Anti-apartheid aktivis steun Woolworths-boikot

woolworthsDie anti-apartheid aktivis Denis Goldberg het sy steun toegesê aan ʼn veldtog om Woolworths se winkels te boikot oor die maatskappy se handelsbetrekkinge met Israel ná die oorlog in Gasa waartydens meer as 2 000 Palestyne dood is.

“Ek wil geregtigheid sien vir die Palestyne en as dit ʼn boikot teen Woolworths behels, dan is dit goed so,” het Goldberg in ʼn verklaring gesê wat uitgereik is deur die organisasie Boycott, Divestment and Sanctions in SA (BDS).

“Ek wil hê dat Woolworths aan die Israelse regering moet sê ‘julle maak dit moeilik vir ons om met julle besigheid te doen’. Dit is die doel van so veldtog, om die druk op Israel te verhoog en die land verder te isoleer.”

AFP het berig dat die konflik in Gasa sowat 50 dae geduur het en dat nagenoeg 2 200 Palestyne en meer as 70 Israeli’s in die geweld dood is. ʼn Skietstilstand het op 26 Augustus in werking getree.

Volgens BDS ondersteun talle organisasies die veldtog, insluitend Cosatu, die Jong Kommunisteliga en die ANC-jeugliga.

“Die beëindiging van die verhouding met Israel is deel van ʼn internasionale boikot wat ten doel het om Israel te isoleer tot dat die land internasionale reg en Palestyne se menseregte respekteer,” het Muhammed Desai, ʼn lid van BDS, gesê. “Die BDS-veldtog is geïnspireer deur die suksesvolle isolasie van apartheid Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

VerVanRyn ·

Met so ‘n gelaaide groep wat Woolworths wil boikot dink ek dit is my plig om Woolworths te begin ondersteun…

Drieks ·

Ja ek sal ook nou Woolworths meer besoek. Die palistyne is net so skuldig. En nie wat ons of die boikot mense beplan gaan werk vir Isreal en palistina nie. Net hul kan die storie stop. Dit nie ‘n apartheid probleem nie. Asseblief….

Elize ·

Denis Goldberg kan maar hoop in die een hand. Min mense sal hom ondersteun.

Jan ·

Hierdie hele saak word deur die moslems gedryf wie se hoof oogmerk is om Israel van die wêreld kaart te verwyder. Die Koran bepleit die dood van elke jood op die aarde. Dit is die hoofdryf agter hierdie saak. Ek sal dus met vreugde voortgaan om Woolworths te steun. Is dit nie dalk tyd dat ons die produkte van anti Israel mense begin boikot nie?

Elizabeth ·

Woolies ROCK. Hul kos is kwaliteit en as mens een van hul Myschool kaarte het kan jy benoem watter organisasie jy wil ondersteun – ek ondersteun bv FreeMe Wildlife – ‘n nie-winsgewende organisasie wat wilde diere wat beseer is help en dan hervestig ens. Op so maklike manier (mens “swipe” elke keer jou kaart as jy koop) kry jou keuse klomp geld elke maand en jy voel dit nie aan jou sak nie want die kaart word gratis aan jou toegeken. So hulle doen hul deel vir klomp verskillende welsynsorganisasies en dus sal ek hul BLY ondersteun. Hopelik val hulle nie vir die simpel storie nie en koop produkte aan waar hulle wil – dis ‘n vrye wêreld. En, terloops vir Muslims is ALLE non-muslims die “ongelowiges” en moet volgens hulle dus almal doodgemaak word. So Goldberg as jy nie ‘n muslim is nie het jy ook maar geen kans as hulle begin met aanvalle en dinge nie. Jy kan dan maar vertel jy is teen Israel gekant, maar as jy nie ‘n Muslim gelowige is is dit klaar met jou ook…

Sollie ·

Denis Goldberg – hoeveel Israeli’s is dood in dieselfde oorlog waarvan jy nou praat?? Klink my die ou is verveeld, as hy nie op anti-apartheid waens spring, dan is dit anti-Israel – wens ek kon hom in sy gesig sê om tog net ‘n lewe te kry!

James Rhoda ·

denis goldberg(klein letters met n doel) kan gerus dink wat hy doen. Ek het ook die vryheid in die land om te koop waar ek wil en wat ek wil. denis, as jy en jou groep nie die produkte op die rake goedkeur nie MOENIE DAAR KOOP NIE. LOS ON HAPPY WOOLIES SHOPPERS UIT. EK HET OOK N KEUSE!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.