Annel Snyman-moordsaak: Familie, vriende by hof vir borgtogaansoek

Annel Snyman (38). (Foto: Facebook)

Verskeie vriende en familielede van die vermoorde Annel Snyman (38), asook van haar vermeende moordenaar, Chris Luus (44), was Woensdag in die hofsaal van die landdroshof op Colenso waar Luus se aansoek om borgtog aangehoor is.

Snyman, die eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela, se liggaam is in September in die badkamer van ʼn huisie by die Cayley Mountain Resort naby Winterton in KwaZulu-Natal ontdek. Sy en Luus, wat in ʼn verhouding was, was daar op ʼn wegbreekgeleentheid. Aanvanklik is gesê Snyman het haar oënskynlik met ʼn rekverband agter die deur gehang en die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek na die voorval gedoen.

Die ondersoek is egter later na moord omgeskakel en Luus is verlede week by sy huis in Bela-Bela op dié aanklag in hegtenis geneem. Hy het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn en sy aansoek om borgtog is gister aangehoor.

Chris Luus (44) word aangekla van die moord op sy vriendin, Annel Snyman. (Foto: Facebook)

Die hof het onder meer gehoor dat twee nadoodse ondersoeke gedoen is en dat daar tydens al twee bevind is dat die merke ooreenstem met verwurging, eerder as iemand wat haar sou hang. Snyman se voete sou glo ook die grond geraak het as sy haar sou hang.

Snyman se familie het ná haar dood aangedring op ʼn tweede nadoodse ondersoek, selfs al het die eerste een daarop gedui dat die merke met verwurging ooreenstem.

Snyman het aan die outo-immunsiekte lupus gely. Luus het aangevoer sy was depressief en dat dit ʼn moontlike rede vir haar beweerde selfmoord is.

Haar broer, Nardus, het ná die verrigtinge gesê die saak eis sy tol op die familie.

“Dit bly hard. Elke keer is dit wonde wat oopgekrap word,” het hy gesê.

“Die gereg moet nou sy gang gaan. Ek weet geregtigheid sal geskied, ek bid daarvoor.”

Uitspraak in Luus se borgtogaansoek word Woensdag verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

e ·

Ek dink hierdie Luus is die domste ou ooit. Het hy nie by Jason Rohde geleer nie?? Jammer dat vroue sulke …. ontmoet.

Marietjie Stander ·

Jy kan sommer op sy gesig sien, watter tiepe mens hy is. Het hy rêrig gedink hy van daarmee weg kom.

Neels ·

Probeer n Rhode of n van Breda trek toe boemerang dit. Sal natuurlik nou van die beste regsverteenwoordigers probeer kry wat bereid sal wees om hom uit sy gemors te probeer help. Voel jammer vir die Snyman familie

Maria ·

hi tog..toggie hy vergeet hoe lank sy is want haar voete was op die grond

Blom ·

Lig jouself in, asb tog!!!!! – (Geleen vanuit Wikipedia) “A type of hanging comparable to full suspension hanging may be obtained by self-strangulation using a ligature around the neck and the partial weight of the body (partial suspension) to tighten the ligature. When a suicidal hanging involves partial suspension the deceased is found to have both feet touching the ground, e.g., they are kneeling, crouching or standing. Partial suspension or partial weight-bearing on the ligature is sometimes used, particularly in prisons, mental hospitals or other institutions, where full suspension support is difficult to devise, because high ligature points (e.g., hooks or pipes) have been removed.”

Liezel ·

Mense julle moet versigtig wees wat julle se… daar is dalk baie dinge aan die verdediging se kant wat terug gehou word vir die saak totdat die hof saak begin… Sy gesig lyk soos n moordenaar ? regtig…. Dink mense met bietjie meer tussen die ore moet comment wat al by sulke sake betrokke was en weet dat verdediging amper niks van hulle saak weg gee vir n borg aansoek nie…

PJC ·

Ek wonder soms waar kom mense aan hulle dom idees en verwag dan nog ander mense moet dit glo.

·

Dit is ‘n hartseer saak, baie. Ek voel jammer vir beide se familie. As hy haar dus sou verwurg, sou sy nie terug baklei het nie. Is dit nie maar ‘n menslike intelling om te baklei vir asem nie? Sou sy tog nie merke aan haar arms en onder haar vingers gehad het nie?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.