Anika Smit-saak: Hof beslis eers oor geregtelike ondersoek

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

Die 24-jarige man wat homself Saterdag aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op die 17-jarige Anika Smit, verskyn binnekort in die Pretoria-Noord-landdroshof.

Landdros Pierre Wessels het Maandagoggend die verrigtinge begin deur die geregtelike ondersoek na Anika se dood onbepaald uit te stel. Dié ondersoek is in September verlede jaar begin om te bepaal of iemand aanspreeklik gehou kan word vir Anika se dood en sou Maandag voortgegaan het.

Dit is egter uitgestel weens die verdagte wat hom oorgegee het. ʼn Groep belanghebbendes is tydens die ondersoek geïdentifiseer, naamlik Anika se pa Johan, haar gewese kêrel Nico Venter en Damian Treeby, ʼn skoolmaat van Anika. Die verdagte se hofverskyning is aanvanklik vertraag nadat daar gewag is dat Anika se ma, Charlotte Eksteen, by die hof opdaag.

Smit is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar pa het op haar geskende liggaam afgekom. Haar hande is nooit gevind nie.

Landdros Wessels het, nadat hy die geregtelike ondersoek uitgestel het, die saak vir 10 minute verdaag voor die verdagte sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet ·

Hande speel n belangrike rol in muti moorde. Wonder of dit n rol speel in hierdie geval?

Maggie van Zyl ·

In die ander artikel is daar ‘n foto by, die van ‘n jong witman. Die skoolmaats het genoem dat een van die seuns die volgende dag by die skool aangekom het met sy rug vol stukkende plekke/krapmerke, Soos Lynette noem, haar hande is beslis verwyder omdat dit as bewysstukke kon gebruik word. Glo nie dit was ‘n muti-moord nie.

Sarie ·

Ek wonder waarom die persoon nou, nà 6jr besluit het om homself oor te gee… Kan seker niè maklik wees om met so ‘n geheim saam te leef nie… Ek hoop maar dat diè saak binnekort afgehandel sal word, sodat die naasbestaandes “vrede” kan vind & weer die stukke van hul lewens kan optel… Tenminste sal die gedurige gekarring aan die wonde daarna ophou..

lynette ·

Nee wat Piet, ek glo nie dit was muti moord nie. Sy het hom seker stukkend gekrap om haarself te verdedig en hy het haar hande verwyder sodat hulle nie sy DNS kon kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.