ANN7 moet opdok oor laster

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het die Uitsaaiklagtekommissie se bevinding dat die televisiekanaal ANN7 hom belaster het, verwelkom.

Die Uitsaaiklagtekommissie het ANN7 met R80 000 beboet en beveel dat die televisiekanaal twee agtereenvolgende dae  ʼn prominente verskoning aan Mthembu moet uitsaai.

“Die kantoor van die hoofsweep voel vrygespreek deur dié bevinding aangesien ons ANN7 se gedrag beskou as ʼn erge oortreding van joernalistieke etiek en standaarde soos in die Uitsaaiklagtekommissie se handelskode uiteengesit word,” het Mthembu se kantoor in ʼn verklaring gesê.

“Dié uitspraak behoort ʼn les vir alle mediahuise te wees om nooit joernalistieke waardes en beginsels prys te gee omdat hulle noue politieke agendas najaag nie,” het die verklaring gelui.

ANN7 sal vanaf 08:00 op 16 Februarie tot 17:00 die volgende dag ʼn verskoning uitsaai.

Die Uitsaaiklagtekommissie het in sy uitspraak bevind ANN7 het glo met ANC-LP’s geknoei en ʼn “nuuskonferensie” regstreeks uitgesaai wat ten doel gehad het om Mthembu se politieke loopbaan te saboteer.

ANN7 was die enigste mediahuis wat die sogenaamde nuuskonferensie uitgesaai het en Mthembu is nie die geleentheid gegee om homself te verdedig nie.

In die nuuskonferensie van November 2017 het LP’s Mthembu gekap en gesê die feit dat hy ingestem het tot ʼn staatskapingdebat wys dat hy homself by die “rassistiese DA” geskaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

En hier gaan ons weer, steeds. ‘n ANC, swart, man besluit hy is beledig en die poorte gaan oop om hom en sy reputasie te beskerm en die wat durf iets se te beboed en te dwing om anders te dink en praat. ANC definisie van dmokrasie. Nevermind die nuwe SA… dis die HUIDIGE SA!

SjN ·

Ann7 het seker gedink hy is n verteenwoordiger van good year, dunlop of trentyre. Hulle behoort ook vir twee dae die bande maatskappy onverskoning vra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.