Anika Smit-saak: Verdagte mag geïdentifiseer word

Van Wyk verlaat die hof na sy verskyning. Foto: Phillip Bruwer

Van Wyk verlaat die hof na sy verskyning. Foto: Phillip Bruwer

Die 24-jarige man wat homself Vrydag aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op die 17-jarige Anika Smit, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Landdros Pierre Wessels het beslis dat die verdagte, Andreas Johannes van Wyk, geïdentifiseer mag word. Wessels het gelas dit is in openbare belang om die verdagte te identifiseer, aangesien vorige verdagtes in die saak wel geïdentifiseer is en ook om bespiegeling te voorkom.

Van Wyk het vir regshulp aansoek gedoen waarna die staat versoek het dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek. Van Wyk moet weer op 26 September in die hof verskyn wanneer hy moontlik om borgtog sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding by die Pretoria-Noord-polisiestasie tot sy volgende hofverskyning. Hy sal tereg staan op aanklagte van moord, verkragting en lykskending.

Wessels het Maandagoggend die verrigtinge begin deur die geregtelike ondersoek na Anika se dood onbepaald uit te stel. Dié ondersoek is in September verlede jaar begin om te bepaal of iemand aanspreeklik gehou kan word vir Anika se dood en sou Maandag voortgegaan het.

Dit is egter uitgestel weens die verdagte wat hom oorgegee het. Daar is tydens die ondersoek ʼn groep belanghebbendes geïdentifiseer naamlik Anika se pa Johan, haar gewese kêrel Nico Venter en Damian Treeby, ʼn skoolmaat van Anika. Die verdagte se hofverskyning is aanvanklik vertraag nadat daar gewag is dat Anika se ma, Charlotte Eksteen, by die hof opdaag.

Smit is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar pa het op haar geskende liggaam afgekom. Haar hande is nooit gevind nie.

Lees alle vorige berigte oor die Anika Smit-saak op Maroela Media.

Lees ook: Anika Smit-moord: ‘Geregtigheid kan nou geskied’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kleintjie ·

Waar is haar hande dan? Moontlik in een of ander ritueel gebruik? Sjoe!!!!

SOVEEL VRAE ·

Ek dink haar arme ouers en ook ons het soveel vrae. Wie is die man, het hy Anika geken? Was hy n skool pel? Wat het hy met die hande gedoen? Was dit n trofee? Ken Anika se ouers hom?
Hoop die saak kan afgehandel word sodat almal berusting kan vind.

Francois ·

Baie dankbaar die persoon het die regte ding gedoen. Nou kan daar begin met afsluiting en vergifnis en due heelword proses. Die moord was in my woonbuurt en die na van Anike het oorkant in my straat gebly. As ek as buitestaander geskok was soveel meer die familie en vriende. Veral haar pa wat dus dan ook verkeerd verdink was. Weer waarheid in die opdrag om nie te veroordeel nie. Mag God hulle nou vertroos en rustig laat word.

Derrick ·

Ek dink nie dit is hy nie! As sy wel betrokke was by satanisme kan dit netsowel n groepslid wees wat skuld oorneem onder druk.

Berhalet ·

Sjoe… Dat een mens soveel lewens kan verwoes… Sal tronkstraf ooit werklik genoeg wees so vir ‘n uiters bose daad?

Jean ·

Ek is so bly dat daar darem nou vordering is, dit moet vreeslik wees vir ‘n ouer om te wonder oor die dood van sy/haar kind. Mag die regte persoon nou vervolg word en die ouers uiteindelik die kans kry om berusting te kry. Die hartseer sal nie minder wees nie, net die vrae sal nou beantwoord word.

Gys ·

Mag hy al sy hel kry in die tronk Sterkte aan haar familie nou sal hulle darem rustigheid kry

Liewe heksie ·

Ek sal so nie my perke ken nie ASB laat dit nou hy wees en nie net nog n sensasie soeker nie hoop daar is DNA beskikbaar ASB my Vader sodat daar n soort van berusting vir haar ouers kan wees

Tersia Smit ·

Ek kan my indink watter stryd hierdie man ondervind het om homself oor te gee…maar kan jy jou indink waardeur haar pa vir ses jaar deurgemaak het by die verwysings dat hy ‘n verdagte was! Mag die Here gee dat daar dan nou vertroosting en vrede sal wees.

Marianne ·

Waarom???? Waarom vermoor enige iemand, iemand Anders??????
Dis so hartverskeurend.

Natasha ·

Hy sal seker nou weer eers vir psigiatriese evaluering gestuur word om te bepaal of hy verantwoordelik gehou kan word vir sy dade.

Sam ·

Hy was minderjarig toe hy die daad gepleeg het? Hoe werk dit dan? Almal se hulle hoop hy kry wat hom toekom ens, ek ook maar ek wonder meer waar pas hy in en hoe was hy gemis?! Ek dink die ergste wonder is watse verhouding was tussen haar en hom dat sy hom genoeg vertrou het om hom in te laat…En wat moes deur haar kop gegaan het… Ek wonder baie.. Maar ek is bly God het ons almal gewetes gegee!

charlene ·

Liewe Sam, God het jou duidelik NIE `n gewete gegee nie!
As hy nou 15/16 of 18 was toe hy dit gedoen het, dit was verkeerd. Sure sy het hom laat inkom maar ek is dood seker sy wou nie verkrag word en/of vermoor word nie! Die vark verdien om tronk toe te gaan aangesien die doodstraf uit is, en in die tronk verdien hy wat hom toe kom… en daarna mag hy brand in die hel!!!
Aan die ma en pa hier – my hart gaan uit na julle, soveel pyn. En om nou weer deer alles te gaan, al die pyn moet herleef en alles. ek hoop meeste van julle vrae word nou beantwoord. GEEN ouer verdien die soort pyn nie, geen ouer verdien om op sy kind se lyk af te kom nie. Dis nog `n lank pad wat voorlê maar ek hoop julle en julle families ondersteun mekaar want sonder familie kan so `n las baie swaar wees. En ek bid dat julle eendag heel aan die ander kant sal uitkom.

Donovan ·

Hier bo lees ons van n klomp mense met empatie met vrae… My vraag is net hoekom na 6 jaar skuld herken… word die jong man dalk nie gebruik om sodoende die lig van die ware skuldenaar/s af te haal nie… Hierdie saak het my oe laat rek toe alles op die lappe gekom het waaarby Anika betrokke was… Die klomp kinders was/is betrokke by n baie boos kringloop van die lewe… Vampire parties en ek weet nie wat se gemors nog nie… Met die hande hopelik kan die jong man sy skuld bewys deur die hande voorendag te bring… Nogal intersant dat die syfer 6 weer so veel keer tevore kom… Na 6 jaar op die 16de dag van Sept 2016 het die man tevore gekom… 666

SkarrelKind ·

Ek dink dis te maklik om satanisme vir alles te blammer of 666 aan te haal. Daar is baie versteurdes daar buite wat tot geweld en boosheid in staat is, wat niks met satanisme te doen het nie. Lees Micki Pistorius se boek “Catch me a killer”. Dit handel wel oor “serial killers” maar dit verduidelik ook die psige van mense en hulle omstandighede wat hulle in staat stel tot geweld en moord.

Mandi ·

Vriendin mag my nou uiteidelik in vrede rus en mag al die skuldige partye hulle dag kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.