Anni Dewani se moordenaar vra mediese parool

Anni Dewani Foto: Facebook (Bron: dailymail.co.uk)

Anni Dewani Foto: Facebook (Bron: dailymail.co.uk)

Een van Anni Dewani se veroordeelde moordenaars het aansoek gedoen om mediese parool, het Rapport Sondag berig.

Xolile Mngeni (26) is in 2011 met ʼn breingewas gediagnoseer. Die departement van korrektiewe dienste sê die versoek word geprosesseer.

Mngeni is verlede maand in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad opgeneem.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Mngeni in 2012 tot lewenslange tronkstraf gevonnis plus 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

Dewani (28) is op 13 November 2010 in Gugulethu doodgeskiet tydens ʼn beweerde vervalsde kaping. Haar liggaam is die volgende dag opgespoor. Haar man, Shrien, is in April van Engeland na Suid-Afrika uitgelewer. Hy ondergaan tans sielkundige waarneming by Valkenberg-hospitaal. Hy word aangekla van sameswering om iemand te ontvoer, roof met verswarende omstandighede, moord, ontvoering, en dwarsboming van die gereg. Hy kan in Oktober verhoor word indien ʼn mediese paneel hom bevoeg verklaar om verhoor te word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Nou lê hy in ‘weelde’ in die hospitaal op die belastingbetaler se geld? Ek het ‘n nie-kwaadaardige gewas op my brein agv ‘n senuweesiekte (wat ook epilepsie veroorsaak en dis geneties), maar ek is elke dag by my werk.

Die werk wil my wel op ongeskitheid sit, maar ek wil so lank as moontlik probeer werk want ek kan nie ophou werk nie. Om minder van my salaris uit te kry, beteken dat ek dalk nie meer die verband sal kan bybring nie. Wat gaan dan van hierdie wetsgehoorsame burger word?

Waarom moet hy dan parool kry?

Jas van As ·

Is dit nie opmerklik nie? Soveel ongeneesbare siektes wat deesdae in SA se tronke uitbroei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.