Annatjie Myburgh-saak: Skuldiges gevonnis

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord in 2016 op Annatjie Myburgh (58) van Witrivier is vroeër vandag elkeen tot lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Mbombela in Mpumalanga gevonnis.

Selby John Mabila (26) en Paul Mathebula (32) is elkeen tot ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede en ʼn verdere agt jaar tronkstraf op aanklag van ontvoering.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Maroela Media het vroeër berig Myburgh het destyds op 15 Junie op pad na haar werk verdwyn. Haar liggaam is die Sondag daarna in die vroeë oggendure sowat 7 km buite Witrivier tussen bosse gevind.

ʼn Nadoodse ondersoek het getoon dat Myburgh aan ʼn hartaanval gesterf het wat vermoedelik veroorsaak is deur die angs en trauma wat sy deurgemaak het toe sy gekaap en ontvoer is. Geen opsigtelike beserings is aan haar liggaam gevind nie.

Wendell Myburgh jnr., Annatjie se seun, het Vrydag aan Maroela Media gesê hoewel niks ooit sy ma sal kan terugbring nie, is die gesin nietemin tevrede met die vonnis.

“Gister was dit presies drie jaar en twee maande [ná haar dood]. Hulle sê alle goeie dinge kom met tyd. Daar was ʼn hoë standaard met hierdie saak gestel. As hulle dié standaard met alle sake kan handhaaf, kan daar ’n ommedraai in die regstelsel kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Zettie ·

Sjoe……3 jaar later eers, maar nou ja………ek kan my nie indink hoe absoluut bang die vrou moes gewees het nie………daar is nie woorde nie.

jakes ·

Welverdiend is die vonnisse. Jammer dat dit gelyklopend uigedien moet word.

Manie van Worcester ·

doodstraf sou meer van pas wees. die arme vrou is dood van vrees en hulle het n heerlike paar jaar in hotel met skuilnaam korrektiewe inrigting.

Charles ·

Tot lewenslange tronkstraf in die Hooggeregshof in NELSPRUIT!!!! gevonnis!!!!!!

Wielspore ·

Die nuwe hof in Nelspruit is onlangs in gebruik geneem en die fonnis word verwelkom.

Hannelie ·

Snert! Geen ommedraai in die regstelsel sal enigiemand wat moordlustig is stuit nie. Vuilgoed kom altyd weer op, maak nie saak hoeveel keer jy dit uittrek nie.

Gesiggie ·

Ek onthou dit … en dit voel soos gister? almal van Nelspruit en Witrivier het saam die gesin Gebid dat Annatjie gevind sal word, die familie het deur n baie swaar tyd gegaan.. en toe die hartseer berig dat Annatjie gevind is en ongelukkig oorlede is. Ja nou al 3 jaar en hoekom dit so lank gevat het? ek is net bly dat die 2 wat verantwoordlik was vir die vrou se dood gevang is, sodat die familie nou berusting kan vind. Sterkte aan jul almal .

Wattie ·

Alle lof aan die aanklaer!! Dit was seker nie n maklike saak om dolus eventualis te bewys. Die tyd wat dit gevat het tot nou en die uitslag wys op deeglike werk van almal betrokke aanklaer en polisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.