Anika Smit-saak hervat

André Van Wyk in die hof. Foto: Phillip Bruwer

André Van Wyk in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Andreas Johannes (André) van Wyk (24), die man wat hom aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op Anika Smit (17) ses jaar gelede, verskyn Maandag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het hom verlede Saterdag aan die polisie oorgegee. Hy het verlede Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn waar hy teregstaan op aanklagte van moord, verkragting en lykskending.

Van Wyk het om regshulp aansoek gedoen waarna die staat versoek het dat die saak uitgestel word vir nadere ondersoek. Die staat het gesê Van Wyk het mense se name genoem van wie verklarings verkry moet word. Hy bly in aanhouding by die Pretoria-Noord-polisiestasie.

Anika en Van Wyk was in dieselfde graad in Hoërskool Gerrit Maritz.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakes ·

Iets klink nie reg met die nuwe verwikkelinge, maar hoop so die volle waarheid kan darem nou in die ope kom. Veral vir die familie se onthalwe.

Gilla ·

Ek ken die kind persoonlik, hy was in my huis, hy was vriende met my dogter. Dis ‘n verskriklike skok. Daar is niks aan hom, wat mens enige idee sou gee hy is tot so iets in staat nie. Dit is net ongelooflik. Nou wonder mens ook net of hy dit regtig gedoen het? Hy het hom oorgegee en gese hy was betrokke. Betrokke beteken nie dat hy dit wel gedoen het nie, of is dit wensdenkery? Nietemin, ek dink ook die polisie is onder druk om iemand te arresteer en aan te kla. Hy praat ook nie met sy familie nie. Ek hoop regtig nie hy is wel skuldig nie, want dit het te naby aan my huis gekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.