Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het Dinsdag gesê Anoj Singh, die voormalige finansiële hoof van Eskom, het versuim om die ware rede vir Tegeta Exploration and Resources se versoek vir R600 miljoen van Eskom aan die kragvoorsiener se raad bekend te maak.
Saica het aangekondig hy het Singh van wangedrag aangekla ná ʼn uitgebreide ondersoek bevind het hy het die beginsels van integriteit, objektiwiteit, vertroulikheid en professionele gedrag oortree.
Tegeta Exploration, wat aan die omstrede Gupta-familie behoort, is op omstrede wyse ʼn “voorafbetaling” van R587 miljoen deur Eskom toegestaan binne ses uur nadat drie groot Suid-Afrikaanse banke geweier het om die maatskappy se poging om Optimum-steenkoolmyne in Mpumalanga aan te koop, te finansier.
Saica het gesê Singh het “wetend homself vereenselwig” met verslae, opgawes, kommunikasie of ander inligting waarvan hy geweet het, óf redelik gesproke moes geweet het, dat die inligting daarin vals of misleidend was, dit roekelose verklarings bevat het of inligting wat ingesluit moes gewees het, uitgelaat of versteek was.
“Nadat mnr. Singh daarvan bewus geword het dat hy met sulke inligting verbind word, het hy versuim om stappe te doen om homself van daardie inligting te distansieer,” het Saica gesê.
Singh het in Januarie uit sy amp by Eskom bedank nadat hy in September 2017 geskors is weens bewerings dat hy betrokke was by die onregmatige toekenning van tenders aan Gupta-ondernemings en glo ook geskenke en reisbewyse van die omstrede familie ontvang het.
Volgens Saica was Singh se optrede oneerlik, onregmatig en onwaardig. Dit het afbreuk gedoen aan die instituut, asook die beroep van rekeningkunde in oneer gebring. Saica het gesê Singh het toegelaat dat sy sake- en professionele oordeel beïnvloed word deur vooroordeel, konflik van belange of onbehoorlike invloed deur ander.
Volgens die instituut het Singh versuim om te voldoen aan die relevante wette en regulasies, asook om gedrag te vermy wat hy geweet het die rekeningkundebedryf in oneer sou bring.
Singh het nou 21 dae kans om op die klagte te reageer voordat die saak na die professionele gedragskomitee verwys word. Indien Singh skuldig bevind word, kan hy ʼn boete van R250 000 per klag opgelê word en sy lidmaatskap kan vir tot 12 maande opgeskort word.
Die gedragskomitee kan ook die saak na die dissiplinêre komitee verwys.
En word daar bedrog aanklagtes ondersoek ? Verseker nie
Sing kanarie sing!!
hoop dat alle “oneerlikes” hierdie brokkie nuus van anoj singh sal lees en dat dit hul laat besef dat “oneerlikheid” hulle gaan inhaal
Die man gaan onskuldig bevind word want die man was aangrstel deur zumas en guptas en dit gaam nie goes lyk as hy begin noem wat gesê het hy moet dit doen.
Gaan hierdie man nou vervolging deur die vervolgings gesag vryspring?
Mens hoef nie ‘n goeie geheue te hê as jy die waarheid praat, hierdie man het ‘n goeie geheue……
Wanneer gaan hy en sy makkers in die hof verskyn, hierdie geld is peanuts vir hom.
Vir n professionele instelling neem SAICA heeltemal te lank om op te tree. Die hele GR bedryf se reputasie is op die spel.
Gaan ons land/ekonomie óóit weer hierdie verduisterde fondse sien?