Anika Smit-moordsaak: Verdagte vir waarneming gestuur

André van Wyk tydens Maandag se hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk tydens Maandag se hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Van Wyk staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en lykskending. Staatsaanklaer adv. Tania Carstens het versoek dat Van Wyk na ʼn psigiatriese hospitaal verwys word vir volledige waarneming.

Adv. Corrie Nieuwenhuys, Van Wyk se regsverteenwoordiger, het gesê Van Wyk gaan nie in die stadium om borgtog aansoek doen nie en dat hulle nie ʼn beswaar het teen die psigiatriese waarneming nie.

Carstens het gesê die staat sal borgtog teenstaan wanneer Van Wyk besluit om aansoek te doen.

Van Wyk sal in ʼn enkelsel in die hospitaalafdeling van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria bly tot ʼn bed in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal beskikbaar word. Die saak is tot 25 Oktober uitgestel.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het hom op 17 September aan die polisie oorgegee in verband met die moord op Smit.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

Lees ook: Anika Smit-saak: ‘Hy kan nie onthou nie’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jean ·

Wat sou iemand besiel om dit te doen? Dit is so ongelooflik wreed, niks kan dit beter maak vir die ouers nie. Die reg sal nou maar sy verloop neem, jy sal die straf kry wat jou toekom.

m ·

Wat moes die arme kind nie deurgemaak het met hierdie monster nie. En hoekom het hy haar hande verwyder?

Louise E ·

Vir DNS doeleindes, sy het hom moontlik gekrap ens, die vel sit onder naels.

Arsène Lupin ·

Dit is regtig tragies, en kan ek net dink waardeer sy ouers moet gaan. Hy lyk na ‘n oordentlike (aantreklike) man. Dis waarlik ‘n kwessie van wolf in skaapklere.

Buks ·

Ek het al gehoor wat dwelims gewone mense laat doen, het hy dit gedoen terwyl hy nugter was. Sterkte aan alby se ouers ek dink hulle kry baie swaar. Dankie dat jy jou self gaan oorgee het.

Christine Rossouw ·

Of die man op 30 gram cocaine was, of hy 7 dagga zolle gerook het en of hy al 9 dae dronk was op daai punt… dit maak NIE saak nie! Hy het iemand vermoor, op die wreedagtigste manier moontlik en hy het vir 6 jaar lank stilgebly! Anika se eie pa het op een punt die skuld gekry vir haar moord. Haar EIE pa wat haar so moes kry, so moes sien. Het die skuld gekry! En Andre van Wyk het stilgebly! Was hy toe OOK op dwelms, dagga of drank in hierdie Hele 6 jaar (18 000) dae? As ek OOIT so iets moet aanvang sal ek nie so lank stil kan bly nie, eenvoudig sal ek net nie kan nie. Hoe doen mens dit? Hoe leef jy saam jou gewete vir 18 000 dae??? Geen simpatie of sagheid vir hierdie persoon nie! En die feit dat hy homself “oorgegee” het maak dit eintlik net erger, want dis werklikwaar “too little, too late” dis al 6 JAAR LATER.

Hardiman ·

Christine…haal asem en dink logies. Jys so opgewerk dat jou wiskunde jou in die steek gelaat het. Ek dink wat Buks probeer sê is, toe hierdie grusame dade plaasgevind het, hy moontlik onder die invloed van dwelms soos tik, heroïen of pcp was wat veroorsaak dat jy nie beheer oor jouself het nie. Het hy dalk skoon geword intussen en “bekeer”? Die eerste stap sou dan wees om jouself te oorhandig… moet jy nie worry nie, hy sal vir die res van sy lewe boet “karma does not have favourites”. Ps. Nog niemand in op hierdie planeet is dood van net Zol nie…

Alida ·

Wat het hy gedink om nou eers na vore te kom. Stuur hom vir waarneming want hy het nooit gedink waardeur haar ouers moes gaan vir so lank nie.

Sarie ·

Ek kan aan bàie redes dink waarom iemand wat “high” was tydens die gebeure, later, nadat hy tot sy positiewe gekom het, daaroor sou swyg… Vrees, (vir die gevolge van sy daad, òf vir sy vader), skaamte, (Hy was moontlik ‘n “goeie” kind met aansien op skool, òf sy ouers is gesiene mense – Wàt gaan àlmal sê?), òf hy was dalk ‘n dwelmslaaf, wat nà jàre eers tot soberheid & verantwoordingsin gekom het.. En DIT is slegs ‘n pààr moontlikhede…

broos ·

ek kan net nie dink hoe die polisie na so lank hom nogsteeds nie kon opspoor nie….wat as hy nie ‘n gewete gehad het nie? dan was hy vir altyd vry en wie weet, kon dit dalk weer en weer gedoen het….uiters swak!! maar nou ja…..kan seker nie beter van onse saps verwag nie :(

