Annatjie Myburgh-saak: Verdagte in hof

Selby John Mabila Maandag by die Witrivier-landdroshof. Foto: Skermskoot van Suburb.News-video

Selby John Mabila Maandag by die Witrivier-landdroshof. Foto: Skermskoot van Suburb.News-video

Selby John Mabila (26) wat aangekla word in verband met die verdwyning en dood van Annatjie Myburgh (58), het Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die staat het die hof versoek om die saak uit te stel vir verdere ondersoek. Die landdros het die versoek toegestaan en Mabila sal op 27 Junie weer in die hof verskyn. Hy sal tot in dan in aanhouding bly.

Die tweede verdagte, ʼn 32-jarige Mosambiekse burger, sal Dinsdag in die Witrivier-landdroshof verskyn. Sy naam kan eers bekend gemaak word wanneer hy in die hof verskyn het.

Albei verdagtes in die saak word tans van motorkaping en ontvoering aangekla. Volgens Sedibe kan ʼn addisionele aanklag van moord moontlik later bygevoeg word, maar word daar eers op die uitslae van die nadoodse ondersoek gewag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reusesoektog is van stapel gestuur nadat Myburgh Woensdagoggend op pad na haar werk verdwyn het. Haar liggaam is Sondag in die vroeë oggendure sowat 7 km buite Witrivier tussen bosse gevind.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Ronel ·

Moontlike aanklag van moord??? Wat te hel die vrou is dood maak nie saak hoe nie..Hulle is die oorsaak daarvan

Janeke Theunissen ·

Ek wil graag meer lees oor Maroela Media. Uitstekende nuus berigte

snoefie ·

hartaanval of beroerte,hulle het dit veroorsaak. swye terwyl hulle geweet het van die soektog na haar, dien as verswaring. daar is geen manier dat hulle nie kon weet nie.

VM ·

Moontlike moord. Hulle het haar vermoor. As sy n hartaanval gehad het sou sy dt nie gehad het as sy onder stres was nie. Syt niemand gepla sy was oppad werk toe. Verdomp!!@

Se maar net ·

Maak geen verskil nie, hulle het haar ontvoer. En hulle is direk verantwoordelik vir haar dood.
Sy sou vandag nog gelewe het as hulle nie die rooftog beplan het nie. Dit maask mens so de hel in.

Ivan ·

Wil hulle he hy moet weer ontsnap ! ! ! Hy is dan nie eers geboei op die foto nie.

Rene ·

Ivan kyk MOOI – Hy is geboei en word vergesel deur twee beamptes

Gesiggie ·

DAN WYS HUL NOG DIE SKURK SE GESIG……. Ja ek stem saam as dit nie was dat hul soveel spanning oor Annetjie gebring het, was sy dalk nog ok… maar kan jy jouself indink, om in jou eie voertuig deur onvoerders gevat te word, jy weet nie waar jy is, of wat hul aan jou gaan doen…. sy moes seker so gepleit het… kan net indink wat sy als moet deur maak, Al het hul haar meskien nie vermoor.. ? Is hul nogsteeds verantwoordelik vir haar dood… VM Ja sy het niemand gepla of leed aangedoen, sy was net op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek.. en ek glo almal voel lus om hierdie man in die hande te kry? jou gemene nikswerd”’

Frederik ·

Nee, Gesiggie, Annetjie was op die regte tyd op die regte plek. Sy was betyds op pad werk toe om haar werk te doen en haar salaris te verdien. Sy was nie ‘n onopgevoede, ongeletterde werklose moordenaar nie.

#Gerda ·

#Ivan – hy is geboei, die arm wat jy sien is van een van die 2 polisie manne… ons land se regstelsel faal ons alweer…….

BEKKIE NEETHLING ·

En so sal hulle loskom as die dierbare vrou aan ‘n hartaanval dood is……soooo bitter onregverdig en hartseer! My hart gaan uit na die familie!

johann cb ·

As die regering daadwerklik ‘n poging aanwend om werk te skep, sal minder sulke insidente plaasvind. Daar is ook skynbaar geen beheer oor die instroming van buitelanders na Suid-Afrika nie.
Laat die regering hierdie dinge opsetlik toe?

