Anni se familie oorweeg nog regstappe

Anni Dewani Foto; Facebook

Anni Dewani Foto; Facebook

Die vermoorde Anni Dewani se familie het Maandag gesê hulle probeer bepaal of hulle in Engeland regstappe kan doen teen Shrien Dewani nadat hy in Suid-Afrika vrygespreek is.

Shrien is daarvan beskuldig dat hy die moord op Anni in November 2010 tydens hul wittebrood in Kaapstad, beplan het. Adjunkregterpresident Jeanette Traverso het vroeër Maandag ʼn aansoek deur sy regspan dat die aanklagte teen hom teruggetrek moet word, toegestaan.

Ashok Hindocha, Anni se oom, het in ʼn verklaring gesê die familie sal met hul regspan vergader om te bepaal of hulle in Engeland enige saak teen Shrien aanhangig kan maak. Hy is op 8 April na Suid-Afrika uitgelewer om verhoor te word. Hy het verskeie kere appèl aangeteken voor hy uiteindelik uitgelewer is.

“Anni was ʼn baie, baie spesiale dogter, suster, niggie, tannie en vriendin vir almal wat haar geken het en wat lief was vir haar,” het Hindocha gesê. “Sy sal onthou word vir die glimlag wat ʼn hele vertrek kon laat ophelder.”

Hy het bygevoeg die familie gaan nou huis toe met meer vrae as antwoorde voor die saak begin het. “Die besluit om die hofsaak te beëindig voordat die beskuldigde sy verdediging aangebied het, beteken dat ons en die goeie mense van Suid-Afrika, Engeland en verskeie wêrelddele wat die saak bly volg het, nooit sal weet wat presies tot haar dood gelei het nie.”

Hindocha het gesê die familie wou hê Shrien moet in die getuiebank self sê wat gebeur het. “Ons weet hy het gay seks gehad met manlike prostitute en dat hy op die eerste dag van die verhoor verklaar het hy is biseksueel. Ons sou verkies het om dit te weet voordat hy met ons dierbare Anni getrou het. Sy het haarself liggaam, siel en gees aan hom gegee, en sy was vol verwagting om liefgehê te word. Maar sy sou nie met hom getrou het as sy van sy geheime sekslewe geweet het nie,” het hy verduidelik. “As ʼn familie sou ons ook nie so eenheid goedgekeur het nie.”

Hy het versoek dat die familie nou in vrede gelaat word om berusting te kry, iets wat die hofverrigtinge in Kaapstad hulle nie gebied het nie.

Hy het almal bedank wat ʼn boodskap van ondersteuning en bemoediging gestuur het.

Lees alle vorige berigte oor Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Ek kry Anni se ouers vreeslik jammer, elke vlug Suid Afrika toe, al die uitgawes en die wete dat hy beslis skuldig is en nou loop hy vry rond. Dis vreeslik, om te weet hy was verantoordelik vir hulle dogter se dood en nou loop hy n vry man na jare en maande se hofsake. Vir wat het die regstelsel die hele saak so laat sloer as hulle geweet het hulle gaan hom vry laat gaan. Almal se tyd is gemors en die hele wêreld se oë was op Suid Afrika om te kyk wat gaan gebeur en nou sien almal dis n sirkus in Suid Afrika, die deure is so pas geopen vir nog mense vsn oor die water hom hul moorde te kom beplan en uit te voer in Suid Afrika.

Theresa ·

Ek sal vir hom om die eerste draai wag. In hierdie land het jy ‘n groter kans om tronk toe gaan vir in jou neus grou as om moord te pleeg. Kry asb net bevoegde mense in die regte poste!!!

Eish! ·

Ek is nie ‘n regsgeleerde nie, maar toe die berig oor die radio kom van die moord, die eerste keer, het ek vir my kind gese die man het sy vrou vermoor. Ek het dit geweet sonder enige getuies wat kon lieg of enige ondersoek. Hoe is dit moontlik dat mense wat die saak ondersoek en ons almal weet dit was beslis so, iets anders kan bewys? Die wet moet verander: Jy is altyd onskuldig solank jy reg lieg, op die regte tye huil en seker maak dat mense dink die getuie wat al klaar in die tronk sit……………..lyk of hy lieg om watter rede ookal. Hy is klaar gevonnis en sy vonnis kan nie eens ligter raak hoe meer hy lieg nie en ooknie swaarder hoe meer hy die waarheid praat nie. Ek hoop iewers in die toekoms kry die vark wat hom toekom en daardie dag moet hy onthou wat hy aan sy mooi jong vrou gedoen het. En dit sluit die regter en almal in wat so lekker gelieg het.

lillian ·

Ek kry hierdie familie uit my hart jammer – Suid-Afrika se regsstelsel het hulle gefaal net soos dit ons as gewone burgers van die land in baie gevalle tevore ook al gefaal het.

Dewani, moet met sy gewete saam leef … en mag dit hom lewend opvreet …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.