ANN7-werknemers glo afgedank oor uitjouery

ANN7Minstens agt werknemers van die Africa News Network 7 (ANN7) is glo afgedank nadat hulle vroeër vanjaar die ANC-jeugliga se leier uitgejou het.

Collen Maine, die ANC-jeugliga se leier, het werknemers in April toegespreek oor die besluit van die land se vier grootste banke om Oakbay, ‘n Gupta-maatskappy, se bankrekeninge te sluit.

Die werknemers het Maine glo uitgejou en gesê die ANC-jeugliga het hulle nie in hul tyd van nood bygestaan nie. Volgens inligting is agt werknemers dadelik afgedank omdat hulle die maatskappy in oneer gebring het. Nog 12 finale skriftelike waarskuwings is glo uitgereik en later nog 11 aan ander werknemers.

Die agt werknemers se afdanking hou glo ook verband met die intimidasie van ʼn kollega wat briewe aan die banke gestuur het na aanleiding van hul besluit oor Oakbay. Die briefskrywer het versoek dat werknemers van ANN7 se werk gespaar bly. Oakbay is die beheermaatskappy van ANN7.

Pogings om Moegsien Williams, hoofredakteur van ANN7, te kontak was onsuksesvol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Popeye ·

Die gesegde lui mos: meng jou met die semels…. dis net jammer dat onwetende mense nou hul werk kwyt is a.g.v. Korrupsie en gierigheid van ” jy weet wie”

Moeg vi negatiewe nuus sien ·

Ou moegsien kan mos lekker arbeidshof toe gevat word. Dit is nie grondige rede vir afdanking nie, inteendeelou moeggesien kan met die legal lat moeggepraat bygedam word vir hierdie stap.

Magrette Louw ·

Ek is seker hulle is bly. Nou is hulle vry om by eerbare instansies te gaan werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.