Anneline Kriel: ‘Dis duidelik regering wil nie boere help’

Foto: Stefan Doveton-Moore/Facebook

Foto: Stefan Doveton-Moore/Facebook

Die Suid-Afrikaanse skoonheid en voormalige Mej. Wêreld, Anneline Kriel Bacon, het haar onlangs tot sosiale media gewend om haar stem dik te maak teen die drastiese toename in plaasmoorde in Suid-Afrika.

Kriel het in ʼn Facebook-inskrywing gesê sy wil plaasmoorde veral onder die aandag van die media en die regering bring, om te verhoed dat “die hele regering in duie stort soos dié van Kenia in 1960 en die huidige regering van Zimbabwe”.

Die inskrywing, waarin sy ook van die hartseer praat “vir die boere wat elke dag en nag in vrees moet lewe”, is sedert middel Februarie meer as 32 000 keer op Facebook gedeel.

Kriel het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê sy het self ervaring van die post-trauma van ʼn plaasaanval en simpatiseer met die magdom boere wat daagliks vrees vir hul lewe, en daarom het sy besluit om in die openbaar oor dié saak te praat.

“Ek is al ʼn geruime tyd bewus van die grusame plaasmoorde, en ʼn vriend van my stiefdogter in Stellenbosch is ook op ʼn jong ouderdom op ʼn plaas vermoor. Dit het verpletterende gevolge vir almal in die familie en vriendekring ingehou. Ek is ook bewus van die moorde wat toeneem en die absoluut desperate behoefte aan ʼn uitkoms,” vertel sy.

Kriel meen dit is onaanvaarbaar dat die regering nie die saak as belangrik genoeg beskou om dringende stappe te doen nie. “Ek het gehoop as ʼn mens ʼn beroep op die president doen om die moorde te verdoem, sal sy hart versag en hy die boere te hulp snel. Maar dit is nou vir my baie duidelik dat die regering en die ANC nie belangstel om die boere te help nie.”

Sy meen dit is ook die verantwoordelikheid van “sakeleiers” in die land om die kwessie die nekslag toe te dien. Kriel sê een van die oplossings is moontlik om studies oor plaasmoorde te doen om te bepaal wat die motief agter dié moorde is, en dit dan dienooreenkomstig aan te pak.

Sy sê dit is ook belangrik dat boere, en mense oor die algemeen in Suid-Afrika, ingelig word oor die belangrikheid daarvan om hul huise en plase te beveilig.

Ten spyte daarvan dat sy haar stem teen plaasmoorde dik maak, sê Kriel sy is nie optimisties oor die bekamping daarvan nie. “Ek vind dit uiters moeilik om optimisties te wees. Daar geen uitweg sonder die regering se hulp nie. ʼn Boere-afvaardiging soos onder leiding van AfriForum sal met die president moet praat en by die regering moet pleit vir hulp. My hart bloei vir elke mens wat vermoor word. Ek kan net nie hoop vir die toekoms sien nie,” voeg sy by.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Dellaq ·

Goed gese. Bitter min van ons het hoop dat dit gaan verbeter. Nie met die huidige regime nie want hulle keur die slagting goed. Die einste nr1 het dan gesing vir die afmaai van die boere. Ek dink aan al ons weerlose mense daar buite en wonder waar alles gaan eindig….selfs in ons eie midde het die wetteloses die oormag.

Hannah ·

Ek is die Ma van ‘n seun wat boer…. ek het 2 broers wat boer…. kan ons nie net OPHOU met belasting betaal todat die regering iets doen aan hierdie situasie?

Trotsafrikaner ·

Dit is ‘n duidelike strategie van die “regime”, ontneem blankes van werksgeleenthede, sorg dat besigheids geleenthede vir blankes onmoontlik is en pas dan n vreesbeleid toe deur te moor en vermink. Blankes sien nie meer n toekoms nie en verlaat die land.

Susan ·

Dit is so en hoemeer hulle dit doen hoop hulle die boere vlug en dit is land om op te gryp vir hulle wat hul nie eers ñ sent voor betaal en gewerk het nie. Net gemoor.