Sarie ·

Hy lyk netjies & het moontlik ‘n goeie opvoeding gehad… Èk sou hom nòòit met sò ‘n bizare moord kon assosieer nie… Ek wònder wàt daardie dag gebeur het? As ek règ gelees & règ verstaan het, was hul albei nog op skool. Dit wil voorkom asof hul skool “geslip” het & sý moontlik voorgegee het dat sy siek was. Ek wonder watter rede hý vir sý afwesigheid aangevoer het. Hy was moontlik in matriek & moes die volgende dag terug skooltoe. Hy moes daarnà daagliks ‘n leuen leef. Hy was òf gevoelloos, òf ‘n bàie goeie toneelspeler. Hy het moontlik sedertdien deur hèl gegaan!!! Wàt ookal die geval is of wàs; ièts het hom gedryf om na vore te kom & nou is daar nòg ‘n aantal mense, (sý familie, vriende & kollegas), wie se lewens nòòit weer dieselfde sal wees nie…

Uvonka ·

Ek het geen simpatie vir die monster nie. Hy moet boet vir sy afgryslike daad.

Sherlock Holmes ·

Ek het Anika Smith se moordsaak so fyn dopgehou want in die nare land wat ons in leef kon ek nie verstaan waarom iemand `n ander persoon so kan wreed moor nie. Wat moet jou dryf om iemand so lelik dood te maak? Ek vermoed dat daar iets meer tot die saak is.
André ek dink uit alles uit skuld jy die waarheid aan haar en jou ouers. Vertel alles wat jy weet en wat daardie dag gebeur het.
Dis die minste wat jy kan doen vir albei julle ouers.
Sterkte aan beide families dis `n geweldige skok.

Bloues ·

Ja en vir moord in ons land kan jy as jy goed lieg, histeris raak en naarword , net 6 jaar kry. Belaglik!!!!

george ·

net jammer die waarneming is by n staatshospitaal. so dis eerstens te betwyfel of die regstellende aksie aangestelde psigiater hoegenaamd behoorlik opgelei is as psigiater. dan gesien die geweld op universiteitskampusse, is die gehalte en standaard van die psigiater se opleiding ook onder verdenking. Onthou ook dat dit alles by n staatshospitaal geskied, so die psigiater moet 8uur in die oggend begin, maar hy is eers 8.15 daar en dan drink hy tee tot 8.30 toe. 10uur tot 10.15 is teetyd maar dit word gerek tot 10.30 toe. kwart voor 1 tot half2 is etenstyd, maar dit word gerek tot kwart voor 2 toe. 3uur tot 3.15 is teetyd, maar dit word gerek tot 3.30 toe. half5 is toemaaktyd, maar van 5 oor 4 af word niks meer gewerk nie. Onthou ook dat baie staatsamptenare nie maandag of vrydag werk nie, want daars maandagsiekte en vrydagsiekte. EN VOOR ALMAL MY KRUISIG vir my opmerking: ek het in die staatsdiens gewerk en hierdie ons-is-nie-lus-om-te-werk-nie-kultuur is een groot rede waarom ek daar weg is.

Topster ·

Broos ek stem saam met jou die SAPS is vrot verby en hoeveel ander sake is daar nie wat nooit opgelos word nie.

Donovan ·

Julle vergeet ons is besig met die donker wereld en as jy nog nie daar was nie, kan jy nie saam praat nie… Die man kan nie die legkaart bou nie want hy was self nie daar nie… vir een of ander rede beskerm die jong man iemand want die vrot polisie wat nie so frot is nie, het nader gekom aan die waarheid en nou wil iemand die lig van hulself af he… wees verseker die skuldige is baie naby om gevang te word… Ritueel moet die jongman bewys hy kan n satie wees en dit is hoekom hy skuld beken. Hierdie bose kringloop is om ons, moenie na die skollies om julle kyk nie, daai vroom nie, drinker, nie roker en nie SONDAAR om julle is die een waarvoor jy moet oppas… Kyk in Oktober maand se aand van volmaan waar is julle vriende en familie… kyk wie hang uit op die halloween parties die 31ste Oktober…

Sherlock Holmes ·

Iets het gebeur tussen die donderdag aan en die saterdag toe hy in hegtenis geneem is.
Ai jong man praat jou hart uit!

Ben ·

Spuit hom met ‘n bietjie Sodium Pentothal en hy sal sing soos ‘n voëltjie. (AKA “truth-serum”)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.