Anni se familie in SA oor moontlike parool

Anni Dewani Foto: Facebook (Bron: dailymail.co.uk)

Die familie van die vermoorde Anni Dewani was verlede week in Suid-Afrika vir die paroolverhoor van haar veroordeelde moordenaar.

eNCA berig Dewani se familie was betrokke by die paroolverhoor van Zola Tongo wat tot 18 jaar tronkstraf gevonnis is vir sy aandeel in die moord.

Anni is op 13 November 2010 tydens ʼn oënskynlike kaping en rooftog in Suid-Afrika doodgeskiet tydens haar wittebrood met haar man, Shrien Dewani. Drie mans, Zola Tongo, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni is gevonnis vir hul rol in haar moord.

Hulle het beweer Shrien Dewani het die kaping gereël waartydens hy sou oorleef, maar sy vrou doodgeskiet sou word. ʼn Regter het egter hul getuienis verwerp en die saak is uit die hof gegooi voor Dewani kon getuig. Die hofsaak het nagenoeg vier jaar lank gesloer.

Vinod Hindocha, Anni se pa, het aan die Daily Mail gesê die familie meen Tongo weet meer van die moord as wat hy voorgee. “Ek sal nooit rus tot ons die volle storie ken nie. Ek kan in my hart voel daar is meer om te weet,” het Hindocha gesê.

Shrien en Anni Dewani (Foto: Facebook)

Volgens eNCA kom Tongo van September af in aanmerking om op parool vrygelaat te word. ʼn Amptelike besluit moet nog bekend gemaak word oor sy paroolverrigtinge.

Die Hindocha-familie het vroeër hul skok uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het dat Shrien ʼn verhouding met ʼn man aangeknoop het, minder as vier jaar nadat hy vrygespreek is.

Op die eerste dag van sy moordverhoor het Anni se niksvermoedende familie gehoor hoe hy getuig dat hy manlike prostitute gehuur het.

Een van Dewani se homoseksuele minnaars is in 2016 dood aangetref in sy woonstel in Birmingham, Engeland. Leopold Leisser (45), wat as manlike prostituut ook as “The German Master” bekend gestaan het, se liggaam is op 13 September deur ʼn vriend gevind. ʼn Polisie-ondersoek het daarop gedui dat Leisser homself gehang het.

Leisser het volgens berigte aan erge stres gely ná die moordverhoor teen Dewani in 2014. Hy het tydens Dewani se moordverhoor getuig hy is £400 per sessie betaal voordat Dewani met Anni getroud is. Hy het beweer Dewani het in 2009 deur sy webwerf, GermanMaster1, met hom kontak gemaak en hulle het mekaar drie keer ontmoet.

Lees alle vorige berigte oor Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

7 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Ongelukkig vir die familie van die vermoorde Anni het daar nie reg geskied met die moordsaak nie weens talle onopgeloste vrae en los drade wat nie…. Om nou vir een van die skuldiges parool te wil gee, is verregaande!

Anoniem ·

Anni verdien glad nie die behandeling wat SY nou kry nie wag tot die dag dat die moordenaars wettiglik parool mag kry !

Michelle ·

Hy verdien die doodstraf hy moet sit hy mag nie op parool uitkom nie die regter moet dit nie toestaan nie. Hy het ‘n mooi mens van haar familie verwyder.

Heksie ·

Wel as Tonga so stupid wil wees om alleen pa te staan vir Shrien se dade, dan is dit maar sy problem.
Anni se ouers en familie het die reg om weet wat met haar gebeur het hier in RSA, sodat hul die boek kan toemaak en aanbeweeg … hoe seer dit ookal mag wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.