Annatjie Myburgh-saak: Twee in hof

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Die twee verdagtes wat aangekla word in verband met die verdwyning en dood van Annatjie Myburgh (58), het Maandag saam in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Selby John Mabila (26) en Paul Mathebula (32) het aangedui dat hulle nie meer wil aansoek doen om borgtog nie.

Volgens die voorlopige klagstaat wat Maandag aan die hof voorgehou is, staan die twee mans tereg op aanklag van moord, kaping en roof met verswarende omstandighede.

Die kwessie van die nadoodse ondersoek is ook Maandag in die hof aangehaal. Maroela Media het vroeër berig die nadoodse ondersoek dui aan dat Myburgh vermoedelik aan ʼn hartaanval gesterf het, wat glo veroorsaak is deur die angs en trauma wat sy deurgemaak het tydens die kaping en ontvoering. Die uitslag van die nadoodse ondersoek is egter nog nie formeel in die hof bevestig nie.

Myburgh het op 15 Junie op pad na haar werk verdwyn. Haar liggaam is die Sondag daarna in die vroeë oggendure sowat 7 km buite Witrivier tussen bosse gevind.

Die mans verskyn weer op 19 Julie in die hof.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.