Rynhardt ·

Anneline Kriel is reg, Anc gaan nie boere help nie.Hoekom dink ons floreer moorde teen wit boere (enigste land ter wereld) vir 23jaar voort? Vryheidsmanifes word nagekom en rewolusie moet voortleef.Daar mag nie eens n debat oor plaasmoorde in parlement wees nie.Maak dit sin?? n Hele uitwissingsveldtog is aan die gang teen ons mense! Nog steeds word mense mak gemaak met demokrasie! Wanneer gaan ons mense wakker word???????

Johannes van Rooyen ·

Ñ mens moet die kultuur van die regering verstaan hulle gee nie eers vir hulle eie mense om nie hulle is 100% ingestel op selfverreiking dis die hoof rede hkm net ñ paar mense stink ryk geword het en miljoene mense net so arm en armer gelos is dit is die rede BEE en nie soos ANC sê nie ANC sal eers hulle houding verander as teveel mense van honger sterf en dit vir hulle die verkiessing kan kos AFRIKA is mos die voorbeeld hiervan

posduif ·

NASIONALE BID DAG 22 APRIL 2 UUR IN BLOEMFONTEIN op n plaas. DIE WAT GEKYK HET OP DSTV KANAAL 341 gister. Oom Angus Buchan het n ernstige beroep gedoen op ALMAL om saam te staan en te bid. WE SERVE A WONDERFUL AWESOME GOD.

Bietjie bietjie ·

Dankie vir jou info oor bid- dag !
Gee meer inligting asb .
Dit moet versprei op sos media soos nog nooit !
Maroela waarom help julle nie om dit bekend te maak en groot te adverteer?
Dis al wat gaan help om te bid . Mense kan self geen verskil maak .
Vertrou dit is vir alle kinders van God .
Alle Christene en nie net vir wittes.
As 2 of meer bymekaar is : Dan is Hy ook daar ! Dink net die krag met ñ massa byeenkoms met eerbare media om dit te versprei!
Kry paar kern punte om oor te bid sonder politiek
Bid dan daaroor.
Kyk met vertroue oor wonderwerk wat gaan volg hier uit Kanada.
Sal dit selfs bywoon !!!!!!

Positief ·

Annelien Kriel moet miskien daaraan dink, om as ‘n bekende persoon, in te staan vir die Afrikaners en Boere om met die buitelandse leiers van die UK en USA te vergader en die moorde asook die huidige regering se onwilligheid om werklik ‘n einde hieraan te bring, onder hulle aandag te bring.

Andrea ·

Dis n uitstekende pkan! Ons Suid-Afrikaanse skoonhede wat kontakte met die buitewêreld het soos Annelien,Margaret Gardener, Wilma vd Bijl. Julle is hoë profiel mense, intelligent en geskik om só n boodskap uit te dra. Asb, almal wat kan, help asb.

Willie E ·

Ja…en as mense soos Steve Hofmeyr ‘n plan wil maak om te probeer om met Donald Trump te konfereer oor hierdie kwessies,dan kry hy die slegste teenkanting …vanaf blanke Afrikaanse mense…..nou wil julle he Annaline moet dit ook probeer doen? Net sodat sy ook deur haar eie mense aangeval en sleg gese word….”Hond vreet hond”….soos die spreek woord gaan…..blanke afrikaners is mekaar se eie grootste vyande…..

LB S ·

Net jammer as Steve bereid is om so iets te doen, word hy bespot en verkleineer. Nie noodwendig deur Maroela-lesers nie, maar wel op Netwerk24. Ek stem ook saam dat ons manne en vroue met durf, wat gewoond is aan publisiteit, ens. nodig het om namens ons op te tree. Ek haal my hoed af vir Anneline en Steve!

dries ·

Die probleem met ons boere is hulle wag vir hulp van die regering. Vergeet dit doen self iets,want jou probleem gaan net erger word. Die Boere het die intelegensie doen iets. Elke keer as daar plaas aanvalle is dan skrik hulle wakker.

Boerseun ·

dries. Dink jy sal vind boere doen baie meer as wat jy dink. Daar is well die wat naive is.

