Anika Smit-saak: Sielkundiges moet sê oor Smiley

André van Wyk Maandag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk (24), die man wat homself aan die polisie oorgegee het in verband met die opspraakwekkende grumoord, verkragting en liggaamskending van Anika Smit (17) in 2010, moet vir sielkundige evaluasie gaan.

Van Wyk, wat onder sy vriende as Smiley bekend staan, het Dinsdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Adv. Corrie Nieuwenhuys, Van Wyk se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê die staat het ʼn aansoek gebring dat Van Wyk deur ʼn sielkundige ondersoek moet word. Hy sal die sielkundige evaluasie by die Kgosi Mampuru II-gevangenis ondergaan, anders as die psigiatriese waarneming wat hy in Oktober verlede jaar by die Weskoppies-hospitaal moes ondergaan.

Daar is tydens dié psigiatriese waarneming bevind hy is geskik om verhoor te word.

Nieuwenhuys het gesê op aandrang van Van Wyk se ouers, gaan hulle ook ʼn private sielkundige aanstel om hom te ondersoek. Albei sielkundiges se verslae moet teen die volgende hofverskyning, op 23 Junie, gereed wees.

Van Wyk bly in aanhouding nadat sy borgtogaansoek op 3 Februarie geweier is.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het homself op 17 September verlede jaar aan die polisie oorgegee en aanvanklik skuld beken.

Hy het, nadat daar lank vir die uitslag van DNS-toetse gewag is, eers op 31 Januarie om borgtog aansoek gedoen.

Van Wyk het tydens sy borgtogaansoek aangevoer hy was kort voordat hy homself aan die polisie oorgegee het besope en is gedreig om verantwoordelikheid vir Anika se moord te neem.

Volgens Van Wyk het hy op 16 September ʼn werksgeselligheid bygewoon waar hy gedrink het voordat hy later saam met vriende verder gaan kuier het. Volgens hom het hulle na ʼn kuierplek gegaan waar ʼn onbekende man en ʼn vrou hom genader het. Hy voer aan die man en vrou het hom en sy familie gedreig en dat hulle hom gedwing het om polisie toe te gaan en ʼn bekentenis af te lê.

Van Wyk het aangevoer hy het kort nadat hy homself oorgegee het besef hy het ʼn fout gemaak en het aangedui hy sal sy bekentenis betwis aangesien hy nie “duidelik” en “nugter” gedink het nie. Hy het ook gesê hy is jammer dat hy Anika se ouers, vriende en familie “vals hoop” gegee het deur die bekentenis af te lê, ook dat hy onnodige pyn en lyding vir sy ouers veroorsaak het en dat hy deur sy dade waardevolle tyd en hulpbronne vermors het.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

hoe kan iemand eers erkwn vir so brutale moord en die volgende keer se hy het dit nie gedoen nie ek ruik n rot dis n baie baie ernstige oortreding die

Onnodige geld mors ·

Onnodige geld mors, dit is al wat dit is en die aandag wat hy kry. Hy sou nie erken het oor iemand hom gedwing het nie, hy weet te veel …… Ek voel jammer vir sy ouers, ek voel egter ook, of jul het nooit na hom geluister as hy praat of julle het maar altyd alles probeer fix, omverskoning gevra en betaal as hy aangejaag het. Daar is groot fout met die jong man en ek voel jammer oor jul nie slaap, maar wat van Anika se ouers wat nooit meer kan slaap met so verskriklike hartseer, ‘n baie baie wrede moord en die voorafgaande verkragting, regtig siek. Doodstraf sou beste opsie vir so daad wees.

CAROL ·

AG GENADE TOG – NOU GAAN HULLE VASSTEL SY OUMA OF OUPA HET EEN OF ANDER PROBLEEM GEHAD EN NOU IS DIT KAMSTIG OOREERFLIK!!!!

Netso ·

Netso Carol, wens Anika Smit kon ook die kanse en regte kry wat hy kry!

Peet J ·

Verstaan ek nou reg volgens ‘n vorige berig was die DNS toetse wat geneem was negatief waarom hom nou weer na ‘n sielkundige verwys.

Veritas ·

Peet ek het dit ook so verstaan. Ek dink die ou het ‘n skroef los en besef nie heeltemal wat die gevolge van sy sg bekentenis inhou nie.

Piet ·

Hy het net aandag gesoek – Het dit al gesien toe ek student was. Meisie slaan n lamp stukkend sy haar eie keel en skop n helse bohaai op. Die storie wat sy vertel het was so reg uit n hollywood verhaal. Die polisie was nie juis beindruk nie maar wou ook nie hulle tyd verder mors met n aanklag nie. So jaar of 2 in die tronk sou haar egter net goed gedoen het. Smily kan maar ook gaan sit, hy wil mos so graag tronk toe gaan.

latie ·

JA HUL MOES VRA WAT HET HANDE GEWORD EN MOES OOK DAARIN ONDERSOEK OF HY DIE WAARHEID IS

Bolle ·

Ek was al baie getrek gewees, nog nooit so dat ek vir so n daad sou bieg nie. Laat jy sit boete, laat jy sit, as sy maar net die regte gehad het wat jy nou geniet.

Alida ·

Hoekom jouself oorgee en dan weer verander. Sluit hom toe hy mors die staat en ons geld. Die sielkundiges weet niks hy weet wat die waarheid is.

Donovan ·

Wees verseker Smiley is net gebruik om n decoy vir die polisie te gooi… die SAPD moet nader aan hulle eie huis begin krap… hierdie okultiese bewegings is baie diep in ons samelewing geweef… en hulle het ou Smiley onder die bus in gegooi om hulle spore dood te maak… Hierdie ouens is BAIE slim en slings… en onthou ons het hier met die donker wereld te doen… die jong meisie was by wille dinge betrokke…

Sjoe ·

Ek dink die Polisie moet by jou begin, jy weet die meeste van die hele storie. Die jong man het hierdie storie oor net 1 van 2 gedoen – 1 Hy het dit gedoen of 2 Hy wou die roem (dit is hoe siek mense dit sien) claim. Daar was stories in die media oor haar en die klomp en donker bedrywighede, maar niks definitief nie, so jy weet beslis meer en ek glo jy moet hul help met die inligting, dit sal haar ouers ook help. So paar jaar terug was ook Satan stories en 2 meisies aan die brand gesteek, daai 2 meisies het min geweet en verstaan, hul het slegs meegedoen omdat die bose manne na hul geluister het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.