrand merk!! 3 mense reeds skuldig bevind deur baie mense. Ongelooflik baie mense se lewens verwoes deur 1 snot kop laaitjie wat genoeg guts het, om te verkrag en te vermoor maar nie genoeg guts het om reguit en eerlik te wees nie. Ek hoop jou “so-called”drog beelde maak jou regtig mal, dat jy dag en nag voel hulle jaag jou, hulle los jou nooit met vrede nie. jy het net hartseer en pyn veroorsaak vir so baie mense, `n jong vrou se lewe gesteel. Haar pa moes op haar lyk afkom…. jou siek siellose gemors! Mag jou dag kom! Jou arme ouers, hulle moet nou deur hel gaan oor jou foute!!! Aan Anika se ouers, genade weet daar is nie woorde nie, al die ou wonde oopkrap en die seer weer oopkrap. Mag God julle dra in die ongelooflike moeilike tyd. Tyd genees nie alle wonde nie, dit maak `n roof dis al, daai rou roof word nou na die jare oop gekrap en die seer is alles van vooraf, en julle verdien dit nie, julle verdien nie die pyn wat julle nou voel nie.

se net ·

Ek dink nie dit was hy nie. So erg as wat hierdie storie is, dink ek net eenvoudig dit was nie hy nie. Hy weet dalk wie. Ek hoop die waarheid kom uit. Vir almal se onthalwe.

Laurika ·

Laat ek begin met die bekende woorde van menigde Maroela Media lesers: “Ek ruik ‘n Rot.”
Iets van die knaap se storie is nie vir my lekker nie. Dat hy baie gerieflik die besonderhede vergeet het van die hele insident. So hy kan nie eers sê wat hy met die hande gedoen het na hy dit afgesny het nie?

eurika stander ·

Charlene, ek stem met alles saam!!! hoe kan hy kastig vergeet wat alles gebeur het, maar hy het homself oor gegee…???kan nie glo die moordenaars word so op gepiep en het soveel regte nie!!

KarooKlong ·

Bedaar tog Charlene. Netnou is hy jou oorsaak ook. Kalm bly dingetjie.

Van ·

Sit n hang tou om sy nek – Dan sal die geheu-verlies verdwyn……

Ben van Staden ·

Die mannetjie lyk vir my maar bietjie broos en in ‘n mate pateties.Ek dink hy soek publisiteit. Ek verstaan hy was dan altoos ‘n teruggetrokke seun. Dit lyk net nie of hy die “guts” het om te moor nie tensy hy vol dwelms geprop was . Enigiets is dan moontlik, maar ek sal verbaas wees as hy die moordenaar is.

carol ·

Skuus ek is nou nie mooi by nie – Hy’s 24 en sy was 17????? 7jr verskil??? hoe kon hul saam op skool gewees het????/

Bella ·

Carol, Anika was 17 toe sy vermoor is in 2010. Sy sou nou 23 gewees het. Hy is nou 24.

Speurder ·

Ek weet darem nie.. beskerm die seun nie iemand nie? Was hy die dag van die moord in die skool of nie? Wie was saam met hom afwesig?

Stella ·

Ek gooi ook sommer ‘n tantrum sodat jy my ook so mooi kalmeer.

Nita ·

Eish in 2010 was sy sewentien. Sy sou nou ook 23 gewees het, as haar moordenaar haar die kans gegun het.

carol ·

DRIEKS, BELLA – DANKIE JULLE – EK HET DIE KAT AAN DIE STERT BEET GEHAD.

Ronnie ·

Ek dink nie hierdie man het die moorde gepleeg nie. Hy het homself gaan oorgee, maar verder wis hy niks. Ek weet ook nie of Weskoppies iets sal kan verander nie. Ek dink nie eers hy probeer iemand beskerm nie. Hoekom hom dan gaan oorgee? Dalk wou hy a la Andy Warhol net “fifteen minutes of fame” beleef.

Nana ·

Ronnie, al wat ek te se het as dit hy was sal Weskoppies hom laat praat. Sterkte aan Anita se ouers en famielie sowel as die beskuldigde se ouers. Ek oordeel geensins nie maar as jy skuldig is sal dit uitkom een of andertyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.