Ada ·

Ai ou Annaline wil jy nie die moorde in die buiteland bekend maak nie? Jy sal dit regkry! Jy het die brains en die beauty en die hart daarvoor. Jy is so mooi van binne en van buite. Kry sommer vir Penny en ook Jolene Strauss en nog skoonhede. Dalk ook Margaret Gardner. Julle is wereld bekend. Dit kan dalk net werk. Ons het dit soooo nodig.

Lena Lombard le Roux ·

Asb mense! Julle wat dalk kontak het met Pres. Trump! Bring die Volksmoord onder sy aandag! Hy kan dalk druk uitoefen op die regering!

J ·

Ek het my nig en neef wat in lugtenburg gewoon het in n plaasmoord so paar jaar veloor hul papagaai is ook deur rowers gedood. Laas jaar Augustus was dit my niggie in hartbeespoort en haar 3 kinders wees gelaat. WAAR GAAN ANC STOP ? WONDER WIE GAAN KOS OP ANC SE TAFEL SIT???

Ljl ·

Annaline jy is en bly die mooiste blom wat SA nog ooit gehad het, dankie vir jou omgee.

Annie ·

Ek dink ook ons enigste hoop is hulp van oorsee. Ons eie ANC gaan niks doen. Hulle sal kos in vlieg .. met die belasting betalers se geld. Alle boere moorde moet op BBC kom … Annelien help asb ..

andrea van vuren ·

Nou skielik wil almal skoonhede en bekendes oorsee stuur om daar te gaan smeek vir hulp. Toe ‘n groepie boere afrikaners bereid was om Steve Hoffmeyr te borg om te gaan, het almal weer dwarsgetrek. Steve mag dan nie eens Die Stem sing nie! Ons sal nêrens kom in hierdie land as die boere steeds in tweespalt leef nie…

AL ·

Dankie Anneline Kriel – om met die regering te praat gaan nie help nie. Doen n veldtog om steun te werf internasionaal.
Ja boere en hul families sal selfverdedigingklasse moet bywoon en hul plase in booby traps sones moet omskep.

M'Lady ·

Vergeet maar daarvan dat die buiteland ons gaan help. Volgens van hulle is dit ons verdiende loon omdat ons apartheid toegepas het. Hulle het die ANC geldelik ondersteun om aan bewind te kom. Hulle sal nooit hulle fout erken nie. Dis elkeen vir homself en die duiwel vir die res.

Marinus ·

Presies. Die sal ons SELF moet uit sorteer. Slegs met die hulp van God. NIEMAND anders gee om of gaan help sonder dat God hul opdrag gaan gee nie. Maar eers sal ons self moet opstaan teen die heidense bedryf van die land.

SS ·

Dis waar elke stem en aktiewe positiewe uitvoer en benadering help. Baie dankie vir elkeen wie saamstaan en ook saambid. Daar moet steeds elke dag gebid word en ook moet almal hulself en wonings so goed moontlik beveilig
Dankie Anneline vir jou insette en deurvoer na beste van jou vermoe. Daar kan sekerlik nog meer betrek word bv voormalige skoonhede van ons land
Dis vreeslik skokkend en hartseer hierdie grusaamheid en moorde
Mag ons Vader elke verslae familie en geliefdes wie hierdeur moet gaan net omvou en baie styf vashou en vertroos.

Francois ·

Die boere en elke belasting betaler in hierdie land moet tools down. Die day wanneer elke kerkklok in hierdie land Lui, dit is die dag way hierdie land tot stilstand kom. Dis al hoe daar respek geleer sal word.

Therese van Schalkwyk ·

Groot respek virAnneline Kriel wat haar stem oor hierdie saak laat hoor. Mag ander bekendes en gesagsfigure spoedig haar voorbeeld volg. Die stilte uit hierdie oorde is oorverdowend.

Dit verg ‘n mate van ‘dapperheid’ om tot hierdie stap oor te gaan wanneer in ag geneem word hoe Sunette Bridges verguis is hieroor. Steve Hofmeyr sou sekerlik ook ‘n rustiger lewe en rooskleuriger finansiële state hê as hy so apaties soos die res was.

Verstommend wat besig is om in SA af te speel.

