Anti-apartheid aktivis steun Woolworths-boikot

woolworthsDie anti-apartheid aktivis Denis Goldberg het sy steun toegesê aan ʼn veldtog om Woolworths se winkels te boikot oor die maatskappy se handelsbetrekkinge met Israel ná die oorlog in Gaza waartydens meer as 2 000 Palestyne dood is.

“Ek wil geregtigheid sien vir die Palestyne en as dit ʼn boikot teen Woolworths behels, dan is dit goed so,” het Goldberg in ʼn verklaring gesê wat uitgereik is deur die organisasie Boycott, Divestment and Sanctions in SA (BDS).

“Ek wil hê dat Woolworths aan die Israelse regering moet sê ‘julle maak dit moeilik vir ons om met julle besigheid te doen’. Dit is die doel van so veldtog, om die druk op Israel te verhoog en die land verder te isoleer.”

AFP het berig dat die konflik in Gaza sowat 50 dae geduur het en dat nagenoeg 2 200 Palestyne en meer as 70 Israeli’s in die geweld dood is. ʼn Skietstilstand het op 26 Augustus in werking getree.

Volgens BDS ondersteun talle organisasies die veldtog, insluitend Cosatu, die Jong Kommunisteliga en die ANC-jeugliga.

“Die beëindiging van die verhouding met Israel is deel van ʼn internasionale boikot wat ten doel het om Israel te isoleer tot dat die land internasionale reg en Palestyne se menseregte respekteer,” het Muhammed Desai, ʼn lid van BDS, gesê. “Die BDS-veldtog is geïnspireer deur die suksesvolle isolasie van apartheid Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
VerVanRyn

Met so ‘n gelaaide groep wat Woolworths wil boikot dink ek dit is my plig om Woolworths te begin ondersteun…

Drieks

Ja ek sal ook nou Woolworths meer besoek. Die palistyne is net so skuldig. En nie wat ons of die boikot mense beplan gaan werk vir Isreal en palistina nie. Net hul kan die storie stop. Dit nie ‘n apartheid probleem nie. Asseblief….

Elize

Denis Goldberg kan maar hoop in die een hand. Min mense sal hom ondersteun.

Johan

Ondersteun Woolies asseblief mense!