Liza ·

Ek weet dit is verskriklik om te se maar ek sal dankbaar wees as hulle bevestig dat dit wel ‘n hartaanval was….. en nie ‘n koeel of meswond of erger nie…. Rus in Vrede Mevrou.

JaNee ·

Liza, daar is geen wonde aan haar lyk gevind nie. so nie n mes of vuurwapen was gebruik nie.

Thea ·

Hoekom het hulle nie net die voertuig gevat en haar maar by die hek gelos nie. Hulle kon selfs al die huisinhoud ook weggery het. Wat gaan van ons land word

Poot ·

Thea
Soek jy regtig vir ‘n antwoord op jou vraag? Dis voor die handliggend.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Laat die regering hierdie dinge opsetlik toe?
DINK VIR JULLE SELF!

Gesiggie ·

Selby John Mabila…. you would never read this… be course you will be , where you DESERVE be… in JAIL….. Ek kan die vrou se gebeure nie uit my kop uit kry? en weer dink ek aan als wat sy moes deurgaan… hoe sy moes Bid… Pleit… smeek, Huil… dan raak ek van vooraf so hartseer, maar dit wat my die meeste onsteld, is dat sy haar klein kind, vir net so n klein rukkie kon ken… Ek is ook n ouma van n Pragtigge seuntjie, en ek Lief hom met my hele hart, hy is my lewe… dan wil ek uitskreeu… HOEKOM???? HERE HELP.. HIERDIE MENSE VERDIEN DIT NIE… SPAAR ONS LEWENS… So jammer Annetjie moes op so n manier gaan… DOODSTRAF”’ VIR MOORD… ASB…

Nita ·

Ek sien n nuwe neiging kom. Geen aanklaag van moord meer nie ons gaan sommer net vanself doodgaan. Die skurke kry n tikkie oor die vingers en gaan lustig voort met hul gruweldade.

Hartseer... ·

Innige meegevoel aan gesin, familie en vriende. Dis bitter hartseer…

Ellie Rose ·

Mense kom ons bid almal vir Annatjie se naasbestaandes en vriende. Dink net, as sy nie aan ‘n vermoedelike hartaanval oorlede is nie, hoeveel meer angs, wreedheid en vernedering sou sy nie dalk dan moes verduur nie. Dit bly wreed, skokkend en onverstaanbaar, maar al ons uitsprake, hoekoms en waaroms sal haar nooit weer terugbring nie. Hulle wat agterbly het nou ondersteuning en gebede nodig.

CVS ·

Nie woorde !!!! Alweer n uitgerekte saak, waar “verdagte” kommervry kampeer en Annatjie se familie ly.!!! Saak is uitgestel..!!!! Verdomp.!!!!

JaNee ·

Saak is uitgestel om rede hul wag vir doodsondersoek (post mortem) om die oorsaak van haar dood te kry. Want dan nog klagte by – Moord.-

elmare ·

Ai kan dit nie uit my kop uitkry nie dit is baie seer dink aan die familie wat agter gebly het ek kan net dink hoe hulle voel baie sterkte in hierdie hartseer tyd mag Liewe Jesus julle vertroosting gee …

chris ·

Ek kan nie verstaan dat mense kan gil en skree as daar nog ondersoek gedoen moet word nie. Die staat kan nie net aankla vir moord voordat hulle nie seker gemaak het nie. Die saak moet voor die hof kom en verseker gaan die beskuldigdes advokate he wat hulle gaan verdedig. As die staat nie hulle ondersoek goed doen nie word it uitgegooi deur die hof.

Irene ·

Ja Nickey hul gee zim se mense die reg om hier te kom maak soos dit vandag aan gaan

Lida ·

MM hoekom lees ons niks van die Human moorde in Grootbrak nie?

Gertjie ·

Toe hulle opmerk dat sy besig is om te sterf het hulle nie hulp ontbied nie. Nee … die twee het haar liggaam eerder verberg deur dit te versteek, hulle is aandadig vir haar dood. Kla hulle aan vir moord, motorkaping en ontvoering.

Ronel ·

Natuurlik gaan hulle daarmee wegkom dit is maar net nog n blanke wie se dood hulle veroorsaak het

Poplap ·

Natuurlik gaan hulle daarmee wegkom soos met al die plaasmoorde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.