Annerie Grobler-moord: Werker hoor sy lot

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Gert Juba Moreo (34), die plaaswerker wat verantwoordelik was vir die gruwelike moord op Annerie Grobler (55) op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes, het Vrydag sy lot in die rondgaande hof in Klerksdorp gehoor.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die werker is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Grobler. Hy het ook 15 jaar tronkstraf ontvang vir roof.

Maroela Media het vroeër berig die plaas waarop Grobler in 2016 vermoor is, het voorheen aan Eugene Terre’Blanche, oudleier van die AWB, behoort.

De la Rey van Huyssteen, Grobler se broer, het destyds aan Maroela Media gesê dat Grobler op ʼn dag ʼn werker aangespreek het oor die manier waarop hy die perde behandel het. Kort daarna het ʼn ander werker haar glo gewaarsku dat haar lewe moontlik in gevaar kan wees.

Van Huyssteen het gesê selfs nadat Grobler ʼn doodsdreigement ontvang het, kon sy dit nie oor haar hart kry om die plaas te verlaat nie. “Sy was te lief vir die diere. Sy kon nie net weghardloop en hulle aan hul eie genade oorlaat nie. ʼn Maer skapie kon vir Annerie nagte lank laat wakker lê. Sy is was ontsaglik lief vir die diere.”

Hy het gesê Grobler se seun, Drikus, is hierna na die plaas om haar te help om die huis te beveilig deur bykomende veiligheidshekke aan te bring en vir haar ʼn ekstra selfoon te kry indien sy dalk moes hulp ontbied.

“Sy is toe nie in haar huis aangeval nie,” het hy gesê.

Grobler se liggaam is vroegoggend voor die hek van die beeskraal gekry. Sy is met groot klippe en ʼn tuinvurk vermoor. “Sy was die oggend [van haar dood] klaar in haar bakkie en het in die ry met my ma oor die foon gepraat. Sy het vir my ma gesê sy wonder hoekom ʼn hek wat altyd oop is nou skielik toe is en het afgelui om die hek oop te maak. Ons vermoed dat die aanval net daar begin het.”

Van Huyssteen het gesê dat hulle destyds na Grobler se liggaam gaan kyk het. “Ek kan nie verstaan hoekom hulle haar so stukkend moes slaan nie. As ons ʼn slang op die plaas kry, dan skiet ons hom dood, maar ons slaan hom nie met klippe stukkend nie. Daar is net geen rede om so wreed te wees nie. Hulle het haar gebreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

leser ·

sterkte aan familie
nie eers lewenslange tronkstraf skrik die misdadigers (MOORDENAARS) af nie
“doodstraf” moet terug kom

Petro ·

Nog n uitvaagsel wat die belasting betaler moet onderhou in die tronk hoekom kan die mense nie meer die dorpe skoonmaak dan doen hulle darem iets

Klara ·

Ai ai ai. So maklik om ‘n lieflike roos onder jou voete te vertrap…

IK ·

Dis die manier van doen. Sou ek voorbeelde aanhaal sal my kommentaar afgeskiet word. Ek sou graag wou sien hoe gaan die NUWE geskiedenis van SA opgedis word maar eintlik weet ons . . .

Jana ·

Ek verkwalik niemand wat net eenvoudig als los en padgee uit hierdie land nie. Hier is niks wat ons meer hier hou nie. Ja, ek weet dis wat die regering wil hê, alle blankes moet padgee, maar my en my kinders se lewe is meer werd as om n punt teen die regering te maak.

Ek wonder.. ·

Nou kan ek maar net my kop skud en lag. Ek sien my komentaar is nie geplaas op die bespreeking van die Suid Afrikaanse vrou wat die doodstraf ontvang het in n oosterse land nie. Ek het presies gepraat van wat nou hier gebeur.
Nou skree almal doodstraf, doodstraf. Verseker is ek n voorstander van die doodstraf en ek glo dat verkragters, moodenaars , dwelm handelaars, kinder molesteerders ens almal doodstraf verdien. Dit sal tenminste maak dat n oortreder twee maal dink. MAAR.. ewe skielik omdat dit n Suid Afrikaanse dame was het almal gesimpatiseer en gevoel sy verdien dit nie.. Nonsens, ons soek juis n regstelsel wat konsikwent is en nie onderskei nie. Kom ons begin dan eers by onsself en verwyder die balk in ons eie oe.

Frikkie Geld en huis ·

Hulle het haar gebreek, Volgens die berig was daar meer as een moordenaar, maar slegs een is gevonnis. Is die ander nog soek ??

Thunis Cronje ·

Lewenslank tronk toe help niks!
Dan vreet hulle verniet!
Die boere raak nou gatvol om al die houe te vat.
Sterkte aan daai gesin wat weet wat sy deur was…

Vryheid ·

AFRIKA MAAR N SIEK PLEK. Derde werelds hoe kan mens meer verwag.

Alida ·

Hulle moes al 25 jaar terug begin skole en tronke bou het. Hier is nou n ontploffing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.