Lourens ·

Mense, ek is regtig jammer om dit te se, maar die lande waar ons hoop “hulp” moet vandaan kom is te besig met hulle eie probleme. Suid Afrika is baie, baie ver weg vir hulle. Kyk nou maar na al die probleme in Europa met die instroming van immigrante – dis a massiewe hoofpyn vir hulle – dink jully nou regtig hulle het tyd om oor boere in Suid Afrika te dink? Dink bietjie aan al die probleme in die VSA voor and na Trump se verkiesing. Hulle is almal in hulle eie dramas vasgevang wat elke dag in hulle koerante en op sosiale media afspeel. Hoeveel van hulle dink eers aan Suid Afrika? Solank as ons en hoe langer ons “wag vir hulp” van oorsee af, hoe langer gaan niks verbeter nie and gaan die situasie net erger raak. Hou op om te wag vir iets wat nie gaan gebeur nie en kyk die werklikheid in die oe. Hierdie “hulpeloosheid” moet end kry!! Beskerm jouself! Dit as absoluut nootsaaklik dat Afrikaners en spesifiek boere absoluut alles in hulle vermoe doen on hulleself te beveiling! Ons hele voortbestaan word bedreig en is on ons hande. Dis tyd dat ons die erns van die saak ontdek en ophou op ons hande te sit! Daar MOET veligheidswagte of sekuriteit op all plase wees – sekuriteit wat inwoon en op diens is ten alle tye. Die publiek kan donasies maak om dit finansieel te ondersteun.

Andrea ·

Hoekom word hierdie voorstel, wat vele male gemaak word, nie geïmplementeer nie?

André ·

In elke provinsie waar daar geskou word, moet boere en kenners vergader om oplossings en paraatheid IVM Die GROOT PROBLEEM TE BESPREEK en gesamentlik aan n OPLOSSING WERK wat ons boerevolk sal BESKERM.

Andre ·

Dit is n baie Mooi gebaar maar hoeveel keer wil iemand die saak nog onder die media en regering se aandag bring?

Louise ·

Dit is hartseer en skrikwekkend. Wanneer jy met jou rug teen die muur staan en daar is geen uitkoms nie. En dit lyk niemand wil help, is GOD die enigste een wat kan help. Daniël en sy vriende staar die dood in die gesig, hulle uitkoms en hulp was GOD en is vandag nog steeds.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het ‘n vae vermoede sy en haar gesin woon nie meer in SA nie maar haarr hart het op dieselfde plek gebly en daarvoor haal ek my hoed af vir haar. As hoe profiel mense hul menings begin lug kan dit tog nie anders dat die buiteland vir ons luister nie. En dis waar: kry Penny Coelen en die ander bekendes, span saam en PRAAT in die publiek en buiteland. Anneline het nou die bal aan die rol gesit en ons eer en salueer jou daarvoor, Anneline.

Francie ·

Baie dankie, hoe meer mense met ‘n hoër profiel as ons “gewone” mense hul stemme laat hoor, hoe beter. Stilbly gaan nou eenmaal nie help nie.
Ons bly self ook op ‘n plaas. Bedags in die week kan nog gaan, maar saans en veral naweke is dit nie meer lekker op die plaas nie, mens is gedurig besig om oor jou skouer te kyk en te sluit sover jy gaan. Om uit te gaan is net so sleg, want met die terugkom is die risiko nog groter.

Ouma Vinkie ·

Ek het al moed verloor, regtig! ons kan kla tot ons BLOU is, Zuma is kop-in-een-mus met moordenaars en so ook Malema. Mag ek sê ‘kill a black’? NEE!! hulle sê dit openlik en ek sê hulle moet maar kom, ons wag ….

Blom ·

Moenie jou hulp soek in ‘n mens, of ander land nie Suid Afrika.. Sit jou hoop in gebed op GOD ons Vader en Sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.. Word stil en gaan terug op jul spore waar het ons die verkeerde pad geneem? Moenie net bid omdat dit hopeloos lyk nie. God is nie ‘n spaarwiel net vir Noodhulp nie.. Nee Hy is Altyd vir ons daar.. Ons moet ons oë net op Hom rig! Kom terug in Sy Wil en weë. Staan saam.. Vergeet die eie ek.. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.